fanie17 wrote:
Ek sien baie manne praat van die 338LM.Ek wonner hoeveel het al met hom probeer jag.Sy balisties is skrikwekkend en is n goei ,sniper, geweer.Jy is nie maklik om te laai nie en ongemaklik,erger nog as 300wetherby
Fanie, ek het baie lank gevat om te besluit watse kaliber ek vir my sal laat bou. so kom ek eendag by n baie ou bekende persoon in die jag/geweer bedryf. ons gesels heel lekker oor al die kalibers wat moontlik vir my sal werk, ek noem toe dat ek n 338wm of een van die 338 magnums oorweeg. hierop antwoord die man my toe: " Ek het nie tyd om jou alles te vertel van n 338 nie, maar ek se jou as jy n 338 koop dan praat ek nooi weer met jou nie!!"
ek was n bietjie ontsteld oor die man se skielikke agrresie, maar het dit later beter verstaan toe ek in onderhoude wat n tydskrif met PH's hou, lees dat daar PH's is wat glo hulle die 338 is verantwoordelik vir die meeste kwes skote deur oorsee se jagters. lyk my die flinching op daai geweer is erg. ek dink as n mens bo n 300mag gaan dan kan jy dit mos klaar die moeite werd maak en n 375 koop.