Johan se Gerookte vleis Resep

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
Johansec1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Mon Apr 08, 2013 9:09 am

Johan se Gerookte vleis Resep

Post by Johansec1 »

Hello aan almal,

Soos die spreekwoord se: Waar 'n rokie trek, is daar 'n vuurtjie...(of daar word vleis gerook!!!). Ek het so ruk terug by een van my vriende wat van Nambia af kom, 'n stuk gerookte koedoe fillet gekry. Dit was so lekker dat ek bietjie begin navorsing doen het hoe om dit myself te maak. Ongelukkig hier in Secunda loop die koedoes nie so vrylik rond nie, en ek moes met gewone beesvleis begin. Bees fillet is ook ongelukkig duur vleis om te begin eksperimenteer en daarom het ek sommer met gewone bees biltong vleis begin.

Die eerste stap om met rook vleis te begin is om 'n roker te kry of een self te bou. Wat belangrik is, is om te weet dat mens 2 rook prosesse kry nl: koue rook en warm rook. Die warm rook proses is die gewone roker wat jy by Mica/Checkers koop, waarmee jy hoenders en vis gaar rook. Die koue rook proses (wat ek gebruik) is waar rook gebruik word om vleis/vis te geur en te presiveer. Die 2 basiese komponente wat jy nodig het vir 'n koue rook proses is 'n "smoke generator" en 'n kas/Weber/drom/trommel/plastiek container waarin jy die vleis hang. Die smoke generator bou jy sommer self van 'n ou metaal koekblik of enige metaal houer wat 'n deksel het wat redelik dig kan seel. YouTube het my hier uitgehelp. Kyk gerus onder "Cold Smoking". Daai manne daar in die suide van die USA wat sonder tande loop het baie idees!!

My eindproduk is basies gerookte biltong. Ons geniet dit baie en daar is niks so lekker as om so stuk gerookte vleis op te sny en as 'n snack saam met braavleis, "braaisous", goeie vriende en goeie rugby te bedien nie.

Ek deel graag my resep met julle indien julle belangstel.

Groete
Johan

Johan se gerookte vleis
Gewone biltong vleis (garing biltong of silver side) werk baie goed. Die beste resultate is om heel fillet te gebruik en veral as jy wilds fillet in die hande kan kry – nog beter!! Indien biltong vleis gebruik word, moet die stukke baie dikker as gewone biltong gesny word. Sny die stukke omtrent minimum 50mm dik. As die stukke te dun is, gaan die vleis te sout uitkom, of die pekel tyd moet halveer word.

30 ml (2 e) salpeter
175 ml (1/2 k) bruinsuiker
20 g koeksoda
5 liter koue water
1 vars rou eier
Sowat 1 kg sout
Biltong Speserye

1.Roer die salpeter, suiker en koeksoda
in die koue water tot dit opgelos is.
2. Gebruik 'n plastiek houer of skottel, maar
nie 'n metaalhouer nie.
3.Sit die eier (in die dop) in die oplossing. Voeg
die sout bietjiesgewys daarby en roer baie
goed na e1ke byvoeging. Hou aan om
sout by te voeg en te roer tot die eier
bo-op dryf.
4. Haal die eier uit en sit die vleis in
die pekel. Draai dit so af en toe om. Die
vleis moet heeltemal bedek wees met
die pekel.
5. Laat die vleis 24 ure in die pekel lê.
6. Haal die vleis uit die pekel en dip dit in skoon
vars koue water net om die ergste pekel af te haal.
Smeer dit
liggies met biltong speserye. Ek doen dit sodat
die vleis nie so vaal en blink uitkom nie!! Hang dit op
vir so 24 uur om winddroog te word.

Plaas die vleis in ‘n roker en rook dit met ‘n koue rook proses vir omgeveer 8 ure. (Sien die “cold smoking” videos op Youtube hoe om ‘n cold smoker te bou – baie eenvoudig!!). Ek gebruik gewone rook saagsels wat ek sommer in die winkel koop. Haal die vleis uit die roker en hang dit weer vir so 12 ure op. Die vleis is nou reg en kan in Glad Rap afsonderlik toegemaak word en gevries word. Die vleis kan langer soos biltong gehang word indien jy dit droër verkies.

Bediening
Haal ‘n stuk uit die vrieskas sodat dit by kamer temp kan kom. Sny die rook vleis so dun as moontlik en bedien as ‘n snack op die snyplank saam met Balsamic vinegar.

