Pasmaak geweer.

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Broadbandboer

Pasmaak geweer.

Post by Broadbandboer »

Dagse manne.

Ek wil graag by julle hoor. Wie sal julle se is die beste geweersmede in die land om 'n pasmaak roer by te laat bou?

Dankie by voorbaat.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Pasmaak geweer.

Post by FCLoretz »

Steve Fourie se werk is fantasties
Ralph Badenhorst in Ermelo
Andre Mojet (as jy baie, baie, baaaiieee tyd het)
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by Geno »

As jy langafstand gewere wil laat bou, is daar regtig net 'n paar smede wat die werk verstaan volgens my.
In geen spesifieke volgorde:
Terry Harrison
Izak Hattingh (my keuse)
Andries Moller
Lance Stevens
Chris van Niekerk / Dirk vd. Heever
Johan v Rensburg
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Pasmaak geweer.

Post by Eugene »

Boer, ek wil net byvoeg dat dit nie noodsaaklik is om 'n pasmaak geweer te bou vir lang afstand skiet nie. Vir 'n begin (eintlik vir baie lank...) is 'n rakgeweer met die regte kennis, meer as voldoende en is daar eintlik geen rede waarom iemand met 'n rakgeweer, nie iemand met 'n duur pasmaak geweer, ore kan aansit nie. As jy erg kompeterend, soos Bisley, wil skiet, is dit dalk 'n ander geval.

Ek wil my amper verstout om te sê dat die geweer eintlik die laaste ding is waaroor jy jou moet bekommer.
Last edited by Eugene on Tue Jul 28, 2015 3:09 pm, edited 1 time in total.
Aim small, miss small
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by LRLaubscher »

Dis die man wat ek onthou-Paul Notnagel:)
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Pasmaak geweer.

Post by FCLoretz »

Broadbandboer bly in Standerton omgewing
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Pasmaak geweer.

Post by ruaanb »

Terry Harrison is in Durbanville Industria
Broadbandboer

Re: Pasmaak geweer.

Post by Broadbandboer »

Dankie manne. Ek het 'n .338 Lapua wat lekker ver skiet. Sommer so van die rak af. Ek het egter 'n plan of twee wat ek graag sal wil beproef. Die spesifikasies kom nie op die rak voor nie.

Weereens dankie vir julle goeie raad.
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by Frikkie Coetzee »

Manne. Daar is name op daai lys wat ek vir n feit weet is nie geregistreerde geweersmede nie en bou onwettig wapens.

Wees gewaarsku en wees versigtig.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Pasmaak geweer.

Post by ruaanb »

Gromit wrote:Manne. Daar is name op daai lys wat ek vir n feit weet is nie geregistreerde geweersmede nie en bou onwettig wapens.

Wees gewaarsku en wees versigtig.
noem hulle maar dat voornemende geweer bouers nie in die moeilikheid beland nie
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Pasmaak geweer.

Post by Sangoma (IAN) »

Ek sien Andre Mojet is van die lys afgehaal. Ek weet ongelukkig van n paar manne wat nie so great produk of diens gekry het nie. Is dit die rede dat sy naam afgehaal is?
Sangoma (IAN)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1320
Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am

Re: Pasmaak geweer.

Post by Sangoma (IAN) »

Nog n vraag?
As jy sou R50k spandeer op n pas maak lang afstand geweer? Sou julle rerig 20 geweersmede aan beveel? Is daar rerig soveel top smede in die land wat jy sal vertrou met jou hard verdiende madibas?
Wat van ons maak n pol? Wie sal die forum lede aanbeveel vir n lang afstand pasmaak geweer, bench geweer of F klas geweer.
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by junglejulian »

Ek dink die beste sal wees om die top 20 veldskiet en top 20 bisley manne te vra wie hul gebruik.ek beveel Gerrie coetzee en Izak Hatting met vrymoedigheid aan omrede ek hul al baie gebruik het.daar is beslis n paar name daar wat ek ook graag sal gebruik agv hul reviews en track record maar ook n paar waarvan ek ver sal van wegbly
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by Geno »

Frikkie.
Update dan die lys asb.
Ek sal dan die ander posts uitvee.
Goed, beter, 6millimeter!
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 834
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Pasmaak geweer.

Post by Drenalinjunkie »

Daar is n paar geweersmede wat ek nooit sal gebruik nie. Julle manne dink ook nou nie mooi nie Steve Fourie bou bitter mooi en goeie klasieke gewere maar ek sal hom nie vir n lang afstand geweer gebruik nie. Dit is NIE waarin hy specialiseer nie. Let wel Steve het al n geweer vir my gebou wat ek op bitter baie trots is.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by Dries101 »

Drenalinjunkie wrote:Daar is n paar geweersmede wat ek nooit sal gebruik nie. Julle manne dink ook nou nie mooi nie Steve Fourie bou bitter mooi en goeie klasieke gewere maar ek sal hom nie vir n lang afstand geweer gebruik nie. Dit is NIE waarin hy specialiseer nie. Let wel Steve het al n geweer vir my gebou wat ek op bitter baie trots is.
Hoekom nie. Steve outsource sy langafstand loop en aksie werk na Piet Welgemoed toe, en doen basies die kolf forming en aksie pak en pillars homself. Cerakote werk word deur numenor gedoen vir hom.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by Jaco v Zyl »

Chris kruger van armtec
Drenalinjunkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 834
Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am

Re: Pasmaak geweer.

Post by Drenalinjunkie »

Dries101 wrote:
Drenalinjunkie wrote:Daar is n paar geweersmede wat ek nooit sal gebruik nie. Julle manne dink ook nou nie mooi nie Steve Fourie bou bitter mooi en goeie klasieke gewere maar ek sal hom nie vir n lang afstand geweer gebruik nie. Dit is NIE waarin hy specialiseer nie. Let wel Steve het al n geweer vir my gebou wat ek op bitter baie trots is.
Hoekom nie. Steve outsource sy langafstand loop en aksie werk na Piet Welgemoed toe, en doen basies die kolf forming en aksie pak en pillars homself. Cerakote werk word deur numenor gedoen vir hom.
Presies my punt. Steve outsource die werk mnr. So wie bou nou eintlik die geweer? Steve of die man by wie hy dit outsource?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by Geno »

In geen spesifieke volgorde:

1. Terry Harrison (Weskaap)
2. Izak Hattingh (Bloemfontein)
3. Andries Moller (Pretoria)
4. Lance Stevens (Vaaldriehoek)
5.Chris van Niekerk / Dirk vd. Heever(Weskaap)
6. Johan v Rensburg(Cradock)
7. Piet Welgemoed (Pretoria Wes)
8. Oom Louw van Deventer (Potch)
9. Geoffrey Barrabal (Brackenfell)
10.Michael Barrabal (Kolwe;rails;MB;etc-Bellville)
11.Gerrie Coetzee(Bloemfontein)
12.Paul Notnagel(Benchrest tipe geweer)(Kroonstad)
13. Kevin Healy (Bloem)
14. steve Fourie (PTa)
15. Sabi (nelspruit)
16. Ralph Badenhorst(ermelo)
17, Danie Joubert
18. Willie Pretorius( Wesrand)
19. Ginger van Zyl (Pta)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by Geno »

Drenalinjunkie wrote:Daar is n paar geweersmede wat ek nooit sal gebruik nie. Julle manne dink ook nou nie mooi nie Steve Fourie bou bitter mooi en goeie klasieke gewere maar ek sal hom nie vir n lang afstand geweer gebruik nie. Dit is NIE waarin hy specialiseer nie. Let wel Steve het al n geweer vir my gebou wat ek op bitter baie trots is.
My gevoel ook.
Ek sal nie 'n lorrie mechanic aan 'n Ferrari wil sien werk nie.
Hourses for courses...

Kan ons die lys hou by smede wat SELF langafstand gewere bou asb?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by Dries101 »

Broadbandboer wrote:Dagse manne.

Ek wil graag by julle hoor. Wie sal julle se is die beste geweersmede in die land om 'n pasmaak roer by te laat bou?

Dankie by voorbaat.
Ek het Seker verkeerd gelees- nie gesien dit is net langafstand nie. :confused:
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13645
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by Geno »

Dries101 wrote:
Ek het Seker verkeerd gelees- nie gesien dit is net langafstand nie. :confused:

Dis in hierdie afdeling:



Board index » Jag/Hunting » Long Range Shooting and Hunting/Langafstand Skiet en Jag


::)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by Dries101 »

;) Ja man mens sien nie index op tapatalk op jou foon nie
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Pasmaak geweer.

Post by Dries101 »

In geen spesifieke volgorde:

1. Terry Harrison (Weskaap)
2. Izak Hattingh (Bloemfontein)
3. Andries Moller (Pretoria)
4. Lance Stevens (Vaaldriehoek)
5.Chris van Niekerk / Dirk vd. Heever(Weskaap)
6. Johan v Rensburg(Cradock)
7. Piet Welgemoed (Pretoria Wes)
8. Oom Louw van Deventer (Potch)
9. Geoffrey Barrabal (Brackenfell)
10.Michael Barrabal (Kolwe;rails;MB;etc-Bellville)
11.Gerrie Coetzee(Bloemfontein)
12.Paul Notnagel(Benchrest tipe geweer)(Kroonstad)
13. Kevin Healy (Bloem)
14. Ralph Badenhorst(ermelo)
15, Danie Joubert
16 Chris kruger van armtec
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Broadbandboer

Re: Pasmaak geweer.

Post by Broadbandboer »

Wel die bal is nou aan die rol.
Post Reply