"Name and Shame" op Jaracal Forum

Rapporteer enige foute of aanbevelings hier/Report any problems or suggestions here
Post Reply
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

"Name and Shame" op Jaracal Forum

Post by jaracal »

Dit gebeur nou weer dat sekere persone erg aangeval word op die forum. Eerstens het ek geen probleem dat Jaracal lede teen sekere persone gewaarsku word nie. Wat egter gebeur is dat mede lede dan op die "band-wagon" klim met stories wat hulle gehoor het en so kry die stories stertjies. Soos met enige iets wat op 'n openbare platform genoem word wat nie waar is nie kan jy van naamskending aangekla en 'n siviele eis teen jou ingebring word.

Indien jy iemand wil "Name and Shame" moet jou feite reg wees en dit moet met jou gebeur het. Indien jy byvoorbeeld verneuk is deur 'n persoon wat deposito's neem vir jagtogte kan jy 'n link na sy advertensie plaas en ook sy tel nommer naam en goed noem. Jy moet ook die feite rakende die geval noem sodat die volle prentjie gekry word.

Indien jy inligting het met dienste wat verkeerdelik aangebied word of waar kopiereg o/a geskend word kan jy dit ook noem met 'n link na die advertensie of die feite wat jy het of gevind het noem en dit so bekend maak. Probeer ook die instansie of persoon wie se kopiereg geskend word kontak. 'n Eenvoudige voorbeeld is waar 'n persoon 'n jakkals roepkursus aanbied vir Bv R750-00 en Taffie Mulder, my of Louis Potgieter se roep CD's gratis aanbied. Die waarde van die CD's is meer as die kursus, duidelik is die ou besig met onderduimshede. Dit is elkeen se plig om so iets aan die lig te bring.

Laatens net weer, indien jy 'n probleem het met 'n handelaar, neem dit direk met hulle op.

Kom ons hou Jaracal waardig en soos dit moet wees. Ons het nie baie reels nie en is dit die rede hoekom dit so 'n gemaklike platform is waar lede kan gesels. Moenie die vryheid misbruik nie en los die persoonlike aanvalle.

Jaracal
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: "Name and Shame" op Jaracal Forum

Post by Dawie Malan »

Dit is 'n persoon se eie prerogatief of hy negatiewe kommentaar oor 'n instansie of persoon op 'n forum plaas. Of hy 'n lastereis teen hom kan kry is moontlik, maar met die nuutste presendente wat geskep is oor naamskending omdat daar swak dienste gelewer is of omdat 'n produk nie op standaard is nie, slaag eisers nie meer in hierdie sake nie. Dis ook nie die funksie van 'n moderator om lede teen lastereise te probeer beskerm nie.

Forums reg oor die wêreld is vol naamskending oor produkte of instansies waar lede se ervaring met ander gedeel word. Dit is 'n goeie maatreel en die oefening bied verbruikersbeskerming vir lede van 'n betrokke forum wat die dikwels, gespesialiseerde inligting nie op ander plekke kan kry nie.

Verskeie geweerwinkels en ook produkte het al negatiewe kommentaar, met reg, op hierdie forum gekry. Hoekom kommentaar wat ek vroeër oor 'n diensverskaffer, wat 'n aktiewe lid hier op Jaracal is, deur 'n moderator afgehaal is, gaan my verstand te bowe.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: "Name and Shame" op Jaracal Forum

Post by Gawie(13mm) »

Dawie ek gaan my hand opsteek en jou antwoord. Dit is my persoonlike siening; Jaracal is 'n platform waar ons om die kampvuur kan gesels en debateer. Die platform kos ons niks en is een van die beste versamelings van kennis mbt. jag en skiet verwante sake wat daar is.

Die moderators het 'n plig om dit wat vir ons kosbaar is te beskerm. Dit beteken soms dat die oogmerke van die forum uitgestippel word, soos nou en ons as gebruikers dit moet respekteer.

