Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek krap nou al n geruime tyd hier op die forum en bly verstom oor die magdom inligting en wenke beskikbaar, op die oomblik is ek n nog maar n leerling met die
akkurraat skiet wetenskap - hopelik sal ek eendag graad vang.
Ek het n Musgrave 30-06, Rossi SS 357, .32 auto, en binnekort n Musgrave .270 (die .270 is nagenoeg 27 oud en nog nie eers 50 skote geskiet) - kannie wag
Het vanjaar weer begin jag na baie jare en die gogga het my opnuut weer gebyt .
Welkom Lucas!
Ek het ook soos jy begin en eers lank rondgesnuffel hier op die forum. Jy sal agterkom dat die mense hier baie behulpsaam is en met 'n magdom kennis en ervaring sit wat hulle graag deel. Moenie skaam wees om te vra nie, ons leer almal saam.