Gewig / BC / spoed ?
-
Rolf
- Full Member

- Posts: 102
- Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am
Gewig / BC / spoed ?
Dagse
N vragie aan die manne wat nou al baie ver geskiet het - gee asb julle mening.
Ek het twee ladings gekry op my 6.5WSM wat mooi werk, die eerste met 140gr punte teen 2880 f/s (gewone lood punte) en die ander een met 120gr monolitiese punte teen 3250 f/s. Die twee punte is presies ewe lank, so jy gaan 20gr gewig in boet by die een maar wen dan weer 370 f/s en natuurlik andersom by die ander een. Die gebruik sal maar wees vir gonge skiet tot max van 900m. Watter een sal julle kies en verduidelik so bietjie hoekom ook asb.
Groete

- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Gewig / BC / spoed ?
Rolf, gee bietjie meer inligting soos watter maak koeels jy skiet.2 soorte 140gr koeels kan heeltemal verskillende BC's en dus antwoorde he.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Gewig / BC / spoed ?
Speed is fine.....accuracy is final.
Prys sal ook n invloed he op my keuse want ver skiet vat BAIE oefening.
Prys sal ook n invloed he op my keuse want ver skiet vat BAIE oefening.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13589
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gewig / BC / spoed ?
In die wind is net BC en spoed wat jou gaan help en jy moet n koel taamlik vinnig skiet om BC van n ander koel.op te maak
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Rolf
- Full Member

- Posts: 102
- Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am
Re: Gewig / BC / spoed ?
Ek skiet die 140gr custom competitions asook die 142 Sierra MK indien beskikbaar, die 120gr Spartan en die 140gr CC is presies dieselfde lengte, die 142gr MK is dan effe langer, wat ek oor wonder is die verskil tussen die 140gr CC en die 120gr Spartan, jy verloor nou 20gr op gewig maar wen 370 f/s op spoed - as jy nou net na daai twee senarios kyk wat sou die uitkoms wees ? Die spartans is baie goedkoper en maklik verkrygbaar op hierdie stadium maar as mens nou geld en verkrygbaarheid uit los en net teoreties kyk wat die beste sou vaar op papier. Ek sal altwee laai en gaan probeer maar wonder maar net watter roete die experts so aanbeveel.
-
Rolf
- Full Member

- Posts: 102
- Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am
Re: Gewig / BC / spoed ?
Dankie Ludwig , ek het nou nie die twee punte presies gemeet nie maar as jy hulle langs mekaar sit is hulle ewe lank dus glo ek BC gaan feitlik dieselfde wees (dalk n baie klein verskilletjie)- sal jy die vinniger 120gr punt verkies of die stadiger 140gr punt sou die twee punte se BC dan dieselfde wees ?
-
Rolf
- Full Member

- Posts: 102
- Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am
Re: Gewig / BC / spoed ?
Baie dankie Ludwig jou verduideliking hierbo is presies waarna ek op soek was - ek het gladnie gedink die BC verskil tussen hulle gaan so groot wees nie maar ek het verkeerd daarna gekyk - ek het slegs die lengtes vergelyk en nie die gewig verskil in die som in gebring nie. Is daar n noemenswaardige verskil tussen die 140gr CC en die 142gr MK ?
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gewig / BC / spoed ?
Rolf, die 142gr SMK het beslis 'n beter BC soos Ludwig hierbo sê, maar is baie skaars en duur. Die 140gr CC is baie meer beskikbaar en goedkoper. Ek gebruik die 140gr CC vir teikenskiet en oefen in my 6.5 en daars nie 'n enorme verskil tussen dit en die 140gr Amax wat ek vir jag gebruik nie. Mens moet effens meer konsentreer op windlees, maar dis mos deel van die pret! 
Aim small, miss small
-
Rolf
- Full Member

- Posts: 102
- Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am
Re: Gewig / BC / spoed ?
Dankie vir die raad dit help baie om die tyd spandeer op "trail and error' baie minder te maak....
-
Rolf
- Full Member

