Nuwe lid
-
Stephan Nel
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Thu Jul 02, 2015 10:58 pm
Nuwe lid
Hallo Almal,
Ek is Stephan Nel en woon tans in Saudi Arabia. Het al baie gelees op die forum en geniet dit baie. Gunstelling jag area is maar Alday's/Musina area.
Ek is Stephan Nel en woon tans in Saudi Arabia. Het al baie gelees op die forum en geniet dit baie. Gunstelling jag area is maar Alday's/Musina area.
Ruger M77 7x57, Mauzer 10.75x68
- Kristof A
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Tue Aug 13, 2013 2:34 pm
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Nuwe lid
Welkom Stephan
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Jay Jay
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Wed Jun 10, 2015 3:55 pm
Re: Nuwe lid
More Stephan, baie welkom.
Johan
.22 CZ Varmint Evolution
.357 Mag Ruger
.308 Win Howa
6.5 Creedmoor Howa
CZ 9mm Shadow 1
.223 Anderson AR
12G Franchi Affinity
The best thing about memories is making them.
.22 CZ Varmint Evolution
.357 Mag Ruger
.308 Win Howa
6.5 Creedmoor Howa
CZ 9mm Shadow 1
.223 Anderson AR
12G Franchi Affinity
The best thing about memories is making them.
-
Stephan Nel
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Thu Jul 02, 2015 10:58 pm
Re: Nuwe lid
Baie dankie vir die verwelkoming. Voel sommer tuis tussen julle manne. Glo my hier is genoeg leesstof wat my vir baie lank gaan besig hou.
Ruger M77 7x57, Mauzer 10.75x68
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: Nuwe lid
Welkom Stephan
Vertel bietjie meer van die mauser 10.75x68. Dis die eerste keer wat ek van so kaliber hoor.
Vertel bietjie meer van die mauser 10.75x68. Dis die eerste keer wat ek van so kaliber hoor.
-
Stephan Nel
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Thu Jul 02, 2015 10:58 pm
Re: Nuwe lid
Die 10.75X68 gooi lood van 350-400 grein. Sy eweknie is die 404 Jeffrey met bitter min verskille. Ammunisie kry jy nie meer in SA te koop nie en moet self gelaai word. Gelukkig het ons darem nog vir Oom Ken Stewartin Pietersburg wat vir ons die doppe en punte maak. Ek kry by hom 368gr punte wat vir my goed werk. Het die geweer deur n wapensmid laat nagaan aangesien dit n baie ou wapen is en is gewaarborg dat ek nog baie plesier met hom kan kry. Op die oog af kan jy sien die geweer het al gewerk, sy oupa was n gereelde Olifant jagter in Angola gewees, maar die looks maak hom vir my baie uniek en sal geen ander veranderings doen nie. Die enigste verandering wat ek laat aanbring het is om die koperplaat agter op die kolf af te haal en n ordentlike skokbreker op te sit. Hy het nogal n lekker stoot aan hom, die ou mense was ysters gewees. Ek kan nou nie die ladings onthou nie maar sal meer data gee sodra ek eers weer by die huis was.
Ek was seker een van die gelukkigste ouens gewees om die ou classic in die hande te kon kry. Daar was n paar versamelaars wat agter hom aan was. n Maat van my het met die nuwe wapen wetgewing te veel wapens gehad en wou nie aansluit by die versamelaars gulde nie wat toe nou daartoe gely het dat hy van sy wapens moet begin ontslae raak. Ek was darem eerste in die ry as n vriend en het toe besluit op die classic wat ek verniet gekry het en moeiteloos op my naam gekry het. Die ander het hy aan versamelaars geskenk soos die Martini Henry en een van die eerste .22 bridge loaders.
Ek het toe so twee weke gelede nog twee wapens by hom gekry, n 270 en n dubbel loop 12boor haelgeweer. Glo my ek weet nog nie eens wat die make is nie. Kan nie wag om Desember te begin met die proses nie. Ek is soos n laaitie wat weet wat hy vir kersfees gaan kry en die tyd om Bid.
Volgende jaar wil ek die classic op n Blouwildebees gaan toets. Kan nie wag nie.

Suikermuis
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm
Re: Nuwe lid
Wat van n foto van die 10.75x68 as jy nie omgee nie?
-
Stephan Nel
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Thu Jul 02, 2015 10:58 pm
Re: Nuwe lid
Sal bietjie deur my foto's gaan en n kiekie posit. Hopelik kry ek dit die eerste keer reg.
Ruger M77 7x57, Mauzer 10.75x68
-
Stephan Nel
- Newbie

- Posts: 4
- Joined: Thu Jul 02, 2015 10:58 pm
Re: Nuwe lid
Hier is n foto van die 10.75x68 en 7x57 patrone as vergelyking.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Ruger M77 7x57, Mauzer 10.75x68
- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: Nuwe lid
Yo, ja nee daai gan n merk los op BWB!
Welkom hier, geniet dit.
Welkom hier, geniet dit.
Groete
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
-
Suikermuis
- Sr. Member

- Posts: 290
- Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm
Re: Nuwe lid
Dis n indrukwekkende stukkie patroon daai! Kan nogal dink dat met die koperplaat agter waarvan jy gepraat het gaan hy nogal hard trap.