Leica teleskope

Post Reply
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Leica teleskope

Post by cassie_calvinia »

wie van julle het ervaring van die leica's?
goed of sleg?
HOU HOM DAAI DIKTE
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: Leica teleskope

Post by Reloader270 »

Cassie dit is van die beste teleskope in die wêreld en gelykstaande aan baie ander Duitse fabrikate. Jy kry waarvoor jy betaal.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Leica teleskope

Post by Capt. Yoda »

Soos hul kamera lense en soos Reloader se, van die beste wat jy kry en vir nagjag dink ek nie jy gaan somer beter kry nie.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: Leica teleskope

Post by Steppenwolf »

Daar is 2 probleme met Leica.

1. dit is n pricey produk en
2. dit 'spoil' mens (as jy eers met die kwaliteit werk/speel is meeste ander produkte maar vaal!)
Last edited by Steppenwolf on Wed Jun 24, 2015 5:56 am, edited 1 time in total.
"the more I practice, the luckier I get'
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Leica teleskope

Post by cassie_calvinia »

daar is so midrange reeks waarna ek kyk.
die 3-12 ERi, met die asv turret.
lyk nie sleg nie. sy fov is so halfmeter minder as die Z6 sin
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Leica teleskope

Post by tripodmvr »

Leica is 'n massiewe groot maatskappy wat Wild Heerbrugg (Switserland) oorgeneem het. Wild en Leitz was bekende name so 20 na 30 jaar gelede. Wild het die eerste teodoliet in 1923 met toe glas sirkels gebou wat tot enkelsekonde kon lees (1sek = 1/60 van 'n minuut en onderspan 5mm op 1km). Hulle is dus vanaf die vroeë 1900's besig met akkurate optiese instrumente. Heer Wild het in die begin by Zeiss in Jena Duitsland gewerk. Alles dui dus op presisie en duursaamheid. Ons optiese opmeetinstrumente moet normale weersomstandighede buite trotseer.

Hierdie kennis en vaardigheid is later in die Leica geweerteleskope gebruik om hoë kwaliteit instrumente daar te stel. Daarom die hoë prys en puik lense wat gebruik word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Henna308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Wed Oct 01, 2014 9:50 am

Re: Leica teleskope

Post by Henna308 »

Ek het 'n ER 2.5-10x50 op my 375. Die rede hoekom ek juis hom gekoop het is vir sy goeie 'eye relief'. Sy glas is goed, raak bietjie snaaks op die rante, maar gelukkig sit die kruis in die middel. Sigveld is goed, sny stelknoppe is net bietjie sponserig, maar hy hou nog sy zero na 4 jaar. Dit was ook een van die eerstes wat ek gesien het, die nuwes se stelknoppe kan dalk beter wees. Ek is nie seker wat kos hulle nou nie maar vir iets tussen 15 en 20k vir daai klas vergrooting dink ek nie jy sal iets merkbaar beter kry as die Leica nie. Ek sal verseker weer Leica gaan in daai prysklas.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Leica teleskope

Post by Koos Barnard »

Ek kan miskien net noem dat TudorTech nou weer die agent is vir Leica teleskope en verkykers. Hulle beplan om die produk baie meer blootstelling te gee as die vorige agent - beskikbaarheid van sommige produkte was 'n groot probleem die afgelope twee jaar. Hopelik sal TudorTech by hul beloftes hou en sal ons in 2016 veel meer Leica-produkte sien. Ek woon 'n Leica promo-dag op 19 Okt by op die Krokodilspruit-skietbaan buite Pretoria.
Mooi loop
Post Reply