Hoe slag jy jou bok?

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Hoe slag jy jou bok?

Post by DWB »

Ek hoop ek het dit nou onder die regte afdeling.

Ek het die laaste 2 naweke so bietjie ge-eksperimenteer met die gewone metode van hand die bok op en maak eers sy pens vel oop en dan die borsbeen.

Nadat die slagter met my springbok se borsbeen gesukkel het en ek hom toe moes help en nogsteeds die maag raak sny het ek aan alternatiewe begin kyk.

Nou 'n blesbok se borsbeen is seker nie die hardste nie, maar hierdie het vir my gewerk:

Gebruik die guthook en maak oop van waar die borsbeen begin en dan vorentoe na die keel, terwyl die bok nog lê.

Vat dan 'n stewige en skerp mes en steek deur die kraakbeen gedeelte van die borsbeen (naby die pens), sny dan nou versigtig die borsbeen oop in die rigting van die nek.
So nou het jy 'n moeilike stukkie werk begin waar jy nog binne veilige afstand van die pens is.

Nou kan jy die bok hang of nogsteeds op sy sy laat lê.

Vat nou weer die guthook en maak die vel en pens oop na agter, as die bok hang dan kom die maag nou mooi uit en jy kan verder versigtig te werk gaan en als kom mooi uit. Anders terwyl hy lê, kan jy die keel heeltemal oop maak en die gorrel los sny en van daar af agtertoe werk, als kom net so mooi maklik uit.

Hoe doen jy dit?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by FCLoretz »

Deon,

Ek het by iemand anders ook gehoor dai hy saag eers die borsbeen deur voor hy die pens gedeelte oopmaak.

Dan het ek ook by 'n PH 'n oulike en maklike trick geleer. Hy maak die maag oop. dan haal hy slegs die maag uit hy draai die maag 'n vol draai antikloksgewys en sny dan die maag af waar die sluk derm in die maag in kom. Dan haal hy die res van die hartslag uit.

EK persoonlik hang die bok en maak van die maag af bo af oop en laat die persoon wat saam my is die maag vang.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by Pvdw »

ek self is nie 'n wafferse slagter nie. Leer waar ek kan. Het noudiedag gesien 'n slagter gebriuk 'n snoeiskêr om borsbeen oop te sny. Daai skêr sny maklik deur daai been.

'n Ander tegniek on die pens by die borsbeen weg te hou is om die bok aan die kop op te hang en vanaf die kop na onder te slag. Op die manier lê die pens onder die borsbeen en is daar plek om borsbeen maklikker by te kom sonder om pens te beskadig.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by Smitstertjies »

Pvdw wrote:ek self is nie 'n wafferse slagter nie. Leer waar ek kan. Het noudiedag gesien 'n slagter gebriuk 'n snoeiskêr om borsbeen oop te sny. Daai skêr sny maklik deur daai been.

'n Ander tegniek on die pens by die borsbeen weg te hou is om die bok aan die kop op te hang en vanaf die kop na onder te slag. Op die manier lê die pens onder die borsbeen en is daar plek om borsbeen maklikker by te kom sonder om pens te beskadig.
Die Amerikaners slag so. Hang die bok by sy kop kant op.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by Carl »

Hierdie werk vir my op die plaas by 'n slagplek-veld slag is ander storie.
Pote af.
Ek sny vel oop van binne maw penshak/guthook, maar nie die pens, van bo tot onder by die ken.
Sny die anus ook oop.
Dan saag ek die bors been heeltemal oop met 'n tuin saag. Snoeisker sal ook lekker werk op die kleiner bokke.
Dan saag ek deur die bekken.
Dan met die penshak sny ek van bo na onder en laat alles uitval. Veral versigtig vir die dunderms en keer dat die lewer skeer. Hou ook die blaas dop. Sny die dikderm af en knoop.
Verwyder die blaas en dikderm na agter.
Ek los die vel aan.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
krobar
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Thu Feb 06, 2014 3:56 pm

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by krobar »


Weihrauch HW100 T & S, altwee 4.5mm
Air Arms S500 5.5mm
Sako Vixen .222 Rem
Browning X-Bolt .270 Win
Tikka T3 .30-06 Spr
Sauer 200 .30-06 Spr
Sabatti CTS 12ga
Perazzi Grand Italia 12ga

He that dies with the most toys, wins...
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by ROBBIE1 »

Genade ma daai perd slag gevaarlik. Daai boude is klaar ge tenderize, hahaha, ma sy pens uithaal metode is goed!

Ek slag eers klaar, dan haal ek pens uit. As ek kla geslag het, sny ek die gorrel los tot in die kuiltjie, saag die dorsbeen tot net voor daai stukkie kraakbeen, en dan maak ek pens oop. As een man die pens hou dat hy nie val nie is dit maklik. Soos die pens sak sny jy los teen die rugstring tot by die mantelvlies, sny die mantel teen die ribbes af en laat sak met hartsalg en al uit.

Dis maar soos my pa my geleer het.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by cassie_calvinia »

as die skoot klap, haal ek pens uit. punt. (nou nie eland nie, amar selfs gemsbok, as ek kan, moet pens uit)
trek die sluk derm uit. moet hom asb nie afsny nie. (klein wild)hy bemors bok.

hang bok, trek vel af, borsbeen, en boude oop.
haal hartslag uit.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Dolf014
Hero Member
Hero Member
Posts: 533
Joined: Wed Dec 04, 2013 3:50 pm

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by Dolf014 »

Smitstertjies wrote:bors been heeltemal oop met 'n tuin saag
Ek gebruik 'n "snoei saag". Hy vou oop soos n knipmes.
Ek haal die pens uit as die bok op sy sy lê, dan stoei jy nie met gravitasie nie.

Iewers het ek gelees jy haal die pens makliker uit as die bok op sy linker of regter sy lê. Kan nie nie onthou nie.
Skiet met 308 Voere (erf stuk) ons loop al 40 jaar saam.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by Heinz Petersen »

Laat die bok op sy rug lê, sny die keel af, sny dan van borskas oop tot agter en haal die pens met slukderm uit. Dan is daar geen gemors binne in die karkas nie. Jy kan ook met n skerp punt mes al om die anus los sny dan trek jy die poepstring ook uit sonder om te mors.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
krobar
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Thu Feb 06, 2014 3:56 pm

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by krobar »

Die videos is redelik goed, maar eks sou miskien nie die tip-roast snitte maak nie, en die boude bewerk vir biltong.

Sou graag 'n Suid-Afrikaanse video wou sien as iemand een het.











Weihrauch HW100 T & S, altwee 4.5mm
Air Arms S500 5.5mm
Sako Vixen .222 Rem
Browning X-Bolt .270 Win
Tikka T3 .30-06 Spr
Sauer 200 .30-06 Spr
Sabatti CTS 12ga
Perazzi Grand Italia 12ga

He that dies with the most toys, wins...
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by Boesman10 »

Hang die bok 'n slag aan die voorbene op. Sny dan van die maag na die poepol en dan val alles wat moet uitkom mooi uit. Draai dan die bok om en hang aan die agterbene en slag die vel af soos normaal. In die veld sal ek soek vir 'n boom met 'n mikstok en dan haak ek die bok se horings daarin (dit is nou vir bokke tot en met Blesbok grootte).
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by Frikkiedbr »

"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
krobar
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Thu Feb 06, 2014 3:56 pm

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by krobar »

Nice, dis presies waarna ek gesoek het
Weihrauch HW100 T & S, altwee 4.5mm
Air Arms S500 5.5mm
Sako Vixen .222 Rem
Browning X-Bolt .270 Win
Tikka T3 .30-06 Spr
Sauer 200 .30-06 Spr
Sabatti CTS 12ga
Perazzi Grand Italia 12ga

He that dies with the most toys, wins...
Stephan Nel
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Thu Jul 02, 2015 10:58 pm

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by Stephan Nel »

Ek het so n paar jaar terug n groot Blouwildebees in die Hoedspruit area gaan jag. Die PH het die bees aan sy voorbene opgehang en ek moet bieg, die vel kom baie makliker af op die manier. Die binnegoed kom maklik uit met geen gemors op die vleis nie.
Ruger M77 7x57, Mauzer 10.75x68
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by Alwyn »

Ek het dit die eerste keur by Wilton gesien, en vir my werk dit baie goed!

1. Hang die bok op aan sy kop was hom af met n borsel en water
2. Maak oop en haal pens en hartslag uit (Daar is heeltyd water wat op die vloer loop wat die bloed en alles weg spoel)
3. Laat sak en hak hom nou soos ons ma gewoond is en slag die vel af

Moet se die karkas is mooi skoon en as jy jou storie ken is jy nou klaar.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5122
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by Pvdw »

Nou so vinnig opgetel. in so 45min is daai bok baie netjies opgesny en verwerk. Nou die mince en wors dan pak daai man op. Daai is verseker paar jaar se ondervinding ;)
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Hoe slag jy jou bok?

Post by Hein22 »

Alwyn wrote:Ek het dit die eerste keur by Wilton gesien, en vir my werk dit baie goed!

1. Hang die bok op aan sy kop was hom af met n borsel en water
2. Maak oop en haal pens en hartslag uit (Daar is heeltyd water wat op die vloer loop wat die bloed en alles weg spoel)
3. Laat sak en hak hom nou soos ons ma gewoond is en slag die vel af

Moet se die karkas is mooi skoon en as jy jou storie ken is jy nou klaar.
Sal graag 'n video hiervan wil sien. As iemand so iets het, plaas bietjie hier dat ons kan sien.
Post Reply