Nuwe langste skoot.
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Nuwe langste skoot.
In die middel van Junie het Marc en n paar ander manne by ons kom jag. Ek het voor hulle al geland het n paar keur geskimp dat ek graag n skoot met Marc se 338 Lapua Magnum sou wou skiet.
Die manne het by ons geland en ons het gewere ingestel, dit was duidelik dat die manne KAN skiet en alles het glad verloop. Heel laaste het ek skoot met die 338 geskiet ek was verbaas hoe min hy skop en die koeel het mooi geval waar hy moet.
Ons is daarna af kamp toe en alles uitgepak en besluit om n draai te ry. Marc het die 338 saam gevat vir as ons n geleentheid op n langskoot sou kry! Ons het op n grens van die plaas gery en klompmdiere twee vallye verder gesien. Ons het gestop en gekyk. Daar was kudus, vlakvarke en rooibokke. Ek het besluit om n skoot op n kudu te neem op net oor die 900m. Wind was reguit van agter en baie min. Ek het gewag tot die wind gaan le en die skoot geneem. Dien skoot was regs en hoog en het (gelukkig) die kudu gemis.
Ek het besluit om nie nog n skoot te vat nie.( die kudus het nog daar gestaan). Ek het so 10 min gewag en n rooibok het toe n skoot gegee. Die afstand was 825m(900yds). Ek het net vir hoogte gestel en die lyntjies gebruik om af te hou vir wind. Ek het weer gewag tot die wind doodstil was. N rooibok lengte links van die bok gemik en geskiet. Na wat soos verewig gevoel het het die bok geval asof n weerlig straal haar tref.
By die bok gekom was die skoot perfek op die knoppe. Dit is nie n first round hit nie - want ek het my wind op die misskoot op die kudu gekry. Maat ek is nogsteeds baie trots op die skoot. As ek sien hoe min die diere gereageer het op die skoot sal ek volgende keur n sighting skoot op n miershoop eers skiet.
Ek wil vir Marc baie dankie se vir die geleenthied om sy roer te kon gebruik! Die roer is AWSOME mater!
http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg1_2.jpg
http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg4.jpg
http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg2_1.jpg
Die skoot is geneem van die berg op die horison langs die grensdraad. Waar ons staan is waar die bok was.
http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg3_1.jpg
Groete
Nico

- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Mooi gegooi en baie mooi roer.
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 358
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Nuwe langste skoot.
Hi Nico,
Mooi.
Sonder om n demper op jou geesdrif te plaas maar hoekom het jy afgemik en nie vir die wind gestel nie?
Groete
Ferdi Bam

Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Baie mooi Nico.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Nuwe langste skoot.
Baie Mooi gedoen mater!
Manne, hierdie Melmoth knaap kan skiet!
Boonop nog een van die smartse ouens wat jy ooit sal teekom!

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13589
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Baie netjies Nico. Mooi geskiet daar, as jy n skoot met my 30.06 wil skiet skree maar net hoor ek ry gou gou na daai mooi wereld toe!
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Nuwe langste skoot.
Dit kan ek beaam!DWB wrote:Baie Mooi gedoen mater!
Manne, hierdie Melmoth knaap kan skiet!
Boonop nog een van die smartse ouens wat jy ooit sal teekom!
Aim small, miss small
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Dankie vir die kompliente manne.
Ferdi ek het na ek die kudu gemis het die wind fout met die scope gelees. Dit het presies op een van die afmerkings geval. Toe ek die skoot op die rooibok gebruik was die omstandigdhede dieselfde toe gebruik ek net weer die afmerking.

