243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee

User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee

Post by Piet Pille »

Nee Wout jys heeltemal reg. Ek dink waar die misvertand inkom is dat jy hom egter TE HOOG ook kan skiet van voor af, bo-oor die brein onder die horings deur. Dis ook waarna oom Koos verwys. Meeste ander boke se brein is vlenters as jy 1cm onder die horings inskiet. Maar hierdie langesig het daai verlengde pedestal waarop die horings sit bo-op die breinkas waardeur jy bo-oor die brein kan skiet. En dan skiet mens hom baie maklik te laag (omdat sy brein effens hoer gelee is). 'n Frontale kopskoot wat 'n koedoe en selfs gemsbok sou aarde toe bring is dan by hierdie perd netnet te laag...

Miskien is jy reg Wouter- hys dalk nie soveel taaier as 'n ander bok met 'n korrekgeplaaste skoot nie, maar die illusie bestaan omdat hy weghol met 'n skoot wat 'n ander bok net daar sou laat val het. As jy 'n koedoe reg van voor skiet waar die wit V bymekaar kom val hy net daar. Skiet nou op die selfde plek op ou langgesig.... dan spring hy op en die koeel is deur die sinusse holte onder die breinkas deur
. Wetters het my laat stap oor daai foutjie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee

Post by Wouter Roets »

https://encrypted-tbn0.gstatic.com/imag ... PdjBanXVpv

Piet

Ek wil nou nie Cobus se post gaan staan en opneuk met my geklets nie. Baie manne oorweeg nie eers n kopskoot nie so dan is hierdie gesprek absoluut nutteloos en verseker so as n mens oor kaliber en koeel keuse praat van die jag van die bok, aangesien dit gewoonlik gabasseer is op hart/long skote.

Maar ja gepraat or n hartbees en sy brein. As n mens na normale bokke se kop kyk sal jy waarneem dat hulle oor die algemeen n baie neus na die jagter houding het as hulle vir jou kyk. Gewoonlik as jy dan vir die oog lyn of net daaronder skiet vang jy die brein met gemak, maar gewoonlik is die oog lyn n goeie lyn om op te skiet vanwee die koppe wat horisontaal geplaas is. Askuus ek sukkel dalk om my self uit te druk, maar dit is amper asof jy die skedel op n tafel neersit. om n idiee te kry van hoe die kop oor die algemeen geplaas is in normale gedrag.

Die hartbees weer dra sy kop oor die algemeen baie soos n dier wat teen n muur daarmee staan. Daai lang gesig word bitter selde opgetel of meskien kan hy nie vanwee sy bou soos n wit renoster. Indien jy nou op die oog lyn skiet of net daar onder word die brein baie keer gemis veral as die koeel nie vragmenteer of die hekwerwels tref nie. Hierdie skep ook die idiee dat die brein hoer sit vanwee die hoek waarteen die kop staan. Dit is nie eintlik so nie, dit gaan net oor die hoek van die kop wat anders is as met normale diere. Die brein sit eintlik maar in verhouding baie dieselfde as met ander diere. Jy het weereens goeie raad gegee van gebruik die oe en ore se lyn as verwysings punt vir die lyn van die brein. Dit is tog iets wat by die meeste diere van toepassing is. Doen hierdie oor die algemeen en jy kan nie sommer n fout maak nie.

Kyk n bietjie die foto in die link wat weer wys jy moet bo die oe lyn skiet op n side-on brein skoot vanwee die posisie en vorm van die kop. Jou oe/ore lyn is weereens n goeie aanduiding van presies waar om te vat.

Om terug te kom na die hart long area. Ons het op n tyd werklik baie hartbeeste hier by ons geskiet. Hulle was volop en pryse was heel goed in vergelyking met baie ander diere. Ek het nooit aan hulle gedink as tawwe diere nie. Ek het hulle deur die enjen kamer geklits en gewoonlik nie ver opgetel van waar hulle die skoot ontvang het nie. My broer het wel nie n goeie ondervinding met hulle nie en het eers die vierde een wat hy reek geskiet het kon optel binne n paar tree van waar hy geklits was. Maar dit was net swak skootplasing en ons het gedink "Diana" het nou maar net besluit hartbees jag is nie vir hom nie. Verlede jaar het hy n baie mooi bul in Kimberly geskiet en hy het na die tyd gese hy was meer op sy senuwees as met sy buffel. Ek weer daarinteen het regtig nie n kommer oor hulle nie omdat hulle my nog nie regtig die teendeel gewys soos ander diere wat ek as taai "rate" nie. Maar ja so het almal hulle eie ondervinding, is dit nie? My broer sal seker se dit is die taaiste dier onder die son en jy skiet hom met niks minder as n 500 nie.

Groetnis
Wout
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee

Post by Piet Pille »

Dankie Wout - maak absoluut sin.
My flaters op 'n hartbees met kopskoot was juis met die 243.... 2cm te laag....
Met die 375 frontaalop kop val hy nog elke keer- sekerlik ook omdat die koeel verder penetreer en die nekwerwels dan ook afskiet. Behalwe daai een wat ek bietjie ver terug geskiet het op die blad..... hyt nogal ver gegaan vir 'n bok met 'n groot gat deur die lewer.

Jammer vir die hi-jack, maar nou weet jy sommer ook waar om NIE te skiet nie ;)
CobusMeyer
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sat Dec 28, 2013 8:57 am

Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee

Post by CobusMeyer »

Hi Manne, net n vraag, as jy hom hoog in die nek skiet, sal dit ook werk?
Groete
C
User avatar
Ben
Hero Member
Hero Member
Posts: 908
Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am

Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee

Post by Ben »

Skiet op die Blad!
"Failure is NOT an Option"
Kolhasie
Hero Member
Hero Member
Posts: 547
Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm

Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee

Post by Kolhasie »

CobusMeyer wrote:Hi Manne, net n vraag, as jy hom hoog in die nek skiet, sal dit ook werk?
Groete
C
Sal werk ja! Maak seker jy skiet die nek werwels raak.

Groete KH
Post Reply