Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Vergeet daarvan om n teleskoop hoog, laag, medium ens. te monteer.
Almal is verskillend gebou en die beste manier om jou teleskoop se regte hoogte te bepaal is soos volg:
1. Maak jou oe toe en sit die geweer in jou skouer.
2. Kry nou die geweer in n gemaklike skiet posiesie en hou jou oe toe.
3. Wanner jy reg is, maak jou oe oop en jy behoort presies in die middel van die scope te kyk as jy reg is. As jy bo oor hom kyk, is hy te laag ens.
Rainbird, ek gee my nou nie eintlik uit as 'n kenner nie, maar as jy Riebeecker sê vraag mooi lees en jy bestudeer Ludwig en JTM se antwoorde, sal jy sien dat jou uiteensetting van optimale teleskoop hoogte, heel uit die bus val.
Jy wil jou teleskoop so laag as moontlik monteer omrede die afwyking tussen die siglyn en die trajek van die projektiel dan op sy minste is en op lang afstande verklein dit die afwyking tov. kanteling.
Nou kom ons by jou 3 stappe.
Die hoogte van jou oog tov. die kruishaar word bepaal deur die hoogte van die kolf se wangstuk mbt. die teleskoop. 99% van die tyd sal die wangstuk te laag wees en moet dit gelig word.
Stem 100% saam met Gawie.My teleskoop is op lae Thor ringe, kan nie laer nie anders kap die slot teen die oogstuk. Ek het n Beartooth comb raise op my geweer gesit juis hieroor.
Tydens ons jagtrip het ek met 6 ander gewere as my eie geskiet, net een se kolf was so dat ek my wang lekker op die kolf kon sit en deur die teleskoop kyk. Res moes ek almal so half kop oplig om kruishaar te sien.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gromit wrote:Gawie. Ek en jy pis mense net af. Kom ins gaan Gloeiman inons herlaaikamers. Dis minstens warm
Ek kry so min kans om te skiet die jaar dat ek elke keer my doppe drie maal uitgloei in plaas van een keer na elke derde skoot. Nou speel ek maar teleskoop en trajek polisie.
Aangesien ons nou so mildelik raad uitdeel,sal ek jul my geheim verklap tov my HOWA en hoe ek dit reg kry om so ver te skiet. Na baie navorsing en trajek bepaling het ek my geweersmid gevra om my 243 sê loop onderstebo te draai. Sodoende is die trajek omgedraai. Ek is nou op 'n 1000 m gezero en draai net af om nader te skiet.
Dankie Gawie....Moet nou my koffie uit my keyboard skoonmaak!
Gromit wrote:Gawie. Ek en jy pis mense net af. Kom ins gaan Gloeiman inons herlaaikamers. Dis minstens warm
Ek kry so min kans om te skiet die jaar dat ek elke keer my doppe drie maal uitgloei in plaas van een keer na elke derde skoot. Nou speel ek maar teleskoop en trajek polisie.
Aangesien ons nou so mildelik raad uitdeel,sal ek jul my geheim verklap tov my HOWA en hoe ek dit reg kry om so ver te skiet. Na baie navorsing en trajek bepaling het ek my geweersmid gevra om my 243 sê loop onderstebo te draai. Sodoende is die trajek omgedraai. Ek is nou op 'n 1000 m gezero en draai net af om nader te skiet.
Sal universiteite attent moet maak op hierdie nuwe navorsing i.v.m. ballistiek en optika sodat hulle hul kursusse kan aanpas. Werk by jou 243 - wonder of dit by ander kalibers ook sal werk?
Het iemand al gehoor van die kettie-teleskoop wat soos 'n koplig gemonteer word. Het een ontwerp wat ek destyds gebruik het toe ek nog kettie geskiet het. Werk uitstekend as jy die moeite doen om die trajek uit te werk vir die teleskoop wat so hoog bokant die kettie gemonteer is. Op die hoë vergroting is die mossie so naby dat jy sout op sy stert kan gooi om hom te immobiliseer!