Op die oomblik het ek 'n 6-18x40 VariX2 Leupold met turrets en 'n target dot op my 308. Dit het vir baie jare goed gewerk. Die turrets is akkuraat en die beeld is heeltemal goed genoeg vir my om te sien op die 18x verstelling.
Maar nou begin ek ouer word en moet met 'n +1 bril kyk om die springbokramme en ooie op 200m te kan onderskei. En die 'target dot' lyk vir my het met die jare se gebruik begin krimp.
Ek het na die genoemde teleskope gekyk. Ek stel belang in die met die RapidZ 600(of 800) kruishaar.
Wat my pla van die 5-25x50 is dat dat nogal 'n groot en swaar teleskoop is en ek sal hoer monteerstukke op my geweer moet aanbring sodat die x50 lens nie teen die loop druk nie.
Waaroor ek nie seker is nie, is of die 3-15X42 model genoeg vergroting het om byvoorbeeld na 'n 1 voet valplaat op 600m te skiet. Gaan die kruishaar nie die hele teiken toemaak nie? Wat is die minimum vergroting benodig as el ook op 1000m wil 'speel' na 'n teiken? Ek lees op ander forums dat sommige manne in elk geval nie so erg is oor die 25x vergroting nie as gevolg van die mirage. Enige waarheid daarin?
Dankie
Zeiss HD5 3-15x42 of HD5 5-25X50
-
Ters Hickman
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Wed Sep 18, 2013 3:38 pm
Re: Zeiss HD5 3-15x42 of HD5 5-25X50
Ek het die 3 tot 15 x 42 op my 270win en op 15 vergroting kon ek 'n 6 duim die gong op 500m sien en gelukkig ook raak skiet. Persoonlik dink ek vir jag is 15x meer as genoeg. Teiken skiet verdien dalk die 25x. Die vergtoting moet gestel word om jou geweer se ballistics met die scope te pas sodat die rapid z kruishaar mooi gekalibreer is op 200, 300, 400 ens. Gebruik dus zeiss se ballistics program op die internet om te sien op watter vergroting die kruishaar gaan werk vir jou mey beide modelle en dan sal die besluit dalk makliker wees!
-
Rainbird
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Fri Oct 19, 2012 9:55 am
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Zeiss HD5 3-15x42 of HD5 5-25X50
Ek het toe nou 'n baie goeie 2e handse ene gekry vir 'n redelike prys. Die 5-25x50.
Ek moes hoer monterings vir die teleskoop kry. Sy beeld is baie goed en die stelskroewe werk lekker. Ek is net effens bekommerd oor die kanse dat daar stof in al daardie verstellings/stelknoppe kan inkom. Die stelknoppe is oop sonder doppies.
Hoe skiet hy? Nie 'n suksesverhaal vanaf die begin. Die geweer wou nie mooi groepeer nie en die knoppe het nie die kruishaar die gekose afstand verstel nie. En toe ek die geweer weer skietbaan toe vat, skiet ek die raam waarop die teiken is morsaf. Vandag weer gaan skiet, maar die groeperings is nie reg nie.
Net om an die einde van die sessie, toe ek nog net 5 patrone oorhet net gou-gou te kyk of die skroefies van die teleskoop nog mooi vas is. Hulle was NIE. Wat 'n roekie-fout. Die laaste 5 was soos ek die geweer ken. Maar die lig was al swak in die laatmiddag en ek moes die vergrotings na 10x verminder om die kol mooi te sien. Nog steeds was al 5 skote onder 'n duim op 120m.
Ek sal weer die naweek gaan kyk.
Terloops: ek het die ouer teleskoop (Leupold 6-18x42 vx2) saamgeneem om die 2 te vergelyk. Die laaste 5 skote in die swak lig sou ek nie kon skiet met die Leupold nie...