Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

dangerous dan

Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by dangerous dan »

Hi almal

Ek wil bietjie stir vandag. Vergewe my as julle kwaad word, maar ons kan mos hier eerlik met mekaar wees.

Ek het onlangs die 'skiet tariewe' post gelees en ek het 'n paar goed om te se daaroor. Ek is maar nuut hier, maar stel belang om ook 'n paar kursusse te doen in die toekoms en naweke te skiet omdat ek voltyds werk en nie my werk gaan bedank om voltyds jakkies te skiet nie.

Ek is die provinsiale verkoopsbestuurder by my maatskappy, so ek ken van sales, marketing en kompetiesie. Almal wil graag 'n monopolie he en al die werk kry en sy turf beskerm. Die realiteit is dat jy net so goed is soos jou laaste nag jag resultate en jou reputasie hang af van hoe goed jy is oor tyd en van die goeie verhoudings wat jy oor tyd met jou kliente opbou. Omdat jy al jare skiet, beteken dit nie dat jy mag diskrimineer teen 'n nuwe outjie/ naweek jagters nie.

As jy voltyds skiet, dan was dit jou keuse en jy moet daarvoor verantwoordelikheid neem. Jy kan nie jou mark probeer beskerm deur om die naweek jagters af te kraak of kwaad te word vir manne wat verniet skiet omdat hulle dit as sport beoefen of goedkoper tariewe vra nie. Jy gaan net in die besigheid bly as jy kompiterend is. As jou reputasie goed is en jy kry goeie resultate kan ek nie sien dat dit moeilik gaan wees om jou pryse te kry nie.

As die boer dink dis beter vir sy kontant vloei om eerder 'n tipe ruilhandel ooreenkoms te maak met die jagter en hy en die jagter maak so 'n deal, dan is dit die prys. Die prys is wat ook al onderhandel word tussen die klient en die dienste verskaffer. Dis hoe besigheid werk. Jy kan nie huil omdat 'n ander ou 'n laer prys vra as jy en nou kan jy dit nie meer winsgewend beoefen nie. Pasop vir price fixing, dit kan teen julle draai. Die vrye mark sal sy eie prys betaal.

Wees versigtig dat julle manne eksklusief word hierso en dat julle teen nuwe/ naweek jagters praat om julle eie besigheid te beskerm. Dit laat 'n slegte smaak in die mond. Die mark sal homself uitsort oor tyd sonder inmenging. Die boer sal leer waar hy waarde vir geld kry. As jy 'n goeie job doen teen 'n goeie prys en jy lewer konstant goeie resultate, sal jy altyd werk he.

Die manne wat nie wil skiet by boere wat naweek jagters inkry nie, lyk vir my soos hoe die mafia besigheid doen. 'As jy nie van ons diens gebruik maak nie, kan jy maar f-off in die toekoms' - dis verkeerd ouens! Die boer waar jy nie wil gaan skiet nie is 'n gap vir 'n nuwe outjie om sy skills te beoefen en 'n voet in die deur te kry. Jy gaan jou eie keel so af sny. Wat ek sien gebeur hier is dat 'n spesifieke jagter sy eie kliente gaan he by wie hy heeltyd gaan werk kry en daar gaan kliente wees wat eerder met ander jagters wil werk as jy. Maak vrede hiermee want dis hoe verkope werk. Jy is meer in die sales en marketing game as wat jy dink. Bemark jouself beter as jou kompetisie en offer meer waarde vir jou prys as 'n ander ou.

Onthou, almal was groen in die begin. Die geleentheid is oop vir almal wat die tyd en geld insit.

my opinie
dan
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by James Wilson »

more dangerous dan. klink of jy iewerste n slegte ondervinding gehad het. ek hoop nie dit was op die forum nie. ek is self n naweek jagter en ek vra die boere niks geld nie, ek doen dit maar sommer vir die plesier, en om my skerp te tot die jagseisoen weer begin.

