Skiet Bril

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13652
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Skiet Bril

Post by Capt. Yoda »

Yes Manne

Ek is opsoek na n goeie skietbril (2xstelle eintlik) en het op die af gekom op Accurateshooter.

Uvex Genesis XC Safety Glasses
http://www.coopersafety.com/Uvex-XC-Safety-Glasses.jpeg?id=41803&W=600&H=600

Weet iemand dalk waar ek van die brille kan koop?

Groete
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Skiet Bril

Post by Viking »

Capt,

Waarvoor gaan jy die bril(le)wil gebruik?

Daar is 'n verskil tussen 'n "safety" bril en skietbril!

Die eerste een is bloot vir oogbeskerming teen enige vlieënde voorwerpe...skrapnel soos loodstukkies, primer dele of wat ookal.

'n Skietbril stel die skut in staat om sy teiken beter te identifiseer en die lyne "skerper" te maak.

Laasgenoemde is dus behandel - polarized lens that sharpens visual acuity in flat and low-light.

Ek het baie sukses in die jagveld met 'n sogenaamde "geel" lens wat die teiken (bok) skerper laat uitstaan.

Sterkte met die soektog en besluit!

Viking
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1286
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Skiet Bril

Post by Riaan Kriel »

Ek het gister my nuwe SAJWV-tydskrif in die posbus gekry. Daar is heelwat inligting oor skietbrille in die tydskrif...
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Skiet Bril

Post by Carl »

Kyk ook na Rudi Project se reeks brille.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13652
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Skiet Bril

Post by Capt. Yoda »

Manne dankie, ek is mooi bewis hoe n bril moet werk en dit is hoekom ek die een soek en nie net style met een van my Oaklys nie.
Die bril voldoen aan ANSI Z87.1-2003, CSA Z94.3 en MIL-STD-662 standaarde so hys basies op spek met die brille wat die manne in die US weermag gerbuik en alhoewel ek nie van plan is om in die gesig met n 12boor geskiet te word nie kan die ou blykbaar hael van 10yards af stop.

Ek soek spesifiek n bril wat geen tint op sy lense het nie en die bril is ook blykbaar een van die heel gemaklikstes.

Dankie vir daai address Ludwig ek sal bq by hulle hoor
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Skiet Bril

Post by Pappabeer »

Ek het n paar Uvex brille gehad vir teater. Great brille itv gemak, maar hulle het maklik gekrap. Ek weet nie hoe n goeie idee glas lense is vir skietbrille nie, maar die kans dat jy gaan ontplof is seker nie te groot nie, en hulle krap nie so maklik nie.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
WesMerw
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Sun Aug 31, 2014 10:02 am

Re: Skiet Bril

Post by WesMerw »

Jy kan dalk hier ook kyk:
http://www.oceaneyewear.co.za/
Lyk of jy online kan bestel.
Wessel vd Merwe
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Skiet Bril

Post by andre007 »

Kaptein as ek kan inchip. Ek gaan maar die vraag aan Koos stel aangesien hy die artikel oor die verpligdheid van skietbrille vir SAJ skiette behartig het. Nou my vraag. Daars baie winkels wat veiligheidsbrille verkoop van baie goedkoop tot die duur manne in die artikkel. Wie gaan by die "event" besluit of jou veiligheidsbril vereis aan die standaarde en hoe word dit bepaal?
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13652
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Skiet Bril

Post by Capt. Yoda »

Andre ek glo dis jou saak as jy met R25 grinder bril wil skiet maar as jou geweer of die man langs jou sin fail en n slagpen of iets tref daai bril gaan al daai skerwe van die grinder bril in jou oog in.Die bril wat ek soek moet aan ANSI Z87.1-2003, CSA Z94.3 en MIL-STD-662 standaarde voldoen anders skiet ek sonder n bril.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13652
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Skiet Bril

Post by Capt. Yoda »

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Skiet Bril

Post by Dries101 »

http://www.revisionmilitary.com/product/sawfly/

Beste R450 wat ek nog spandeer het.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Tienie
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Fri Oct 31, 2014 10:52 am

Re: Skiet Bril

Post by Tienie »

Ek dra gewone DRO Vision ( R11-50) veiligheids brille. glo my 50 skote op 6 meter met 'n 1200 fps windbuks maak hom niks.ek glo nie daar gaan sommet iets erger op 'n skietbaan rondvlieg nie.
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Skiet Bril

Post by Hennie Dreyer »

Raad nodig: wat maak mense soos ek wat voorskrif brille dra? Het hierdie vervaardigers en ons lokale brilmakers enige kontak sodat ons ook op hierdie 'sexy' manier gehelp kan word? Selfs met visvang het hule hierdie 'deurwateroppervlaktekyk' goete en met boogjag hierdie 'videobrille' wat so gemaklik geadverteer word. Ek neem deel aan al die bg aktiwiteite en voel asof voorskrif brildraers net eenvoudig uitgesluit word.....dalk is ek verkeerd?
Hennie
.308 CZ 550 Lux
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Skiet Bril

Post by muishond »

Hennie
Sal ook graag wil weet hoe gemaak as dit n voorskrif bril moet wees?

