SKA Carnarvon
-
Rampie
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Mon Jan 20, 2014 1:19 pm
SKA Carnarvon
Is hier dalk nog iemand op die forum wat grond gaan verloor met die SKA se grondaankope proses in Carnarvon?
Groete,
Johan
Groete,
Johan
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: SKA Carnarvon
SKA?
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
-
Dewitt
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Re: SKA Carnarvon
Johan ek is hier in Williston en betrokke by ons plaaslike Abattoir. SKA beplan om ongeveer 100 000ha grond uit te koop en my persoonlike mening is dit ons platteland net negatief gaan raak. Jy praat van ongeveer 10 000 lammers wat gaan verdwyn uit Abattoirs, mense wat iewers weer van voor af moet begin met hul boerdery. Ons platteland is reeds so ontvolk en dan nog die klomp werkers wat moet verskuif word. Ek het ook 'n lewendehawe vervoer besigheid en baie van my klieënte se grond val in die sone. Nee, ek is sommer erg negatief oor SKA en hul navorsing wat vir ons absoluut niks sal beteken nie. Die ergste is dat jy niks daaromtrent kan doen nie. Verkoop jy nie, word jy onteien. Hulle klink darem baie toegeeflik in hul onderhandelings, maar dit bly vir my maar bitter en my grond val nie eers in nie.
Dewitt
Dewitt
-
Rampie
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Mon Jan 20, 2014 1:19 pm
Re: SKA Carnarvon
Hallo Dewitt,
Ja dit is 'n lelike storie. Ons verloor 7700 hektaar. Die meeste hiervan is al 115 jaar in ons familie. Ek het oor die laaste paar jaar grond bygekoop om 'n ekonomiese eenheid te kry. Nou bly ons oor met 2000 hektaar sonder enige infrastruktuur.
Daar is redelik polemiek oor hoe toegeeflik hulle werklik gaan wees. Ons sal maar moet sien hoe hulle waardasies gaan lyk. Dis nou ook nie juis dat daar juis grond in die mark is om te koop nie. Ek dink daar is manne wat geslagte lank geboer het en nou die bedryf sal moet verlaat. Die SKA kyk baie klinies na ide saak - sentiment tel niks.
Wat wel seker is is dat daar nou 'n 120 000 hektaar teelaarde vir ongediertes gaan wees om die aangrensende boere te versondig.
Groetnis,

- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: SKA Carnarvon
Johan wat is hulle doel met die grond? Waarvoor wil hulle die grond oorkoop?Rampie wrote:Hallo Dewitt,
Ja dit is 'n lelike storie. Ons verloor 7700 hektaar. Die meeste hiervan is al 115 jaar in ons familie. Ek het oor die laaste paar jaar grond bygekoop om 'n ekonomiese eenheid te kry. Nou bly ons oor met 2000 hektaar sonder enige infrastruktuur.
Daar is redelik polemiek oor hoe toegeeflik hulle werklik gaan wees. Ons sal maar moet sien hoe hulle waardasies gaan lyk. Dis nou ook nie juis dat daar juis grond in die mark is om te koop nie. Ek dink daar is manne wat geslagte lank geboer het en nou die bedryf sal moet verlaat. Die SKA kyk baie klinies na ide saak - sentiment tel niks.
Wat wel seker is is dat daar nou 'n 120 000 hektaar teelaarde vir ongediertes gaan wees om die aangrensende boere te versondig.
Groetnis,
Johan
Dis baie hartseer, ek voel vir julle manne.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: SKA Carnarvon
Gaan Google SKA en jy sal die inligting daaroor kry.sako 30-06 wrote:Johan wat is hulle doel met die grond? Waarvoor wil hulle die grond oorkoop?Rampie wrote:Hallo Dewitt,
Ja dit is 'n lelike storie. Ons verloor 7700 hektaar. Die meeste hiervan is al 115 jaar in ons familie. Ek het oor die laaste paar jaar grond bygekoop om 'n ekonomiese eenheid te kry. Nou bly ons oor met 2000 hektaar sonder enige infrastruktuur.
Daar is redelik polemiek oor hoe toegeeflik hulle werklik gaan wees. Ons sal maar moet sien hoe hulle waardasies gaan lyk. Dis nou ook nie juis dat daar juis grond in die mark is om te koop nie. Ek dink daar is manne wat geslagte lank geboer het en nou die bedryf sal moet verlaat. Die SKA kyk baie klinies na ide saak - sentiment tel niks.
Wat wel seker is is dat daar nou 'n 120 000 hektaar teelaarde vir ongediertes gaan wees om die aangrensende boere te versondig.
Groetnis,
Johan
Dis baie hartseer, ek voel vir julle manne.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- sako 30-06
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm
Re: SKA Carnarvon
Het nou so vinnig gaan lees, wens ek het nie.
Nou het my dag baie sleg begin.
Nou het my dag baie sleg begin.
- pietbak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm
Re: SKA Carnarvon
Wie het die impak studie gedoen en finansiële volhoubaarheid studie?
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: SKA Carnarvon
pietbak wrote:Wie het die impak studie gedoen en finansiële volhoubaarheid studie?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- pietbak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm
Re: SKA Carnarvon
Ek wil bietjie dat 'n kontak van my by een van die groot koerante op die storie ingaan. Dit klink nie reg vir my nie. Dalk is daar kort termyn voordele maar ek bevraagteken die lang termyn impak van die projek.
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
- pietbak
- Full Member

