Ek sou graag van 'n magnum wil weg bly en het reeds 'n geweer met standaard lengte aksie wat ek vir die projek wil gebruik.
Op die stadium kyk ek na die 7X64 en 280 Rem. Die twee is balisties identies. Ek neig na die 280 Rem en sou graag 180 gr koeels teen so 2700 fps wil skiet. (Wat moontlik lyk met 'n 28" loop)
Al ding wat my pla is doppe .... omdat die 280 se skouer effens vorentoe geskuif is as mens dit met die 30-06 vgl kan mens nie net eenvoudig doppe afnek nie. So toe dink ek wat van 'n opregte 7mm-06? Dan sou ek lapua 30-06 doppe kon gebruik, maar nou is daar weer nie standaard dies nie
Enige insette van julle kant af?



