Lekker Skaapkop en afval!!!

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by twinhunter »

Dagsê Mede Jagters. Wie van julle geniet dit nog om 'n ou lekker skaapkop en afvaltjie te eet en is dit nog iets wat kinders nog deesdae mee groot word?
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by twinhunter »

Nes dit van die Kalahari afkom.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by alecjohnson »

twinhunter wrote://images.tapatalk-cdn.com/15/09/20/18195ea8669f24509564df269181ad09.jpg//images.tapatalk-cdn.com/15/09/20/3e2d98a0b38f834b9f00d545c83da25f.jpg//images.tapatalk-cdn.com/15/09/20/b741a6d296f0488051f4a15f29ab5dd2.jpg
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by Mac »

So honger was ek nog nooit nie. Diere kom mos mooi verpak met die eetbare gedeelte rondom, en netjies geskei van die onkruid. Die idee is om al die oneetbare goed of weg te gooi en/of die honde voer, en die res van die dier te eet.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by twinhunter »

Die lekker vleisies is ook die wang vleise. Ons eet die skaap tjoppies ook maar die bene gooi ons darem gelukkig vir die honde.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by savage(P Coetzer) »

Ek boelie ten minste 1 skaapkop per maand. Afvalle hoop ek op tot ek so 5 het en dan eet ek myself swak vir die volgende 3 dae. Groot bederf!!
User avatar
twinhunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 288
Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by twinhunter »

Savage,dis darem self vir my koningskos.
baas
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by baas »

So skaap afval is darm maar blerrie lekker!!!
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by alecjohnson »

Ek het dit nog nooit geëet nie, maar ek sal so iets probeer, solank iemand my net nie groente probeer voer nie
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by vriell »

savage wrote:Ek boelie ten minste 1 skaapkop per maand. Afvalle hoop ek op tot ek so 5 het en dan eet ek myself swak vir die volgende 3 dae. Groot bederf!!
'lucky you !!!'
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by vriell »

alecjohnson wrote:
twinhunter wrote://images.tapatalk-cdn.com/15/09/20/18195ea8669f24509564df269181ad09.jpg//images.tapatalk-cdn.com/15/09/20/3e2d98a0b38f834b9f00d545c83da25f.jpg//images.tapatalk-cdn.com/15/09/20/b741a6d296f0488051f4a15f29ab5dd2.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Leon Crous
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 432
Joined: Wed Jun 18, 2014 12:08 am

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by Leon Crous »

Ja manne, die groot geeste (oupa-hulle) het altyd gesê die beste dele is die voorkant, agterkant en die binne-kant!
Ai ou Mac, julle Karoonaars het so baie skaap lat julle nooit geleer het om die hele diere te geniet nie ::)
So rukkie terug klompie pêlle genooi vir 'n lekker bederf braai:
Afgeskop met winddroog staan-rib (boerbok-angora kruis) en skilpadjies (lewer in netvet)
Toe winddroog vetderm gebraai op roosterkoeke
Toe 2 x potjies vaal en 2 x potjies Kerrie afval (ou Berrie het gemaak - lank mein kok vd George afval gilde gewees - en glo my maar, hy ken van) :P
En toe vir nagereg 10 x dorper koppe!
As jy nog nooit 'n man met 'n blik ge-ete gesig gesien het nie...... :o
Natuurlik het die wyntjies en brandewyne gehelp om die galsterigeheid te breek >:D

Bly maar KONINGSKOS!!!
Cheers,
Leon.

O, daar was darem hoender en "gewone" potjies vir die mamma's.
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 370
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by WILLEBEES »

More manne
Dis met gemengde gevoelens dat ek antwoord hier.
Ek hou van lewer, niertjies, skilpadjies, pofadder en afval - pens, pootjies, tonge maar kon myself nog nooit sover kry om die kop te eet nie.
Dalk laaik ek dit nie dat my kos vir my kyk nie...
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by sako 30-06 »

willebees wrote:More manne
Dis met gemengde gevoelens dat ek antwoord hier.
Ek hou van lewer, niertjies, skilpadjies, pofadder en afval - pens, pootjies, tonge maar kon myself nog nooit sover kry om die kop te eet nie.
Dalk laaik ek dit nie dat my kos vir my kyk nie...
Dis hoekom jy die oe eerste moet eet. ;D

Afval wat reg gemaak is is baie lekker.
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by SV MAD (Henk) »

Afval is koningskos!

Ons het so 1 keer per jaar n groot familie ete, waar ons so 10 koppe gaarmaak, met die nodige pense en pote "on the side". Mens eet vir jou dik en blink, en dan nog meer. Daai wangvleisies is darem uit die boonste rakke.

En die lekkerste is die volgende dag, daardie brawn wat mens van dit kry. Ai... Dis darem lekker
ek soek nog wapens...
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by Wielie Waps »

By die laerskool waar my kinders was het hulle jaarliks 'n skaapkop aand. Ek was voorsitter van die komittee wat dit gereel het vir so 2 jaar.
Hulle kan 300 manne akkomodeer en dit was nog nooit nodig om te adverteer nie. Dit is elke jaar uitverkoop.
Hulle bied eisbeins as alternatief en dit het nog nooit gebeur dat daar meer eisbeins as skaapkoppe geeet is op so aand nie.
Die manne het ook nogal voorkeure en hou nie van swart koppe nie , sal eerder al die wit koppe eerste vat.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Lekker Skaapkop en afval!!!

Post by FHM »

Wielie Waps wrote: Die manne het ook nogal voorkeure en hou nie van swart koppe nie , sal eerder al die wit koppe eerste vat.

Hehehehe....a lot of that going around Wielie :-X
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply