Herlaai data 303 British

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5144
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Pvdw »

Manne julle maak my nou bang. Ek laai 38.5 gr S335 in PMP doppe, PMP slagdop en 174 gr PMP SP koe?ls. Dit is 'n duplikaat van die fabrieks lading. Ek het nou al paar keer sarsies van 3 geskiet in my Enfield en my tromp snelhede bly tussen 2480 en 2515 met daai 174's. Ek het die slim manne by die skietbaan genader an almal is dit eens dat slagdoppies nog geen  tekens van druk wys nie.

Ek het gister S341 geskiet. Alle komponente was dieselfde net die kruit was 40.5 gr S341. Tromp snelheid het afgekom na 2400ft/s en die terugskop en loopwip was sigbaar minder. Groep was baie mooi op 50m.

Nou kan julle manne wat die 303's ken vir my s? wat is 'n goeie trompsnelheid vir die 174's uit die Enfields?? Lyk my daai gun van my is heel te haastig vir my voordurende gesondheid.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Monrique (SJ) »

Gerhard

Verduidelik asb. die terme eik asb.
User avatar
Penkop
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Penkop »

Julle s? jul gooi 215 greiners mooi met jul 303s? Wat sou jul as max jag afstand klasifiseer met sulke groot loodpille?

Hoe lyk die groepeerings hiermee??
Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5027
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Frederik »

Dit is hoe ek dit verstaan .311 en .312 is so klein verskil dat dit nie gaan regtig saak maak nie dit is 0.00254 mm
Nou baie van die ou ketties het al baie skote deur hulle en die groewe is dalk al bietjie meer uitgeskiet dit is hoekom my .303 seker beter vorder met die .312 Hornady's as ander .311 koeels. 

Ek laai 39.5gr S335 met CCI 200 primer en kry sowat 2430 fps in myne as ek reg onthou is max in PMP se boekie 40.5gr
Met 215gr Claws en Rhino's kon ek nie 2000 fps breek nie ook met S335. Dit was net onder 2000 fps en besluit dat die 215's nie vir my gaan werk nie.
So ek bly maar op die 174's en 180's 

Ek het nog nie met S355 en die .303 gespeel nie.

Hanteer elke geweer wat jy besit soos 'n girl en vind uit hoe ver jy elkeen kan push  ;D
Maar begin maar stadig.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

SJ wrote: Gerhard

Verduidelik asb. die terme eik asb.
Daar is manne hier wat dit vir jou mooi gaan verduidelik.

Basies is dit hoe n gunsmith bepaal of jou loop op die groew .311 of .312 meet.

.312 kan wees agv ou loop wat "uit" geskiet is of agv fabriek spesifikasies...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

Pvdw wrote: Manne julle maak my nou bang. Ek laai 38.5 gr S335 in PMP doppe, PMP slagdop en 174 gr PMP SP koe?ls. Dit is 'n duplikaat van die fabrieks lading. Ek het nou al paar keer sarsies van 3 geskiet in my Enfield en my tromp snelhede bly tussen 2480 en 2515 met daai 174's. Ek het die slim manne by die skietbaan genader an almal is dit eens dat slagdoppies nog geen  tekens van druk wys nie.

Ek het gister S341 geskiet. Alle komponente was dieselfde net die kruit was 40.5 gr S341. Tromp snelheid het afgekom na 2400ft/s en die terugskop en loopwip was sigbaar minder. Groep was baie mooi op 50m.

Nou kan julle manne wat die 303's ken vir my s? wat is 'n goeie trompsnelheid vir die 174's uit die Enfields?? Lyk my daai gun van my is heel te haastig vir my voordurende gesondheid.

Peet

Ek sal nie te sleg slaap as ek jy is nie. Ek gebruik 175 Rhino's vir koedoe jag. My lading is 46 gr s355 vir 'n gesonde 2600 fps. Dit is NIE moontlik met enige van die 'n ander dryfmiddels nie.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by JPS »

Daar was 'n artikel in Magnum deur Andre Fouche geskryf so paar jaar terug oor die .303 en S355 kryt met swaarder punte. Ek het self 200gr Claw Koels gelaai en baie goeie ruseltate gekry hiermee.

Gerhard, het jy dalk nog die artikel wat eh vir jou gescan en ge epos het? Miskien kan jy paar ladings wat gepuliseer was opsit. As ek reg onthou was die spoed met die 215greiners om en by 2200fps, ek het baie skaflike groepering gekry met die 200gr koels gekry.

Sal moet in my herlaai data gaan kyk wat hoeveelheid kruit was wat ek gebruik het.

Groete
Jp
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1981
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Louis Kriel »

majubaketie wrote: Dis hoekom ek vra oor s355. Ek het nou al I paar keer 2600fps met dit gesien agter I 180gr punt. Dirty op watse aksie is jou geweer
Ek het juis Andre Fouche se artikel gebruik, hy weet wat hy doen. My aksie is 'n no4MK2 uit die laat 50's, wat veronderstel is om darem redelik sterker te wees was die no3MK1's en die no4's wat voor of tydens die oorloe gemaak is.

Terloops Andre gebruik net Winchester en Remington doppe, omdat hulle +- 4grein meer dryfmiddel kan vat.
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5144
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Pvdw »

Magtag manne 2500/2600 ft/s met 180 gr's 8) 8) 8) ons gaan begin om die manne met die 308's se gatte te brand met daai snelhede ;D ;D ;D

Laat niemand weer op ons ou ysters neerkyk nie ;) ;) ;)

Wel op die stadium jaag ek nie spoed nie en is ek heel tevtede met +-2400 ft/s met die 174's.

Sal tog graak met daai S355 wil speel en kyk wat gebeur. Altyd goed om te weet wat jou toerusting kan doen as jy dit nodig het.

Ek laai nou 40.5gr S341 en die geweer is heel makker en groeppe is goed.

Clarens se demper is op pad en dan sal ek i.p.v. 25" loop 'n 22" loop h? met die demper op. Aksie word ook so effe "ronder" gemaak en dan word als geglasblaas en 'n "mate blue" afwerking met sintetiese kolf. Behoort binne 2 weke fotos te plaas :D :D Het 'n nice 5 ronte magesyn by Skerpknal gekoop vir die Enfield. Lyk al mooi soos hy is.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by Monrique (SJ) »

Pvdw

Netjies man, sal like om die 'before en after' foto's te sien. Wag in spanning.

Maak mooi

Groetnis
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

Peet,

My majuba kettie het meer as net n paar manne al stil geskiet... lol

Ek het laas jaar al S355 gekoop om lading ontwikkeling te doen maar net nog nooit so ver gekom nie.

As ek 2200fps met die 215gr Rhino kry is ek baie happy.

Die 175gr Rhino teen so 2500 is vir my dood reg.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
MEESTER
Newbie
Newbie
Posts: 13
Joined: Tue Oct 26, 2010 12:38 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by MEESTER »

Gerhard, ek skiet al my wild met n 303. ek ken ook vir Daan Els, wat die 303 proewe by musgrave gedoen het en wat weer die 303 rak ammo laat herleef het by PMP. ek is n groot aanhanger van 303's.  en besit n paar weergawes. wat ek nie verstaan nie is die naam majubakettie? die Boere het die slag van Majuba gewen en hulle het met alles geskiet behalwe 303's. die Boere het met 7x57 en soms met 8x57 Mausers geskiet. ek kom agter dat die mense dink die 303 was n Boere kaliber, dit terwyl verskeie kenners se boeke oor die Boere oorlog en veral die 2de vreiheidstryd melding maak van die Boere krygers se minagting van die 303. nou moet ons seker in ag neem dat die manne ook maar lojaal was teenoor die Duitsers wat die mauser gemaak het waarmee die Boere geveg het.  nogtans is die naam Majubaketie vir my maar eindelik n wanpersepsie. ek wonder of ander manne ook agtergekom het, dat baie mense dink die 303 is n Boere kaliber.
Last edited by MEESTER on Sun Mar 13, 2011 4:13 pm, edited 1 time in total.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by James Wilson »

