Jump van koeel

Post Reply
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Jump van koeel

Post by Boesman »

Naand manne.

Ek maak toe soos van die manne hier gese het en gaan meet toe vanaand my gewere se moontlike maksimum totale patroon lengte (TPL)?

:o

My ou sanna (dis nou nie my vrou nie) meet toe 88,5mm terwyl die patroon lengte wat ek nou skiet maar 77mm is. Dus spring die koeel 11,5 mm voor dit aan die lands raak!!

Die koeel is 7mm diep in die dop se nek geseat, ek kan dit dus nie veel vlakker seat nie (miskien so 2 of 3 mm) en selfs dan sal die jump in die omgewing van 8mm wees.

Ja, dit is ?n jaggeweer, en sal beslis nie kompetisies wen nie, maar sy groeperings lyk nie te sleg nie en hy bring sy vleis huistoe.

Nou, is so ?n groot (of ver) jump standaard (soortvan) op jaggewere, of is dit onaanvaarbaar?
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4597
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Jump van koeel

Post by James Wilson »

Boesman, dit is omdat jou geweer militere toleransies het. die 303brit was van die staanspoor gemaak om eerstens altyd te kan skiet nieteenstaande die omstandighede. sulke gewere het gewoonlik weie toleransie en los, maar sterk  slotte. die p14 en k98 en die slot van die russiese mossen nagant. gewoonlik maak hierdie slotte dan ook betroubare jaggeweer slotte en gebruik baie mense die slotte om big bore's te bou. so al was die troep se kamer vuil van stof na n dag se gevegte sou die ammo nog steeds kamer en die skoot sou afgaan.      die tweede vereiste van n militere geweer is akuraatheid.

dardie jump van klink erg, maar as jy gejag kry so, dan is dit nie n probleem. jy kan kyk na koels wat n lang koel is soos barnes en dies meer, en dan kan jy kyk of jy die jump so kan minder maak, maar met n jump van 11mm gaan jy nie veel kan kleiner stel nie. ek dink gaan maar so aan. watse groep kry jy op 100m met jou gewone patrone?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Jump van koeel

Post by spekieries »

Boesman met monometaal  punte (koe?ls) het jy gewoonlik 'n langer punt om die gewig van lood op te maak. Maar jy kan ook net so lank gaan as wat jou magasyn jou toelaat, tensy jy een een wil laai.

Groete
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Jump van koeel

Post by Jagtersdok »

Jump wer net vir fine tuning van die lading. Om dit so maklik as moontlik te stel, en ja dit is nie heel so eenvoudig nie en ek los nou heelwat van die tegniese aspekte uit.
As jy met die jump speel dan verstel jy die "timing" van die golf/sweepslag om dan nou in harmonie te kom met die spoed wat die koeel deur die loop beweeg om die tromp te verlaat op daardie moment wat die golf agter teen die aksie is.

Al waar jump help met oplyning is wanneer die koeel in die lande "gejam" en dus die oplyning forseer, maar dan is daar geen jump nie.

Dit is hoekom jy met 0.2mm inkremente verstel, want vir elke 0.6mm verstelling is dit omtrent dieselfde om met 0.1gr kruit as jy S365 gebruik te verstel, so jy tune baie fyner.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Jump van koeel

Post by Boesman »

Manne, skuus ek vat so lank, kompertyd is maar skaars.

Ek kry op 'n goeie dag so 40mm groeperings en op 'n slegte dag so 60mm op 100 meter. Dit is 'n oopvisier, en dat ek nie kla oor die groeperings nie. Ek skiet nie op 'n bok as ek nie seker is van enjinskade nie en hou dus die afstande so naby as moontlik.

Ek was net uiters verbaas oor die ver ent jump. Ons praat altyd van 'net-net nie die lands raak nie' en '1-2mm van die lands' en dit kondisioneer 'n man so bietjie, soveel so dat ek my resultaat moes nagaan om te sien of ek nie verkeerd gemeet het nie.

