Amarok

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Amarok

Post by Apie »

Self redelike kilos op n Amatrok gesit, van my vriende ook.

Doodgelukkig met hom...
Forester
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am

Re: Amarok

Post by Forester »

DeonvTonder wrote:
Forester wrote:More almal,

Wie hier ry dalk 'n amarok? Ek het gister 'n liggie op die dash gehad wat geflikker het en baie krag verloor. Volgens die boek is dit "engine management system failure". Toe ek die bakkie weer aanskakel was die liggie af en die het veilig huis toe en vanoggend VW toe gery sonder probleme. VW sê hulle kry nie fout nie. Het iemand dalk vir my raad asb?

Groete
Forester, ek het al dieselfde gehad op my Ford Ranger. Al wat gebeur is as daar 'n skielike verskil in lugdruk is dan gaan die liggie aan. Wat gebeur is dat die engine nie genoeg lug inkry nie. Dan skop 'n tipe veiligheids meganisme in sodat die engine nie seerkry nie. Daarom die rede vir die verloor van krag.
Al wat jy hoef te doen is om te stop, die bakkie af te skakel 'n minuut of wat te wag en weer aan te skakel. Probleem behoort dan weg te wees en die liggie behoort af te wees.

Alles deel van die "nuwe" engines.

Groete
Dankie Deon, waardeer die verduideliking!
Wynand

470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Amarok

Post by Wouter Roets »

Oom PW en Sully

Iets wat ek vir n baie lang tyd weet en dit is dat die son nie onder gaan by die Toyota teken nie. Die grootste oorwegening vir my is maar my hoofkar. Ek is eerlikwaar lus vir n voertuig met meer bestuurs dinamika as die LC200. Ek is nou op my derde een in 6 jaar en is lus vir iets wat my gaan bang maak as ek brood gaan koop. Ek het ander opsies maar is nie lus om elke keer n dag af te vat om my voertuie te gaan diens nie en ook nie om verskillende brands te ry onder my voertuie nie.

Ons dorpie het maar net n paar agentskappe oor en en die VW een word deur n pel van my bestuur en doen baie goed. Hierdie speel n groot rol met voertuie veral as jy hulle gereeld vervang. Die meeste Toyota handelaars is order-takers en ek is gatvol om iemand se gat te lek om besigheid te doen met mens. As n handelaar moeite doen vir jou kan jy ver gaan met die brand. Ek ry ook nie n voertuig uit sy motorplan of waarborg nie so ek is nie erg gepla oor die moontlike betroubaarheids issue's nie. Die handelaar het my sy cliam-log gewys op die Amarok's en ek kan daaruit nie sien dat ek n probleem gaan he nie. Tyd sal maar leer, maar een ding wat ek al gesien het met mense en voertuie en dit is dat persepsies bitter moeilik verander al bewys die teendeel dit.

Groetnis
Wout

PS Forester jammer vir die high-jack!
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 553
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: Amarok

Post by Stephan86 »

Ek mag dalk nou bietjie roer in 'n gevaarlikke pot.

Wouter is is baie bly jy kyk bietjie vêrder. Ooral sien ek dit en sien dit hier ook, daar is 'n Toyota geloof onder sekere manne. Hul sal dit ry gee nie om wat nie, en as jy iets sleg van Toyota sê word jy gestenig.

Ek voel Toyota ry al te lank op hul ou karre se rug. Hul naverkoop diens is nie meer wat dit was nie, en die kar self is vêr agter teen hul kompetisie. Hopelik wys die nuwe Hilux baie vooruitgang.

In Australie kan al klaar gesien word die manne beweeg weg van die Old Trusted Toyota na ander handelsmerke.
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Amarok

Post by JohanvanZyl »

Ek hoop van harte dat volgende jaar se Hilux iets besonders gaan wees. Dis ve my sleg om te sê ek hou van i Ford of VW bakkie. Hehe. Ma as ons na die VW Se grootseun kyk in TDi dan kan die Toyota Tanks ma gaan slaap. Daai sal verseker mens bang maak as jy gaan brood kry. Koop i Isuzu..... iemand moes dit dam ook voorstel.
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Amarok

Post by Supacow »

Isuzu delivers!
Go big!
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Amarok

Post by JohanvanZyl »

Supacow wrote:Isuzu delivers!
Go big!
...en dan het jy nie die nierbelt nodig wat saam met die toyota gekom het nie
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Amarok

Post by Wouter Roets »

Stephan

Baie waar wat jy se. Kyk maar net na die verkoopssyfers van bakkies in die laaste tyd as voorbeeld. Dink wel die nuwe Hilux gaan n wenner wees vir die regte redes.

Manne soos reeds gese sal my Compulsive Disorder my nie toelaat om verskillende karre van verskillende vervaardigers te ry nie. Die karre en bakkies waarna ek kyk word basies net deur Toyota en VW gedek.

Wat stel julle voor vervang ek my LC200 4,5 V8, Rav 2.2 VX en Hilux 3.0 DC 4x4 mee?

Groetnis
Wouter
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2112
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Amarok

Post by Supacow »

n Atossie sal die Rav se skoene volstaan
n Aviz Atossie sal die res dek
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Amarok

Post by Wouter Roets »

Supacow wrote:n Atossie sal die Rav se skoene volstaan
n Aviz Atossie sal die res dek
Whawhawhahahaha!
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Amarok

Post by Sarel »

Wouter Roets wrote:
Wat stel julle voor vervang ek my LC200 4,5 V8, Rav 2.2 VX en Hilux 3.0 Dc 4x4 mee

::) ::) Met 'n 4.8 TIPTRONIC GRX 4X4 A/T, 1.6DCI SE 4WD en Patrol 3.0DI 4X4 >:+ >:+ >:+
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Amarok

Post by JohanvanZyl »

LC200 - Touareg grote 250kw!!!
Rav - Tiguan 2.0 TDi
Hilux - Amarok 2.0 TDi Bi turbo 4motion
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Amarok

Post by JohanvanZyl »

Sarel wrote:
Wouter Roets wrote:
Wat stel julle voor vervang ek my LC200 4,5 V8, Rav 2.2 VX en Hilux 3.0 Dc 4x4 mee

::) ::) Met 'n 4.8 TIPTRONIC GRX 4X4 A/T, 1.6DCI SE 4WD en Patrol 3.0DI 4X4 >:+ >:+ >:+
Ma dit is dan almal Renaults!!
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Amarok

Post by JohanvanZyl »

Grap net. Ek like die Nissans
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Amarok

Post by Chevvy SS »

Wouter, wag vir die 175 Kw Amarok.
Sarel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 349
Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm

Re: Amarok

Post by Sarel »

JohanvanZyl wrote:Grap net. Ek like die Nissans
Ag nee wat, deesdae raak dit net persoonlike keuses, want die tegniese verskille raak alhoe kleiner tussen die verkillende fabrikate. Soos Wouter noem, die diensverkaffer se betroubaarheid en diens is vir my ook belangriker !!
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Amarok

Post by JohanvanZyl »

https://youtu.be/0J0KcLrOjzk

Ek het nog altyd gesê 2.0l is te klein ve i bakkie ma hierdie het my weer laat dink
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
User avatar
JohanvanZyl
Full Member
Full Member
Posts: 234
Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am

Re: Amarok

Post by JohanvanZyl »

Sarel wrote:
JohanvanZyl wrote:Grap net. Ek like die Nissans
Ag nee wat, deesdae raak dit net persoonlike keuses, want die tegniese verskille raak alhoe kleiner tussen die verkillende fabrikate. Soos Wouter noem, die diensverkaffer se betroubaarheid en diens is vir my ook belangriker !!
My pa ry i X-Trail nou al ve so 80 000km. Ek sal môre een koop. Stem saam. Die ruimte wat verskaffers het om i swak produk op die mark te sit is deesdae so klein. Kies waarvan jy hou en jy sal heel moontlik tevrede wees. Maar dit bly lekker om daaroor te gesels en te probeer oortuig
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Amarok

Post by Pappabeer »

JohanvanZyl wrote:LC200 - Touareg grote 250kw!!!
Rav - Tiguan 2.0 TDi
Hilux - Amarok 2.0 TDi Bi turbo 4motion
Johny Black - Savana light
Bulle - Stormers
Ruger - Howa
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Amarok

Post by Pappabeer »

Neewat Wouter,

Op n ernstige noot. Toyota SA se diens is pateties verby in meeste dorpe. Ek stem noggal met jou saam dat in vandag se voertuig wêreld die handelaar se diens baie meer gewig dra as die voertuig maak.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3990
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Amarok

Post by tau »

Pappabeer wrote:Neewat Wouter,

Op n ernstige noot. Toyota SA se diens is pateties verby in meeste dorpe. Ek stem noggal met jou saam dat in vandag se voertuig wêreld die handelaar se diens baie meer gewig dra as die voertuig maak.
En daar slaan julle uiteindlikdie spyker op die kop. EK is weg van Toy en my PA wat se garage baie soos Wouter sin lyk het vanadg weer die 8 spoed Amakrok getoets.

Ek is 'n Land Cruiser nut, maar is baie lief vir Nissan se Navara en Patrol. EK is mal oor BMW se M reeks motors, maar ek ry 'n Mazda want Novel Ford se diens is brilljant en daar word nooit vrae gevra nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Amarok

Post by Apie »

As jy eers n auto Amatrok gery het is niks weer dieselfde nie...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Amarok

Post by Wouter Roets »

JohanvanZyl wrote:LC200 - Touareg grote 250kw!!!
Rav - Tiguan 2.0 TDi
Hilux - Amarok 2.0 TDi Bi turbo 4motion
Johan

Dit is presies waarna ek kyk. Gaan net wag vir die nuwe Tiquan wat so middel volgende jaar uitkom.

Chevvy die 3.0 V6 TDI Amarok word nou al vir n rukkie belowe en die nuutste is dat hy einde volgende jaar hier sal wees. Ek sal hom dan koop as dit so is. Glo dit sal n awesome bakkie wees.

Ja manne ek het my al behoorlik mof gedink oor my opsies. Die VW handelaar op die oomblik is die deurslaggewende ding.

Groetnis
Wouter
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Amarok

Post by Eugene »

Wouter, geniet dit! Ek glo jy gaan baie gelukkig wees. Daai Touareg is in my beskeie opinie, 'n bul van 'n voertuig!
Aim small, miss small
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Amarok

Post by VdWalt »

Ek het my Tiquan 2.0 Tdi vir 4 jaar en 100 000k gehad en my enigste problem was een pap band. Ek het lekker grondpad as ook serious modder sonder a probleem met hom gery. Ons het van JHB tot in PE met 'n tank diesel (65) gery en paar speeding fines langs die pad gekry. Sy boot was te klein as ek en my broer saam gaan jag het vir die gewere, boee en kos as ons dan nog elkeen 'n bwb ook geskiet het.... gelukkig help 'n Venterjie sommer maklik om daai probleem op te los.

Ek is oor 3 jaar weer due vir nuwe kar, dan sal ek die Pajero Sport hou vir jag en die bosse, maar ek sal maklik
weer 'n Tiguan koop vir alle daagse ry. Hy doen dit net so lekker.
Post Reply