ek wil graag reageer op n paar van jou besorgdhede.  ek jag jakkalse al so n paar jaar, maar ek sal nie op n boer wat n groot verlise ly of wat baie jakkalse het se plaas skiet nie. ek sal eeder n profesionele ou aan beveel. die boer het te veel risiko en verlisse om my toe te laat om ondervinding by hom op te bou. onthou as ek daar skiet en ek doen iets nie reg nie, dan het dit nagevolge. die jakkalse is nou slimmer en/of die boer is gatvol. ek het ook onlangs op n jaracal kursus gesien dat die efektiewe beheer van roofdiere n bestuursplan is tussen die jagter en die boer. om die jakkalse te kan roep en skiet is maar een aspek. die ervare manne probeer ook die boer oplei om tekens te lees dit te noteer en sekere inligting van tyd tot tyd aan sy probleem dier beheer jagter deur te gee.

onlangse artikelin die Beeld en Volksblad het genoem dat die verliesse aan wild en vee in SA R4 miljard is, en dat daar sowat 5000 verliesse aan diere is per NAG!!  dus, as ons die huidige ervare roep en skiet manne met 10 maal, is dit nog steeds ver te min. daar is geen bedreiging dat ons die mark kan overstock met "cullers" nie.


wat nie moet gebeur nie, is onsmaaklikke insidente waar manne met mekaar persoonlik raak, daar is altyd tyd vir styl, opvoeding en klas. 
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Skolla
Hero Member
Hero Member
Posts: 825
Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Skolla »

Dan
Tensy jy n slegte ondervinding gehad(Jagbehep) het sien jy die ding in n verkeerde perspektief.
Ek het nog nie teegekom op die forum dat "ou manne" in die bedryf nuwelinge afskiet of nie wil help nie.
Inteendeel.
Dit gaan hier oor die regte manier van doen om dit vir almal wat roofdier beheer doen makliker te maak.

As jy dit nie so insien nie gaan ek ook nou vir my n boks popcorn kry.

Skolla

NS.Ek sou nogal graag hoor wat jy oor jou eie stuk wat jy geskryf, n jaar van nou af te s? het as jy gaan aangaan met roofdier beheer.
dangerous dan

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by dangerous dan »

hi ouens

ek wil niemand in die gesig vat nie. ek het geen persoonlike ondervinding hier met enige een man nie. ek reageer alleen op van die stellings wat gemaak was waar jag fooie bespreek was op 'n ouerige post in hierdie seksie. my stellings moet in konteks gesien word teenoor die opinies/ gevoelens wat gelig was dat naweek jagters/ verniet jagters die 'voltydse' jagters te besigheid bedreig en dat die boer wie van hulle dienste gebruik maak 'gestraf' moet word in die sin dat die 'voltydse' jagters nie vir enige rede op sy plaas sal gaan skiet nie en dat die jakkalse maar al sy skape moet vang. dit het ek gevoel is nie reg nie, weens my reaksie.

ek het besluit om eerder 'n nuwe post te begin as om met die ou een voort te gaan.

groete
dan
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by James Wilson »

dan, ek het nie daai post gelees nie, en ek moet met jou saam stem dit klink kras.    ek dink jy moet net aan gaan en soveel as moontlik ondervinding kry en mees belangrik jy moet dit geniet. dit is n lekker hobby en jy leer baie en beste vancalles jy is gereeld in die jagveld met n geweer en alles wat lekker is. ek moet myself gereeld heriner dat ek speel op die plek waar ander manne met moeite n lewe maak. miskien raak die ouens nou en dan vir ons gatvol.

maar moenie dat dit die "main concen" word nie. jy sal gou n paar boere kry wat te bly sal wees as jy weet wat jy doen en jy doen dit verniet.

groete
james
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Chris101 »

Mr. Dangerous

Sien op jou profiel wat maar onvoledig is dat jy is nou eers 5 dae op die forum is.
Jy is seker maar daar in die beeswereld waar jakkies nie rerig probleme is nie.
Dit is moeilik om sulke uitlating teenoor 900 lede te maak of jy moet baaaaie dangerous wees.
Lees alls wat op die forum staan dan kom vra jy die stigter en almal wat die job profesioneel doen
OMVESKONING.
Die tipe inligting wat jy op die forum vanaf die oumanne kry kan geld nie koop nie al het jy ook hoeveel
daarvan.

Chris 101
Knou die gediertes AF.
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Chris101 »

Sien nou eers jy het die k-k oor veldwagters ook geskryf
Knou die gediertes AF.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Raven »

Dan,
Eerstens ek is ook 'n verkoopsbestuurder by 'n baie groot distribution company, maar ek Boer self ook. Een ding is verseker.... sales en marketing werk nie so mooi as dit kom by roofdierbeheer nie.