Ek verstaan jou ferstrasie, maar indien jy jou skrywe vir jouself hard-op teruglees, dink ek jy sal sien dat jou siening 'n bietjie kras is.
Jaracal is nie al die ander forums daar buite nie. Hulle kan maak en breek soos hul wil. Hier respekteer ons mekaar al verskil ons.

Mag jy 'n wonderlike dag verder beleef.

Groetnis,
Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: "Name and Shame" op Jaracal Forum

Post by alecjohnson »

Gawie(13mm) wrote:Dawie ek gaan my hand opsteek en jou antwoord. Dit is my persoonlike siening; Jaracal is 'n platform waar ons om die kampvuur kan gesels en debateer. Die platform kos ons niks en is een van die beste versamelings van kennis mbt. jag en skiet verwante sake wat daar is.

Die moderators het 'n plig om dit wat vir ons kosbaar is te beskerm. Dit beteken soms dat die oogmerke van die forum uitgestippel word, soos nou en ons as gebruikers dit moet respekteer.

Ek verstaan jou ferstrasie, maar indien jy jou skrywe vir jouself hard-op teruglees, dink ek jy sal sien dat jou siening 'n bietjie kras is.
Jaracal is nie al die ander forums daar buite nie. Hulle kan maak en breek soos hul wil. Hier respekteer ons mekaar al verskil ons.

Mag jy 'n wonderlike dag verder beleef.

Groetnis,
Gawie.
+1000
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: "Name and Shame" op Jaracal Forum

Post by joe rocket »

Wat Gawie sê is so waar! Jaracal is nie Facebook en jagbuddies nie, hierdie is n ordentlike forum waar ons kan verskil maar soos een man saam staan.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
nibo
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Fri Aug 14, 2015 2:38 pm

Re: "Name and Shame" op Jaracal Forum

Post by nibo »

:police:
Last edited by nibo on Sat Sep 19, 2015 11:04 am, edited 1 time in total.
Steyr Mannlicher .308
Sauer 202, 7mm RM
Tikka Varminter .243
Marocchi 12 boor
Mauser .22
R1 Para 7.62
CZ 75, 9mm para
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: "Name and Shame" op Jaracal Forum

Post by Chris Swart »

nibo wrote:Ek is jare gelede op n baie slinkste en skelm manier uit my 300 wbhy magnum deur n baie bekende en groot wapenhandelaar wat nou n groter winkel in Randburg het, verneuk.
Mag ek my storie hier vertel soos ek dit sou doen aan my vriende om die kampvuur?
Of gaan ek weer slae kry?
Ek dink nie Heinrich bedoel dat jy nie die reg het om jou storie te vertel nie.

Hy vra bloot dat mense by die feite en eerstehandse kennis bly, en nie op hoor-sê staatmaak nie.
Last edited by Chris Swart on Mon Sep 07, 2015 1:47 pm, edited 1 time in total.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: "Name and Shame" op Jaracal Forum

Post by tripodmvr »

Die feitelik bly is waarop ek klem sou lê. Skinder is wat ons die ander kan noem. As ek kla oor die diens van 'n persoon of instansie wil ek nie hoor van sy 2 knypies op die kantlyn of hoe lekker hy kuier nie. Ons moet bly by dit wat die kwelpunt is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: "Name and Shame" op Jaracal Forum

Post by Eugene »

tripodmvr wrote:Die feitelik bly is waarop ek klem sou lê. Skinder is wat ons die ander kan noem. As ek kla oor die diens van 'n persoon of instansie wil ek nie hoor van sy 2 knypies op die kantlyn of hoe lekker hy kuier nie. Ons moet bly by dit wat die kwelpunt is.
+1
Aim small, miss small
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: "Name and Shame" op Jaracal Forum

Post by PWV »

tripodmvr wrote:Die feitelik bly is waarop ek klem sou lê. Skinder is wat ons die ander kan noem. As ek kla oor die diens van 'n persoon of instansie wil ek nie hoor van sy 2 knypies op die kantlyn of hoe lekker hy kuier nie. Ons moet bly by dit wat die kwelpunt is.
Help ook nie om oor jou skoonma hier te kla nie. >:+
Post Reply