Howa 1500 Varminter vir verskiet
- Bees
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Nov 15, 2013 5:54 am
Howa 1500 Varminter vir verskiet
Manne, ek het gehoor 'n .308 kan verskiet (ek is lus vir 1000m), is daar enigiemand op die forum wat sy Howa Varminter 1500 .308 (ek het die fluted bullbarrel gekoop) op lang aftsand skiet of met soortgelyke .308? Myne is die 24 duim loop. Ek gaan nou met myne begin as die lisensie kom en wil graag by iemand leer wat soortgelyke geweer skiet.
Volgende vraag is natuurlik watse lekker verskiet teleskoop ek kan koop met om en by R10 000...
En: waar kan mens in Gauteng omgewing 'n lekker silencer laat opsit wat betroubaar is en wat gecerakote kan word saammet die geweer...
Dankie vir julle hulp manne!
Zach

7mm Rem Mag
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550
____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Cerakote - Numenor as ek dit nie mis het nie.
Indien jy by 1000m wil uitkom sal jy met hoë BC koeëls moet eksperimenteer. Die 24 duim loop gaan jou kortwiek. Op 800m behoort jou geweer goed te vaar, maar 1000 gaan hom beproef. Gaan kyk waarmee skiet die F-klas skuts om supersonies te bly op 1000m.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Bees
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Nov 15, 2013 5:54 am
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Dankie Tripod. Waardeer.
Enige voorstelle itv teleskoop? Pel van my het n Rudolph met die T3 en hy is baie happy en dit lyk nice maar ek is n groot Vortex fan deesdae...
Enige voorstelle itv teleskoop? Pel van my het n Rudolph met die T3 en hy is baie happy en dit lyk nice maar ek is n groot Vortex fan deesdae...
7mm Rem Mag
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550
____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550
____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___
-
GVC86
- Full Member

- Posts: 185
- Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Hi JagKlong,
As ek dit reg het behoort daai geweer n 1:10 twist te het. Jy sal dan 175gr koeels lekker kan stabiliseer daarmee. Daar is baie ouens wat met 20 duim lope ver skiet met die 175gr koeels. Kyk maar Todd Hodnett op "the art of the precision rifle" van magpul dynamics. Hulle vat n semi-auto 308 uit na 1600m.
Jy sal wel n 20moa base en scope met genoeg interne verstelling moet op sit. Min 60moa as dit my keuse was. Vortex vipers is goeie scopes (hs, hs lr, hst, pst almal sal werk).
Ons doen tenminste 1 lang afstand skiet per maand waar ons teikens/gongs uit sit tot op 1600m jy is welkom om volgende keer te kom loer.
Groete
George

