Ek het n Ruger Nom 1 in die hande gekry
Die teleskoop op die geweertjie verkoop ek tans om die hout te betaal, nog nie 100% seker of ek die kolf gaan verander nie- dalk net deur Steve laat oor doen.
Nou is die vraag!
Wie het van die gewere op die forum en watter wenke kan julle vir my gee rakende "tweaks" wat n mens kan doen om hulle akkuraatheid te verbeter ?
Ek het nou al taamlik lees werk gedoen en daar is defnetief n paar dinge wat gedoen kan word om sy akkuraatheid te verbeter, ek het nog nie besluit of ek die kaliber gaan behou soos wat dit nou is, ja dit is n 30-06
N kaliber wat vir my baie lekker lyk is die 338 federal maar ek is nie regtig lus om n reamer te koop ens.
Ek sal nog besluit vir wie ek die metaal werk gaan stuur, ek het nuus ontvang dat Ralph hulle n puik sneller ontwerp het vir die gewere.
Sien uit na julle terug voer, aangeheg n foto van die geweertjie!
Groete


