Zeiss conquest hd5 5-25×50 RZ varmint

Post Reply
User avatar
pieter du plessis
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Mon Mar 09, 2015 6:13 am

Zeiss conquest hd5 5-25×50 RZ varmint

Post by pieter du plessis »

Ek wil gou hoor as en n picatinny rail van 20 MOA opsit en met hierdie menneer skiet of ek tot op 1000y sal kan skiet?
Ek wil julle opinie oor hierdie scope hoor.. Is dit n goeie koop of wat dink julle?
Julle sal beter as ek weet , ek is nog nie so ingelig oor die scopes nie...
Waardeer die hulp
Groete Pieter
User avatar
pieter du plessis
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Mon Mar 09, 2015 6:13 am

Re: Zeiss conquest hd5 5-25×50 RZ varmint

Post by pieter du plessis »

unnamed (7).jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ritchie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 444
Joined: Mon Sep 15, 2014 12:00 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25×50 RZ varmint

Post by Ritchie »

Hi Pieter

Ek het so een op my 243 en gaan hom nou na my nuwe 260 skuif. Weet nie van die rail nie maar van die scope kan ek se hy is elke sent werd. Wens ek het genoeg geld gehad om die HD5 op elke wapen te sit. Ek is seker hier is paar manne met baie beter ondervinding met die goed as ek maar vir my is dit n puik koop gewees.

Sterkte
Lei Aan Ernstige B.O.K
Biskruit Ontbrandings Koors!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25×50 RZ varmint

Post by joe rocket »

Hi Pieter ek het so n scope glas is goed, scope is kompak, dit het zero stop. Sy field of view is goed sal lekker werk op jou geweer. Myne was foutief en die scope het n draai in Duitsland gaan maak, maar nou is hy reg. Die manne sê jy moet nie warne ringe saam met die scope gebruik nie dit beindvloed sy parallaks. Sal ek weer n zeiss conquest koop? Nee ek dink n nightforce shv of sightron is n beter koop, maar dit is my subjektiewe opinie.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
pieter du plessis
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Mon Mar 09, 2015 6:13 am

Re: Zeiss conquest hd5 5-25×50 RZ varmint

Post by pieter du plessis »

Dankie en die tactical deel? Akkuraatheid
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25×50 RZ varmint

Post by cassie_calvinia »

sal hy op 1000m kan skiet? dit sal jy moet self uitwerk. op jou ladings, en spoed.
as jy elke dag op 1000m wil skiet, sal ek na ander scopes kyk. sightron.
as jy 5 keer perjaar speel, dan sal hy seker werk.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
pieter du plessis
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Mon Mar 09, 2015 6:13 am

Re: Zeiss conquest hd5 5-25×50 RZ varmint

Post by pieter du plessis »

So jy se hy is nie die 100% regte keuse vir my doel nie?
Ek sal kyk na wat ek kan doen
User avatar
Tiny Hunter
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25×50 RZ varmint

Post by Tiny Hunter »

Spaar langer en koop n Sightron SIII 10-50
User avatar
pieter du plessis
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 91
Joined: Mon Mar 09, 2015 6:13 am

Re: Zeiss conquest hd5 5-25×50 RZ varmint

Post by pieter du plessis »

Sal beslis daarna kyk dankie
308Win
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 493
Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm

Re: Zeiss conquest hd5 5-25×50 RZ varmint

Post by 308Win »

joe rocket wrote:Hi Pieter ek het so n scope glas is goed, scope is kompak, dit het zero stop. Sy field of view is goed sal lekker werk op jou geweer. Myne was foutief en die scope het n draai in Duitsland gaan maak, maar nou is hy reg. Die manne sê jy moet nie warne ringe saam met die scope gebruik nie dit beindvloed sy parallaks. Sal ek weer n zeiss conquest koop? Nee ek dink n nightforce shv of sightron is n beter koop, maar dit is my subjektiewe opinie.
Ai tog. Myne is ook oppad Duitsland toe. Niks fout met die glas nie. Maar die geweer hou nie sy 'zero' nie. En elke nou en dan gooi hy 'n uitskieter 10cm laer as die ander. Op 100m. Die groepe was ook swakker as die Leupold vari-x2 6-18 wat dit vervang het. Die montering was dieselfde. Thor.
Nog 'n faktor wat jy in ag moet neem is die sogenaamde 'zero stop'. As jy die teleskoop zero op 100m, dan gaan die stelknop slegs 16.5 moa opstel. As jy hom verder wil opstel, sal jy hom moet oopskroef en die zero stop verder aanstel. Op my 308 is 16.5 moa 600m.
Die RZ kruishaar moet jy op Zeiss se webtuiste gaan ky na hul programmetjie, jou koeel se spoed en BC insleutel dan met die programmetie speel om te sien hoe jou spesifieke koeel op hul kruishaar gaan inpas. Jy moet die vergrotings heen en weer stel om die strepies op die kruishaar op spesifieke afstande te laat werk.
Byvoorbeeld: As ek die middel kruis op 100m zero, dan is die 3-strepie op 200m en die 4 -strepie op 300m As ek die vergroting op 16x stel. Om die 5-strepie dan op 400m te kan he, moet ek die vergrotings op 17x stel. En 17.5x vir die 6-strepie op 500m. Met ander woorde jy gaan hom op 17.5x hou as jy die Rapidz wil gebruik. Dit is so naastenby. Meer vir vinnig skiet as vir raak skiet.
Die 'middel' kruis verstel nie as jy met die vergrotings speel nie. So as jy op 25x wil skiet op verder afstande gaan jy met die stelskroewe moet opstel. Dit is nou waar die zero-stop ter sprake kom. Werk lekker, maar jy gaan dalk vasbrand met die zero-stop se 16.5moa maksimum. Ek sien ook nie dat die Picatinny basis dit gaan oorbrug nie. Want die stelknop kan nog BAIE opstel as jy die zero-stop verwyder.
As jy die Zeiss se webtuiste RZ rekenaartjie gebruik om bv die middelkruis op 500m te zero, val die programmetjie se wiele af. Dit is gabaseer op 'n 100m zero met die varmint RZ. Nou is die 3-strepie op 505m ge-zero, die 4 strepie op 566m, die 5-strepie op 638m en die 6-strepie op 722m (17.5x). Om dan die 6-strepie op 1000m te gebruik, moet jy die vergrotings afstel na 7x. Nie wat ek ideaal sal noem nie. Eerder dan maar aan die knoppe opstel. 'n Volle 45 moa tot by 1000m.

MAAR die glas is helder, die knoppe stel lekker, die verpakking is 1e klas, die diens is goed.
Post Reply