compentency

User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

compentency

Post by james 303 »

Hi kan iemand my se hoe lank wag jy vir jou bevoegheid as hulle jou bevoegheid aansoek  pretoria toe gestuur het of hang dit dit maar af van aansoek tot aansoek tnx
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: compentency

Post by theedge »

Dag James ek dink nie eens die ouens wat met dit werk kan vir jou daar n duidelike antwoord gee nie,  Dink geluk speel eerder n groter rol ;D ;D ;D
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: compentency

Post by Christo Els »

Geluk en baie baie baie oproepe sodat jy soos 'n vriend vir hulle raak dan hoop jy vir onder 'n jaar
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
JvB
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am

Re: compentency

Post by JvB »

James,


Ek het 'n jaar en twee maande gewag voordat my bevoegdheid goegekeur is, maar wag nog steeds vir my kaartjie. Ek het verlede vrydag my lisensie kaartjie gekry.


JvB
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: compentency

Post by james 303 »

Oproepe na wie toe na my dfo of pretoria self....want my aansoek le nou in pretoria
JvB
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am

Re: compentency

Post by JvB »

James,


Ek skakel die call centre nommer om te hoor hoe ver my aansoek is. Die no. (012) 353 6111 (Pta).


JvB
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: compentency

Post by Ponkie »

Jvb

Dis net so goed jy bel 'n rekenaar as mens daardie nommer bel! Hulle speel elke week vir my daai klassieke musiek vir 15min lank en indien iemand jou uiteindelik help ly dit dieselfde storie! My aansoek le nou al hoe lank by die plek waar hulle vir criminal record check.

Het Oom meer sukses?

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
JvB
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am

Re: compentency

Post by JvB »

Ponkie,

Net soos jy daar se. Alles haak daar vas en dit is nie vir 'n maand of twee nie maar langer. 

Ek het al geskakel dan se die persoon dit is klaar gedruk en by die stasie, maar sodra ek die stasie bel dan is dit nog nie daar nie. Ek maak maar dubbel seker voordat ek hul glo. Ja na 'n lang wag en fakse om dit te bespoedig het ek my lisensie laas vrydag gaan afhaal. Die een by die stasie vra my of ek al 'n brief gekry het, ek se nee maar ek het gebel en dit wys dit is hier.

Ek ken iemand daar wat vir my op die stelsel kon kyk waar in die proses was my aansoek.

Hoe lank wag jy nou al?


JvB



   
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: compentency

Post by james 303 »

Wel ek het ses maande gewag sodat my goed Pretoria toe gestuur moes word...so ja nou begin stap twee...en hoeveel stappe voorentoe weet ek nie so nou kort ek advies om wat volgende te doen of moet ek maar net wag dankie vir jul replies
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: compentency

Post by fanie17 »

James
Daar is n dame majoor in beheer van die bevoegdheid,ek het meer as twee jaar gewag en haar toe gebel,dit sou toe nog agt maande vat.Sy het toe gese ek moet n motivering skryf en vir haar stuur.Ek het toe binne twee maande my bevoegdheid en nuwe lisensies gekry.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: compentency

Post by Ponkie »

Jvb

My proses het al in 2009 begin. In Maart 2010 was ek terug geroep polisiekantoor toe vir 'n plek waar die stasiebevelvoerder my nie laat teken het nie! So na regte is my proses eers in werking van Maart 2010 af! Belaglik! Ek het al e-mails gestuur aan 'n sekere Kaptein of iets sonder enige terugvoering! Sit met afgekapte hande!
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Re: compentency

Post by Christo Els »

Wel ek het 28 maart 2008 vir myne aansoek gedoen en is 15/02/2011 na pta eers gestuur.


So sak seker nog 'n jaar of 2 wees
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: compentency

Post by Stefan764 »

Ponkie wrote: Jvb

My proses het al in 2009 begin. In Maart 2010 was ek terug geroep polisiekantoor toe vir 'n plek waar die stasiebevelvoerder my nie laat teken het nie! So na regte is my proses eers in werking van Maart 2010 af! Belaglik! Ek het al e-mails gestuur aan 'n sekere Kaptein of iets sonder enige terugvoering! Sit met afgekapte hande!
Christo Els wrote: Wel ek het 28 maart 2008 vir myne aansoek gedoen en is 15/02/2011 na pta eers gestuur.


So sak seker nog 'n jaar of 2 wees
Ponkie/Christo

Ek voel vir julle manne. Die GROOT probleem is om die dokumente by jou plaaslike SAPS kantoor weg te kry. Selde het my oorgekom met my pompaksie lisensie op Schweizer Reneke. Het begin 2008 aansoek gedoen en hy is eers Mei 2010 goedgekeur.

Ek verhuis toe mos na PTA so paar jaar trug en 2 weke trug gaan ek Garsfontein Polisiestasie toe om my Bevoegtheid te hernu asook my .22 Mauser se lisensieaansoek in te gee. Kry by die swart dame wat die aansoeke hanteer al die nodige vorms. Dis 7h30 in die oggend. Ek sien haar toe weer skuins voor 3, doen vingerafdrukke en gee als in. Sy plaas dit op die "out" hopie. Twee dae later bel sy my en se daar is n fout op een van my vriende se getuigskrifte. Ek moet dit regmaak en DADELIK vir haar bring, sy wil die goete wegstuur. Ek dink toe, ja whatever, sal dit more doen. Die more is toe n Vrydag en om n lang storie kort te maak vat ek eers Maandag die regte goete vir haar. Toe ek daar kom is sy sommer vies vir my: "Ai mr fouche, why you taking so long??" Sy se toe dat sy die vorige pakkie waarin my aansoeke was al ingevat het en myne kon al mee begin geword het as ek my gat geroer het!! Sy sit hom toe op die nuwe "out" hopie en se ek moenie worry nie, sy vat hulle oormore (daai Woensdag toe) weer weg. DIS MOS NOU DIENS!! Ek moet my hoed afhaal vir haar en haar effort.

Ek wil net een ding by se. Doen moeite om vriendelik te wees met die persoon wat jy mee te doen het. Ek het soveel ouens in dai selle behulpsame Garsfontein stasie gesien wat baie onbeskof raak en dit sommer die dag as hulle die goete ingee. "Julle moet julle gatte roer!"  "Hoop nie die een vat ook so lank nie!!" Dai houding gan dai manne net briek. Wees maar vriendelik, dit kos tog niks.

Sterkte manne, hoop julle aansoeke word goedgekeur en sommer gou ook.

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: compentency

Post by james 303 »

Ek stem dit is hoekom my goed nou is waar dit is baie geduld en vriendelikheid ;D ek weet netnie hoe lank hulle gaan vat met die goed in pretoria nie.. ek hoop vinnig ek dink ons almal doen
JvB
Full Member
Full Member
Posts: 165
Joined: Tue Apr 20, 2010 7:41 am

Re: compentency

Post by JvB »

Louis,


Ek het myne by Pta Sentraal ingehandig en nogsteeds meer as 'n jaar daarvoor gewag na ek twee motiverings deur gestuur het na 'n dame Kononel. Ek hoop vir julle ouens met die belofte dat dit nou vinniger sal gaan gaan nie solank wag nie.

My bevoegdheid is goedgekeur maar wag nog vir my kaartjie, maar ek het klaar my lisensie kaartjie gekry. Nou wonder ek net omdat ek net een kaartjie het, mag ek my wapen in besit he en kan hanteer of wat(ek sal moet uitvind).

JvB 
Biltongjagter

Re: compentency

Post by Biltongjagter »

Skielik skrik ons plaaslike vuurwapen lisensie kantoor van die SAPD uit hulle jare lange slaap wakker!!!

SMS my dogter om fotos van haar kluis - toe, oop en sleutel - te kom inhandig sodat haar jare lange uitstaande hernuwingsaansoek, afgehandel kan word.

Omdat sy voltyds werk, neem ek die fotos namens haar in SAPD toe. DFO kaptein weier om dit te aanvaar, my dogter moet kwansuis self die goed inhandig en 'n vorm teken.
Bied aan om die vorm te laat be?dig nadat my dogter dit voltooi het en daar hoor ek dat die SAPD nie be?digde vorms aanvaar tensy dit deur die SAPD self be?digd is nie!!!!!!!!!!!!

Net begin dink dinge sal nou vlot nadat gladde jan bothma uitgeskop is, maar lyk my daar is nog vele ander van die sg. gesaghebbendes in die bende van SAPD wat ook die 'boot' nodig het voordat ons kan hoop dinge sal verbeter.

Groete,
Koos.
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: compentency

Post by james 303 »

Ek sal wat gee om myne in die kluis te he...ek sal natuurlik eers die rook uit hom skiet op polish en weer bere tot n volgende sesie ek reken as jy jou lisensie het kan jy jou roer seker maar gaan haal... ;D
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: compentency

Post by DWB »

Nadat ek vir 2 weke nie kon deurkom na die CFR toe nie het ek toe uit eindelik vandag deurgekom.

Toe s? die knaap nogals in Afrikaans vir my dat my Competency wel in PTA is en dat dit nie meer so lank soos voorheen sal vat nie...

So kom ons hoop van harte dat dit vinniger sal wees. Dit het net 2 maande gevat om van Piet Retief af in Pta uit te kom :)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: compentency

Post by Ponkie »

DWB

Verstaan ek reg? Ek het ook vir die afgelope twee weke nie deur gekom nie, maar het tot nou toe nog nie weer probeer nie... Wens myne kan bietjie spoed kry, wil so graag vir my nog 'n geweer koop!

Dis nou die 0123536111 nommer neh?

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: compentency

Post by spekieries »

Ponkie

Ek het net so gesukkel om deur te kom , blykbaar die kabels gesteel of iets. Ek probeer defnitief more oggend weer.

Groete
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: compentency

Post by Andy »

Ponky,
Dis nou die 0123536111 nommer neh?
Ek is huidiglik besig met hulle op die foon.

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: compentency

Post by DWB »

Ja, ek bel ook al vir 3 weke, en het toe ek gister vir die 6de keer bel toe kom ek deur na ek baie lank moes wag......

Dink nie die sisteem werk 100% nie
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: compentency

Post by Ponkie »

Andy

En wat se hulle? Wanneer het jy jou aansoek ingedien en in dit vir bevoegdheid en 'n lisensie, of slegs bevoegdheid?

Hoop jyt goeie nuus gekry!

Groetnis
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Andy
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jan 31, 2010 1:04 pm

Re: compentency

Post by Andy »

Ponky,

My lisensie is die verkeerde kaliber goed gekeur, sukkel nou om dit reg te kry voor hulle hom druk maar dit blyk huidiglik tevergeefs te wees.

Foute kan eers reg gestel word nadat die oorspronklike kaartjie gedruk is.

Maar ek gee nie moed op nie bel alreeds daagliks vir die afgelope jaar en ses maande.

Andy
"One does not hunt in order to kill. On the contrary, one kills in order to have hunted."
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: compentency

Post by Armand Steenkamp »

Andy jy se jy bel al elke dag vir die afgelope jaar en 6maande :o
Jy verdien n stywe Bells!!
Willi weet wat jou tellefoon rekening moet wees nie!!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Post Reply