AYA haelgewere

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

AYA haelgewere

Post by Pvdw »

Manne ek weet nie veel van haelgewere nie. Al wat ek wel weet is dat die Italianers nie meer leer haegewere maak nie ;D

Ek wil graag waar pas die AYA gewere in die "rangorde" van haelgewere? Ek weet hulle is Spaans en dis ook al.

Ek ken darm van die FRANCI reeks en dan die MIROCCI ook. Silver Pigeon is seker een van die bekendstes onder die gemiddelde manne wat ernstig begin raak. Die laaste een wat ek al mee te doen gehad het is die REDHEAD van CZ. Nou met my breë kennis van haelgewere kan iemand my as vertel waar pas die AYA gewere in?? Ek leer graag.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: AYA haelgewere

Post by Frikkie Coetzee »

Aya se top haelgewere is top klas gewere. Hulle goedkoop modelle is wel goedkoop werksgewere.

ek het n nr 1.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: AYA haelgewere

Post by Carl »

Ek het 2, my pa het nog 2. Almal erens in die '70s gemaak toe hulle in Spanje was. Elke geweer skiet 100% en jy sou nie enige fout op hulle aksies kry nie. NIe heeltemal so glad soos 'n "best gun" nie ;) maar ook nie so baie $$$
Weet nou nie hoe sal hulle doen na 100 jaar nie - soos paar van die Engelse gewere nie.

https://lh3.googleusercontent.com/FURun_ae4FQph4ofsH4iBmilcWEt_Ld2AM3XTH_wENA=w800-h423-no

https://lh3.googleusercontent.com/MJAHAb2Xdcq-st1c9stFKaNz6C1GbArjf7H4stdkZ-s=w800-h533-no
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: AYA haelgewere

Post by Johan van Wyk »

Aya's is goeie gewere. Die sidelocks is gebaseer op die H&H aksie van die 1920's en die boxlocks op `n Westley Richards ontwerp.

Veral die sidelocks is goeie waarde vir geld, soos Carl se stelletjie Nommer 1's hierbo.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: AYA haelgewere

Post by Pvdw »

Jo Carl maar dis 2 netjiesie gunne daai.

Dankie vir die info. Ek leer met elke post.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: AYA haelgewere

Post by DawieKotze »

Johan van Wyk wrote:Veral die sidelocks is goeie waarde vir geld, soos Carl se stelletjie Nommer 1's hierbo.
Soos Pvdw, en miskien baie meer so, is ek 'n totale leek op haelgewere. Johan, vertel asb waar op die fotos jy hierbo die verskil kan sien dat stel no.1 die sidelocks is. Hulle lyk vir my presies identies.

Al is ek 'n leek, kan ek tog ook die mooi gewere waardeer Carl.

Groete

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: AYA haelgewere

Post by Johan van Wyk »

Dawie, die gewere op die foto's is albei sidelocks (ek kan dit sien aan die tipe van aksie) en hulle is kopiee van die H&H-patent "hand-detachable lock" ontwerp. Sien die klein "wing nut" op die kant van die aksie? As die aksie gespan is kan mens hierdie moertjie uitdraai en die "locks" sodoende maklik uithaal vir skoonmaak, ens. Holland & Holland was bekend daarvoor dat baie van hulle "Royal" graad roere op hierdie wyse gebou is. AyA het die aksie in die 1950's begin kopieer en maak hulle vandag nog. Hierdie twee lyk of hulle as `n paar gemaak is, so die goue "1" en "2" bo-op die lope dui nie op die model nie, dis bloot die nommer een en twee gewere van die paar. Laat weet maar of ek verkeerd is, Carl?

Aan die patroon van die gravering kan ek ook sien dat hierdie top-model Nommer 1 AyA's is .Die Nommer 2, die model net onder hierdie een, se gravering is grotendeels masjiengemaak en lyk anders, so bietjie eenvoudiger.
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: AYA haelgewere

Post by Johan van Wyk »

Ek het iewers `n boekie met AyA se geskiedenis. Daar is `n kode op die "flats" van die aksie (onder die kamers, waar die lope en aksie bymekaarkom) ingeslaan wat dui op die jaar van vervaardiging.

Twee van my vriende het sidelock AyA 12-boor haelgewere. Een is `n Nommer 1 soos op die foto's hier en die ander een is `n Nommer 2. Ek het al baie met albei geskiet.

Ek is ook goed bevriend met Terry Wieland, die man wat die boek "Spanish Best" geskryf het oor die Spaanse haelgeweer bedryf. Terry is `n baie handige bron van informasie oor die Spanjaarde en het goeie kontakte daar, so ek vra hommaar gewoonlik as ek vasbrand met `n navraag of iets.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: AYA haelgewere

Post by Carl »

Dawie

Johan sal beter tegniese verskille kan gee-gedoen ;) . Ja dit is 'n paar.

Hierdie wys duidelik die eksterne verskil, wat maklik met die oog gesien kan word. Die hout op die box lock gaan verder voorentoe, op die sidelock is die sluit meganisme se staal terug na die hand greep.
http://keyassets.timeincuk.net/inspirewp/live/wp-content/uploads/sites/6/2009/06/502_00000060f_49ec_westley_richards_shotgun.jpg
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: AYA haelgewere

Post by DawieKotze »

Dankie Johan - dan het ek jou post net verkeerd verstaan en gedink jy praat van die "1" wat op die boonste foto op die onderste geweer aangebring is, teenoor die "2" op die boonste geweer.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Reijger
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Tue Apr 21, 2015 6:42 pm

Re: AYA haelgewere

Post by Reijger »

Ek het ook 'n aya no 1 en dit is great field guns skiet gereeld kolganse en duiwe met myne. Hou baie van die classic gevoel van 'n side x side. Sal foto van myne post dit is regtig baie lekker haelgewere!
Reijger
Newbie
Newbie
Posts: 44
Joined: Tue Apr 21, 2015 6:42 pm

Re: AYA haelgewere

Post by Reijger »

Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: AYA haelgewere

Post by Carl »

//images.tapatalk-cdn.com/15/08/20/f31eee2b41002bac8ae428b9310bc4ed.jpg
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply