Hoekom nie 'n 7 mm RM vir ver skiet nie?

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoekom nie 'n 7 mm RM vir ver skiet nie?

Post by Capt. Yoda »

Jy kan meer kruit in patroon/dop 1 kry so jy kan meer spoed uit hom kry. As al 2 selfde gelaai is soos jy se gaan patroon 2 hoer spoed en hoer druk he as jy vir al 2 diesefde hoeveelheid kruit X laai en slefde koel/TPL laai
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Hoekom nie 'n 7 mm RM vir ver skiet nie?

Post by LoopSoosStroop »

Capt. Oblivious wrote:Jy kan meer kruit in patroon/dop 1 kry so jy kan meer spoed uit hom kry. As al 2 selfde gelaai is soos jy se gaan patroon 2 hoer spoed en hoer druk he as jy vir al 2 diesefde hoeveelheid kruit X laai en slefde koel/TPL laai
Ok, dis soos ek dit ook verstaan.

So om dieselfde druk/spoed in Pat 1 te haal gaan jy meer kruit moet gooi. Sal baie interessant wees om te sien hoeveel meer, en of dit proportioneel is tot die verskil in interne volume.

Ek moet sê, hierdie interne balistiek storie is baie interessant vir my.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoekom nie 'n 7 mm RM vir ver skiet nie?

Post by Capt. Yoda »

Kom ons werk met my 243 en n 105gr Berger dan kyk ons wat QL se

105gr Berger
Lapua dop met H2o capacity van 55gr
46.1gr 385
Spoed 2944fps
Druk 59989psi

Nou as ons die dop se H2o capacity vernader na 54.5gr
46.1gr 385
Spoed 2959fps
Druk 61193psi

Om nou die dop met die 54.5gr H2o capacity weer naby die dop met die 55gr capacity se spoed/druk te kry sal ons so 45.8gr van daai 385 moet in gooi dan lyk dit so

45.8gr 385
Spoed 2940fps
Druk 59948psi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Hoekom nie 'n 7 mm RM vir ver skiet nie?

Post by LoopSoosStroop »

Nou vir hierdie tipe ding kan QL baie handig wees. Neem QL enigsins die vorm van die dop in ag? Bv. 300 WM vs. 300 WSM?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Hoekom nie 'n 7 mm RM vir ver skiet nie?

Post by LoopSoosStroop »

Dankie Ludwig, dit beantwoord dan my vraag oor die vorm van die dop.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoekom nie 'n 7 mm RM vir ver skiet nie?

Post by Capt. Yoda »

Ludwig wrote:
Capt. Oblivious wrote:Jy kan meer kruit in patroon/dop 1 kry so jy kan meer spoed uit hom kry. As al 2 selfde gelaai is soos jy se gaan patroon 2 hoer spoed en hoer druk he as jy vir al 2 diesefde hoeveelheid kruit X laai en slefde koel/TPL laai
Nee, dit is nie altyd die geval nie. Vergelyk die 300 Win Mag met die 300 WSM. Die Win Mag het 'n dop kapasiteit van ongeveer 92gr H20 terwyl die 300WSM 'n dop kapasiteit het van ongeveer 82gr H20. Die WSM het dus 10gr minder dop kapasiteit, maar as jy werklike syfers van die twee gaan vergelyk, met selfde kruit, selfde koeels, selfde drukvlakke etc, sal jy vind dat die WSM minstens dieselfde spoed lewer as die WM en in die geval van Somchem kruit vind mens dat die WSM selfs 'n raps meer spoed lewer as die Win Mag en met minder kruit ook. Die Win Mag met sy groter kapasiteit kan dit nie so effektief gebruik soos die WSM nie en verloor potensiele verrigting in die proses. Die kruit kolom se vorm het 'n baie groot effek op die ontbranding en kapasiteit is slegs een van die eienskappe wat 'n invloed het op die druk in die ontbrandings area. In die geval van die WSM help die baie dikker en korter kruit kolom dat meer kruit binne in die dop vinniger begin ontbrand. By 'n baie lang kruit kolom neem dit langer vir al die kruit om te begin ontbrand en gevolglik verloor jy effektiwiteit. Kyk na die dop ontwerp van 'n kaliber soos die 5mm/35 SMc. Die ontwerpers van hierdie dop het elke eienskap wat 'n invloed het op druk gemaksimaliseer om een van die mees doeltreffendste dop ontwerpe ooit te skep, waar 4800fps gehaal is met 'n 30gr koeeltjie uit 'n dop wat dieselfde kapasiteit het as 'n 6mm BR.