- Posts: 102
- Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am
Re: Gewig / BC / spoed ?
Het toe die naweek gaan speel met beide punte en ja, na 400m het die 120gr punte maar uit die bus begin val in vergelyking met die 140gr. Die wind het ons van die baan probeer af waai so in n windstil dag kon dit dalk anders gelyk het. Iets interessants wat ek opmerk - die 140gr CC se groepe op 100 en 200 is nou niks om oor te brag nie so mens sou nou dink die groepe gaan net groter raak soos die afstand rek, dit blyk nie heeltemal die geval te wees nie - dis amper of hy daai groep size hou vir n hele paar honder meter, kry ook tot op 300m beter groepe met n flat base punt as met n boat tail maar later raak die boat tails weer beter.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13589
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Gewig / BC / spoed ?
Jy kry taamlik koels wat so maak.Die Amerikaners praat van die koel gaan slaap waar hy dan op langer afstand amper eers stabiliseer, met die langer 6mm koels kry ek dit taamlik in my 243 waar sy 100 en 300m groepe basies dieselfde grote is.Met Berger se 88gr FB high BC koels kon ek nie 5 slote onder n duim kry op 100m nie maar op 300m het hy weer daai 5 skote net so oor n duim gesit.Rolf wrote:Het toe die naweek gaan speel met beide punte en ja, na 400m het die 120gr punte maar uit die bus begin val in vergelyking met die 140gr. Die wind het ons van die baan probeer af waai so in n windstil dag kon dit dalk anders gelyk het. Iets interessants wat ek opmerk - die 140gr CC se groepe op 100 en 200 is nou niks om oor te brag nie so mens sou nou dink die groepe gaan net groter raak soos die afstand rek, dit blyk nie heeltemal die geval te wees nie - dis amper of hy daai groep size hou vir n hele paar honder meter, kry ook tot op 300m beter groepe met n flat base punt as met n boat tail maar later raak die boat tails weer beter.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
bertie
- Jr. Member

- Posts: 94
- Joined: Mon Nov 18, 2013 6:50 pm
Re: Gewig / BC / spoed ?
skies vir die hijack en dom vraag maar hoe lyk 6.5wsm se dop? en hoe vergelyk hy teen bv 260, 6.5-284, creed
groete
groete
- Jaco v Zyl
- Hero Member

- Posts: 729
- Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm
Re: Gewig / BC / spoed ?
Interesant ek sien ludwig se nosler se website se die 140 gr cc se G1 bc is .529 en in bryan litz se boek is die bc 0.549,dis min dat gepubliseerde bc minder is as getoetste bc.
My ervaring is baie positief met die noslers,veral as ek hul betaal,dink dis een van die beste custom competition punte in hul reeks.
My ervaring is baie positief met die noslers,veral as ek hul betaal,dink dis een van die beste custom competition punte in hul reeks.
-
Rolf
- Full Member

- Posts: 102
- Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am
Re: Gewig / BC / spoed ?
Bertie jy kry nog nie 6.5wsm doppe nie so ek koop 270wsm doppe en nek hulle net af, nie seker hoe vergelyk hulle met die 6.5 - 284 doppe nie, jy kan wel heelwat spoed uit die wsm dop kry - ek kan tot 3100f/s met die 140gr punte kry met n 24" loop maar kry die beste groepe op 2880f/s. Daar is nog n hoer node maar my loop is bietjie kort om by hom te kom, sal volgende loop 26 of 28" maak....
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Gewig / BC / spoed ?
Vir interessantheid wil ek net hier bylas dat dit lyk of die 123gr Nosler se ontwerp op die 120gr SMK gebasseer is en daarom ook n swakker BC as die 123gr SMK het. Dit is jammer dat die SMK's so duur en skaars is want hulle skiet regtig mooi!Ludwig wrote:Ek het eenkeer op 'n oorsese forum 'n stukkie gelees dat die huidige Nosler CC reeks is niks anders as die vorige Sierra MK reeks nie. Sierra het blykbaar op 'n stadium hulle MK ontwerpe bietjie aangepas en Nosler het die regte om hulle vorige ontwerpe te gebruik, by hulle bekom en so het die Nosler CC reeks ontstaan. Ek kan nie sê of dit 100% waar is nie, maar dit maak sin en as mens die Nosler CC vergelyk met die MK's is daar nie vreeslik baie verskil nie. As jy beide getoets het, sal jou geweer vir jou wys watter een hy meer van hou, want op papier is daar nie veel verskil tussen hulle nie. Ek reken die 140gr Nosler CC sal eerder vergelyk met die 140gr SMK met 'n BC van 0.535 wat inlyn is met die 140gr CC se BC van 0.529. Die 142gr SMK se ontwerp is ietwat anders en kan mooi gesien word op Sierra se website:
140gr SMK
https://www.sierrabullets.com/images/bullets/_cache/250_250_1740.jpg
142gr SMK
https://www.sierrabullets.com/images/bullets/_cache/250_250_1742.jpg
Die 142gr SMK het 'n G1 BC van 0.595, wat jou taamlik voordeel gaan bied teenoor die 140gr Nosler CC.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Gewig / BC / spoed ?
Rolf
Wat dink jy is jou druk wanneer jy n 140gr teen 3100ft/sek uit n 24 duim loop op jou 6.5WSM hardloop? Kan jy asb jou respep met ons deel?
Groetnis
Wouter
Wat dink jy is jou druk wanneer jy n 140gr teen 3100ft/sek uit n 24 duim loop op jou 6.5WSM hardloop? Kan jy asb jou respep met ons deel?
Groetnis
Wouter
-
Rolf
- Full Member