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Dagsê.
Jy kan met enige 308 tot 1000m skiet, indien jou teleskoop dit toelaat. Sommige gewere doen dit net beter as ander.
Die HOWA is een van daardie gewere wat dit net makliker gaan doen.
Hier volg 'n paar goedkoop en 'n paar minder goedkoop "tips" om jou tot 1000m te kry.
Jou geweer platform.
1. Glas en "pillar bed" die aksie sodat die loop vry hang in die kolf.
2. Poleer die HACT sneller en verstel hom dat hy op ongeveer 1.5 pond breek.
3. Sit 'n 20 MOA staal piccatiny basis op die geweer en "lap" die ringe. Warne sê ringe is nie so duur nie en baie van ons het daarmee begin.
4. Indien jou wangstuk nie verstelbaar is nie, kry een van Julian sê verstelbare wangstukke. Jou oog moet inlyn met die kruishaar wees.
5. Koop 'n Harris twee-poot wat kan kantel. Bly weg van die cheapies.
6. Kry 'n "bubble level" vir jou teleskoop. Vir enige skote oor 300m maak dit saak.
Teleskoop:
1.Jy kan nie skiet, wat jy nie kan sien nie. As jy dit kan sien en jy kan nie tot daar stel nie, help dit ook boggerrol.
2.Vergeet van enige iets met 'n kleiner as 20 vergroting. Jy kan altyd die vergroting afstel vir mirage en naby werk, maar met 'n 14 of 16 maks vergroting kan jy nie stel tot 20 nie.
3.Interne verstelling. Jy gaan moontlik tot 40 MOA moet opstel om by 1000m uit te kom. Onthou dat jy met 'n optiese zero op jou teleskoop begin. Dus is jy in die middel van jou beskikbare verstelling. Die 20 MOA basis "koop" dus vir jou die nodige verstelling.
4.'n Kruishaar wat in MOA afgemerk is "koop" vir jou 'n verdere 5 tot 10 MOA.
Jou Ammo.
1. Herlaai jou eie Ammo met die beste beskikbare komponente. Lapua doppe spaar hope geld op die lang pad.
2. Skiet die hoogste BC koeël wat in jou geweer werk. 155 grein koeëls loop mooi uit die HOWA met sy 1:10 groef draai.
3. Doen ordentlike lading ontwikkelling. 'n Driekwart duim groep op 100m sal jou op 900m kry, maar 'n halfduim groep kry jou op 1000m.
4.Kry 'n betroubare chronograaf. Spoed is nie alles nie, maar wat die spoed is, is van kardinale belang.
Ballistiese program en katoeters.
1.Kry 'n ordentlike program vir jou selfoon. Strelok Pro, Applied Ballistics of Shooter, werk almal knap.
2.Kry 'n windmeter en 'n ordentlike afstand taster. Hoe wil jy jou teleskoop stel as jy nie weet hoeveel jy moet stel nie.
Oefening en voorbereiding
1.Probeer om die DVD van Todd Hodnett in die hande te kry. "Art of the pressision rifle"
Pas toe wat jy uit die DVD leer en jy is sommer gou op 'n 1000m plus.
2. Beweeg uit jou gemaksone. Skiet uit die lê posisie van die grond af. Sodoende kan jy beheer uitoefen oor jou liggaam en jou skiet platform.
3. Raak fiks. Hoe laer jou rustende hartklop, hoe makliker is dit om van jou asemhaling te vergeet en net op jou snellerbeheer te fokus.
4. Ritme is belangrik. Gaan lê agter jou geweer en werk vir jou 'n ritme uit. Van die oomblik wat jy gaan lê tot jy die skoot sien tref en weer oorhaal. Skryf dit neer en oefen die by die huis in jou agterplaas.
Kry vir jou 'n "Shooting buddy". Julle is mekaar se "spotter" en mekaar se leermeesters. Steek jou trots in jou sak en leer by ander manne. Ek leer elke dag iets nuuts.
Leer by manne wat dit reeds gedoen het. "Rusbank-snipers" gaan jou net geld en Ammo kos.
Laastens: Geniet dit. Kompeteer teen jouself. Jy sal dan die ander manne vinnig inhaal en soms verby steek.
Groetnis.

Last edited by Gawie(13mm) on Sat Sep 05, 2015 9:23 pm, edited 1 time in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- toelie
- Hero Member

- Posts: 928
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Mooi gestel Gawie
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
- Bees
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Nov 15, 2013 5:54 am
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Jis manne - julle verstaan nie hoe baie waardeer ek advies nie...great dankie Gawie en kie.
7mm Rem Mag
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550
____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550
____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Net om by te voeg by Gawie se uitstekende storie: Gloei jou doppe uit na elke derde herlaaislag.
Hoekom dink julle bou ons Gloeimanne??
Hoekom dink julle bou ons Gloeimanne??
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Gawie kaste jy moes n journalis geword flippen goeie raad.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
PWV wrote:Net om by te voeg by Gawie se uitstekende storie: Gloei jou doppe uit na elke derde herlaaislag.
Hoekom dink julle bou ons Gloeimanne??
Voor mens Todd se dvd kyk of na die tyd?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Bakkies303
- Sr. Member

- Posts: 360
- Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Dankie vir jou vraag Jagklong. Nou het ek ook sommer baie dinge geleer.
-
slagdop
- Full Member