Om 'n goeie idee te kry van 'n kaliber se ballistiese doeltreffenheid, loer in Quickload na die "Ballistic Effeciency" syfer. Hierdie syfer, uitgedruk in persentasie, gee vir jou 'n syfer wat dui op die hoeveelheid energie wat die koeel bevat sodra hy die loop verlaat teenoor die energie wat die lading bevat het voor ontbranding begin het. Hoe hoër hierdie syfer, hoe meer effektief werk die kaliber met sy kruit. Met ander woorde, jy kry meer uit vir dieselfde wat ingaan as by 'n kaliber wat 'n laer ballistic effeciency het. Kalibers met lang kruit kolomme, soos jou 300 Win Mag, 7mm Rem Mag, 375 H&H etc, is nie die mees effektiefste ontwerpe nie. Die meer moderne ontwerp van korter en vetter doppe kan dieselfde verrigting lewer vir minder energie/kruit wat ingaan. Hierdie eienskap maak gewoonlik ook 'n kaliber makliker om voor te laai en eksterne faktore het 'n kleiner effek op ontbranding as by kalibers met 'n langer kruit kolom. Kyk maar na die kalibers wat huidige F-Klas en BR skuts verkies. Bykans al die gewilde kalibers in hierdie disiplines, maak van die kort en duk kruit kolom eienskap gebruik en mens sien wynig indien enige kalibers hier wat lang kruit kolomme het, want nie net moet jy meer kruit gooi vir dieselfde resultaat by 'n dop met lnager kruit kolom nie, maar jy sit gewoonlik ook met meer terugskop sonder dat jy enigsins iets wen daardeur. Dit is soos om 'n 1970 3l V8 natuurlik geaspireerde enjin met 'n moderne 2l straight 6 turbo aangedrewe enjin te vergelyk. Alhoewel die ouers enjin groter is en meer kapasiteit het, is hy nie naastenby so effektief soos die meer moderne kleiner enjin nie.
Ek het aangeneem hy praat van dieselfde kaliber met 2 doppe met verskillinde H2o capacitys dit is hoekom ek nie my 243 met my 300WM vergelyk het nie. As jy n 300WM dop 100% vol 385 maak gaan hy nie meer spoed kry as wanner jy n 300WSM 100% vol 385 gooi nie?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Hoekom nie 'n 7 mm RM vir ver skiet nie?

Post by LoopSoosStroop »

Dankie vir jou moeite met die vergelykings hier bo Ludwig, dit verduidelik dit mooi.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Hoekom nie 'n 7 mm RM vir ver skiet nie?

Post by ruaanb »

Dankie ek het bitter baie vandag hier geleer.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoekom nie 'n 7 mm RM vir ver skiet nie?

Post by Wouter Roets »

Luddie

Dankie vir die mooi skrywe wat hierdie tipe dinge so mooi bymekaar vat.

Toe ek nou so sit en lees toe dink ek aan die volgende ding. Hierdie korter ontwerpe het baie keer 10mm of wat se ekstra looplengte wat hy tot sy beskikking het wat baie keer kan bydrae tot so 10ft/sek. Net die feit dat die TPL 10mm korter is as die langer rondte help al klaar met spoed sonder die ekstra effektiewiteid van die ontwerp.

Ek verstaan absoluut hoekom jy in jou voorbeelde dieselfde poeier gebruik het, maar mense moet ook verstaan dat dopskapasiteit gekoppel moet word aan n poeier wat dit wel kan benut. Ek het sommer gou net om dit te illustreur Winchester WXR gevat met daai komponente in die 7mm Rem Mag en die volgende gekry;
68,1gr (99.7% FR)
OBT Node: 3181fps (1.336; 60 517psi)
28.1% ballistiese doeltreffendheid

Hiermee probeer ek net wys dat dopkapasiteit plus die ontwerp van die rondte natuurlik, gekoppel moet word aan n geskikte poeier vir die kombinasie. Natuurlik het ons ook nie toegang in SA tot hierdie wye poeierverskeidenheid nie en moet ons keuses gebasseer word op ons beskikbare poeiers. Met die voorbeeld wat jy gebruik het sal S385 teoreties so rapsie beter doen as S365. Toegegee daar is nie juis n verskil in nodespoed en druk nie maar dopvulling tel wel op wat klaar behoort te help met ES en SD syfers. Effektiewiteit neem natuurlik weer af met die hoer lading van S385.

Nou baie mense hier sit wel met n 7mm Rem Mag en sal darem seker uit hierdie skrywes kan aflei dat jy hom wel baie goed kan aanwend met langafstand skiet sowel as jag. Maar daar is meer sinlike keuses(Lees effektief en doeltreffend) soos Ludwig dit so mooi uitgewys het. n Mens wen wel spoed, maar teen n koste natuurlik. wat wel so bietjie help om windskuif en veral die jagafstand te kan rek. Ek sal wel se dat die 7mm Rem Mag in my oe die omkeer punt is as n mens na rondte/kaliber kyk. Deur n groter rondte te hardloop begin jy werklik indelf in die negatiewe kant soos looplewe, effektiewiteit met ons kruite en recoil.

Ek wil dalk ook net iets bynoem en dit is dat jou idiale TPl veral met die meer geskikte hoe BC koeels soms te lank begin
raak vir die standaard kamers sowel as die magesynkaste. Hierdie kan soms n faktor raak met akkuraadheid en beskikbare interne volume. Deur jou TPl te verkort verklein jy jou beskikbare interne volume en dus tel druk op vir n gegewe snelheid. Nie die einde van die wereld as jy lae druk hardloop nie maar kan wel n konsidirasie word as jy maksimum drukvlakke hardloop.

Groetnis
Wouter
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Hoekom nie 'n 7 mm RM vir ver skiet nie?

Post by LoopSoosStroop »

Dankie Wouter.

Wil iemand nie asb vir my kyk wat bogenoemde 162 gr A-Max lading in die 7 mm RM doen met S385 teen P-max nie?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3961
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Hoekom nie 'n 7 mm RM vir ver skiet nie?

Post by tau »

Gawie(13mm) wrote:Doen jouself 'n guns op die sonnige Vrydag oggend en gaan koop die nuutste SA Jagter en lees die artikel op bladsy 38.

Hier is die tabel wat die skrywer in die artikel geplaas het. Let wel dat die snelhede nie almal getoets is nie, maar uit Amerikaanse bronne verkry is.

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20150821_073322.jpg

Dit is moeilik om dus direkte afleidings te maak, maar soos Tripod sê: "Hope dryfmiddel met slegs 'n relatief klein verbetering in spoed". In 'n ander plasing is reeds gemeld dat jy oor die 300 vt/sek vinniger moet skiet om 'n verbetering van 0,1 in die BC waar te neem.

Ek plaas die volgende twee tabelle van 'n 7 x 57 AI se ballistiese gegewens met 'n spoed verskil van 200 vt/sek op 'n 162 grein SST. Deur 'n A-max, in dieselfde gewig te skiet, sal jy amper beter doen as om die spoed op te jaag. Ons praat hier van ongeveer 49 grein S365! Dit is eers oor 500m teen 'n 10 mph wind waar die windskuif, 320mm is, waar die 200 vt/sek beduidend raak.
Screenshot_2015-08-21-07-44-48.png
Screenshot_2015-08-21-07-44-13.png
Ek sal nooit 'n man probeer oorreed om van 'n kaliber af te sien nie. "Wil hê", is 'n emosie wat ek baie goed verstaan. ;D Om jou kop te stamp terwyl die skoolgeld namens jou reeds betaal is, is bo my begrip.
Vir interesantheid hier is my 7mm REM MAG data met 'n Hornady 162gr SST en S 365 64.2gr so dit is sommer 'n hoop kruit meer as die 7x57AI. Ek het die geweer geerf by my Oupa en hy het 'n SS loop op. DIt is 'n Remington 700 vanfa 1965 rond. EK het soveel vertroue en die geweer dit is belaglik. Dit was my eerste geweer en ek jag alles van Springbokke tot Elande met hom. EK sal Altyd 'n 7mm RM besit, maar met al die liefde en geloof in die kailber sal ek vir langafstand spesifiek eerder na 'n meer kruit effektiewe 7mm kyk.

Hier is my Strelok Pro cheat sheet:
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_8333_zpsllel5rsu.png

My geweer is op 200m gezero.

Vir jag??? Die geweer skiet 'n bok plat en hy penetreer soos 'n monster met enige 175gr koeel teen 2700 fps.

Ek het 'n Volvo trok se flywheel 'n center ingesweis en op 350m bietjie geskiet met verskillende kalibers. my vriend se .300WM het die senter plaat uitgeskiet. Daarna het ons maar op die kante begin skiet en verf. My Pa het nog 'n paar ou Hornady 175gr Interlocks in sy ammo kussie gehad en skiet toe op die gong. .......Die gat onder die center wys waar die koeel deur is. van die ander merke op die gong is 6.5x 57 130gr, 7mm 162 gr SST, .300 WM en .243.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/gong%20350m_zpsf2ovqajj.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/gong%20350%202_zpsvymwtci4.png
Die gat net onder die senter regs.

So ja vir die teiken skut jag daar is beter volgens my, maar 'n Gemsbok in die Kalahari in die Duine vir hom is die 7mm REM Mag gemaak. EK het al heelwat swakker skote geskiet wat die 7mm 'n Gemsbok plat ruk.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
Post Reply