- Posts: 102
- Joined: Mon Feb 25, 2013 5:16 am
Re: Gewig / BC / spoed ?
Wouter ja ek weet waantoe jy oppad is met daai vraag, ek het daar in die tonnel spoed gemeet met klomp ladings en ook eers later gesien wat QL se, ek sal daai lading gladnie aan beveel nie maar die doppe het nog ok gelyk en slot het nie moeilik oop gemaak of so iets nie maar nou dat ek dit weet sal ek weg bly so daai max spoed met die 140gr punt is uit onkunde behaal...... Ek het wel al klompie 140gr geskiet wat 3040 f/s gemeet het en nie te sleg gegaan nie, die 2880f/s was net beter met groepe so ek bly nou maar daar. Sou jy ook n langer loop op gesit het ?
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Gewig / BC / spoed ?
Rolf
Jy ken my al te goed! Maar ja nie almal wat hier lees is bewus van die moontlike drukvlakke wat jy geharloop het om by daai snelheid uit te kom nie. 3000ft/sek sal basies die maksimum snelheid wees met beide S385 en S365 vir 140gr uit n 24 duim loop teen maksimum drukvlakke. Daar moet net ook gelet word dat maksimum drukvlakke hoog is in die WSM reeks teen net onder die 65 000psi merk so daar is nie baie ruimte oor nie. Die ontwerp van die rondtes is baie goed so hulle steek verseker die hoer drukvlakke baie mooi weg. Weereens n bewys dat n mens nie te veel geloof in die ou konvensionele maniere moet in sit nie.
Rolf n mens sal moet gaan loer na nodespoed om sodoende n beter idiee te kry van optimale looplengte, maar ja die kaliber smeek maar vir n langer pyp oor die algemeen. Onthou net ons gesprek oor die kaliber en ons beskikbare poeiers so dalk sal jy so bietjie moet val met koeel gewig om voorsiening daarvoor te maak. Praat met my dan loer ons wat sal werk.

Finfan
- Hero Member

- Posts: 893
- Joined: Wed Apr 02, 2014 10:15 am
Re: Gewig / BC / spoed ?
Daar leer ek vandag weer iets. Baie interessant.Ludwig wrote:Met erkenning aan Arnold:
Dit geld vir die G1 BC waardes. So as jy 'n koeel met 'n G1 BC van 0.5 teen 3000fps skiet, moet jy 'n koeel met 'n G1 BC van 0.4 teen 3400fps skiet om dieselfde windskuif te kry in beide gevalle.Arnold wrote:Rofweg kan jy vat dat 'n koeël met 'n BC van 0.1 swakker, 400 fps vinniger geskiet moet word om die selfde windskuif te lewer as die koeel met beter BC.
Neil Scholtz
22 Brno Mod2, 223 Tikka T3 Lam/SS, 243 Sako 85 Varm Lam/SS, 6.5x47L Rem700/AICS, 30-06 Musgrave Lyt RSA, 308 Musgrave RSA Target, 338LM Sako TRG42, 375H&H Mauser Custm, 12Ga Beretta SP1, 9mmS Walther PP, 9mmP Glock 19 G4, 44Mag Ruger SBH