Jag pryse -
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Jag pryse -
Ek wil dit net duidelik stel dat ek nie iemand blameer nie. Dit is net twee kante van dieselfde muntstuk. Ons almal het uitgawes en ek misgun niemand iets nie. Ek dink net die harde werklikheid is dat minder en minder manne vorentoe dit sal kan bekostig. En hier dink ek nie eens aan die "simpel greenies met hulle stupid redenasies nie"
- tau
- Hero Member

- Posts: 4012
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Jag pryse -
Manne ek is bitter lief vir jag, jagplase, boere se dogters en al die mooi dinge soos my kinders se gebedtjies eindig. EK is gelukkig om by mense te jag wat se pryse baie billik is en die mense se plase en slaggeriewe mooi. Hulle het nie met die prys verhooging helemal verspot geraak nie. Ja daar is verhogings en dit is nodig.
Ja as die pap reen skep ek stem saam.
Ongelukkig moet die res van ons daagliks van 7-6 ons huise verlaat en dan moet ons in die huidige ekonomiese klimaat skrop en krap en vloek om die Grootabel of boek te laat klop. Niemand se dan ai betaal daardie man meer sy kinders dit of sy kinders so nie. Nee werk harder, produseer meer, wees meer spaarsamig of vergroot jou besigheid. Net so met wildsboere. Die yster boere vergroot, gaan die kostes aan en verbeter hulle genepoel en plaas se drade, jagkampe en die ou cruiser kry nuwe Duco wat die bos match.
Ek gun die Wildboer sy room, al het hy nie daai R1000000 se bul gekoop nie, maar hy verkoop hom. Ek gun hom sy jaarlikse verhoging om by kostes te bly wat styg. Ek gun hom genoeg inkomste om sy kind in die beste skole en universiteiet te kan laat gaan swot.
Hoekom laat mense dit dan so klink of ons en die wildboere nie dieselfde Rande moet uithaal vir 'n bakkie of lewens kostes nie? As ek more vir die wildboere nou 30-50% verhoging gaan vra op vervoer kostes van voer omdat voer nou deurder geraak het, gaan hulle ook onsmaaklik wees. Daarmee kan jy nog lewe, maar nou die dag/jag tarief ook met 30-50% lig al het die diesel prys afgekom?
Weereens ek gun die wildboer sy room, maar sekere manne vat kanse en is nie uit op 'n lang verhouding met jagters wat jaar na jaar terugkom nie.
Nou koes ek vir die klippe.

Last edited by tau on Mon Aug 17, 2015 9:25 pm, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
JacoVOS
- Newbie

- Posts: 40
- Joined: Wed Mar 21, 2012 9:12 am
Re: Jag pryse -
Tau ek het vandag amper dieselfde geskryf en toe nie gepost nie maar EK dink jy is 100% reg. En ek het dit nie gepost oor dit lyk of die boere dink ons wil nie he hulle moet geld maak. As iemand net vir my kan verduidelik sonder om klippe te gooi hoe regverdig jy n 400% verhoging oor 2 jaar vir n rooibok ooi van R650 na 3 en 4K?