Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Riebeeker »

Ludwig noem op 'n ander draad http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=76&t=42423 dat dit beter sal wees om vir jagdoeleindes tevrede te wees met 'n kleiner objektief lens sodat die teleskoop laer op die geweer monteer kan word. Die groter lense soos bo 50mm laat wel meer lig in, maar moet ook hoor monteer word, anders raak dit aan die loop.

My vraag is - Watter invloed het die hoogte van die teleskoop en hoekom sou 'n laer monteerde teleskoop beter werk vir jagdoeleindes, terwyl die kompetisie skuts met die groot objektiewe lense daarmee saamleef dat hul teleskope hoër monteer is.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by JTM »

Hoe laer die teleskoop hoe minder is die invloed dat jy die geweer kantel na 'n kant op jou skoot. Ook hoef jou wang nie so hoog te lig vanaf die kolf nie en kan jy 'n meer konstante houvas op die kolf kry.

Al die is voordelig by jag waar jy dalk vinnig moet skiet en nie tyd het om mooi aan te lê nie.

'n Kleiner objektief lens teleskoop is ook nie so paralax sensitief nie. Dit het 'n dieper sigveld en bly langer in fokus vir sy gestelde afstand. Dus kan jy vinniger by verskillende afstande jou teiken vind en skiet.
Jannie Welman
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Riebeeker »

Dankie JTM en Ludwig.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
Murray
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Murray »

Jis
Nog n belangrikke ding om in gedagte te hou is dat hoe laer jou scope gemount is, hoe platter is jou geweer se trajek.
Die teleskoop veroorsaak dat n geweer n trajek het. As jy net plat oor die loop gekyk het sou jou projektiel net afwaarts val en nie hoer skiet op 150m as wat hy op 100m doen nie.
Ek het Leopold vxl op my 243 met 56 by lens met gap onder en hy skiet baie platter as my pelle se 243 wat vinniger is.

Proef dit en laat weet of ek verkeerd is
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Frikkie Coetzee »

Murray. Dis bollie. Gou n toets profiel gehardloop op n 6,5 koeel deur BF met n 5 cm en 2,5 cm sight hight. Die val op 1000 m is respektiewelik 29,9duim en 30,7 duim.

Die rede vir minder val le iewers anders.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Hein M. »

Ek byt ook nie aan daai een nie, Murray... Indien wel so sal ek beslis vir my ou 308 'n sidemount opsit :laugh: ;\
Murray
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Murray »

Jis Gromet
Ek glo nie altyd wat daai programme vir jou vertel nie. Doen die toets in die praktyk. Die grootste invloed wat die hoogte het is by 150-170m as jou geweer gezero is op 200m. En ook die kalibers wat stadiger skiet, nie so erg op die ackleys nie
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Frikkie Coetzee »

200 m

2,5 cm sight height. -2 moa
5 cm sight height -1,5 moa
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Frikkie Coetzee »

Murray met die grootste respek aan jou. Ek skiet verskeie kalibers en is redelik vertroud met my ballistiese programme. Ek gebruik hulle met groot sukses op veral langer afstande.

Lees weer my eerste post. Jou waarnemings is gebaseer op iets anders en kan nie verduidelik word deur scope height nie.

Ek het ook gehardloop met n 200 m zero.
2.5 cm sight height gee vir jou 1,58 duim wat die koeel bo line of sight sal wees op 170 m met n 200 m zero.
5 cm sight height gee jou 1.43 duim
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by vriell »

Bottom line is dat geen trajek verlaat die loop opwaarts nie. Mag miskien so
Lyk maar inderwaarheid mik mens opwaarts. Wanneer die koeel die geweer verlaat
Begin hy afwaarts beweeg...en nie eers opwaarts nie..
Die hoek tussen die loop en scope verander hoe hoër of laer die mount gedoen word en dit het n inpak op die trajek wat verander so ja die trajek verander beslis !!
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Gawie(13mm) »

Len, die trajek bly altyd dieselfde. Uit jou stelling kan 'n leek dus aflei dat 'n geweer met oop visiere, 'n platter trajek het as een met 'n teleskoop. >:D Ek en jy weet dit is onsin.

Wat wel feitlik korrek is, is dat die hoogte van die teleskoop bo die middellyn uit die loop, die mikpunt op die teiken beïnvloed.

Ek stem saam met Gromit dat die verskil in hoogte, selfs 2 cm, se invloed vir die normale jagter amper van akademiese belang is.

Manne soos hy, wat al 'n paar keer om die blok is, sal jou vertel dat al wat jy nodig het is die ware afstand tussen loop en teleskoop, en die ballistiese program doen die res.