- Posts: 246
- Joined: Mon Sep 08, 2014 7:18 pm
Re: SKA Carnarvon
Rampie, kan julle dalk 'n kontak persoon se nommer vir my stuur per pm. Iemand wat die Plaas eienaars verteenwoordig. EK soek nie 'n regerings ampetenaar of SKA verteenwoordiger nie asb.
Ondersteun jou klein handelaar, hy het jou nodig.
-
Johan308
- Full Member

- Posts: 213
- Joined: Mon Aug 18, 2014 2:34 pm
Re: SKA Carnarvon
Die lyk soos 'n storie vir Carte Blanche, hulle sal al die regte vrae vra. Miskien moet iemand hulle in kennis stel.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: SKA Carnarvon
Julle gaan poep teen donderweer. Onthou hierdie is 'n internasionale projek en is al wyd afgekondig. Die terrein is heelwaarskynlik lank terug gekies vir spesifieke terrein kenmerke. Dit sal 'n opdraande stryd wees om te stop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: SKA Carnarvon
EK kry niks as ek hul google nie, beplan die mense om te boer daar of is dit vir n ander projek? Die manne is mos nie vreeslik lief vir daai wereld nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: SKA Carnarvon
Klink vir my soos die begin van die grondeiening en besetting in Rohodesia...
Last edited by FHM on Tue Sep 15, 2015 3:18 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1847
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: SKA Carnarvon
Hulle soek 'n sekere area (moerse groot) om die SKA waar daar geen interferensie is nie. Enjins, radios, elektroniese toerusting, selfone, dstv, seltorings, you name it. MAW geen mense nie. Gaan 'n masiewe dooie area wees, jy gaan baie spesiale toestemming he om daar te kom of 'n voertuig daar te ry.Capt. Oblivious wrote:EK kry niks as ek hul google nie, beplan die mense om te boer daar of is dit vir n ander projek? Die manne is mos nie vreeslik lief vir daai wereld nie
Niggie van my ma boer tussen Carnavon en Van Wyksvlei, mis dit gelukkig net, maar word steeds geaffekteer.
Soos iemand genome het gaan jakkals se kind lekker daarso broei.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- Dirkvh
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Re: SKA Carnarvon
Spandeer biljoene om te sien hoe het die heelal gevorm...pleks hulle vat R60 en koop 'n Bybel, alles staan mos mooi daarin, sommer op die eerste bladsy!!! Gebruik dan die biljoene om "sustainable" kos produksie projekte te begin.
Die mensdom is darem bitter deurmekaar en verdwaald.

Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1847
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: SKA Carnarvon
Ja nee kyk. Dis presies die gesprek wat ons gehad het toe ons daar op die plaas was in Aug.Dirkvh wrote:Die mensdom is darem bitter deurmekaar en verdwaald.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: SKA Carnarvon
Square Kilometer Array = SKACapt. Oblivious wrote:EK kry niks as ek hul google nie, beplan die mense om te boer daar of is dit vir n ander projek? Die manne is mos nie vreeslik lief vir daai wereld nie
www.ska.ac.za/
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: SKA Carnarvon
Ek stem saam met Marius - julle gaan teen 'n stormwind poep.
Daai projek is al vir 'n hele paar jaar in die pyplyn en word internasionaal gedryf. Australië en SA was saam in die wedloop om die projek te kry en dis op die einde aan SA toegeken. Daar word wel ook 'n gedeelte in Aus. gedoen - ek is net nie seker wat nie.

Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: SKA Carnarvon
South Africa, allied with eight other African countries, is competing against Australia (allied with New Zealand) to host the €1.5-billion Square Kilometre Array ...
Kyk na die beraamde koste en jy kry 'n idee hoe aktief iemand gaan druk dat dit gebou word.
Kyk na die beraamde koste en jy kry 'n idee hoe aktief iemand gaan druk dat dit gebou word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: SKA Carnarvon
1.5 biljoen euro @R15.22.My calculator kan ongelukkig nie die som maak nie maar daar sal verseker 'n paar wees wat nie weer hoef te werk nie.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: SKA Carnarvon
Dagsê manne.
Ek verstaan dat dit vir baie mense 'n emosionele saak is. SKA kom nou al 'n geruime tyd aan en indien jy nog nie daarvan weet nie, gaan dit jou nie as persoon beïnvloed nie.
Met vooruitgang sal daar altyd opofferings gemaak moet word, maar met al die feite op die tafel sal jul vind dat die mense van SKA oopkop is om met die boere te onderhandel en ek glo dat as jy jou kaarte reg speel, jy net kan wen.
So ver my kennis strek gaan niemand se plaas onteien word nie en is die pryse wat beding word beter as markverwant en word daar vir die verbeteringe op die plaas ook betaal. Dit is ongehoord!
Om soveel grond af te staan kan lei tot 'n verlies aan bemarkbare vee, maar daar is baie plase wat so onderverdeel is dat dit in elke geval nie ekonomies is nie. Daar is baie manne wat wil uitklim, maar nie hul plase kan verkoop sonder om hul skuld te delg nie. Miskien is dit juis 'n uitkoms om groter eenhede te vestig en te konsolideer.
Die manne wat hul grond moet verkoop het 'n tydperk van twee jaar om op te pak.
PM my gerus om vir die volgende 2 jaar vir half prys te kom springbokke uitskiet.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: SKA Carnarvon
Nou gaan jy net PM's lees en nie tyd kry om gloeimanne te maak nie!Gawie(13mm) wrote:Dagsê manne.
Ek verstaan dat dit vir baie mense 'n emosionele saak is. SKA kom nou al 'n geruime tyd aan en indien jy nog nie daarvan weet nie, gaan dit jou nie as persoon beïnvloed nie.
Met vooruitgang sal daar altyd opofferings gemaak moet word, maar met al die feite op die tafel sal jul vind dat die mense van SKA oopkop is om met die boere te onderhandel en ek glo dat as jy jou kaarte reg speel, jy net kan wen.
So ver my kennis strek gaan niemand se plaas onteien word nie en is die pryse wat beding word beter as markverwant en word daar vir die verbeteringe op die plaas ook betaal. Dit is ongehoord!
Om soveel grond af te staan kan lei tot 'n verlies aan bemarkbare vee, maar daar is baie plase wat so onderverdeel is dat dit in elke geval nie ekonomies is nie. Daar is baie manne wat wil uitklim, maar nie hul plase kan verkoop sonder om hul skuld te delg nie. Miskien is dit juis 'n uitkoms om groter eenhede te vestig en te konsolideer.
Die manne wat hul grond moet verkoop het 'n tydperk van twee jaar om op te pak.
PM my gerus om vir die volgende 2 jaar vir half prys te kom springbokke uitskiet.![]()
![]()