Help my om die scope te verstaan
- vriell
- Hero Member

- Posts: 1364
- Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm
Re: Help my om die scope te verstaan
Luan ,,Ek het nou pas dieselfde probleem opgetel met my Rudolph 6-24x50.Sodra ek aan die parralaks knop raak het die kruishaar begin rondspring en selfs as ek die paralaks op dieselfde posisie gehou het het my groepering swak gewees.Daar is wel die parralaks verandering as scope normaal funksioneer en het opgelet dat die kruishaar dan nog steeds reg funksioneer maar die target effens beweeg as parralaks gestel word wat heel normaal is tov parralaks werking. Het my ou scope teruggesit en alles weer reg.Ek het Dolf gekontak waarna hy my scope vervang het sonder enige probleme.Scope weer opgesit en ingestel en groepering weer normaal.Hoop hy hou nou.Dis maar baie frustrerend as mens sukkel met soiets...
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave

- Hugo
- Hero Member

- Posts: 1977
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm
Re: Help my om die scope te verstaan
Ek wil aanpas by die topic, ruk terug my eerste scope met n parallax gekoop,
Vir bosveld jag wat afstande 40-160+m kan wees, los jy jou paralax op 100m of stel jy hom met elke dier wat jy kry?
Teen die tyd wat jy hom gestel het is daai dier 3km ver weg van jou af want hyt jou gesien.
Help bietjie oor hoe om te maak?

- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Help my om die scope te verstaan
Stel hom op 100m en los hom. Ook sal jou scope vergroting in die bosveld nie so groot wees nie so jou beeld sal duidelik wees. Al wat jy nou doen is om jou scope te gebruik asof hy 'n fixed paralax scope is. Op vergrotings onder 12x speel paralax nie so groot rol nie.