In Murray se geval waar hy nie in die nuwe tegnologie glo nie, wil ek net sê: Met daai tegnologie kan selfs ek 'n 450 x 450 mm plaat op 1000 m raakskiet met my standaard 243. Dit is wel 'n Howa, maar dit is nie nou onder bespreking nie. ;D

So, Riebeecker, op 'n groot skip maak daai nie veel saak nie. Ons albei weet ek en jy bewe meer as wat daai verskil is. Goeie oog belyning met die teleskoop is 1000 keer belangriker.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Giepie »

Ek moet ook sê dat Murray se teorie nie kan werk nie. Die hoogte van die "line of sight" sal beslis 'n invloed hê, maar kan "klein" wees. Hoe nader die "point of impact" of inskiet afstand is hoe groter sal die hoek verandering wees. Hoe verder die inskiet afstand, is sal die hoek al kleiner word. Ook hoe verder geskiet gaan word hoe kleiner gaan die hoek wees in verhouding.

Het jy al met 'n geweer met 'n teleskoop iets op 2m probeer skiet? Jou "afmik" sal anders wees met teleskoop wat laer is teenoor een wat hoër sit. Gaan teken die prentjies dan sal jy dit agterkom. Saam met Quickload het ek Quick Target gekry, gaan speel met die "Line of Sight to Bore Centreline y" en "Sight-In (Zero) Range" dan sal jy die effek sien.

As dieselfde geweer gebruik word met oopvisier, lae teleskoop en hoë teleskoop geskiet word, sal die spoed dieselfde wees, die hoek van die "line of sight" na dieselfde teiken kan in geringe mate verskil.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Riebeeker
Hero Member
Hero Member
Posts: 603
Joined: Fri Oct 25, 2013 10:28 am

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Riebeeker »

Dankie Gawie - onthou ek het darem iets wat die bewe wegneem geredelik beskikbaar.
Remington 700 .308 SPS, Remington 700 .260 en Remington 700 .223 VSF
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by vriell »

Gawie(13mm) wrote:Len, die trajek bly altyd dieselfde. Uit jou stelling kan 'n leek dus aflei dat 'n geweer met oop visiere, 'n platter trajek het as een met 'n teleskoop. >:D Ek en jy weet dit is onsin.

Wat wel feitlik korrek is, is dat die hoogte van die teleskoop bo die middellyn uit die loop, die mikpunt op die teiken beïnvloed.

Ek stem saam met Gromit dat die verskil in hoogte, selfs 2 cm, se invloed vir die normale jagter amper van akademiese belang is.

Manne soos hy, wat al 'n paar keer om die blok is, sal jou vertel dat al wat jy nodig het is die ware afstand tussen loop en teleskoop, en die ballistiese program doen die res.

In Murray se geval waar hy nie in die nuwe tegnologie glo nie, wil ek net sê: Met daai tegnologie kan selfs ek 'n 450 x 450 mm plaat op 1000 m raakskiet met my standaard 243. Dit is wel 'n Howa, maar dit is nie nou onder bespreking nie. ;D

So, Riebeecker, op 'n groot skip maak daai nie veel saak nie. Ons albei weet ek en jy bewe meer as wat daai verskil is. Goeie oog belyning met die teleskoop is 1000 keer belangriker.
Gawie dalk moes ek bygesê het die trajek "path to L O S "
Kyk bietjie na die 2 voorbeelde. Die 1ste een waar die scope 5 cm bo die loop gemonteer is en die 2de voorbeeld 10 cm bo die loop. Let op die trajek "path to L O S " se verskillende poi van 0 tot 400 m en tussenin...of verstaan ek dit verkeerd. Wanner die poi verskil,is dit dan nie omdat die trajek " path" verskil" nie...Die geweer is vir 100 m ge-zero...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
Murray
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Murray »

Jis
Die scope se hoogte sal beslis n verskil maak. Nou nie noodwendig n meter op 1000m soos julle gesien het nie. Die grootste verskil is op die nader afstande. Soos die foto aandui is dit die scope wat die trajek veroorsaak.
Moral of the story, skiet eerder oopversier

Goed gaan
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Frikkie Coetzee »

Murray. Jou opmerking waarop ek reageer het is dat hoe laer jou scope gemonteer is hoe platter is jou trajek.

Ek bly staan dat dit onsin is. Die verskil is daar. Dit is klein en dit is teenoorgesteld van wat jy se jy waarneem.
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by vriell »

Gromit wrote:Murray. Jou opmerking waarop ek reageer het is dat hoe laer jou scope gemonteer is hoe platter is jou trajek.

Ek bly staan dat dit onsin is. Die verskil is daar. Dit is klein en dit is teenoorgesteld van wat jy se jy waarneem.
+1 Nie noodwendig platter nie maar beslis n verskil ...
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Gawie(13mm) »

Murray wrote:Jis
Nog n belangrikke ding om in gedagte te hou is dat hoe laer jou scope gemount is, hoe platter is jou geweer se trajek.
Die teleskoop veroorsaak dat n geweer n trajek het. As jy net plat oor die loop gekyk het sou jou projektiel net afwaarts val en nie hoer skiet op 150m as wat hy op 100m doen nie.
Ek het Leopold vxl op my 243 met 56 by lens met gap onder en hy skiet baie platter as my pelle se 243 wat vinniger is.

Proef dit en laat weet of ek verkeerd is
Manne, ek wil graag 'n streep trek bokant Murray se stelling en akoord gaan met wat Ludwig en JTM geplaas het.

Murray, moet asb. nie dink ek vat jou persoonlik aan nie. Jy maak egter hier 'n paar stellings wat nie mooi strook met dit wat sommige van ons deur praktiese ondervinding en baie opleeswerk oor die jare geleer het nie. Vergun my dus die ruimte om jou stellings hierbo te analiseer.

1. Jy sê dat hoe laer jou teleskoop gemonteer is, hoe platter is jou geweer se trajek. Jy sê dus dat my 7 x 57 wat 'n 150 grein koeël @ 2650 vt/sek skiet en se teleskoop 40mm bokant die loop sit 'n platter trajek sal hê as my 243 wat 'n 85gr en koeël teen 3150 vt/sek skiet, want sy teleskoop sit 53 mm bokant die loop.
2."Die teleskoop veroorsaak dat n geweer n trajek het."
Indien jy dus die teleskoop van die geweer afhaal, verloor hy sy trajek?
3.As jy net plat oor die loop gekyk het sou jou projektiel net afwaarts val en nie hoer skiet op 150m as wat hy op 100m doen nie.
Met hierdie stelling buig jy nie net die reëls van die fisiese wetenskappe nie, maar beweer dat indien jy die teleskoop afhaal van jou geweer dat jy onderdeur die onderste lyndraad wat op 100m staan skiet en die bok op 150m in die blad tref.
4.Jou laaste stelling oor jou VXL, laat my ook kop krap. Persoonlik dink ek dit is goedkoper om jou 243 te laat Ackley eerder as om 'n duur teleskoop op te sit.

Dit alles is met my tong stewig in my kies. ;D ;D
Persoonlik dink ek jy was te vinnig met jou gevolgtrekkings. 'n Bietjie meer opleeswerk sou dalk beteken dat jy jouself beter kon verwoord.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by JTM »

Hierdie uitbeelding van trajek en teleskoop kom van PMP se website af.
3988d240cee8c9d8db17080b631ac1e0.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Jannie Welman
Rainbird
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Oct 19, 2012 9:55 am

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Rainbird »

@Riebeeker,

Vergeet daarvan om n teleskoop hoog, laag, medium ens. te monteer.
Almal is verskillend gebou en die beste manier om jou teleskoop se regte hoogte te bepaal is soos volg:
1. Maak jou oe toe en sit die geweer in jou skouer.
2. Kry nou die geweer in n gemaklike skiet posiesie en hou jou oe toe.
3. Wanner jy reg is, maak jou oe oop en jy behoort presies in die middel van die scope te kyk as jy reg is. As jy bo oor hom kyk, is hy te laag ens.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Gawie(13mm) »

Rainbird wrote:@Riebeeker,

Rainbird, ek gee my nou nie eintlik uit as 'n kenner nie, maar as jy Riebeecker sê vraag mooi lees en jy bestudeer Ludwig en JTM se antwoorde, sal jy sien dat jou uiteensetting van optimale teleskoop hoogte, heel uit die bus val.

Jy wil jou teleskoop so laag as moontlik monteer omrede die afwyking tussen die siglyn en die trajek van die projektiel dan op sy minste is en op lang afstande verklein dit die afwyking tov. kanteling.

Nou kom ons by jou 3 stappe.

Die hoogte van jou oog tov. die kruishaar word bepaal deur die hoogte van die kolf se wangstuk mbt. die teleskoop. 99% van die tyd sal die wangstuk te laag wees en moet dit gelig word.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Frikkie Coetzee »

Gawie. Ek en jy pis mense net af. Kom ins gaan Gloeiman inons herlaaikamers. Dis minstens warm ;)
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Capt. Yoda »

hahaha
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Ben »

Gromit wrote:Gawie. Ek en jy pis mense net af. Kom ins gaan Gloeiman inons herlaaikamers. Dis minstens warm ;)
:laugh:
"Failure is NOT an Option"
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hoogte van teleskoop - hoe belangrik is dit

Post by Gawie(13mm) »

Gromit wrote:Gawie. Ek en jy pis mense net af. Kom ins gaan Gloeiman inons herlaaikamers. Dis minstens warm ;)
Ek kry so min kans om te skiet die jaar dat ek elke keer my doppe drie maal uitgloei in plaas van een keer na elke derde skoot. ;D Nou speel ek maar teleskoop en trajek polisie. :police:

Aangesien ons nou so mildelik raad uitdeel,sal ek jul my geheim verklap tov my HOWA en hoe ek dit reg kry om so ver te skiet. Na baie navorsing en trajek bepaling het ek my geweersmid gevra om my 243 sê loop onderstebo te draai. Sodoende is die trajek omgedraai. Ek is nou op 'n 1000 m gezero en draai net af om nader te skiet. O0
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply