Varmint koeels op bokke

Post Reply
Nico van Gijsen
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Thu Jun 19, 2014 3:45 pm

Varmint koeels op bokke

Post by Nico van Gijsen »

Ek wil nie voorskriftelik klink nie, ook nie betrokke raak in 'n stryery nie. Ek wil graag 'n ervaring deel en mede-jagters maan oor die gebruik van Varmint tipe koeels om wild mee te skiet.
Ek het ook in die versoeking gekom om ligter koeels, die Varmint tipe, te begin gebruik vir springbok. Baie ander mense het dit suksesvol gedoen en teen my beterwete het ek dit prober - en dit het gewerk net soos almal my gese het. Tot verlede naweek!
My koeel? Nosler 70gr Varmint in 243 AI teen 3600 vt /sek.
Oor 2 seisoene seker so 40 springbokke omgeklits. Kopskote (onder 200 m, anders waag ek dit nie en dan ook net as dit windstil is en ek skiet uit 'n skietstoel - ek is nie 'n windgat kopskieter nie), lyfskote kort agter die blad deur die ribbes, reg van voor tussen die voorbene in die hart - uitstekend gewerk.
Toe raak ek dapper en begin hom sommer hier deur die knoppe jaag - en steeds werk dit.
Tot verlede naweek, toe tref die skoot bietjie hoog op die blad. Yslike oppervlak wond (so 4 duim in deursnit was stukkend of erg bebloed). Die bok het eenvoudig bly staan en toe begin aanstap. Moes hom 'n tweede skoot gee agter die blad. Vleisskade nogal erg.
Sal in die vervolg maar sterker koeel gebruik Nosler se 90gr Hunting het ek in gedagte - as die goed weer beskikbaar kom.
Wees tog maar versigtig vir die klein ligte koeeltjies, een fout, een kwesbok is vir my een te veel. Kies jou skote en maak seker as jy dit regtig wil gebruik
Nico
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Varmint koeels op bokke

Post by Capt. Yoda »

Nee dit is verseker so, ek het al paar rooibokke en blesbokke met Vmax om gedop en hul werk mooi maar so het ek ook al n glips met n 180 Sierra Gameking gehad en ook gesien hoe n 200gr PMP net n vark se blad bo op die been weg skiet.Mens moet maar weet wat die koel gaan doen as jy hom skiet, ligte vinnige varmint koel teen n harde been gaan jou meer as gewoonlik n probleem gee.Kyk ook na Nosler se 95gr BT vir jou roer, bitter lekker koel in n 6mm
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Nico van Gijsen
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Thu Jun 19, 2014 3:45 pm

Re: Varmint koeels op bokke

Post by Nico van Gijsen »

Dankie, sal hom 'n kyk - dalk kan hy sommer werk op blesbokke ook
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13645
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Varmint koeels op bokke

Post by Capt. Yoda »

Daai 95gr is n baie sterker koel as wat die Balistic tip mens sal laat dink.Hy trek los deur meeste "kleiner" wild soos blesbokke
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Varmint koeels op bokke

Post by alecjohnson »

Net gou 'n vraag. Om watter rede lyf skote met varminters? Ek self skiet met my 243Win met varminters. Nou ek skiet met dit net brein en nek. ek skiet nie met my 243 sommar iets anders as ongediertes en springbok nie, hoewel ek al 'n paar groter diere met die 243 moes plattrek.

nou brein skote is net tot op 120m, nek tot op 200m, mis jy die nek dan mis jy die bok tref die nek nou pf dit gorrel is of been, daai springbok val.

vir lyfskote is my 300WM gebruik in die verlede, en deesdae my 375. Ek gebruik ook glad nie lood vir lyfskote nie.

Die varminters is juis gemaak om al die energie te "dump" en daarom op lyf is dit 'n baie swak keuse.

Tog dankie vir die deel.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Varmint koeels op bokke

Post by tau »

Varmint koeel op die blad teen 3600fps wat ontplof teen 'n skouer been klink omtrent soos die verskaffer hom ontwerp het.
As jy die tipe koeel op wild wil gebruik moet jy ongelukkig by die kop en nek hou en dan steeds pasop vir die kakebeen van 'n bok vir frontale skote as jy hoop om deur die bek die nek af te skiet. Die kakebeen en tande het my ook al gevang, nie altyd nie, maar dit kan gebeur.

Die Nasler Ballistic Tip Hunting boks ver bo sy beskrywing en kyk gerus na hulle as jy so nou en dan agter die blad wil skiet.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Nickvn
Hero Member
Hero Member
Posts: 1554
Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am

Re: Varmint koeels op bokke

Post by Nickvn »

tau wrote:
Die Nasler Ballistic Tip Hunting boks ver bo sy beskrywing en kyk gerus na hulle as jy so nou en dan agter die blad wil skiet.
+1. Kan ook vir hulle getuig.
_______________________________
7.65 CZ 
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Varmint koeels op bokke

Post by Stefan764 »

Nickvn wrote:
tau wrote:
Die Nasler Ballistic Tip Hunting boks ver bo sy beskrywing en kyk gerus na hulle as jy so nou en dan agter die blad wil skiet.
+1. Kan ook vir hulle getuig.
+1
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Nico van Gijsen
Newbie
Newbie
Posts: 37
Joined: Thu Jun 19, 2014 3:45 pm

Re: Varmint koeels op bokke

Post by Nico van Gijsen »

Dankie manne vir die ondersteuning. Ek moes net die ervaring deel. Deur die ribbekas het hulle skaflik gewerk, maar nou, ons kyk nou maar verder. Die Nosler 95 Hunting klink vir my die volgende stap.
Het al die 300 WM op 'n springbok gebruik, maar hy is bietjie te veel "gun".
Nico
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Varmint koeels op bokke

Post by Geno »

Skiet net om die groot bene te vermy.
Dit werk vir my.
Ek het met 32gr .204 koeeltjies al lyfskote op baie springbokke, rooibokke en vlakvarke geskiet sonder issues.

Met die 6mm Dasher doen ek dieselfde met 55gr Noslers, 58gr VMax en 65gr Vmax.
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply