Ek is op soek na 'n teleskoop meer geskik vir nagjag op my 243...
Een van my vriende het die Zeiss Duralyt 3-12x50 en sweer by die ding. Nou hoor ek hulle word nou vervang met die Zeiss Conquest Duralyt. Nou wonder ek maar of iemand dalk nog weet waar mens van die Duralyt's kan kry en of hul vir goedkoper pryse gaan nou dat mens die nuwe model kan kry?? Probleem was altyd ek wou nie R11 000 betaal nie.
Sover is ander teleskope op my kortlys:
Vortex Crossfire ii 3-12x56m AO Hog Hunter - http://www.iwarehouse.co.za/hunting/opt ... iflescope/
Verstaan net nie waarom die parallaks verstelling voor is nie??
Lynx lx2 8x56 - http://www.lynx.co.za/index.php/catalog ... -8x56-g4i/
Vir rondom R6000, is dit genoeg scope?
Lynx lx2 2.5-10x56 - http://www.lynx.co.za/index.php/catalog ... 10x56-g4i/
R7-R8k. Bied hy vir my meer as die ander lynx werklik? Moet ek eerder kyk na iets anders? Beide Lynx'e het ten minste Illuminated Reticles
Meopta Meopro 4-12x50 - http://www.meoptasportsoptics.com/shop/ ... tgRus.html
Ek hoor baie goeie goed van die Meopta's - Hierdie een is so rondom R7000 as ek reg onthou. is 25mm tube genoeg? Kort ek Illuminated Reticle?
Meopta Meostar 3-12x56 - http://www.meoptasportsoptics.com/shop/ ... tgRus.html
Baie moontlik die beste scope op die lys, maar ek wil nie R11-R12k spandeer op 'n teleskoop nie en die 4b reticle verstaan ek nie lekker nie haha
Ek luister graag na jul professionele raad!
Zeiss Duralyt Beskikbaarheid en watter scope vir nag?
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 831
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Zeiss Duralyt Beskikbaarheid en watter scope vir nag?
Naand Vyekonfyt, ek sou Vortex Crossfire los(made in China), met lynx'e is daar nie foute nie. Die nuwe Zeiss Conquest Duralyt is maar net n nuwer model van vorige Duralyt en die Meopta is ook n goeie scope en hy kom met ander reticles ook uit as jy nie van die nr 4B hou nie. Uit my eie ondervinding is n verligte kruis meer n oorlas as n bate in die nag. Groete Tjops
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Zeiss Duralyt Beskikbaarheid en watter scope vir nag?
Jis Tjop dankie vir die terugvoer. Gewonder waarom ek nog nooit veel gehoor het van daardie spesifieke vortex nie.
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Zeiss Duralyt Beskikbaarheid en watter scope vir nag?
Enige iemand anders ondervinding met die ander scopes wat ek hier noem? of enige ander aanbevelings?
- Kubus
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am
Re: Zeiss Duralyt Beskikbaarheid en watter scope vir nag?
Ek kan op die Lynx LX2 2.5 - 10 x 56iR reageer, of altans ek dink so. Al my scopes is Lynxe. Soos Lamtjop tereg noem dink ek die verligte kruishaar is half oorbodig, maar die 2.5-10 x 56iR het net n groen kolletjie in die middle en werk soos n bom in die nag. Die specs het jy seker al opgelees, en daar is seker beter scopes as jy baie meer geld wil uithaal. Ek skiet met Lynx scopes vir meer as 20 jaar en hulle kan werklik die stampe en stote vat. Jy kan nie verkeerd gaan nie
Jong dis maar soos kar koop, ons het almal ons persoonlike voorkeure.
Sterkte en lekker shop.
Jong dis maar soos kar koop, ons het almal ons persoonlike voorkeure.
Sterkte en lekker shop.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
-
sPRINGHAAS
- Sr. Member

- Posts: 333
- Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
Re: Zeiss Duralyt Beskikbaarheid en watter scope vir nag?
As jy besluit op n Zeiss kan jy my kontak. Ek sal moontlik kan help met n goeie prys op die nuwe modelle...
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Zeiss Duralyt Beskikbaarheid en watter scope vir nag?
Dankie Kubus vir die terugvoer. Het jy ondervinding met van die ander in daardie prysklas? Meopta? Vortex? Enige iets anders? Sal jy die 2.5-10 bo die fixed 8x56 vat? Indien so, hoekom?
Springhaas, stuur my 'n pm met 'n prys of twee, wie weet...... haha
Springhaas, stuur my 'n pm met 'n prys of twee, wie weet...... haha
-
sPRINGHAAS
- Sr. Member

- Posts: 333
- Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm
Re: Zeiss Duralyt Beskikbaarheid en watter scope vir nag?
Sal so maak!figjam wrote:Springhaas, stuur my 'n pm met 'n prys of twee, wie weet...... haha
-
Dewitt
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Mon Aug 04, 2014 1:41 pm
Re: Zeiss Duralyt Beskikbaarheid en watter scope vir nag?
Ek het Meopta en Zeiss vir nagskiet en jy sal nie met een 'n fout maak nie. Kontak Humansdorp Koop vir beste pryse.
- Boersonderroer
- Sr. Member

- Posts: 346
- Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm
Re: Zeiss Duralyt Beskikbaarheid en watter scope vir nag?
Sal nie my Meopta verruil nie, baie Goeie keuse
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2