Daar is egter geen defnitiewe reëlings soos ons nou staan nie maar ons wil net eers opname maak van belangstelling.
Die gevoel is om so rondom einde Augustus begin September so iets te probeer voor van die manne die ysters te diep in die kluise wegbêre.
Ek het laas veral baie geleer van skiet in wind en dan die skiet vanaf stokke in die veld. Piet se sit tegniek werk egter nie vir my nie aangesien my pens my longe pap druk as ek dit probeer
Piet bly en skiet in die Delmas/Nigel area en ek vermoed hy sal weer soos laas iets in daai area aanbied.
So as iemand belangstel sit asb julle name hier op. Ons mik vir darm so 15-20 manndames om dit vir Piet die moeite werd te maak. Daar gaan baie tyd en energie in so dag in so kom ons kyk wie stel belang.