Groete
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Skiet Bril

Post by Koos Barnard »

Daar is nie voorskrifte aan watter vereistes die skietbrille moet voldoen nie. Ek gaan bloot my voorskrifbril dra - volgens SAJWV se skietkomitee is dit voldoende. Om voorskrifbrille in "sexy" vorms te laat maak gaan baie geld kos. Wat ek wel kan voorstel is dat mense wat voorskrifbrille moet dra maar tog skietbrille wil dra na die volgende kyk: 'n lens wat jy op jou teleskoop se oogstuk wat volgens jou voorskrif gesny is. 'n Vriend van my maak hierdie lense en hulle werk uitstekend. Sal vanaand 'n foto neem en vir Freek Loretz vra om dit hier te post.
Mooi loop
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Skiet Bril

Post by FCLoretz »

Kyk hier, die skiet brille is nie te duur nie en voldoen ook aan die standaarde om projektiele te stop.
http://www.tacticalquartermaster.co.za/ ... taqvifh8v7
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Skiet Bril

Post by FCLoretz »

Hennie Dreyer wrote:Raad nodig: wat maak mense soos ek wat voorskrif brille dra?
Jy koop hierdie brille, dan neem jy die wit gedeelte na jou oogkundige toe om lense ta laat insit soos per jou voorskrif.

http://www.tacticalquartermaster.co.za/images/Eye%20Protection_VC%20Range_4_2.jpg
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13652
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Skiet Bril

Post by Capt. Yoda »

Ja daai lyk ook goed
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Skiet Bril

Post by Giepie »

Ek het met my oogkundige al hieroor gepraat, gelukkig jag hy ook, so hy weet wat nodig is. Vir voorskriflense beveel hy van die gewone sonbrille voor wat hulle dan net voorskriflense insit.

Ek het vir kar en motorfiets 'n "Ugly fish" met voorskrif insert gebruik. Daarmee probeer skiet maar dit is te klein, ek kyk teen die raam vas.

Ek het gekyk na sie Rudy Project en Oakley opsies. Jy kry voorskrif lense vir hulle, maar jy moet dit van buiteland af bestel. Dit werk dan uit op amper R8000.

Nou die dag wat ek gaan jag het my sonbril gebruik, dit pla my dat dit groen meer geel maak, maar ek kon makliker deur die diere se kamoflering sien.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Boersonderroer
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 346
Joined: Fri Nov 14, 2014 7:01 pm

Re: Skiet Bril

Post by Boersonderroer »

Weet nie of ek die enigste een is nie, maar wanneer ek met my voorskrif bril op skiet lyk alles kleiner deur die teleskoop.
7x64 Brenneke CZ 550 Lux
204 Ruger Howa Stainless Bull
12ga Mossberg 500
.22LR Stevens
9mm P CZ P-07 Gen2
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Skiet Bril

Post by Hein22 »

Ek is opsoek na Skietbrille. Ek hou egter niks daarvan om met brille te skiet nie en soek iets wat clear is (geen tints) en helder/duidelik is as jy deur dit kyk, nie hierdie plastic gemors wat lyk asof jy deur 'n glas water kyk nie. Verkieslik ook iets wat nie maklik krap nie.

Ek oorweeg die remington T72. Het iemand sulkes wat bietjie kan terugvoer gee?
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Skiet Bril

Post by Dries101 »

Spoor jouself n stel van die oukies op.
http://www.revisionmilitary.com/product/sawfly/

My laaste stel ingevoer vir sub R500
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Skiet Bril

Post by Hein22 »

Ek het toe sommer vandag 'n paar ocean brille gekry. Seker nie die beste nie maar voldoende vir nou totdat ek bietjie meer huiswerk gedoen het.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Skiet Bril

Post by Piet Breedt »

Het enige van julle nou al van hierdie baie bogenoemde brille gekoop, en hoe goed is hulle? Ek hou ook nie van n bril wat se raam hier op my neusboog in die pad van my sig kom nie.
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 728
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: Skiet Bril

Post by Askari »

Ek het vir my 'n paar Wiley X Sabre brille gekoop en is baie tevrede met hulle! Die lense is baie helder en ek voel die bril is goeie waarde vir geld.

https://www.militaryuniformsupply.com/w ... ic-eyewear
Gooi lood!!!!
Post Reply