Ek het vir jare self my roofdier getalle probeer beheer, en het hulp ook ingekry. Toe ek op roep-en-skiet metode afkom het ek dit eers tussen 3 en 4 jaar gedoen, voor ek ooit eens daaran gedink het om iemand anders te help met dit. Daarna het ek eers begin om buurmanne te help, want hulle jakkies kom in na my toe.

Punt bly staan, ek sal nooit ooit " 'n nuwe outjie toelaat om sy skills te probeer" op my plaas nie, want 1 misskoot of verkeerde roepmetode, jaag my nie R500 of R1000 uit my sak nie, maar makliker R10 000 of meer voor ek die probleem oplgelos het.

In my eie leerproses, het ek duur foute gemaak, en ek het dit reg gestel..SELF. Nou hoe kan ek 'n nuwe outjie toelaat om sy skills te kom probeer op my plaas???

Laat die manne wat dit profesioneel en vir jare doen, dit reg doen, en jy weet waarvoor jy betaal.

Raven.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by BLOK »

As ek nou ook n klip in die bos kan gooi.

Ek jag nie self roofdier nie, maar ek is nou al seker so jaar op die forum en gesels baie lekker saam met manne wat dit vir naweke en n lewe doen. Die post wat jy na verwys stel dit effe kras teen naweek en nuweling jagters maar as jy gereeld en betrokke op die forum is sal jy agterkom dat al die groot en ou hande baie behulpsaam is, ek het ook al n hele paar keer gelees waar nuwelinge saam die manne wat ken al uit was om ondervinding op te doen. Die kenners biet ook kursusse aan om dit wat hulle oor baie jare en bloed sweet oor te dra na nuwelinge en self naweek jagters. Ek dink die post wat jy na verwys het meer betrekking op naweek jagters wat sogese fly by nights en onprofesioneel optree. Manne wat dink hulle kan n kwick buck maak en nie die hele industrie wil beskerm nie. Daar was nog altyd plek vir verantwoordelike jagters wat dit naweke wil doen.

Ek mag dalk verkeerd wees maar dit was nog altyd die gevoel wat ek gekry het. Hier word mens gehelp nie verdryf en uitgewerk nie.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
dangerous dan

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by dangerous dan »

Chris101

ek het nie aantuigings teen 900 lede gemaak nie. lees asb weer my storie. ek het ook nie almal onder dieselfde kam geskeer nie. ek het gese ek stem nie saam met iets wat gese was deur een of twee manne nie, dis al.

lees ook hier http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=1 vir konteks en kyk of jy miskien saamstem met my.

die feit dat ek net 5 dae hier 'n lid is het niks met die sotrie uit te waai nie, of moet ek eers een van die 'manne' wees voordat ek my opinie kan lig? ek wil nie met jou baklei nie, so kommentaar eerder in konteks oor dit wat ek gese het in reaksie op die post wat ek verskaf as verwysing. kan ons hier reguit praat of is hier heilige koeie?

is daar 'faksies' in hierdie bedryf wat diskrimineer teen 'nie-voltydse' jagters is wat ek wil hoor van die ouens wat dit al lank beoefen. ek het al gelees op ander roofdier culling sites dat daar wel konflik is tussen mense as dit kom by hierdie sport en dit het te doen met pryse en waar die een man sal die ander man se vermoeens afkraak by ander jagters of kliente.

gaan ek onpopuler word omdat ek as 'n newbie verniet skiet op 'n boer se plaas want ek bedonner nou sy voltydse besigheid?

groete
dan
dangerous dan

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by dangerous dan »

chris101, ek sien nou eers jou comment.

as jy so tekere gaan, miskien het my storie bietjie to naby aan die waarheid gekom vir jou?

koel af ou, jy vat dinge te ernstig op...
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by frinam »

