Langafstand Jag: 6.5 vs 7mm
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Langafstand Jag: 6.5 vs 7mm
Naandsê almal,
Ek het die naweek die voorreg gehaad om met 'n 7mm Tombi te skiet en wat 'n plisier was dit nie. Die persoon wat die geweer op die springbok jag gebruik het het meer as een bok op 450m+ in die brein geskiet. Dit laat toe die vraag by my, watter van die verskeie 6.5 of 7mm kalibers is die mees geskikte kandidaat vir hierdie tipe jag. Die Tombi wat 'n 150gr punt teen 3100fps lanseer uit sy 27" loop of 'n .260AI wat 'n 130gr VLD teen 3000fps+ lanseer.
Die doel van die bespreking is nie om die tipe jag te bespreek nie maar eerder die 6.5- en 7mm's wat gebruik kan word om wild van springbok tot en met koedoe grootte met goedgeplaasde skote tot op 600m kan dood. Dit juis omdat ek graag 'n nuwe geweer projek wil aanpak en van die begin af reg wil bou.
Ek sal enige raad en ondervinding baie waardeer.
Groete uit die Noordkaap
Geelslang

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Langafstand Jag: 6.5 vs 7mm
Die 7mm gaan jou so bietjie meer gee maar ek sou iets anders as 'n 150gr skiet en eerder kyk na die 162/8gr koeels of as jy verder wil gaan na die 180gr aanbiedinge.
Ek skiet self 'n 260 Ackley ...
Ek skiet self 'n 260 Ackley ...
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Re: Langafstand Jag: 6.5 vs 7mm
Is dit omdat die 7mm meer energie
energie op daardie afstand sal he? Sal die 7mmRM werk hiervoor ? Anders wil ek graag 'n 260AI bou op 'n Rem 700 of RSA aksie.

- tau
- Hero Member

- Posts: 3964
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Langafstand Jag: 6.5 vs 7mm
EK is nie 'n Langafstand kenner nie, maar het al Springbokke gereeld ander 400m met my 7mm RM geskiet en 'n SWB op 420m en ook 'n Kudu. As jy een het gebruik hom, as jy iets gaan aanskaf vra eerder die manne oor die .284 win, 7x64 brenn en ander 7mm wat beter met ons kruit werk.geelslang wrote:Is dit omdat die 7mm meer energie
energie op daardie afstand sal he? Sal die 7mmRM werk hiervoor ? Anders wil ek graag 'n 260AI bou op 'n Rem 700 of RSA aksie.
Ek het altyd 150gr Ballistic tips en Barnes ttsx geskiet, maar gaan nou oor na 162gr Hornady SSt vir daai extra bietjei hulp met die windskuif. Tot en met 400m is die 7mm RM super akkuraat en maklik om te skiet, maar dit is nie rerig langafstand volgens die kenners nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Re: Langafstand Jag: 6.5 vs 7mm
Dankie Tau, Ludwig.
Ek het 'n Ruger M77 7mmRM en sy akkuraatheid laat my nie toe om hierdie tipe skote te skiet nie. Sal die aksie geskik wees vir 'n LA geweer as ek die loop, sneller en kolf vervang of begin ek voor en kry 'n meer geskikte aksie en werk van daar af?
Ek het 'n Ruger M77 7mmRM en sy akkuraatheid laat my nie toe om hierdie tipe skote te skiet nie. Sal die aksie geskik wees vir 'n LA geweer as ek die loop, sneller en kolf vervang of begin ek voor en kry 'n meer geskikte aksie en werk van daar af?
- tau
- Hero Member

- Posts: 3964
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Langafstand Jag: 6.5 vs 7mm
Wat is die rede dat jy die wapen nie akkuraat is nie? Weet jy al (loop uitgeskiet) of soek jy nog die probleem.geelslang wrote:Dankie Tau, Ludwig.
Ek het 'n Ruger M77 7mmRM en sy akkuraatheid laat my nie toe om hierdie tipe skote te skiet nie. Sal die aksie geskik wees vir 'n LA geweer as ek die loop, sneller en kolf vervang of begin ek voor en kry 'n meer geskikte aksie en werk van daar af?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- Dirkvh
- Hero Member

- Posts: 1016
- Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am
Re: Langafstand Jag: 6.5 vs 7mm
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
-
geelslang
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm
Re: Langafstand Jag: 6.5 vs 7mm
Ek vermoed die loop is moeg. En die fabrieks loop is maar bitter dun. Sou jy se die aksie is geskik as platvorm vir presiese skote tot op 500/600m ?
- tau
- Hero Member

- Posts: 3964
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Langafstand Jag: 6.5 vs 7mm
Ai dit is jammer. Ek het nie veel kennis oor die langafstand besigheid nie, maar net baie 7mm RM al geskiet en herlaai met 3 verskillende's so ek probeer maar altyd bietjie info gee.geelslang wrote:Ek vermoed die loop is moeg. En die fabrieks loop is maar bitter dun. Sou jy se die aksie is geskik as platvorm vir presiese skote tot op 500/600m ?
Hier is darem so paar manne wat al gewere gebou het VS nuut koop en ken van die moet en moenie's.
Voorspoed.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- LRLaubscher
- Hero Member

- Posts: 568
- Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm
Re: Langafstand Jag: 6.5 vs 7mm
Geelslang
Jou Ruger M77 Aksie kan goed werk, en as jy sê die geweer se loop is moeg, gaan jy juis minder met hom skiet want die akkuraatheid, of gebrek daaraan bou geen vertroue nie.
Kan net sowel die aksie gebruik vir nuwe geweer.
My eerlike opinie rondom 6.5mm vs 7mm.
Enige een gaan goed werk.
As ek 6.5mm sou kies sou dit vanselfspreukend weer 'n 260 rem Ackley wees.
Die kaliber laai maklik, werk baie goed met ons kruite, en het meer as genoeg oemf om 'n kudu plat te trek tot op 600m. Infact genoeg om Eland plant te skiet tot ander kant 500m.
Van 3000ft/sec + met die ackley, ja dis moontlik maar die geweer gaan jou maar wys waar hy wil skiet.
My ervaring is
2860-2880ft/sec met 140gr,
2920-2950ft/sec met 130gr,
en 3150-3180ft/sec met die 123gr punte.
As ek 7mm sou kies sou ek 'n straight 284 Winchester vat. Skop nie regtig soveel meer dat dit plae nie.
Werk beter met ons kruite as die Shehane weergawe, ongelooflik akkuraat.
Gee goeie loop leeftyd. En skiet die 162gr pille teen 'n baie respekteurbare MV. 2920ft/sec skiet pel van my met syne.
Ja 7mm gan jou meer slaan krag/energie gee oor langer afstande, maar hoeveel het mens regtig nodig.
As ons jou behoefte na kyk, ie. 600m, het die 260 Ackley nog meer as genoeg.
Neem ook in ag dat lang aftstand jag 90% oor skoot plasing gaan, en baie minder oor nock down power.
Ons kies juis die hoë BC punte om die wind te oorkom sover moontlik sodat jy goeie skoot plasing kan handhaaf.
Wat BC aan betref, maw watter van die twee kalibers gaan jou meeste help om wind te oorkom, is daar maar baie min van te kies.
140gr pille in 6.5mm gee jou G1 0.585 tot 0.618
7mm Berger hunting VLD 168gr G1 0.618; Hornady 162gr Amax G1 0.625
Moeilike keuse??
Ek sou weer die 260 Ackley vat.
Ek weet ek het een so "I'm Buyest"
Altwee baie goed.
my 2c.

-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)