Wat sal die jump (+ -) op 'n moderne standaard jaggeweer wees? Het julle al gemeet? Dit sal verskil tussen verskillende koeels, maar so gemiddeld?

Net so vir die interessantheid, ek skiet huidiglik 150gr Hornady Interlock (SPFB) met 'n gemiddelde lading S341 (kan nie nou presies onthou hoeveel nie, so 41gr dink ek) teen 2520fps oor die chrony.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jump van koeel

Post by Wouter Roets »

Hallo Boesman en maats

Freebore kan n baie misleidende term wees en daar is baie uitgangspunte rondom die kwessie. As jy kyk na iemand soos Roy Wheatherby het hy al sy kalibers ontwerp met n besonderse lang vryboor, die gedagte daaragter was om maksimum performance uit sy kalibers te kry en dit het veroorsaak dat sy fabrieksamunusie nie in normale kamers met kort vrybore met veiligheid geskiet kan word nie. As jy na almal luister moes sy gewere baie swak groepeer agv die lang vryboor maar dis geensins die geval nie. In teendeel is die meeste van sy gewere bekend vir hulle goeie akkuraadheid en kom met n waarborg van die fabriek.
Onthou in die ou dae is daar kompeterend geskiet met daai roer waarvan jy nou praat met uitstekende resultate, lang vryboor en al. Onthou ook dat aan die begin daar met Cordite gelaai was wat baie hard op die lands was en dit was n bydraende faktor vir die lang vryboor.
Met vandag se poeiers en hulle beter kurwes en grafieke(spikes) is dit verkieslik om n korter vryboor te he sodat die piek druk korreleer met wanneer die koeel die groewe binnegaan, maar dit is ook nie die Alpha en Omega nie.
Vergeet van jou lang vryboor en skiet hom net so!
Groete
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Topcat
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Mon Aug 16, 2010 9:25 pm

Re: Jump van koeel

Post by Topcat »

Boesman

Jy kan altyd met Gerrie Coetzee ook praat.Hy het my p14 6mm se kamer so 2 draaie ingedraai en my jump is baie beter.Was nie baie geld nie.
jmb

Re: Jump van koeel

Post by jmb »

Boesman as die geweer goed genoeg vir jou doeleindes groepeer los hom. Jump is nie altyd so belangrik nie. My 375 het 'n helse jump met die 270 barnes X koeels wat ek skiet. Ek moes noodgedwonge die magasyn lengte gebruik vir TPL. Die punt kom nie naby die lands nie. Tog groepeer die geweer onder 'n duim op 100m.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Jump van koeel

Post by Jagtersdok »

Wout is helemal reg. Dis hoekom ek s? Jump is net daar vir fine tuning. Die belangrikste aspekte van akuraadheid bly konsentrisiteit oplyning en korekte lading
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jump van koeel

Post by Frederik »

Boesman wrote:
Ek kry op 'n goeie dag so 40mm groeperings en op 'n slegte dag so 60mm op 100 meter. Dit is 'n oopvisier, en dat ek nie kla oor die groeperings nie. Ek skiet nie op 'n bok as ek nie seker is van enjinskade nie en hou dus die afstande so naby as moontlik.
Niks fout met daardie 303 nie die groepe sal natuurlik vebeter met 'n teleskoop.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: Jump van koeel

Post by Boesman »

Dag manne

Ja-nee, ek wil nie aan die geweer verander nie (gee sentiment die skuld), en is heel tevrede met hom vir wat hy moet doen en waarvoor ek hom aanwend. Ander gewere in die kluis doen die ander werk. Die roer is meer daar vir speel as vir werk, en ek verdedig myself teen aggresiewe springbokke, kudu's ens. met hom...  ;D (Daar's baie van hulle by my, hulle soek my.)

Meet bietjie julle (standaard) jaggewere se maksimum moontlike TPL en laat ek hoor. Dis net vir die interessantheid, en om my verder te leer.

Groete
Post Reply