Menere, die kwessie van naweek en permanent/ voltydse jagters of boere is 'n vuurwarm onderwerp hier by ons in Duitswes ook. Afhangend met watter bril/hoed op jy na die situasie kyk, sal die reaksie bepaal. Ons sukkel ons alies hier by ons af om ons polisie wyk "skoon" te kry en te hou van misdaad, maar op ons naweekboer vriende se plase gaan dit lekker, heeltyd speeltyd!!! ;). Dieselfde met sge "naweekjagters", die meeste manne doen dit of as 'n guns vir die boer of vir 'n ekstra inkomstetjie. Elke een van die 2 opsies het meriete, toe ek begin het met ongedierte beheer met die roep en skiet metode, het ek ook vir 'n hele klompie maande eers by my beesboerpelle, op hulle jakke ge-oefen(lees foute gemaak). Later toe ek 'n klein bietjie meer selfvertroue begin kry het, het ek op my eie grond begin(probeer) werk. Later het ek toe by manne in my omgewing begin help en net my direkte onkostes van hul verhaal. Nou sal jul seker vra: En die moral van die storie is???? Daar is vir almal 'n plekkie in die son, beginners, 2 de liga spelers(waar ek dink ek nou uitdraf) en dan die uitgelese groepie( die manne wie 'n lewe uit ongedierte beheer maak). Ek het tot dusver ervaar dat die laaste groepie, seker ook maar met hare oppie tande, elke keer wanneer ons "rookies" 'n dom vraag vra, maar net weer raad gee, wat vir hul werk. Ek loof die manne, dankie daarvoor, maar ek bewonder ook die "nuwelinge" wat die moed het om te vra. Dit is net dom mense wat nie vra nie. So ek dink nie ons moet te gou oordeel wie wat sou bedoel het nie. Die welwillendheid op die Forum is ongelooflik, kom ons beduiwel dit nou nie met onregverdige kritiek nie. My 2c, Duitswes groete- Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by JOHANNIC »

Frinam
Ek stem 100%
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by whisper »

Raves, ek stem saam, maar ek gaan hierdie stuk in engels skyf.............. Here in Natal there is very little in the way of problem animal control, and I desperately wanted to see how the "roep, en skiet" method works.  I was a licensed professional hunter for 5 years, and have shot my share of jackal as a matter of course whilst culling springbok etc. I have NEVER been involved in professional jackal shooting (I mean this "professional" seriously as I have the utmost respect for those do it for a living, and in my opinion, it is a serious profession) Hunting for a living is never an easy life, yes it is your choice, but it is not easy, it takes it's toll on your health, family, and most of all finances, yes there are some very good times, but also some VERY bad times. In professional culling of springbok, I have seen/witnessed things that turned my stomach as far as "non pro's" go, and understand the reluctance of farmers to let ANYBODY shoot on their farms. (NB this is NOT a dig at weekend hunters) When a problem animal is costing you 000's of rands a year, you need it sorted out quickly, and professionally, that is what these men do, or else, they don't get paid, and they don't get work! End of story.

Being a total novice jackal hunter, I posted on the forum about somebody taking me with to observe,  I have no wish to make a living out of this, as I have a great job, but I love to shoot, and learn. Foxcreek very graciously agreed, and through a very fortuitous set of circumstances we have found a game farm that has a real jackal problem (breeding black impala, getting "smoked" by jackal), the problem is, no one here is willing to pay for jackal shooting so we are going for our own enjoyment. If I sit the whole night without making a shot, I will be happy, I want to watch, and learn, it will be Foxie's call as to whether I shoot or not, and that is that (I made that rule), he is experienced, knows what he is doing, and he is taking me as a favour. He is a very busy man, with his dairy farming, and has given up his precious free time to take me to TRY and shoot/call some jackal, and I thank him publicly for that.

My point is this, it is not only hunters that have bad experiences, but farmers too, there are always stories both ways, if a man shoots jackal for a living and he is good at it, there is no way a farmer is going to let someone else sort out his stock loss issues when he is already being taken care of by a competent, professional hunter, especially when that problem animal is costing him money. It is NOT a slur against the weekend hunter, there are a lot of very good weekend hunters who could probably wallop a jackal, but they are weekend hunters, and are NOT available all the time like the pro's are. Yes the farmer is paying for the service, and the weekend hunter might do it for free, but that is his choice, and he has the right to that.

Yes we all have to start somewhere, and if I may offer some advice, try to get permission to hunt in an area where jackal are not considered problem animals, and learn to call them, and shoot them there, I know that this sounds a bit counter productive, but if it was me initially, I wouldn't even take a rifle with, I would learn how to call, without shooting, and then you don't have to worry about missing them, and causing unrest. (If I am in the wrong here somebody please correct me!) This would in all likelihood be a large game farm, NOT a stock farm.

Just my 50 00000000000000 Zim dollars worth.

Whisper.
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by James Wilson »

whisper wrote: Just my 50 00000000000000 Zim dollars worth.
Whisper.

;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
dangerous dan

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by dangerous dan »

i have a friend who owns a farm where they practice the art of culling. it is definitely an art which i respect and would like to master, if i can. there is no doubt that you should not be night culling if you don't know what you are doing, just like you should not attempt to drive if you don't have a driver's license.

if you have done the course, you can shoot straight and you can deliver the goods that pleases your client, you are competent in my opinion regardless if you cull full time or part time. if the farmer felt he got value for money, regardless of the price, then he will use you again and recommend you to others. everyone makes mistakes, you just tend to make less when you are more experienced. the only way you become experienced is by practicing the art.

the deciding factor here is that your level of service determines your price and activity and not your experience. i have no doubt that part time cullers can do similar quality work compared to full time cullers, they only do it less often.

personally i feel that you cannot charge the farmer a cent if you cannot produce the goods. why should you not assume some of the risk yourself and only be awarded by your performance. salesmen who work for commission work so much better than salesmen who earn a salary. work your overheads into your price per animal, but make sure you kill a few animals at least. the farmer is already at risk, now he needs to pay petrol at R4/ km {AA rate is R2,50}, day fees etc without a guarantee of performance. it becomes then easy to say 'die jakkalse is slim geskiet, hier is nie jakkalse op die plaas nie ens, maar betaal my in elk geval'

Again, i did not imply that everyone is guilty of this, just one or two opinions were made that i wanted to debate here. i am speaking about the few. the majority of guys here are in the right and do things well by judging what i have read thus far. i respect your skill and i desire to become as good as you one day.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by James Wilson »

dangerous dan wrote: the deciding factor here is that your level of service determines your price and activity and not your experience.
true as that may be, the level of service will be a net result of the experience.

in the end it is the egg and chicken debate.

main thing now, for you, is to go shooting and shooting and shooting. and then go calling with you friend, that is the best way.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Chris101 »

D Dan

Die post word nagal vinnig warm.
Weet nie rerig wat die pros moet vra vir jag nie.
My tarief is as volg.
R4-00 per km van my huis tot terug TOYOTA 4+4
Wissel van 50 km tot soms 1000km hangaf waar ek benodig word.
Geen nagtarief as net ek daar jag.
R750-00 per jakkals R800-00 rooikat
Dragtige kat of jak R1000-00
Indien enige iemand anders daar gejag het in laaste 6 maande ingesluit profesineele jagters
word pryse verander en nagtarie tree in.
Gewoonlik is ek so 30 nagte vooruit gebespreek.+_ 2 maande.

Jag in die kaoo boesmanland suide van nam.
Bly in Prieska.
Knou die gediertes AF.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by tafjak »

Rambo Dan(Rambo is dangerous)

Ja, orals sal hier en daar miskien ietsie nie so lekker klop nie soos: Waar moet 'n man leer roep-en-skiet? Hoe moet hy leer? Wanneer moet hy leer? Klomp goete.

Nou ou Dan as jy praat van marketing, wat bedoel jy? Bel jy moontlike kli?nte of wag jy op oproepe van moontlike kli?nt om jou produk te verkoop? Jag werk ongelukkig so bietjie anders as jy sou reken dat jy min of meer in die dieselfde lyn is. Kli?nte(veeboere) bel die jagter(skadeveroorsakende diere) om die probleem op te kom los. Wie bel hy? Die laaste jagter wat goeie sukses in die area gehad het! As hy nie die jagter kan reel nie, bel hy gewoonlik 2de jagter wat sukses in area gehad het of vra raad by vriende en bure waar hy so jagter in die hande kan kry. M.a.w. die jagter se vermo? praat vanself en loop gewoonlik sy naam vooruit.

Nou wat word ek nou kwyt? As jy Kirby verkoop en wag op oproepe van kli?nte gaan jy verseker naweek-joppie soek. Dit gaan min of meer so verloop: "Dan kan jy jou Kirby Woensdagmiddag kom demonstreer by my huis. Wil graag sie hoe die ding werk". Ok, Woensdag is jy daar en doen ook soos doe kli?nt verlang en moontlik/gewoonlik is die Kirby te duur en die "Sale" word nie gesluit nie. Twee maande later bel dieselfde man en vra weer vir demonstrasie en weer word die "sale" nie gesluit nie. Na 12maande kom jy agter die kli?nt het metode gevind om 2maandeliks sy sitkamermat te vacuum en dit boonop verniet met geen arbeid nodig nie!

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by .220 Swift »

Ek is ook een van die "naweek jagters".

Tot op hede maar my tande geslyp op vriende se plase - verniet. Dis mos fair - die een hand was die ander hand - ek leer en sy probleem word aangespreek. Maar op die forum het ek geleer hoe belangrik dit is om nie kanse met die skote te vat nie want jy wil nie die jakkalse leer nie. Die professionele manne sal dan ook nie later vir my kwaad wees nie. Want op 'n stadium moet die "professionals" maar ingeroep word. Naweek jagters kan nou maar net nie 'n deurlopende diens verskaf nie.

Sou 'n boer buite my vriende kring my wel vra om te help, dan gaan ek die tarief vra wat die professionele manne vra. Suiwer net om nie die professionele manne se besigheid te ondermyn nie. Om jakkalse uit te roei het waarde en om dit verniet te doen terwyl mense 'n lewe daaruit maak, is verkeerd.

.220 Swift
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
dangerous dan

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by dangerous dan »

ha ha tafjak, dis 'n slim ou daai. jy gee my nou idess...

net weer jammer as ek manne onnodig deurmekaar gekrap het {Chris101}, nie bedoel nie, maar ek het die chat geniet in elk geval. ek het nie besef 'n ou kan so besig wees hiermee as ek lees van Chris101 se ondervinding nie.

groete
dan
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by tafjak »

220 Swift

Julle naweekjagters is die voltydse-manne se grootste bondgenote omdat die werkslas vreeslik is. Kli?nte wil ook nie aldag verstaan nie en kan werklik moeilik raak.

Gewoonlik sal die naweek-jagter(deeltydse-jagter is beter beskrywende naam) ook dan bly by die kli?nte/vriende vir wie hy jag. Geen probleem vir enige iemand betrokke nie. Die voltydse-jagter wat ander jagters afkraak omdat die glo sy verdienste opneuk, is gewoonlik nie sy sout werd nie.

D Dan
the farmer is already at risk, now he needs to pay petrol at R4/ km {AA rate is R2,50}, day fees etc without a guarantee of performance.
Nee my vriend, die boer is nooit "at risk" as hy sy kant skoon en reg hou nie. As dinge normaal verloop sal daar nie meer as 3keer op die grond per jaar gejag word nie. Jou AA-rates is nogal interresant, het jy al enige studie daarvan gedoen? Daar is nogal so paar ander faktore wat jy sal agterkom. Teen jou R2-50/km sal ek graag wil h? dat jy een ton sand by my moet kom aflewer. Ek bly nie op die end van airstrip nie, ons jag ook nie op die N1 nie. Gaan jag so bietjie werklik en dan praat jy van hierdie dinge. As jy wil "stir" sonder enige ondervinding gaan jy hier opgevreet word.

As jy nie almal onder dieselfde kam wil skeer nie, noem die jagter wat jou aan hierdie "topic" idee laat waag het.

Jy is nie 'n dokter as jy 8jaar geleer het daarvoor nie, jy is 'n dokter as jou dagboek vol bespreek is.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by tafjak »

Dan
ha ha tafjak, dis 'n slim ou daai. jy gee my nou idess...
...........nie naastenby so slim soos 'n boer nie! As daar iets verniet op die mark is, sal hy jou bel en seker maak hy kry sy volle kwota. Daar moet geen "loop holes" in ooreenkomste wees nie, anders gaan jy suffer.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by Rooies »

>:(
As jy wil "stir" sonder enige ondervinding gaan jy hier opgevreet word,
en daar sal niks oorbly vir die "TAPETJIE EN SKAALTJIE NIE"  ;D ;D ;D
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Beskerm roofdier cullers hulle eie turf teen nuwelinge?

Post by BLOK »

;D :D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D

Rooies lekker lag ek nou vir jou tape en skaal storie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply