243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
-
CobusMeyer
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Sat Dec 28, 2013 8:57 am
243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Dag manne
Wil graag hoor wat is julle opinie
Sal ek Rooihartbees kan skiet met my 243 as ek n Barnesx Tsx 85g patroon gebruik?
Vlakte jag
Groete
C

- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Ja jy sou kan- maar ek sou nie- dis n redelike fris bok.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
Dwight375
- Sr. Member

- Posts: 465
- Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Hi Dries
Het jy al n RHB ge skiet met n 243 ?
Ek het nog net een keer ge sien waar n man n RHB bul in n ou katoen land op die blad skiet met pro-amm amo in 243, net daar gedrop!
Average size bok ja maar ek dink nie hulle is baie taai nie, maar ek het nog net een ge skiet in my lewe!
Ek sou dit def doen ja!
Hoor maar wat se die slim manne!

Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Cobus, dis waar wat Dries hierbo sê. Op so 'n bok sal 'n kleinerige kaliber altyd 'n risiko wees, maar soos altyd, kan dit gedoen word, skootplasing is belangrik,
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

- Louis Kriel
- Hero Member

- Posts: 1981
- Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Jy kan seker, ek weet van manne wat gemsbokke met daai koel/kaliber jag. Nie ideaal nie, maar in 243 kan jy nie beter doen as Barnes TSX nie. Oo wag wat van Peregrine?
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Ek sou sê beslis ja, natuurlik altyd goeie skootplasing. Ek het al op redelik ver afstand een blad geskiet met kleiner kaliber.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2489
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Ek dink nie jy sal proebleme he nie, maak net seker van jou skoot, my broer se dogter het laasjaar met 'n 243 'n jong kudu bull geskiet oor die ander gewere te kwaai skop, skoot op die blaaie en die Kudu het nie 50m gehardloop nie. Sal dit nou nie as 'n kudu geweer klas nie maar maak net seker, hartebeest hou oor die algemeen van oopte so jy behoort om in die oog te hou na jy hom geskiet het.CobusMeyer wrote:Dag manne
Wil graag hoor wat is julle opinie
Sal ek Rooihartbees kan skiet met my 243 as ek n Barnesx Tsx 85g patroon gebruik?
Vlakte jag
Groete
C
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Dwight ek het met n 100gr Nosler partition- nie issues gehad nie- asook n Kudu bul met die 243- maar dis risky.Dwight375 wrote:Hi Dries
Het jy al n RHB ge skiet met n 243 ?
Ek het nog net een keer ge sien waar n man n RHB bul in n ou katoen land op die blad skiet met pro-amm amo in 243, net daar gedrop!
Average size bok ja maar ek dink nie hulle is baie taai nie, maar ek het nog net een ge skiet in my lewe!
Ek sou dit def doen ja!
Hoor maar wat se die slim manne!
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Skootplasing - die 243 is akkuraat en min terugskop kan jy daai Barnes jaaag waar jy wil/moet. Met genoeg spoed gaan die trajek lekker plat wees. As jy swak skiet - RHB is 'n vinnige bok, julle gaan baie diesel uit ry.
Verlede naweek het die jagters op die plaas 3 koedoe koeie gekwes - een geweer 375 en die ander 303. Dis nie die kaliber wat die bok dood nie dis waar die gat is!

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- Ashley
- Hero Member

- Posts: 1046
- Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Soos die manne hierbo al reeds genoem het; menige groot bok is al met kleiner kalibers plat getrek. En ja, ek ook n groot Barnes TSX &TTSX aanhanger.
Maar het ook al gehoor dat RHB redelik taai kan wees, so sou persoonlik met groter kaliber gemakliker gevoel het.

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
-
Dwight375
- Sr. Member

- Posts: 465
- Joined: Thu Oct 10, 2013 2:33 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Dries ek stem saam.
Ek het so rukkie terug agter gekom dat tot n 375 nie "invincible" is op plains game nie......
Skoot plasing moet reg wees, dan kan jy hom maar met n pmp ook skiet!

Sako75
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Ek dink die ander kant van die saak is as jou skootplasing nie 100% perfek is nie (vir watter rede ookal, dit gebeur met ons almal), kan 243 jou diep in die sop laat beland.
As ek oor die dinge wonder dan vra ek myself soms wat staan my te doen as dinge fout gaan, nie as dinge reg loop nie.
Ek moes al 'n gekweste jong koedoebul (seker so groot soos 'n hartebees) help van kant probeer maak. Na 5 goeie skote agter die blad met 85gr's het 'n poks van 'n kopskoot dit eers beeindig.
Kan mens dit doen - waarskynlik ja. Behoort mens dit te doen - waarskynlik nee.

Last edited by Sako75 on Tue Jun 23, 2015 9:29 am, edited 1 time in total.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
'n 416 deur die pens doen dieselfde.Sako75 wrote:Ek dink die ander kant van die saak is as jou skootplasing nie 100% perfek is nie (vir watter rede ookal, dit gebeur met ons almal), kan 243 jou diep in die sop laat beland.
Wat ek wel sal sê as jy 'n marginale skut of jagter is dan gaan jy jou dinges sien. As jy jou 243W toe oë deur 'n 20c skiet op 100m is dinge reg.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
obasch
- Hero Member

- Posts: 727
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
As ek hierdie soort vrae sien dink ek by myself hier is iemand wat geselskap soek.
Dink aan wat jy vir die bok gaan betaal en of jy bereid is om dit af te staan as dinge verkeerd loop en jy kry die gekweste bok gladnie (dit gebeur in vlaktewereld!) en dan antwoord jy jou eie vraag.
As jy jou eie bokke op jou eie plaas jag is dit 'n ander storie, dan gebruik jy wat jy wil.
Use enough gun!

Last edited by obasch on Tue Jun 23, 2015 8:03 am, edited 1 time in total.
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Ekt groot geraak met .243 op die plaas.
Gemsbokke,kudus al bitter baie geskiet met PMP punt.Nou herlaai ek self sal enige tyd RHB gooi met 243. Maak seker oor jou skoot.
Gebruik die roer wat jy vertrou!!!!
Groete KH

- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
STEM 100%Kolhasie wrote:Ekt groot geraak met .243 op die plaas.
Gemsbokke,kudus al bitter baie geskiet met PMP punt.Nou herlaai ek self sal enige tyd RHB gooi met 243. Maak seker oor jou skoot.
Gebruik die roer wat jy vertrou!!!!
Groete KH
In die ou dae het ons voorvaders met n 303 van Buffel tot Olifant gejag. Hulle KON skiet....
As jy jou roer en jouself vertrou, nou ja dan het jy moes die antwoord, en jy kan nie beter gaan as Barnes.
Geniet dit en wys foto's
"Failure is NOT an Option"
-
CobusMeyer
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Sat Dec 28, 2013 8:57 am
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Hi Manne
Dankie, ek sal maar om veilig te wees my 30.06 eerder gebruik. Ek was wel baie opgewonde met die 243 omdat die Barnes X baie akkuraat skiet en ek aanvaklik sou blesbokke skiet. Die geleentheid het hom toe voorgedoen met die Rooihartbees. Was baie opgewonde met die 243 en die resultate. Baie akkuraat met daai Barnes. Skiet huidiglike Sierra GameKing 165g in 30.06.

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Cobus
Jy het die vraag gevra met n kaliber sowel as n spesifieke koeel ingedagte. My antwoord aan jou is, met daai kombinasie wat op n tiekie skiet wat natuurlik jou selfvertoue gee, kan jy dit met n geruste hart doen. Hartbeeste is nie van die taaiste diere nie en n goedgeplaaste skoot bring hom na die slagpale toe. Pretrasie van die Barnes koeel is hier die deurslaggewende faktor. Penetrasie is oor as genoeg al vang jy groot bene en daar is genoegsame permanente wondkenaal om vir n vinnige en effektiewe dood te sorg. Indien jy bv hierdie wou doen met n konvensionele loodkern koeel sou my antwoord heel anders uitgesien het.
Natuurlik dra die argument water dat n groter kaliber jou meer vergewe en altyd n groter margin for error gee, maar die vraag is hier of die kaliber/koeel kombinasie genoegsaam is vir die gekose bok. In hierdie geval is die antwoord n duidelike positief. Geniet die jag en kom wys foto's.
Groetnis
Wouter

Dankie Wouter, sal fotos laai na jag
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Hallo
Was hierdie naweek in so situasie - nou nie met n Hartebees nie maar met n Blouwildebees. Ons vra mooi dat die manne maar eerder nie vir die kop(brein) moet skiet nie, maar helaas n skootjie met n 25-06 tref n kakebeen lag so rondom 10h00 die oggend. Kwart oor vyf met die son al agter die rante sien die Nightforce op die 243 Ackley die bloedkol raak en die 85gr Spartan vlieg styf agter die blad in. Die trop breek weerskante van die bul weg en die bul draai so twee keer in die rondte en val. Skoot op voorkant van die blad in, deur longe en kant van hart en stop teen ribbes aan die ander kant, die "petals" het almal afgebreek en die soliede skag het oorgebly. As die 300 by my was, sou ek veel eerder die skoot met hom geskiet het, maar hierdie dink ek bewys dat n goeie koeel n groot verskil kan maak as die skootplasing reg is.
Ek wil met Wouter saamstem dat daardie kombinasie n Hartebees se tier sal wees.
MOSSIE

as jy mis, probeer net weer!!!!!!
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
243 met TSX sal hom omgooi.
Maar ek wil tog verskil met die manne bo en waarsku dat ek 'n RHB as redelik taai ervaar. Ek het meer as 'n kilo aangestap agter 'n bul met skoot deur die lewer en agterkant van longe met die 375 en barnes TSX 270 dwarsdeur en baie bloedverlies.
Taaier as koedoe, maar nie so rof soos BWB of Gemsbok nie. Pasop veral vir kopskote- daai ding se kop is so lank soos 'n Desembervakansie! Mens skiet maklik te hoog of te laag. As jy hom op daai lang horingbasisse skiet val hy soos 'n os maar spring binnekort weer op met 'n tenkvol NOS en sy diwwe ingedraai. Maak seker jy skiet op die oog/oor lyn. Op die lyf knap agter die blad of selfs op die blad. Bietjie verder terug en jy gaan soek soos ek.

Piet
Vergun my asb die geleentheid om so bietjie meer oor my stelling uit te brei. Hartebeeste het in verhouding met ander vlakte wild spesies groot longe en hart. As hulle n goeie dubbele long skoot om nie eers te praat van n long hart skoot nie gaan hulle werklik nie ver nie. Ek het werklik al n magdom van die diere geskiet om by hierdie stelling te staan. Hierdie is die rede hoekom ek se hulle is nie taai met hierdie tipe skote nie. Dit geld ook vir die baster hartbees. n Swak skoot wat nie hierdie vermag nie gaan vir jou leer dat die diere nie maklik die handdoek ingooi nie en hier gee ek toe hulle het uithou vermoe en nog n bietjie juis vanwee die groot organe.
Hulle brein sit wel bo die oog lyn en net onder die horing basis. Plaas n koeel presies tussen die twee gedeeltes en jy skiet n breinkas skoot. Sy brein sit verseker hoer as wat meeste ander diere s'n sit. Skiet hom laer en jy gaan die plaas leer ken.
Groetnis
Wout

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2161
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 243, Barnesx TSX, 85g vir Rooihartbee
Wout
Ek verstaan nie so lekker nie. Het al 'n paar hartbeeste se koppe oopgesaag. Die horings sit op 'n beenpedistal bo-op die kop. Die koppe wat ek oopgesaag het toon 'n spasie tussen die brein en onderkant van horingbasis. Juis 'n kop oopgesaag nadat iemand die skoot te hoog geskiet het en die brein toe nie beskadig is nie. Ek stem nie dat sy brein hoër sit as ander diere nie, stem eerder saam met Piet, beslis nie teen die horingbasis nie, of het ek dalk toevallig die se koppe oopgesaag wat anders was? Ek vra want dit lyk my daar is twee skole van denke hier.
Mooi loop

Koos
Ek het Piet se skrywe nou weer bietjie MOOI gaan deur lees. Hy is abosluut reg deur te se skiet hom tussen die oog/oor lyn vir die brein. Piet sorry my fout ek het gelees wat ek wou. Daar raak ek nou n tipiese Jaracaller. Ek het gedink jy se die brein sit op die oog lyn wat natuurlik nie die geval is nie want hy sit hoer.
Koos ek se nog steeds skiet hom presies tussen die oog lyn en die horing basisse en jy skiet hom in die brein. Die prentjie se link wat ek aangeheg het wys die lyn en hoogte. Maar aangesien ons nou hare kloof of is dit nou skedels, skiet hom dan n derde op van die oog lyn en horing basis vir die middle van die brein.