Meester, ek het ook al baie gesien dat plaaslikke jagters en geweer eienaars dink die 303 is n boere kaliber.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by spekieries »

Meester

Die Rooibaadjies het hom gemaak en hom hiernatoe gebring. Met die tyd na die oorlog was daar op elke plaas 'n Lee Matford ( boere naam vir Enfields en alle ander .303's). Hierdie gewere was die vollopste en toe het ons dit wat deur die Britte gemaak is vervolmaak as jagkaliber. Ons het hom basies verafrikaans. In al die ou Britse kolonies werk die .303's nog hard. Volgens bewering word daar meer Moose in Kanada met .303's geskiet as met enige ander geweer. Volgens die historiese bronne het die boere later in die oorlog toe die ammo skaars raak vir die 7x57's van die .303's geanekseer en daarmee bly voort veg. Kitchener het 'n beleid uitgevaardig dat indien enige boer met uniform of wapens van die Britse weermag gevang word, sodanige soldaat onmiddellik gefusileer moes word. Geen wonder daar is dikwels 'n gevoelletjie teenoor die Rooies gewees nie.       
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

MEESTER wrote: Gerhard, ek skiet al my wild met n 303. ek ken ook vir Daan Els, wat die 303 proewe by musgrave gedoen het en wat weer die 303 rak ammo laat herleef het by PMP. ek is n groot aanhanger van 303's.  en besit n paar weergawes. wat ek nie verstaan nie is die naam majubakettie? die Boere het die slag van Majuba gewen en hulle het met alles geskiet behalwe 303's. die Boere het met 7x57 en soms met 8x57 Mausers geskiet. ek kom agter dat die mense dink die 303 was n Boere kaliber, dit terwyl verskeie kenners se boeke oor die Boere oorlog en veral die 2de vreiheidstryd melding maak van die Boere krygers se minagting van die 303. nou moet ons seker in ag neem dat die manne ook maar lojaal was teenoor die Duitsers wat die mauser gemaak het waarmee die Boere geveg het.  nogtans is die naam Majubaketie vir my maar eindelik n wanpersepsie. ek wonder of ander manne ook agtergekom het, dat baie mense dink die 303 is n Boere kaliber.
Meester,

Ek weet waar kom die 303 Brit vandaan en ek weet ook wat se rol die kaliber in die 1st en 2de Vryheids oorlog gespeel het.

Die Boere het die 303 gebruik omdat hulle nie meer toegang tot 7x57 wapens en ammunisie kon kry nie agv die tipe oorlog wat hulle gevoer het. Hulle het bloot gebruik wat beskikbaar was om te baklei en dit was die 303 Brit.

Dat dit wel n kaliber is wat baie baie wild in Afrika gejag is mee is n feit en ek dink die "Amajuba Kettie" is maar n volks naam wat die kaliber ge erf het met tyd.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by James Wilson »

nee, dis seker maar so. maar, die bittereinders het egter tot op die einde met mausers geveg, soos die dagboek van Jan Smuts getuig. die slag van Majuba was egter nog in n fase waartydens die mauser en ammo meer as volop was. tog dink ek julle is reg dat die naam eindelik niks minder as sommer n bynaam is nie.  jammer dat soveel mense vandag dink dat die boere se wapen die 303 was.  

onthou na die vrede van vereniging was privaat wapen besit vir n tydperk "belet". die ware, algemene verskeinsel van die 303 in boere/plaas huise het eers hier van die eerste wereld oorlog gestalte gekry. die tweede wereld, oorlog en die daaropvolgende oormaat beskikbaarheid van 303 en ammo het tot die verkoop van die wapens en ammo op grootskaal tot gevolg gehad. dit natuurlik, lank na die einde van die anglo konflik.

PMP het sowat n derde van al die 303 ammo tydens die tweede wereld oorlog vervaardig, en SA het as n 303 wapenopslagplek vir die britse kolonie gedien. die wapens het later, noodgedwonge die SAW  se eiendom geword. dit is maar waar, soveel mense n 303 en 50 patrone teen R50 gekoop het. die SAW se geweer tiffys en selfs musgrave was hierby betrokke. Maar in die republiek van die oranje vrystaat se kabinet is die woorde gese (terwyl daar besluit is oor n oorlogsverklaring teen GB): " Met God en die Mauser"

tydens die boere oorlog het die duitsers ons ondersteun en ek dink hulle behoort daarvoor erken te word
Last edited by James Wilson on Sun Mar 13, 2011 7:20 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Biltongjagter

Re: Herlaai data 303 British

Post by Biltongjagter »

Ek is nog altyd onder die indruk dat die naam Majubakettie meer 'n spottery onder die Boere was om na die Engelse se .303's te verwys, aangesien hulle nie hond haaraf kon maak teen die Boere met hulle Mausers tydens die slag van Amajuba nie.

Nogtans, vandag se tyd kan mens daardie einste Majubakettie in 'n besonderse jaggeweer verander.

Dit hoef nie noodwendig soos volg te lyk nie:
As ek 2200fps met die 215gr Rhino kry is ek baie happy.

Die 175gr Rhino teen so 2500 is vir my dood reg.
Wat van eerder so iets soos hierna met die Majubakettie -
Calibre Bullet       Twist    Powder Start gr MAX FPS
303 Brt  311140HV08    10        S335   42          2850
                                              S321   44   2925
Ook maar goed die destydse Engelse het nie hiervan geweet nie!  ;)
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

Biltongjagter wrote: Ek is nog altyd onder die indruk dat die naam Majubakettie meer 'n spottery onder die Boere was om na die Engelse se .303's te verwys, aangesien hulle nie hond haaraf kon maak teen die Boere met hulle Mausers tydens die slag van Amajuba nie.

Nogtans, vandag se tyd kan mens daardie einste Majubakettie in 'n besonderse jaggeweer verander.

Dit hoef nie noodwendig soos volg te lyk nie:
As ek 2200fps met die 215gr Rhino kry is ek baie happy.

Die 175gr Rhino teen so 2500 is vir my dood reg.
Wat van eerder so iets soos hierna met die Majubakettie -
Calibre Bullet        Twist     Powder Start gr MAX FPS
303 Brt   311140HV08     10         S335   42          2850
                                               S321   44    2925
Ook maar goed die destydse Engelse het nie hiervan geweet nie!  ;)
Ja,

My 303 skiet daai 140 HV lekke.

Ek het nie werk vir hulle nie hier op die Hoe veld en bosveld doen die 175 en 215gr punte die werk vir my ...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Biltongjagter

Re: Herlaai data 303 British

Post by Biltongjagter »

Gerhard, di? is nou 'n eienaardige antwoord hierdie:
Ek het nie werk vir hulle nie hier op die Hoe veld en bosveld doen die 175 en 215gr punte die werk vir my ...
Verseker het die 140HV 'n veel platter trajek as die 175gr en juis hier in die Ho?veld is dit baie werd.
In die Bosveld is die 140HV net so knap oor die korter sowel as langer afstande.

Sonder om nou weer 'n .308 herrie op te skop, die 130HV doen in beide die Ho?veld en Bosveld dieselfde werk as enige loodkern 180gr en ligter koe?l.

S?, hoe dan dat jy nie werk het vir die 140HV in jou Majubakettie nie?
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

Biltongjagter wrote: Gerhard, di? is nou 'n eienaardige antwoord hierdie:
Ek het nie werk vir hulle nie hier op die Hoe veld en bosveld doen die 175 en 215gr punte die werk vir my ...
Verseker het die 140HV 'n veel platter trajek as die 175gr en juis hier in die Ho?veld is dit baie werd.
In die Bosveld is die 140HV net so knap oor die korter sowel as langer afstande.

Sonder om nou weer 'n .308 herrie op te skop, die 130HV doen in beide die Ho?veld en Bosveld dieselfde werk as enige loodkern 180gr en ligter koe?l.

S?, hoe dan dat jy nie werk het vir die 140HV in jou Majubakettie nie?
Jong,

Jy moet onthou ek jag 90% van die tyd met die boog.

Wanneer ek met die geweer jag jag ek met die mentaliteit van n boog jagter.

Dit beteken ek geniet dit om te bekruip en met die geweer binne 100 meter te kom voor ek skiet.

Dan maak die 140gr HV en die 175gr nie n verskil nie.

Ja as jy langer afstande gereeld skiet is die 140gr HV wel n opsie om na te kyk.

Ek is ook nie n groot spoed vraat nie en as ek met die 175gr 2400 tot 2500 fps kan kry is ek meer as gelukkig.

Ek is ook gelukkig dat ek lekke groepe kry met die 140HV die 175gr en 215gr Rhino's

Ek het meer as genoeg 175 en 215gr  punte dat dit lank gaan vat om hulle uit te jag omdat ek so min met die geweer jag.

Ek weet ek gaan heel moontlik die winter paar blesbokke uit dun met die geweer so sal bietjie terug voer gee...

In is goeie rede om die S 355 kruit nader te sleep en om ladings te ontwikkel.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Boesman »

Wat van as 'n ou nou 'n ou piepklein takkie in die bosveld nick, (een wat jy moes mis skiet)?
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by James Wilson »

Boesman wrote: Wat van as 'n ou nou 'n ou piepklein takkie in die bosveld nick, (een wat jy moes mis skiet)?
Boesman, ek weet wat jy bedoel, ek het egter sulke goeie omdervinding met die 303 dat ek nogtans my geld op die 303 sal sit al is dit n 140grn. maar ek moet erken ek het geen ondervinding van die 140 nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Biltongjagter

Re: Herlaai data 303 British

Post by Biltongjagter »

Boesman, Jagbehep!, lees bietjie nr.5 op hierdie blad - http://www.techfund.co.za/GSCTheysay.asp

Ekself het al stewige takkies ge-nick in die Bosveld met die 130gr HV en nogtans het die koe?l sy werk gedoen! Natuurlik is die moontlik met so 'n geval daar dat enige koe?l nie sy veronderstelde pad kan bly volg nie, met natuurlik die gevolglike negatiewe resultate.

Punt is die 140HV is 'n suiwer koper koe?l wat baie minder opbreek as enige loodkern koe?l en dus minder geneig is om af te wyk van sy reguit lyn vlug pad. D?t is waar die groot verskil inkom!

Gerhard, hou maar liefs by die aanbeveelde dryfmiddels vir die 140HV's  ;)

Maar, totdat manne nie die 140HV in die Majubakettie in hul jagte beproef het nie, sal hulle nie self weet wat 'n aangename verrassing daar vir hulle wag nie.

Groete,
Koos.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Herlaai data 303 British

Post by Gerhard »

Biltongjagter wrote: Boesman, Jagbehep!, lees bietjie nr.5 op hierdie blad - http://www.techfund.co.za/GSCTheysay.asp

Ekself het al stewige takkies ge-nick in die Bosveld met die 130gr HV en nogtans het die koe?l sy werk gedoen! Natuurlik is die moontlik met so 'n geval daar dat enige koe?l nie sy veronderstelde pad kan bly volg nie, met natuurlik die gevolglike negatiewe resultate.

Punt is die 140HV is 'n suiwer koper koe?l wat baie minder opbreek as enige loodkern koe?l en dus minder geneig is om af te wyk van sy reguit lyn vlug pad. D?t is waar die groot verskil inkom!

Gerhard, hou maar liefs by die aanbeveelde dryfmiddels vir die 140HV's  ;)

Maar, totdat manne nie die 140HV in die Majubakettie in hul jagte beproef het nie, sal hulle nie self weet wat 'n aangename verrassing daar vir hulle wag nie.

Groete,
Koos.
Koos,

Die S355 is vir die 175gr en 215gr punte...  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4598
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaai data 303 British

Post by James Wilson »

Biltongj, ek is seker oorhaastig maar ek sien nie waarvan jy praat in daai link nie. is daar dalk n spesifieke paragraafnommer waarheen jy my kan verwys?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply