Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Manne, ALRHA se UK het Saterdag weer vergader en een van die punte wat bespreek was, was die min nuwe belangstelling by ons skietdae, veral vanaf Jaracal lede.
Ons wil graag weet wat die redes daarvoor is, sodat ons daarop kan ag slaan en probeer om die skietdae so aan te bied dat dit meer belangstelling lok.
As mens kyk na ander LA skitkompetisies, soos SA Jagters s'n en die Middelburg gong skiet, dan word die plekke onmiddellik gevul en is daar tot 'n waglys. Ons is daarom so bietjie stomgeslaan dat daar op ALRHA se skietdae, telkens dieselfde gesigte is en selde iemand nuuts...
Ons luister graag na julle terugvoer hierin.

Aim small, miss small
- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Ek jag meeste naweke.
As ek die keuse het tussen jag om 'n inkomste te verdien, en 'n skietdag, weet ek wat ek elke slag sal kies.
ALRHA se Donsveertjie venue wat meeste gebruik word is ook vir my so raps te ver om te ry om te gaan skiet.
As daar weer 'n skiet binne 100km van Pta is, sal ek deelneem glo ek.

Goed, beter, 6millimeter!
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
My naweke was ook die jaar bq besig, ongelukkig jag ek nou nie elke naweek nie 
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Ek sal belangstel maar die venue is net effens ver om te ry vir n skietdag, jammer.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Dit mag ook dalk te doen he met die feit dat die Sa Jagters en Middelburg kompetisie pryse aanbied op die skiet dae?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Ek kan my glad nie uitlaat oor ALRHA se skietdae nie omdat ek dit nog nooit bygewoon het nie, maar wat ek weet is dat SA Jagters se dae puik gereel word en dat daar goeie pryse is. Dit word ook op 'n puik skietbaan aangebied en met 'n lekker braai afgesluit.
Mooi loop
Mooi loop
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Oom Koos, dankie. Ek dink ons dae word self goed gereel en dis op 'n goeie skietbaan en daar is meestal 'n braai na die tyd. Ek dink dis makliker om een keer per jaar te reel vir 'n skietdag en 'n braai na die tyd en die opkoms sal goed wees. Dis effens moeiliker om dit maandeliks reg te kry....Koos Barnard wrote:Ek kan my glad nie uitlaat oor ALRHA se skietdae nie omdat ek dit nog nooit bygewoon het nie, maar wat ek weet is dat SA Jagters se dae puik gereel word en dat daar goeie pryse is. Dit word ook op 'n puik skietbaan aangebied en met 'n lekker braai afgesluit.
Mooi loop
Ek hoor ook wat die manne sê van afstand na die venue toe. Dis 'n geldige punt, maar ongelukkig is daar nie baie 1000m+ bane binne 100km van Pretoria af beskikbaar nie. As daar sulke bane is waarvan julle weet, en wat ons sal toelaat om 'n skietdag daar te hou, laat weet asseblief en dan reel ons verseker 'n skietdag daar!
Manne, ons is oop vir voorstelle en idees, moenie nou skaam wees nie, praat asseblief dat ons iets daaraan kan doen!
Aim small, miss small
- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Wat van 'n Varmint shoot rondom Pretoria?
Dit kort mos net 'n 500m baan.
Krokodilspruit, Rashoop, Waterval, genl. P. Joubert ens?
Dit kort mos net 'n 500m baan.
Krokodilspruit, Rashoop, Waterval, genl. P. Joubert ens?
Goed, beter, 6millimeter!
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Ek sal graag n ALRHA skiet wil by woon, so dra my ketie klaar is... is ook seker maar n vlou verskoning want die 243 kan ook seker werk.
Ja die SA Jagter dae het groot pryse en soos oom Koos se hulle word goed gereel, maar daai manne moet seker erns oefen. Ek dink ALRHA skep n goeie platform om teoefen vir daai dae, en eks seker as ALHRA n groot borg kan in trek gan hulle ook die baan vol maak.
Ja die SA Jagter dae het groot pryse en soos oom Koos se hulle word goed gereel, maar daai manne moet seker erns oefen. Ek dink ALRHA skep n goeie platform om teoefen vir daai dae, en eks seker as ALHRA n groot borg kan in trek gan hulle ook die baan vol maak.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Ek dink Geno se plan kan vir julle werk. Skiet op 500m en maak net die teikens kleiner. Ek weet langafstandskiet gaan eintlik oor lêposisie met tweepote ens, maar wat van 'n sitposisie op 500m byvoorbeeld. Sommer net 'n klip in die bos. Ignoreer maar as julle dink dis stupid voorstelle.
Mooi loop
Mooi loop
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Eugene, dit is maar dieselfde by alle "spesialis" skiet kompetisies.
Die manne wil almal lekker groot pryse wen, want hy moet dit by sy vrou kan regverdig om ver te ry en heel dag uithuisig te wees. Hier in die Boland is dit maklik. Wyn is goedkoop by die kelder en as ek dit nie wen nie, koop ek dit by "Top's" om die draai. My vrou vergewe my baie dinge vir 'n goeie rooiwyn en 'n lekker vuur.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Alwyn
- Hero Member

- Posts: 730
- Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Geno wrote:Wat van 'n Varmint shoot rondom Pretoria?
Dit kort mos net 'n 500m baan.
Krokodilspruit, Rashoop, Waterval, genl. P. Joubert ens?
Ek self het nou gesit en dink an Rashoop, en van Centurion af is Rashoop om die hoek....
- Geno
- Administrator

- Posts: 13647
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Rashoop is 600y lank, met 'n pad vanaf die skietpunte tot by die backstop. Daar is selfs 'n pit waar telling houers kan teikens trek, toeplak, score ens. soos met Bisley bane.Ludwig wrote:Ons kort 'n 550m baan vir die LRV shoots, met maklike beweging met 'n voertuig tussen die teikens om die ruil daarvan te bespoedig. Krokodilspruit wil/kan ons nie help nie. Piet Joubert is 'n militere baan en die bisley manne gebruik hom. Ons het al menigte male probeer om daar in te kom sonder enige sukses. As iemand weet van 'n baan wat bereid is om ons te help en beskik oor die nodige fasiliteit, laat weet ons gerus.Geno wrote:Wat van 'n Varmint shoot rondom Pretoria?
Dit kort mos net 'n 500m baan.
Krokodilspruit, Rashoop, Waterval, genl. P. Joubert ens?
Al wanneer die baan gebook is, is die 1ste Saterdag van die maand vir SAJWV Brits-tak se skietdag.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Net 'n idee om nuwe lede te trek....... weet nie of dit gaan werk nie.
Nuwe lede kan beslou word as die "groen span", en onder mekaar kompenteer??
Dit kan dalk vir die wat belangstel, maar nog nie so goed skiet nie, 'n beter aansporing wees om deel te neem
Nuwe lede kan beslou word as die "groen span", en onder mekaar kompenteer??
Dit kan dalk vir die wat belangstel, maar nog nie so goed skiet nie, 'n beter aansporing wees om deel te neem
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Sarel, dankie! Ons het kompeterende klasse en nie-kompeterende klasse by al ons skietdae. Dit is juis om die nuwe manne geleentheid te gee om lekker te kom saamskiet, maar sonder die onnodige druk van punte en prestasie. 'n "Beginner" wat baie bang was sy toerusting skiet te kort, het onder die top 3 geeindig by ons mees onlangse LRV skietdag by Bothaville, nadat ons hom moes oortuig om eerder kompeterend as nie-kompeterend te kom skiet.Sarel wrote:Net 'n idee om nuwe lede te trek....... weet nie of dit gaan werk nie.
Nuwe lede kan beslou word as die "groen span", en onder mekaar kompenteer??
Dit kan dalk vir die wat belangstel, maar nog nie so goed skiet nie, 'n beter aansporing wees om deel te neem
Ek kan julle belowe, niemand sal vir jou lag met jou toerusting nie en jy het nie R100k se toerusting nodig om lekker te kom skiet nie. Kom kyk, kom leer (of kom leer ons hoe!
Aim small, miss small
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Net n vraag, hoeveel F-klas ope & FTR manne is daar in julle area wat kompeterend deelneem?
Dit is net om n bietjie perspektief te gee te gee aan julle getalle teenoor n sport wat al n geruime tyd gevestig is.
Dit is net om n bietjie perspektief te gee te gee aan julle getalle teenoor n sport wat al n geruime tyd gevestig is.
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Kaliber beperking. As mens n meerkat op 300m met n 408 Cheytac wil skiet kan jy mos? As mens ghongs skiet maak dit sin maar waneer jy papier gaatjies pons kan mens mos maar wegdoen met kaliber beperking.
en ja dit mag dalk net n bietjie onsmaaklikwees vir die perde om jou...
en ja dit mag dalk net n bietjie onsmaaklikwees vir die perde om jou...
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
My antwoord...
Ek is gereeld op Jaracal en weet nie eers van jul skietdae nie. Ek sal dit bitter graag bywoon en glo dit is eerder n bemarkings probleem.
Wanneer, waar, wat?
Ek sal graag wil kom en ek weet van my pelle ook, ons weet net nie van dit nie.

- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Net n paar dinge wat by my opkom:
1. Ekonomie. Soos julle weet is daar nie baie geld vir skiet oor as jy jou begroting klaar gedoen het nie.
2. Datum van skiet. Onthou dat baie van ons ouens in die winter gaan jag en spaar en berei lank voor die tyd voor en suffer lank na die tyd om ons budgets weer te laat klop na die extra bokkies wat per ongeluk voor die geweer in geloop het.
3. Hoeveelheid ander skiete. Ek is net by een instansie betrokke en skiet op sekere maande omtrent elke tweede naweek n skiet of kompetisie. Dit is moeilik om te motiveer om by nog n instansie betrokke te raak.
4. Bemarking. Ek dink dit ook belangrik om die skiete reg te bemark met die nodige pryse en ander voordele.
5. Reis en verblyf. Die skiete moet maar naby genoeg wees om dit te kan bekostig. As die skiete ver is moet mens nog akkomodasie ook inwerk wat weer n paar rand byvoeg.
6. Groepe. Skiet is ook maar "boys club" in n mate. Die ouens wat mekaar ken skiet saam en split nie sommer op nie en hou maar by die plekke en mense wat hulle ken en gemaklik voel.
Ek sal ook graag wil deelneem maar my probleem is maar tyd en naweke is maar wanneer ek my kinders sien. Sterkte met julle skiete.

_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Hoe lank is waterval se baan? Weet iemand?
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Eugene/Ludwig,
Ek dink terwyl julle sport nog relatief nuut is moet julle probeer om dit so na moontlik aan die groot stede te hou. Ek dink nie die manne wil ver ry vir 'n skiet wat hulle nie seker is of hulle regtig daarvan gaan hou nie of met hulle toerusting gaan kan kompeteer nie. Gerieflikheid is wat ek probeer se. Ek probeer baie eerder iets nuut as dit nie baie moeite gaan vat nie.
Soos die sport en lede getalle groei sal julle sien die manne sal moeite doen vir dit waarvan hulle hou om te doen - selfs baie ver ry.

Nee, ek bedoel hoeveel F-klas skuts in totaal skiet gemiddeld by die baan naaste aan julle venue?Ludwig wrote:Ek is glad nie seker watter van die manne ook aan F-Ope en FTR deelneem nie. Fritz sal waarskynlik 'n beter idee hê, maar dis nie baie nie.Arnold wrote:Net n vraag, hoeveel F-klas ope & FTR manne is daar in julle area wat kompeterend deelneem?
Dit is net om n bietjie perspektief te gee te gee aan julle getalle teenoor n sport wat al n geruime tyd gevestig is.
Wat is die naaste F-klas baan aan Donsveertjie?
-
Rolf
- Full Member

- Posts: 102
- Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Ek sal ook graag wil bywoon - waar en wanneer en wat behels julle skiet ?
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Ek het net nie die naweke oop nie.Ek het so min jakkalse geskiet die jaar agv familie/kiddies sport ensv ensv wat die naweke op eet.As ek n oop naweek kry wat ons nie jakkalse skiet nie probeer ek my IDPA shoots bywoon,dis belangrik vir my toegewyde sport skut status.Anders sou ek graag n paar ALRHA shoots wou doen elke jaar.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Ek sal dit regtig aanbeveel vir ieder en elk wat hou van vêr skiet. Ek het nou al twee keer deelgeneem en dit baie geniet. Ek het my broer die laaste keer oorreed om saam te gaan. Hy skiet so een of dalk twee keer 'n jaar saam met my. Hy het steeds baie goed gevaar en wil weer volgende keer deelneem.
As daar iemand is wat volgende keer wil deelneem van Pretoria, maar nie so vêr alleen wil ry nie, praat gerus. Ons is 'n paar manne wat van hier af ry.
Groetnis
Douw
As daar iemand is wat volgende keer wil deelneem van Pretoria, maar nie so vêr alleen wil ry nie, praat gerus. Ons is 'n paar manne wat van hier af ry.
Groetnis
Douw