Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek hoor vanoggend 'n ander ding waar die groenes ook betrokke by is, wil net eers uitvind of dit waar is voor ek enigiets sê
ai tog...
Oom, dit is waar wat Oom se. ek stry glad nie.
maar, tussen die groenes, waar pas die regering in?
hulle kry mos darm self miljoene dmv die jagbedryf?
selfs met die jakkalsjagtery. almal weet ons ly nou so 1.5 miljard rand se skade asg ongediertes.
my punt is, die groenes gaan nog dat die regering ook geld verloor, en oons weet hoe life is hul vir geld.
of is dit te min om hul nou daaraan te steur?
As kind het ek nie naby soveel wild gesien soos wat mens nou teekom nie. Oral waar mens vandag in die land ry, sien mens wild op oop stukke grond, selfs naby die stede. Die getal wild in Suid Afrika het so vermenigvuldig, dat my eie kinders glad nie met dieselfde entoesiasme na gewone wild kyk as wat ek op hulle ouderdom gedoen het nie. As kind het my pa met bees geboer, maar ek onthou nog die opgewondenheid oor duiker, bosbok en koedoespore op die plaas. Hierdie "oppas" van wildspesies kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die jagbedryf, wat hierdie wild 'n waarde gegee het en sodoende wildspesies begin beskerm het. Dieselfde geld vir geelvis. Ek onthou hoe hengelaars ou, groot grootbekgeelvis uit die Vaalrivier gehaal het, "want dié vis maak die beste viskoekies". En hoe hulle trosse kleinbekgeelvis verkoop het om hulle reiskostes te dek. Die hengelaar het die waarde gesien in die sporthengel van die spesies, en mens sal vandag vuil kyke kry as jy die vis doodmaak en verwyder.
Maar die groenes sal nooit erkenning aan die jagter en hengelaar gee vir hulle opofferings wat gemaak is vir die bewaring nie. Ons weet dit lankal. Die groene, wat baie minder geld, tyd en liefde in bewaring sit, is baie vokaal op die sosiale netwerk bloot omdat dit 'n maklike venynige uitkoms is. Maar die ou Engelse gesegde sal altyd in ons guns tel: Conservation without money is just conversation.
Dink jy nie die rede hoekom ons so baie wild deesdae sien is omdat die wild nie meer so 'wild' is soos doerie tyd nie?
Dat die wild meer gewoond geraak het aan mense wat rondloop (jag / fotos) in kleiner kampe, meer voertuie, boere wat meer sorg en wild byvoer gee ens. op die plase nie?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Dink jy nie die rede hoekom ons so baie wild deesdae sien is omdat die wild nie meer so 'wild' is soos doerie tyd nie?
Dat die wild meer gewoond geraak het aan mense wat rondloop (jag / fotos) in kleiner kampe en voertuie, boere wat meer sorg en wild byvoer gee ens. op die plase nie?
Wild het verseker makker geword omdat boere die wild meer oppas. Wild word gevoer en heinings word gereeld inspekteer. Maar as gevolg van die waarde van die wild, het wild, vrygestelde plase en wildboere ook baie meer geword.
Oom Koos ek wens alle jagters het die vermoe gehad om bietjie verder te dink as hulle egos.Ons kinders gaan nie jag ken soos ons dit ken nie,as dinge so aangaan.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Wat Oom Koos se is waar. Ons almal teen die kus het gedink hulle sal nooit die strande toemaak vir strandry nie, maar hulle het. Dit vat net 'n klein dingetjie en hulle ruk dit heel uit verband en drom so steun saam vir hulself.
Koos Barnard wrote:Wat vir my onrusbarend is, is die feit dat te veel jagters die houding het, F.... die groenes ons maak soos ons wil. Soos met die Alldays voorsitjag het ons nou gesien dat die media dinge erg kan verdraai en emosies aanblaas. Ons is besig om die groenes heeltemal te onderskat. Ek hoor vanoggend 'n ander ding waar die groenes ook betrokke by is, wil net eers uitvind of dit waar is voor ek enigiets sê. Die probleem is dat te veel van ons ons eie grootste vyande is. As jag eers die dag heeltemal verban is, dan sal ons spyt wees dat ons nie weer oopkop was met goed soos jakkalse vertoon en bloederige foto's oral op facebook en you tube post nie. Julle onthou seker almal die video van die spelerige, mak leeu wat van die bakkie af deur die boogjagter geskiet is. Soms dink ek sommige van ons jagters het werklik nie veel tussen die ore nie.
Mooi loop
baie waar.dit het ek al lankal gese.toe word my kop amper afgebyt
Kom juis gisteraand op 'n Facebook post af waar 'n man se post gere-post is deur die Greenies. Die man spog oor sy 400 ste jakkals wat hy geskiet het met 'n foto. Die ouens gee hom nogal 'n mond vol. Ek kry dit ongelukkig nie vanoggend. Om reaksie uit te lok ontaard gewoonlik in moeilikheid.
Wattlegrove wrote:Kom juis gisteraand op 'n Facebook post af waar 'n man se post gere-post is deur die Greenies. Die man spog oor sy 400 ste jakkals wat hy geskiet het met 'n foto. Die ouens gee hom nogal 'n mond vol. Ek kry dit ongelukkig nie vanoggend. Om reaksie uit te lok ontaard gewoonlik in moeilikheid.
Daai man is die beste jakkalsjagter wat ons land nog ooit gehad het. Hy mag maar so bietjie spog.

Jan nee dis die waarheid.As die groep waarop hy daai post gemaak het nie net enige profiel daar toegelaat het sou die greenies sy post nie eers gesien het nie.Die admins van die Facebook groepe moet hul werk doen.As hul nie kan nie moet hul nie groepe stig nie.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
Dit maak my bekommerd om te sien hoeveel ouens steeds verskonings uitdink of opdis, omdat ons die verkeerde ding doen, of vinger wys na ander gebruike wat ook soortgelyke verkeerde dinge elders doen. Dit lyk of ons net nie wil hoor nie.
Die enigste manier van doen is die regte manier. Voordat jy doen dink aan die gevolge voordat dit te laat is. As sekere jagte eers verban is, gaan ons kla dat: "as ons maar net gedink het"
Sommige ouens soos ek jag vir die plesier wat dit ons verskaf, en het wel n ander inkomste.
Al gedink aan die proffessionele jagter, of die jakkalsjagter vir wie sy manier van jag n enigste inkomste is? Wat gaan hy doen as ons roekelose doen en late veroorsaak dat hy nie n inkomste het nie.
Asb! Hou jou trofee of jakkals of wat jy ookal geskiet het, van alle openbare platforms (Sosiale media) weg. Kom "brag" eerder op n platform soos Jaracal.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
Kubus wrote:Asb! Hou jou trofee of jakkals of wat jy ookal geskiet het, van alle openbare platforms (Sosiale media) weg. Kom "brag" eerder op n platform soos Jaracal.
Kubus wrote:Dit maak my bekommerd om te sien hoeveel ouens steeds verskonings uitdink of opdis, omdat ons die verkeerde ding doen, of vinger wys na ander gebruike wat ook soortgelyke verkeerde dinge elders doen. Dit lyk of ons net nie wil hoor nie.
Die enigste manier van doen is die regte manier. Voordat jy doen dink aan die gevolge voordat dit te laat is. As sekere jagte eers verban is, gaan ons kla dat: "as ons maar net gedink het"
Sommige ouens soos ek jag vir die plesier wat dit ons verskaf, en het wel n ander inkomste.
Al gedink aan die proffessionele jagter, of die jakkalsjagter vir wie sy manier van jag n enigste inkomste is? Wat gaan hy doen as ons roekelose doen en late veroorsaak dat hy nie n inkomste het nie.
Asb! Hou jou trofee of jakkals of wat jy ookal geskiet het, van alle openbare platforms (Sosiale media) weg. Kom "brag" eerder op n platform soos Jaracal.
Ek verstaan van waar af jy kom maar hoekom moet ek wat iets volgens wet doen dit weg steek omdat een of ander persoon nie van dit hou nie? Die antwoord (volgens my nou) is nie om soos 2nd grade burgers weg te kruip en alles in die donker van die nag te doen nie maar om die klomp groenes te veg. Verstaan ek se nie om met Jakalse op jou bakkie rond te ry op die N1 nie maar om te maak of ons kriminele is en alles te probeer weg steek gaan nie n verskil maak nie. As hul dit eendag soos in hul drome reg kry om jag onwettige te verklaar wie gaan vir die 100 000 mense werk gee wat direk daar onder gaan ly, Woolworths ? Dit is dieselfde as om teen mense van GFSA te bakly en om te dink solank jy nie n Semi outa AR of n Glock het nie gaan hul jou jag gewee uit los. Dit is tyd dat daar n streep getrek word en gese word ons is lank genoeg rond gedruk pleks van om alles wettig te doen maar nie daar oor te praat nie want ons is bang iemand gaan op vleisboek in sy broek 11.1.11 oor n jakals wat geskiet is.Hoeveel jag organisasies is hier in die land van ons? Dit is tyd laat die manne gehoor word in die media en iets loots wat daar vir die jagter gepraat word soos wat Oom Koos se hulle in die pyp het anders sal ons moet begin kyk om daai lede geld wat ons elke jaar betaal op n ander veldtog te spandeer of self om van daai geld te vat en n paar van die groenes hof toe te sleep want laaste wat ek nog gekyk het was die wel n land waar haatspraak en self naam skending jou in die moeilikheid kan kry.Om nuus briewe uit te stuur na jagters toe nadat daar n voorval was gaan nie meer help nie maar om elke keer op jou perd te spring as n ander jagter iets doen (Soos die Alldays storie wat alles wettig was) en hom onder die bus in te gooi omdat jy bang is een of ander groene kruisig jou is volgens my net so verkeerd. Hoe het die een minster gese “laaste keer wat sy gekyk het het mense in Afrika meer regte as diere gehad”
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

capt jy hoef niks weg te steek nie.spog met jou trofees wat jy geskiet het.die probleem hier is die mense wat fotos van klomp jakkalse wat aan die bakkie hang orals mee spog.moet my nie verkeerd verstaan nie,dis vir my n mooi gesig.maar die mense daar buite dink nie so nie.hulle sien die jakkals as onskuldig en die jagters is besig om hulle uit te roei.hulle dink dit word vir die pret gedoen.boere se produkte word daardeur geboikot,soos oom koos gese het die groenes het meer mag as wat ons besef.dit maak nie saak of jy die beste jak jagter in die wereld of in sa is nie.as jy fotos het van so baie dooie jakke deel dit met jou vriende of op jaracal se geslote jakkals groep.wat gaan gebeur as ons moet permitte uitneem om jakkalse te skiet?ek se gladnie ons moet wegkruip vir die groenes nie maar dis nie nodig om die dooie jakke heeltyd in hul gesigte te gooi nie,wat bereik jy daarmee anders as om die lewe vir die jagter nog moeiliker te maak