Vra hulp met baie!!!!

klein k

Vra hulp met baie!!!!

Post by klein k »

Ek het verskeie herlaai en ander wapen toerusting.  Wil weet hoe dit werk!!
Hornady 366
Dillon RL 550
RCBS RCII
Lee  Load All II

Dis nou 1 vrou wat vinnig wil leer  asb!!!!!!
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by Robert »

Klein K
Welkom hier by ons. Altyd goed om van die skoner geslag te hoor.

Ek weet nie van waar jy is nie maar daar is redelik wapenwinkels soos Safari outdoor op Stellenbosh war herlaai kursuse aanbied. Anders moet jy maar hoor watter van die forum lede naby is en ek glo hulle sal ook kan help.

Laat weet ons van waar jy is en waar het jy van die forum te hore gekom

Robert
Oorwining deur opleiding
klein k

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by klein k »

Dankie,  ek bly in Bloemfontein.  n Vriend het my gese van die forum en dat ek die nodige hier kan leer.

As ek net weet waarvoor alles is wat ek het en hoe om dit te gebruik!

Het 9 kalibers wat ek self wil herlaai as ek kan. 
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by 222 »

As ek reg is:

Hornady = Haelgeweer herlaai
Dillon = pistool en geweer laai (http://www.dillonprecision.com/#/conten ... /1/RL_550B)
Lee Load all = ook haelgeweer laai.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by Gerhard »

klein k wrote: Ek het verskeie herlaai en ander wapen toerusting.  Wil weet hoe dit werk!!
Hornady 366
Dillon RL 550
RCBS RCII
Lee  Load All II

Dis nou 1 vrou wat vinnig wil leer  asb!!!!!!
Die dillon 550 is 'n great multi stage press.

Ek dink dit is meer geskik vir hand wapen herlaai as vir die fein laai van geweer rontes.

Ek het 1000'de 9mm en 38 Supers op sy klein boetie die Square Deal gelaai.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
klein k

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by klein k »

Waar op die web kan ek na die helaai goed soek en hoe dit gebruik word?
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by James Wilson »

klein k wrote: Dankie,  ek bly in Bloemfontein.  n Vriend het my gese van die forum en dat ek die nodige hier kan leer.

As ek net weet waarvoor alles is wat ek het en hoe om dit te gebruik!

Het 9 kalibers wat ek self wil herlaai as ek kan. 
woa nou ponne!! 9 kalibers?  ek dink jy moet alles los en jou inskryf vir n herlaai kursus. kies een van die kalibers en leer dit goed herlaai. en bly vir eers ver weg van handwapen herlaai.

se sommer vir ons wat is die kalibers dan kan ons jou help besluit watter kaliber jy op kan leer. party kalibers laai net makliker as ander.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by Jagtersdok »

KleinK

Op you tube is daar videos van elke stukkie van herlaai. Van hoe om die press op te stel, size van doppe, priming, weeg van kryt, en seat van punte. Als is daar. Maar ek het 'n pel Albert in Bloem en eks seker Clarence van Terminator sal jou ook kan help.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by Jagtersdok »

Hier is vir jou 'n eerste link. En dan volg jy net die program. Dis soos kursus op tv

http://www.youtube.com/watch?v=kYS_3VsmOP0
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
klein k

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by klein k »

Dankie!!!!  Ek gaan bietjie daar oplees!!!  Sal alle hulp naslaan en gebruik!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by Stefan764 »

Naand Nooi

Welkom opi Forum! Hie gat jy regkom, glo nou mar vir my.
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by 243Songdaug »

Klein K.

Welkom op die forum - soos jy sien kan jy net vra en die manne help graag.  Daar is heelwat lede en ook skuts in die Bloem omgewing - skakel in by een van die klubs, jy sal sommer gou die regte manne en maninne ontmoed om jou by te staan met die regte raad.

Herlaai is verslawend......dar is altyd nog 'n ietsie wat jy MOET h?.  Geniet en laat van jou hoor.

Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by DawieKotze »

KOOP VIR JOU HEEL 1STE 'n HANDBOEK OOR HERLAAI!!!!

Lees dit 3 maal en begin dan baie versigtig met een kaliber!!

My 2c en baie welkom!!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
klein k

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by klein k »

Dankie aan almal wat raad gee.  Hier gaan ek beslis reg kom.  Het gaan kyk op die web gister aand.

Dit help beslis baie.  Het baie bekende goed gesien wat in die wapenkamer staan.

Soos gese is dit lees, kyk en lees maar gee net kans.  Dankie manne, dit lekker om te hoor julle

wil help. 
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by Wielie Waps »

Manne van die forum
Ek is die een wat vir KK aan die forum voorgestel het. Sy is 'n aktiewe lid van dieselfde tak waar ek en Danie243(tikmsjien) lede is.
Sy het my gevra om te help , maar ek weet te min van al die gadgets wat sy daar het. As jy nie omgee nie Kleink gee ek so bietjie agtergrond van jou situasie.
Kleink het die gagets en alles gekry nadat haar man oorlede is , en sy gaan met passie aan met dit wat hy gedoen het.
Sy neem ook deel aan ons skietkompetisies daar op Soutpan en het al 'n paar manne laat les opse.
Al wat ek kan se is dat daar 'n paar ineressante skietysters is.
Ek reken hier is genoeg kennis om vir haar te help
Geroer-nie geskud nie
klein k

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by klein k »

Dankie Wielie Waps,

Ek het gaan kyk by www.youtube en daar is baie wat ek het.  Werk hulle so 1 vir 1 deur.

Herlaai boeke het ek en baie ander.  My oorlede man was n groot skut.  Soos ek gese het

wil weet wat gaan waar.  Ja ek het dit my passie gemaak.  Het ek vroeer in my lewe geweet

dit is so lekker en leersaam het ek dat lankal aangepak.  Snaaks hoe die lewe mens in rigtings

instuur wat jy nooit gedroom het jy sou doen nie.  En ja, hierdie interessante skietysters gaan my nie wen nie.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by fanie17 »

Hoe het jy aan al die goet gekom,sonder om te weet wat jy doen ,ek is net verbaas
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by Jagtersdok »

Soos sy s? haar oorlede man
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by fanie17 »

Het dit gemis ,jou ou raak leser
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
klein k

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by klein k »

Fanie17

My wapen kursus almal gedoen en is al meer as n jaar by my tak betrokke
deur maandeliks te skiet.  Maar daar is n verskil tussen skiet en herlaai soos
jyself weet.  As ek bereid is om te leer wat ek wel is help liewer want dit
verbaas my eerder dat almal wil weet hoe ek daaraan gekom het.  Ek het dit
en wil dit gebruik en beslis nie vir ornamente nie!!!!!

Jagtersdok, dankie vir jou intree daar!!!!!
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by fanie17 »

Kleil k
Dit is great dat jy wil aan hou doen,een van my grootste probleme is ,my gewere en my karre na afsterwe,ek het n porsche, ACcobra,jeep en nog ander wat my naby die hart is,sonder erfgename.Verskoon my vraag
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
klein k

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by klein k »

Fanie17

Jy het n probleem maat!!!  Ek het wel erfgename vir myne. 

Ek doen dit alles omdat dit vir my lekker is en omdat ek mal is oor die natuur.
Nie om n punt te bewys nie maar omdat en wil!!!!!
Het baie lank op die plaas gebly en kan jou waarborg het meer gereedskap
as baie ander en kan dit alles gebruik.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by fanie17 »

Sal graag help as ek kan.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
klein k

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by klein k »

Dankie,  net so tussen (), dit wat onder jou naam gelys is, is dit wat jy het????

Ek het so 6 dieselfde
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Vra hulp met baie!!!!

Post by fanie17 »

Dit is great ,ek is so bly n girl verstaan die goed,By my is dit nag
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
Post Reply