- Posts: 173
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:35 pm
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Gawie(13mm) Jy't nou 'n klomp jukpoeier gaan staan en invryf waar ek nie eintlik wou krap nie
Siende dat jagseisoen oor is gaan ek jou raat volg.
Thanx vir jou "pointers"
Siende dat jagseisoen oor is gaan ek jou raat volg.
Thanx vir jou "pointers"
- Bees
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Nov 15, 2013 5:54 am
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Hello Gawie, hoop dit gaan goed! Dankie vir jou advies was onverwags en baie nice van jou. Waardeer.
Behoort hierdie teleskoop die ding te kan doen? Kan mens selfs verder as 1000m met hom skiet? Is MOA dus beter as jy wil langsafstand skiet indien die turrets in .25 van MOA verstel?
http://www.vortexoptics.com/product/vor ... le/reticle
Behoort hierdie teleskoop die ding te kan doen? Kan mens selfs verder as 1000m met hom skiet? Is MOA dus beter as jy wil langsafstand skiet indien die turrets in .25 van MOA verstel?
http://www.vortexoptics.com/product/vor ... le/reticle
7mm Rem Mag
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550
____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550
____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Ek gaan nou my eie raad volg en bieg dat ek nog nooit met 'n Vortex geskiet het nie en dus nie my nek gaan uitsteek nie
Ek het al wel deur my vriend, Sakkie Rust s'n gekyk en die glas is mooi helder. Die MOA kruishaar sal ek sonder voorbehoud kies.
Die kwart MOA verstelling is meer as voldoende in my oë. Persoonlik bewe ek in elk geval meer as wat ek kan stel.
As jy ten minste 50 MOA kan opstel met elavasie saam met 'n 20 Moa basis, sal hy die werk kan doen.
Ek het al wel deur my vriend, Sakkie Rust s'n gekyk en die glas is mooi helder. Die MOA kruishaar sal ek sonder voorbehoud kies.
Die kwart MOA verstelling is meer as voldoende in my oë. Persoonlik bewe ek in elk geval meer as wat ek kan stel.
As jy ten minste 50 MOA kan opstel met elavasie saam met 'n 20 Moa basis, sal hy die werk kan doen.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Bees
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Fri Nov 15, 2013 5:54 am
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Nogsteeds uitstekende advies dankie Gawie! Waardeer baie
7mm Rem Mag
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550
____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___
.243 Brn
12ga Franchi Feeling
.308 Howa Varminter
.308 Ruger Varminter
6.5 Swedish Mauser CZ 550
____Wildebeeste word siek gebore en hoe meer jy hom skiet hoe gesonder word hy___
-
QG18de
- Full Member

- Posts: 138
- Joined: Fri May 03, 2013 9:23 am
Re: Howa 1500 Varminter vir verskiet
Jy sal verseker kan ver skiet met die howa 308. Ek persoonlik het die dun 22" loop gehad en kon tot op 1000m skiet met hom.
Soos die manne al hier bo genoem het gaan dit maar basies wees om die beste koeëlpunt te kry wat jou effektief tot op dai afstand sal kry.
Ek het aanvanklik met die nosler 155gr custom comp koeels begin en het besef hy wil nie tot by 1000m skiet as ek hom teen 'n baie stadige 2600fps laat wegtrek nie. Ek het nie eers probeer om hom vinniger te skiet nie, en het sommer dadelik na 'n koeelpunt toe beweeg met n beter bc.
Daarna was die 168gr custom comp koeels probeer, asook die 175gr custom comp. Die 175gr het ek teen maks drukvlakke laat loop (2640fps) en hy het baie lekker tot op 1000m getrek.
Soos die manne reeds genoem het:
- Sorg dat jou geweer reg is (howas is reg, geglass bed, freefloat loop, ens.)
- Kry 'n koeelpunt van jou keuse (goeie bc, bekostigbaar, en goeie toleransies)
- Sorg dat jou teleskoop tot daar kan stel. Ten minste 50moa verstelling op scope. met 'n 20 moa rail.
- Sorg dat jou lading reg is. 3kwart duim tot halfduim groepe is wat jy soek. Hiervoor sal jy goeie doppe nodig hê, asook goeie dop voorbereiding. Soos die manne noem, anneal doppe, ens. Dit sal dinge net makliker maak om teikens wat ver staan te tref as jou groepies lekker klein is.
Ek bevestig maar net. hehe
Groete Jason

Howa 6.5 Creedmoor, KRG Bravo
Lee Enfield No4 Mk2 303
Lee Enfield No4 Mk2 303