Langafstand scope vir min pitte

Post Reply
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Langafstand scope vir min pitte

Post by Armand Steenkamp »

Dag vrinne, Ek het vir my n savage 300WSM VLP gekoop wat ek op bietjie langer afstande wil gebruik. Die roer was klaav vir my n klomp geld, so nou soek ek n scope wat effe meer bekostigbaar is. Nou ek het al op die forum raak gelees dat by langafstand skiet bestaan die woord Budget nie... Maar ek het nou maar eenvoudig nie die geld om n NF of eens n Sightron te koop nie. My budget is so rondom R8000, dalk maks R9000. Waarna kan ek kyk?? Ek het al so bietjie met Kaptyn gepraat oor die nuwe Rudolph taktiese model... Is daar nog opsies in daai prysklas?

Groetnis
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by joe rocket »

Koop n Hawke 8x32x56 sf met turrets. Glas goed waarborg goed. Parallaks stel jy van 10 yards. Beste koop van goedkoop scopes.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by alecjohnson »

Ek sal ook n vortex aanbeveel. Ek het die 6.5-20x44. Op 20x vergroting sien jy steeds n springbok mooi op 500m
DJC
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by DJC »

Vriend van my het 'n vortex viper 6.5-20x50, baie goeie kwaliteit, kyk 'n hond uit 'n bos uit, maar ek moet sê my ou cheap Burris Fullfield kyk daai selfde hond ook uit die selfde bos:)
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by Armand Steenkamp »

Ek het ook n Burris , maar ek dink nie ek gaan gedial kry nie. Ludwig, dink jy die 16 vergrooting gaan voldoende wees vir langafstand?

Groetnis
DJC
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by DJC »

Skuus, my fout.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by Heinz Petersen »

Armand, ek het die Hawke 6-24x56 gekoop en op my 22-250 gesit en hom verlede week gaan uittoets. Ek was verbaas om te sien hoe goed sy glase is en hoe maklik die mills werk tot en met 500m. Nou moet ek ook sê dat op 500m val daai 55gr VMax uit die bus uit. Vir die prys en waarvoor ek dit gaan gebruik dink ek dit is n goeie scope vir die geld wat ek betaal het. Ek het R5700.00 betaal. (Bakkie geweer op die plaas)
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Flip Groenewald
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 313
Joined: Wed Jun 08, 2011 2:14 pm

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by Flip Groenewald »

Wat van n Nikon Monarch 3 6-24 x 50
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by henning »

Armand, welkom by die 300 WSM klub. Ek het op my 300 ook die Vortex viper 6.5 x 20 x 44 gesit en is regtig baie tevrede met hom (is nie n expert met scopes nie). Ek het die 44 gekies sodat die scope laer op die geweer gemonteer kan word, die 50 gaan jou net help in skemer en donker toestande maar gedurende die dag sal jy nie n verskil kan sien nie.

Voorspoed en geniet hom
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by Frikkie Coetzee »

Armand

Ek skiet NF NXS, Leupold VX3 en Vortex HST, beide die 6-24 en die 4-16x44

Laasgenoemde is maar dieselfde as die HS, net met tactical tipe verstelling. Die ouens wat my ken weet ek is lief vir lang afstand skiet en jag.

EK het nou my 4-16 op my 243 WIN en ek is nie bang om met die Vortex uit te skiet op verder afstande nie. Ek jag gereeld met hom op 300-600m. As dit warm raak kan jy elk geval nie op max vergroting skiet nie, veral nie met die groter vergroting scopes nie.

My Vortex ( 4 van hulle) het my nog nooit in steek gelaat nie en ek hoef nog nooit die waarborg te gebruik het nie.
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by henning »

Ludwig wrote:
henning wrote:die 50 gaan jou net help in skemer en donker toestande maar gedurende die dag sal jy nie n verskil kan sien nie.
Dis nie heeltemal waar nie. Ja, hoe groter die objektiewe lens hoe meer lig kan die teleskoop inlaat, maar hierdie verskil is nie net merkbaar in lae lig nie, maar ook in helder daglig, veral op groter vergrotings van 12x of meer. Kyk na jou toegeweide kompetisie teleskope. Hulle het almal objektiewe lense van 50mm of groter. Dis nie asof hierdie skuts in die nag of skemer gaan skiet nie, maar gewoonlik het hierdie scopes ook baie hoë vergrotings en dan soek mens 'n lekker groot objektiewe vir 'n helder beeld. Jy sal nie sommer algemeen 'n 32x scope sien met 'n 44mm objektiewe lens nie. Dit gaan net nie prakties wees nie. Ek sou nie 'n scope vir langafstand werk, met 'n objektiewe lens van kleiner as 50mm kies nie. Vir algemene jag is jy reg. Daar gaan mens bykans geen verskil agterkom nie en is dit beter om met die kleiner objektief te gaan sodat die scope laer kan sit op die geweer, maar ons praat hier spesifiek van 'n scope vir langafstand skiet. 50mm behoort die minimum te wees in my opinie.
Ludwig, ek betwyvel nie jou waarneminge nie want ek weet nie genoeg van scopes nie maar ek weet wel dat die verskil in n 44 en 50 scope in daglig toestande is so min dat ek tywvel of daar veel mense is wat die verskil kan sien.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13641
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by Capt. Yoda »

Rudolph V1 6-24.Het vandag met al 3 myne geskiet en hul track van 100 tot 500m wat ek vandag geskiet het presies, hul was al paar keer tot by 1000 en werk tot daar.Op 24 sien jy die houe op die gong en papier nog maklik op 300m.Vir bq meer geld kry die Rudolph T1 6-24 soos ons al gepraat het, fantastiese scope met baie baie goeie glas en bitter lekker turreta.

Gaan S&O toe dan gaan kyk jy deur die Vortex en die T1 dan kyk jy wat jy sien.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by Arnold »

Wag vir n tweedehandse Vortex PST of HST 6-24x50 model, hier was onlangs n paar. Kyk bietjie by die advertensies of daar dalk nog een beskikbaar is.

Ek sien nie tweedehandse Sightron SIII scopes in die mark nie ...
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by Francoisv »

Francois Vogel
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by Armand Steenkamp »

Manne ek se vir julle dankie! Hier is klomp goeie raad! My kop staan reedelik na die Vortex se kand toe, reeds oordat as ek dalk een 2dehans kry is my waarborg oordraagbaar en dis glo lewens lank. Ek gaan nog so bietjie besluit tussen die twee, en begin spaar. As die roer oor 3-4 maande kom dan sal ek ernstig begin scope soek.

Groetnis
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by Frikkie Coetzee »

Armand. Waar org is n goeie ding. Om hom nooit te hoef gebruik nie is beter.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by Armand Steenkamp »

Dis darem so!!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Langafstand scope vir min pitte

Post by Armand Steenkamp »

Kerels, dan n ander ding, watse basis en ringe sit ek op? Ek sou like van n picatinni rail maar klink my dis R1800 vir die basis aleen... Dis bietjie baie vir my.. Watse opsies het het ek? Ek het gehoor Lynx het nou nuwe tiepe ringe met inserts ?

Groetnis
Post Reply