Waarskuwing!!
Hou die kinders weg gedurende die sny proses, anders is ‘n vinger af of jy kry niks!!!
9mm Star Para pistool
357/38spl Rossi karrabyn
12br Mosberg Haelgeweer
.243 Sako (Forester)
7x57 Brno
9.3x64 Mauser Obendorff
12br dl Pedersoli black powder haelgeweer

Groete
Johan
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Johan se Gerookte vleis Resep

Post by Gert Odendaal »

Hallo Johan

Miskien net `n voorstel, salpeter is `n baie gevaarlike produk vir menslike gebruik, as jy by Hyper Packaging maatskappy wat alle verpakkings items en spessery verkoop die nr.1 en nr.2 cure /brine /pekel oplossing kry sal dit baie goed werk, as ek korrek is dan sal alle maatskappy wat met voedels verwerking dit ook noem aan jou dat jy liewers nie met salpeter moet werk nie,...dit is gif vir jou niere en lewer...en jy kan moontlik gesondheids probleme opdoen....ek noem dit omdat ek met my oplees oor beroking van vleis met mense gesels het oor die salpeter produk........ek is tans besig om ook met die beroking van vleis en salami te eksperimenteer...ek hoor graag meer van jou eksperimente ook...en resepte sal welkom wees...

Groete

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Johansec1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Mon Apr 08, 2013 9:09 am

Re: Johan se Gerookte vleis Resep

Post by Johansec1 »

Gert,

Dankie vir die advies. Ek sal beslis bietjie uitkyk vir die nr.1 & nr.2 pekel oplossings. Ek het maar my resep begin bou rondom 'n basiese pekel resep wat ek in die "Kook & Geniet" resepte boek gekry het.

Groete
9mm Star Para pistool
357/38spl Rossi karrabyn
12br Mosberg Haelgeweer
.243 Sako (Forester)
7x57 Brno
9.3x64 Mauser Obendorff
12br dl Pedersoli black powder haelgeweer

Groete
Johan
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Johan se Gerookte vleis Resep

Post by Gert Odendaal »

Goeie dag Johan
Hier is `n boek wat jy met groot gerustheid kan aanskaf, ek het tans die boek op Amazon .com aangekoop..dit is regtig `n skitterende boek as dit by rook van vleis en maak van alle tipe wors en salami kom, eenvoudig, duidelik en mooi geskryf.

CHARCUTERIE : The craft of salting,smoking and curing...

Werklik `n skitter boek, prys is R350.00

Groete

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Johansec1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 50
Joined: Mon Apr 08, 2013 9:09 am

Re: Johan se Gerookte vleis Resep

Post by Johansec1 »

Gert Odendaal wrote:Goeie dag Johan
Hier is `n boek wat jy met groot gerustheid kan aanskaf, ek het tans die boek op Amazon .com aangekoop..dit is regtig `n skitterende boek as dit by rook van vleis en maak van alle tipe wors en salami kom, eenvoudig, duidelik en mooi geskryf.

CHARCUTERIE : The craft of salting,smoking and curing...

Werklik `n skitter boek, prys is R350.00

Groete

Gert

Het hom alreeds!!

Groete
9mm Star Para pistool
357/38spl Rossi karrabyn
12br Mosberg Haelgeweer
.243 Sako (Forester)
7x57 Brno
9.3x64 Mauser Obendorff
12br dl Pedersoli black powder haelgeweer

Groete
Johan
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Johan se Gerookte vleis Resep

Post by andre007 »

Johansec1 wrote:Hello aan almal,

Soos die spreekwoord se: Waar 'n rokie trek, is daar 'n vuurtjie...(of daar word vleis gerook!!!). Ek het so ruk terug by een van my vriende wat van Nambia af kom, 'n stuk gerookte koedoe fillet gekry. Dit was so lekker dat ek bietjie begin navorsing doen het hoe om dit myself te maak. Ongelukkig hier in Secunda loop die koedoes nie so vrylik rond nie, en ek moes met gewone beesvleis begin. Bees fillet is ook ongelukkig duur vleis om te begin eksperimenteer en daarom het ek sommer met gewone bees biltong vleis begin.

Die eerste stap om met rook vleis te begin is om 'n roker te kry of een self te bou. Wat belangrik is, is om te weet dat mens 2 rook prosesse kry nl: koue rook en warm rook. Die warm rook proses is die gewone roker wat jy by Mica/Checkers koop, waarmee jy hoenders en vis gaar rook. Die koue rook proses (wat ek gebruik) is waar rook gebruik word om vleis/vis te geur en te presiveer. Die 2 basiese komponente wat jy nodig het vir 'n koue rook proses is 'n "smoke generator" en 'n kas/Weber/drom/trommel/plastiek container waarin jy die vleis hang. Die smoke generator bou jy sommer self van 'n ou metaal koekblik of enige metaal houer wat 'n deksel het wat redelik dig kan seel. YouTube het my hier uitgehelp. Kyk gerus onder "Cold Smoking". Daai manne daar in die suide van die USA wat sonder tande loop het baie idees!!

My eindproduk is basies gerookte biltong. Ons geniet dit baie en daar is niks so lekker as om so stuk gerookte vleis op te sny en as 'n snack saam met braavleis, "braaisous", goeie vriende en goeie rugby te bedien nie.

Ek deel graag my resep met julle indien julle belangstel.

Groete
Johan

Johan se gerookte vleis
Gewone biltong vleis (garing biltong of silver side) werk baie goed. Die beste resultate is om heel fillet te gebruik en veral as jy wilds fillet in die hande kan kry – nog beter!! Indien biltong vleis gebruik word, moet die stukke baie dikker as gewone biltong gesny word. Sny die stukke omtrent minimum 50mm dik. As die stukke te dun is, gaan die vleis te sout uitkom, of die pekel tyd moet halveer word.

30 ml (2 e) salpeter
175 ml (1/2 k) bruinsuiker
20 g koeksoda
5 liter koue water
1 vars rou eier
Sowat 1 kg sout
Biltong Speserye

1.Roer die salpeter, suiker en koeksoda
in die koue water tot dit opgelos is.
2. Gebruik 'n plastiek houer of skottel, maar
nie 'n metaalhouer nie.
3.Sit die eier (in die dop) in die oplossing. Voeg
die sout bietjiesgewys daarby en roer baie
goed na e1ke byvoeging. Hou aan om
sout by te voeg en te roer tot die eier
bo-op dryf.
4. Haal die eier uit en sit die vleis in
die pekel. Draai dit so af en toe om. Die
vleis moet heeltemal bedek wees met
die pekel.
5. Laat die vleis 24 ure in die pekel lê.
6. Haal die vleis uit die pekel en dip dit in skoon
vars koue water net om die ergste pekel af te haal.
Smeer dit
liggies met biltong speserye. Ek doen dit sodat
die vleis nie so vaal en blink uitkom nie!! Hang dit op
vir so 24 uur om winddroog te word.

Plaas die vleis in ‘n roker en rook dit met ‘n koue rook proses vir omgeveer 8 ure. (Sien die “cold smoking” videos op Youtube hoe om ‘n cold smoker te bou – baie eenvoudig!!). Ek gebruik gewone rook saagsels wat ek sommer in die winkel koop. Haal die vleis uit die roker en hang dit weer vir so 12 ure op. Die vleis is nou reg en kan in Glad Rap afsonderlik toegemaak word en gevries word. Die vleis kan langer soos biltong gehang word indien jy dit droër verkies.

Bediening
Haal ‘n stuk uit die vrieskas sodat dit by kamer temp kan kom. Sny die rook vleis so dun as moontlik en bedien as ‘n snack op die snyplank saam met Balsamic vinegar.

Waarskuwing!!
Hou die kinders weg gedurende die sny proses, anders is ‘n vinger af of jy kry niks!!!
Hallo Johan
Teen wat se temperatuur moet die vleis vir daai 24hr weekproses gehou word?
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Salty
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Thu May 08, 2014 2:52 pm

Re: Johan se Gerookte vleis Resep

Post by Salty »

Any Chance of a photo of your smoker?
Its not the calibre of rifle that makes the difference, but rather the calibre of hunter.
User avatar
Baasvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm

Re: Johan se Gerookte vleis Resep

Post by Baasvark »

Johan dankie vir die inligting!
Ek is self juis besig om tans met die onderwerp te stoei.

Het onlangs 'n ou geyser drom gevat en 'n roker/braaier van hom gemaak.

Moet bieg, het nog nie die rook funksie probeer nie - te besig om te braai :)

As iemand vir my kan verduidelik hoe om foto's vanaf tapatalk te laai kan ek vir julle wys....
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna) :laugh:
9mm CZ 75B
Post Reply