Staal teikens

User avatar
Christo Els
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 430
Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm

Staal teikens

Post by Christo Els »

Ek wil graag vir my 'n staal teiken bou, want die heen en weer maak my moeg.

Ek wil graag oefen op afstande van 100m tot 500 m.
Sal graag wil weet wat is die beste grote en dikte  plaat op die verskillende afstande.

Ek het die naweek gehoor van so 'n teiken wat uit 30 mm plaat gemaak is maar is lewens gevaarlike patroon punte val langs die persoon wat oefen.

Enige raad is baie welkom
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Staal teikens

Post by JOHANNIC »

Christo
As jy die staal plaat of gong aan n band sit sodat hy kan swaai sal die koeel nie terugkom nie, ons gebruik gewonlik 200mm staal gonge(betonox) 200mm is gewoonlik n goeie "killzone" maar hy lyk soos n disprin op 500m ;D en as jy hulle mooi wit gespuit het kan jy mooi deur jou scope sien waar jy tref en dis baie goeie oefening
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
jmb

Re: Staal teikens

Post by jmb »

Johan ek dink jy bedoel Bonox. Betonnox klink vir my meer na sement. :D
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Staal teikens

Post by JOHANNIC »

Jmb ;D ;D ;D
Ja dis bonox,sorry manne ek herstel nog van die naweek se PINOTAGE :angel:

Ek dink nie daar bestaan iets soos betonox nie ;D ;D ;D met eish ja ;D
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: Staal teikens

Post by namhunt »

Watse dukte staal gebruik julle?
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Staal teikens

Post by JOHANNIC »

Julle moet nou reghelp ek dink dis 12mm ??? jmb?
Biebers
Need for speed >:D
Danie Lombard .243

Re: Staal teikens

Post by Danie Lombard .243 »

Onse ouers maters, 500 meter is wyd vir oefen en ghonge skiet.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Staal teikens

Post by JOHANNIC »

Danie ek belowe jou daai 243 met n 88gr berger laat swaai hom nog somme lekke tot op 500m ;D
Die 55gr nosler maak net "pieng" ;D ;D ;D
Biebers
Need for speed >:D
Danie Lombard .243

Re: Staal teikens

Post by Danie Lombard .243 »

Aaaai man, daan DOKK!!!i geluid is darem 'n lekker geraas as die lood die ghong tref.

Ek het self 'n ghong baan hier by my op die plaas, maar my baan is net 300 meter lank.  So nou en dan sit ek een (groter plaat) op by die 400 m maar mense, dit is ver, moer ver.


Lekker plate skiet.

Beste oefening wat daar is.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Staal teikens

Post by James Wilson »

Danie, dink jy n man kan nog daai DONK geluid hoor as die manne op 500m skiet? ek dink 300m is ver genoeg vir n gong
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Staal teikens

Post by Beyers »

Bonnox is draad, Bennox dalk?
ek gebruik 12mm. Mammie skiet 'n 100mm deursnee plaat op 400m.

250mm deursn is 'n 1/2 mil op 500m
Ek spuit hulle met neon oranje of groen aerolak. Maar wit kalk of PVA sal die ding goedkoper doen.
Beyers se 2c
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Staal teikens

Post by 243Songdaug »

Danie

Acley jou 243 dan gooi jy 107's deur hom - Boeta!  hy wikkel 'n gong sommer lekker tot op 500m.   Jou optics moet egter puik wees en jy moet sommer lekker die wind kan lees - veral as jy oor 'n canyon skiet.

Ons gonge is 20mm dik(sagte staal) en al skiet jy hom met 'n staalpunt, skiet 'n 300WM nie eers deur hom nie -

Dis net die cowboys(wat graag wil doodgaan agv idootisme) wat die goed duskant 200m skiet wat gate deur hulle geskiet kry.

Alle gonge word aan 'n conveyor strap wat so 100mm wyd is gehang en 99% van die tyd deflekteer die skrapnel reguit grondtoe.  

Was lekker om jou en die vrou weer vir 'n slag te sien die naweek - bestel tog asseblief vir ons mooi weer vir die 14 Mei dan kom skiet ek President daar by jy julle op die soutpan.

Groete.

Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Staal teikens

Post by 243Songdaug »

Beyers.

100mm Plaat op 400m?  Eina!

Het verlede jaar op Clocolaan langs 'n man gel? wat tot vervelens toe 'n gongetjie wat so 50mm groot gelyk het op 300m l? en skiet het - met 'n 220 Swift.

As ek eendag groot is wil ek ook so goed kan skiet - tot tyd en wyl oefen ek maar gereeld en koop al hoe groter scopes!

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Staal teikens

Post by BLOK »

Mastag

Lyk my hier is manne wat nie gat vat nie, kyk as n man so prontuit se hy skiet so ver dan moet hy seker kan. Die gong skietery klink vir my nogal lekker ek wil nou net weet hie sit daai strap vas aan die gong. Dink ek sal dit sommer self kan maak.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Staal teikens

Post by Beyers »

Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Staal teikens

Post by Stefan764 »

Liewe bliksim.....

Beyers, stuur asb vir my jou vrou se skiet-kalender vir 2011 deur. Ek wil DOODSEKER maak ek kom nie per ongeluk by n skietdag aan waar sy ook is nie....

Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Staal teikens

Post by BLOK »

Beyers

My vrou sal ek nooit so leer skiet nie, dit kan lewens gevaarlik wees, veral met my vrydag na werk gewoontes. Seker my vrou sal op die voorstoep staan en die kroeg stoel onder my gat uit skiet.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Staal teikens

Post by BLOK »

Is dit soos die gonge lyk wat julle manne van praat en hoe sit julle hom vas met strap kettang of rek

Blok.
Image
Image
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Staal teikens

Post by JOHANNIC »

Blok
Soos die een aan die swart strap die gonge is net rond ;)
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Staal teikens

Post by BLOK »

Johannic

Dankie ek sal vir my een bou vir 100m skote. ;D Ek sien nou op daai bisley site wat op die forum genoem word daai manne skiet 900m en dit nogal met 308's  ;D daai manne moet seker groot compers calculators en grade boe he, want mastag daai is nou vir moer ver gooi. :o :o

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Staal teikens

Post by JOHANNIC »

Blok
Ja kyk 900m is ver jy kan maklik n hele F250 dubblecab miskiet op daardie afstand ;D
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Staal teikens

Post by 243Songdaug »

Blok.

Ek van gewoonlik 'n M16 bout en dan sweis ek hom agter op die gong vas - dit het 4 voordele
1.  Die gong hang klaar teen 'n skuinste grond toe - skrapnel gaan reguit af
2. Die manne ka nie die boute se koppe raakskiet wat die uithaal daarvan bemoeilik nie
3. Die M12 boute skiet die swaarkalibers morsaf - die M16's hou.
4. Masjieneeringskoste word laag gehou - dis erg duur om gate deur yster te boor!

Ek het gevind dat die gonge waardeur daar geboor is geneig is om te kraak as hulle naby die gate geskiet word.

Sal jou ten sterkste afraai om op 100m gonge te skiet - dis net nie veilig nie.  ;D ;D ;D trust me......

Die manne hier by ons skiet ook op 900m met hul 308's, maar jy moet kom kyk hoe styf wen hulle daai springe op.......
Dont tell me, show me......
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Staal teikens

Post by Christo »

Ek het 200mm x 16mm ronde gonge laat maak by Skaarland in Moorreesburg en hulle is daarna in hulle oond getemper. Daai gonge maak net so klein merkie op en Ceres se skietklub het ek 30 voor laat maak. Hulle gaan nie stukkend nie. Die koste van so 'n gong by S&O met 'n troktipe stap aan is R 500.00 elk. Ek sal hulle vir jou laat maak vir die helfte en dan nog 100% profyt maak.





















Bel Skaarland ( Johan ) en bestel by hom. So iets meer as R 100 een 1 jaar gelede.

'n ongedraaide 223 punt maak nie eens 'n merk nie. Ek gaan een of ander tyd 'n paar 308's omdraai en deur die FN sit en laat weet of hy gehou het.



Ek skiet op 6" gonge van dieselfde staal om te oefen op, kompenseer vir die "gongkompetiese" koors as ek langs die groot kanonne moet skiet. ;)
Last edited by Christo on Mon Feb 21, 2011 9:01 pm, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Staal teikens

Post by Gerrit Visser »

12m Bennox is sterk genoeg en as jy nou wil 'n gat maak sonder om te boor, 308 met weermag ronte, die een met die teleskopie op werk goed. Jy kan die punt toets met magneet as hy kleef gaan jou gong sy gat sien. As van julle manne van daardie ammo het gebruik dit op jou eie gongs. Gongs moet nie te swaar wees nie anders sien mens moeilik of Johanic met 55gr hom raakskiet. Die band moet ook nie te kort wees nie minstens 50cm anders skeeur dit maklik en die band moet ook in die ronte kan swaai. 
Impalas maak ook geen skade aan gongs nie, breek op in duisende stikkies.

Groete Gert


 
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Staal teikens

Post by Beyers »

Is daar vasgestelde groottes vir die veldskiet oefeninge?
Beyers
Post Reply