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Bakgat ou Sniper.
Dankie vir die deel. Ek hoop die manne neem ter harte wat jy sê oor tweede skoot korreksie. Baie manne ruk hul koppe op om te sien waar die bokke is. Deur jou kop af te hou en die skoot deur te volg kon jy inligting insamel wat die tweede skoot moontlik gemaak het.
Baie geluk. Dit vat baie oefening en selfvertroue.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Nico, dit lyk of jy dit geniet het, maar nou gaan ek skinder - ou Marc het dit net so geniet daar by jou, hy kan nou nog lekker gesels oor die trippies!!! Wie weet dalk volgende jaar.......
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Mooi geskiet Nico, 'n rooibok is 'n lekker klein teiken om te tref op daai afstand. Ek vind dit ook makliker om vir wind af te mik as om te stel. Die wind kan baie vinnig verander voor jy die scope weer gestel kry. Dit is waar 'n FFP scope lekker werk.
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 358
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Nuwe langste skoot.
Nico,
OK, min ouens volg deur. Soos Gawie(13mm) sê baie skuts kan hieruit leer.
Goed gedoen.
Groete
Ferdi Bam
OK, min ouens volg deur. Soos Gawie(13mm) sê baie skuts kan hieruit leer.
Goed gedoen.
Groete
Ferdi Bam
Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Nuwe langste skoot.
Nico, iets wat ek lankal geleer het is om juis te skiet in die kondisie, maw as die wind hier by jou waai, en nie te wag vir as hy gaan le. As die wind waai op n dag, tipies soos daai dag by jou, kan jy maar aanneem dat hy erens oppad na die 825m wel waai, al gaan le hy hier by jou vir n sekonde of 5. As jy wag dat hy gaan le, misgis jy jou eintlik en dink hy le al die pad, wat nooit die geval is nie. Jy gebruik dan die wind lesing soos wat die foto op jou App wys, en gee te min wind. Op die foto wys hy maar slegs 3.9" wind, en jy se jy moes n hele Rooibok afmik. Dit demonstreer juis wat ek hier beskryf.
Op so dag sal ek altyd wag dat die wind hier by my waai as ek die skoot neem, en ek gebruik die data van daardie wind lesing as verwysing om my afmik punt te bepaal. Dit gee altyd vir jou n akurater verstelling, as die data wat jy neem as die wind hier by jou gaan le. Die wind le nooit al die pad stil tot by jou teiken op so dag nie.
Mooi skoot in elk geval, geluk.
Waar presies is jou plaas gelee. Ek ken daardie area redelik goed.
Op so dag sal ek altyd wag dat die wind hier by my waai as ek die skoot neem, en ek gebruik die data van daardie wind lesing as verwysing om my afmik punt te bepaal. Dit gee altyd vir jou n akurater verstelling, as die data wat jy neem as die wind hier by jou gaan le. Die wind le nooit al die pad stil tot by jou teiken op so dag nie.
Mooi skoot in elk geval, geluk.
Waar presies is jou plaas gelee. Ek ken daardie area redelik goed.
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Middag oom Piet.
My ondervinding hier is bietjie anders. Wat die beste sover werk is- ek meet die wind, stel vir die vinnigste wind spoed wat ek meet en skiet dan as die wind by my voel of hy lê.
Die wind op daai screenshot is van n vorigge keer, ons het 0mph wind by ons gelees. Dus toe ek die rooibok skiet het ek net probeer om die skiet kondisies te naboots wat ek in geskiet het op die kudu.
Ons is 20km buite melmoth op die R34 oppad na vryheid.
Groete
Nico
My ondervinding hier is bietjie anders. Wat die beste sover werk is- ek meet die wind, stel vir die vinnigste wind spoed wat ek meet en skiet dan as die wind by my voel of hy lê.
Die wind op daai screenshot is van n vorigge keer, ons het 0mph wind by ons gelees. Dus toe ek die rooibok skiet het ek net probeer om die skiet kondisies te naboots wat ek in geskiet het op die kudu.
Ons is 20km buite melmoth op die R34 oppad na vryheid.
Groete
Nico
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Nuwe langste skoot.
Wat jy hierbo se is presies wat ek na verwys. Jy noem jy stel vir die vinnigste wind, maw jy stel in die kondisie in soos ek voorstel. Van jou eerste post het ek afgelei jy wag tot die wind gaan le en skiet dan. Ook het ek die screenshot gesien en gedink jy skiet op daardie wind as hy gaan le het. So eintlik se ons dieselfde ding.
Ja, ek het baie daardie pad gery toe ek in die weermag was op Mtubatuba in die vroee 80's, en ook toe my broer op Eshowe gebly het.

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Wow, dit is ver!! Ek kan nie eers so ver gaan vakansie hou nie!
Mooiskoot, Nico
Mooiskoot, Nico
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Dankie oom Pw!
Nes oom Piet daar se.
Groete
Nes oom Piet daar se.
Groete
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: Nuwe langste skoot.
Jammer ek is nou 'n suurknol, maar wat sou jy gedoen het as die eerste skoot die Koedoe deur die brisket geskiet het? Of miskien sy poot afgeskiet het?
Maar net my opinie, maar ek dink dis nie eties om sulke ver skote te skiet nie, ek hoor altyd van die raakskote, maar op die afstand weet mens partykeer nie eers as jy 'n kwesskoot skiet nie.

- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Nuwe langste skoot.
Ek glo as dit die geval was, sou die bokke seker beweeg en n mens sou kon sien daar is n kwesbok. In daai geval glo ek nie Nico sou dit daar laat staan nie, hulle sou so gou montlik n plan maak om daai bok te dood.470rigby wrote:Jammer ek is nou 'n suurknol, maar wat sou jy gedoen het as die eerste skoot die Koedoe deur die brisket geskiet het? Of miskien sy poot afgeskiet het?
Maar net my opinie, maar ek dink dis nie eties om sulke ver skote te skiet nie, ek hoor altyd van die raakskote, maar op die afstand weet mens partykeer nie eers as jy 'n kwesskoot skiet nie.
Is daar n verskil in kwes asgv die skoot afstand?
Ek glo Nico sou presies dieselfde optree as wat hy sou as n buitelandse klient op byvoorbeeld 142m sou kwes...
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: Nuwe langste skoot.
Soos ek se, net my opinie, ek staan daarby.
Ek het genoeg in my lewe die soort ding gesien om my te genees
Ek het genoeg in my lewe die soort ding gesien om my te genees
-
470rigby
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am
Re: Nuwe langste skoot.
Mbt die skootafstand, nee, kwes is kwes, maar glo my jy kwes BAIE makliker op die ver afstand
- BeesBreet
- Hero Member

- Posts: 1649
- Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am
Re: Nuwe langste skoot.
Ek stem saam met jou dat die ver skote baie meer risiko van kwes het.
Ek sal nie daai skote neem nie want dis buite my vermoë.
Maar dis nie buite almal se vermoë nie, dus dink ek nie dit is oneties nie.
Ek sal nie daai skote neem nie want dis buite my vermoë.
Maar dis nie buite almal se vermoë nie, dus dink ek nie dit is oneties nie.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Manne, moet nou nie 'n mooi ding opd@nner met 'n etiese debat nie. Gaan loer op die skakel en woed julself uit. 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Nuwe langste skoot.
470rigby. Meeste kwes skote by my vind plaas op afstande onder 100m. Die nie n opinie nie. Dis n feit. Dit is lokale mense wat hulle gewere instel op 25m en nie n clue het hoe sy trajek lyk nie. Ek het 3 langafstand jag groepe die jaar gehaad met GEEN probleme nie.
Maar soos jy se- dis JOU OPINIE- en ek respekteer dit. Dit wat ek hier bo geskryf het is my persoonlikke ervaring. Die langafstand jag/skiet hoof is geskep op die forum vir mense wat dit beoefen of in dit belangstel dit kan bespreuk , spog , geniet en hulp vra en kennis deel- nie vir jou om hulle oor die vingers te tik nie. Ek lees nie die boogjag topics nie- ek hou nie daarvan en dink dis n baie maklikke manier om n bok te kwes- dit ook al gesien. Maar ek hanahana nie op die boog topics nie, ek respekteur ander mense se keuses en opinies.
Die belangrikste vir my met al ons jagters is eerlikheid. Wat ek hier gedoen het was om eerlik te wees. Ek kon baie maklik stil bly oor die eerste skoot en maak of ek n hero is. Maar dis nie in my persoonlikheid nie.
Maar soos ek se- ek respekteer jou opinie, en glo jy myne ook.
Groete
Nico
Maar soos jy se- dis JOU OPINIE- en ek respekteer dit. Dit wat ek hier bo geskryf het is my persoonlikke ervaring. Die langafstand jag/skiet hoof is geskep op die forum vir mense wat dit beoefen of in dit belangstel dit kan bespreuk , spog , geniet en hulp vra en kennis deel- nie vir jou om hulle oor die vingers te tik nie. Ek lees nie die boogjag topics nie- ek hou nie daarvan en dink dis n baie maklikke manier om n bok te kwes- dit ook al gesien. Maar ek hanahana nie op die boog topics nie, ek respekteur ander mense se keuses en opinies.
Die belangrikste vir my met al ons jagters is eerlikheid. Wat ek hier gedoen het was om eerlik te wees. Ek kon baie maklik stil bly oor die eerste skoot en maak of ek n hero is. Maar dis nie in my persoonlikheid nie.
Maar soos ek se- ek respekteer jou opinie, en glo jy myne ook.
Groete
Nico
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Mooi gestel Nico.