'n Storie van trots en ampere hartseer.
-
Uys
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Wed Apr 08, 2015 7:19 am
'n Storie van trots en ampere hartseer.
Donderdag middag na werk is dit toe nou sulke tyd, jag naweek! En dis sommer n lange! Maar dis nie sommer enige jag naweek nie: sien my dogter gaan skiet! Haar eerste bok, of so hoop ons almal.
Nou die ding kom nou al n wyle. Dit het begin met Charl, Tiaan se seun, wat sy eerste bok op 7 kon skiet, en toe ook het. So paar weke na Ulani se sewende verjaarsdag kom sy by my aan: "Darry, ek is dan nou al 7 en ek het nog nie bok geskiet nie". Sien, sy verjaar in Februarie, en het natuurlik toe nou gehoop om daai winter n bok te skiet. Nou as n pa wat van jag hou, wie op aarde is ek om te kla as my meisiekind nou dan ook wil skiet - oor die begroting sal ons later praat.
Nou ja, jy vat nie n sewe jarige dogtertjie begin Maart, leer haar vinning skiet en gaan skiet n bok in Mei nie. Die ding vat tyd, harde werk en beplanning.
"Sweetheart, eerste ding wat jy moet leer is jag gaan nie net oor bokke skiet nie"
"Hoe bedoel Darry?"
"Daar is baie meer, jy sal nog sien."
Nou begin die beplanning. Eerste problem: Ulani is links, die enigste een in ons gesin wat aan daai siekte ly - sy kan nie met my geweer skiet nie. Tweede problem, sy is klein en fyn - n groot kaliber gaan haar breek. Ek het n 22-250. Die kaliber is goed, en ek jag tog nie meer met hom nie, die is sy kans om weer n regte jag geweer te word. Daar is challenges - wind, bosse, groot bokke, al daai goed en 22-250's werk nie saam nie, maar ons kan dit uit-engineer. Sy moet net leer om goed en goed raak te skiet. Ons sny die kolf af en is weg skietbaan toe. Krises!!! Haar wang kan nie op die wangstuk bykom nie en sy sukkel. .22 skiet sy sy goed - 30mm op 80m. 22-250 is n nagmerrie - "Maar Darry die scopemaak so swart kol". "Dis jy wat nie jou kop stilhou nie" "Maar Darry, my nek raak seer".
Op en af, vorentoe en agtertoe niks werk nie. EK besluit ek gaan die kolf n verstelbare wangstuk insit, en in die proses neuk ek hom six love op. Ons begin weer soek, moet n nuwe plan maak. In die tussentyd skiet sy .22, so dat van die mans op die skietbaan ophou skiet en agter haar kom staan en kyk. Nou moet julle verstaan hoe swel die pa se bors. En volgende Saterdag wil ek die kind se nek omdraai oor haar slegte groeperings. Dis toe nou waar ek begin besef haar aandag span is maar nog kort. Maar dit gaan al hoe beter en ek kry hoop.
Een aan toe Tag Die Skim my in n post oor n ou wat kolwe bou - in Kroonstad. Ek ry soontoe met haar en gaan sien hom. Die plek is dodgy as hell, maar ons druk deur. Hy wys my wat hy doen en ons besluit op n kolf, daar is n paar mooi kolwe binne. Lang storie kort, na so bietjie geukkel het sy n linkerhandse verstelbare kolf. Nou begin ons erenstig oefen en Mei die jaar besluit ek dis sulke tyd - sy skiet raak. Osn begin leer van spore, skoot plasing, wind, bekruip, ons dry-fire elke middag, sy mis kinder partytjies en netbal om op die skietbaan uit te kom. Ons Camos, laai haar ammo en weg is ons - dis toe nou Donderdag.
Vrydag oggend- skietbaan op die plaas. Sy skiet twee goeie skote. Ons kan veld toe gaan. Die boer is besig om koring te plant, daar is nie gidse nie. Ons word ge-issue met n SJ 410 en n handheld. Weg is ons. Ons is deur daai plaas, oor berge - kaalvoet, en deur bosse. Ons was by sout klippe, in die klowe, op die berg, onder in die vlaktes, water plekke, orals waar ek al vantevore bokke geskiet het en omtrend nog 3 ander plekke, maar nie een Rooibok of Kudu maak sy verskyning nie. So net na son onder ry ons twee terug huis toe, SJ se wind skerm plat, wind deur ons (haar) hare, sy het n gun, ek bestuur en dink hoe lekker die lewe is. Skielik se sy "Darry, die is lekker, daar is meer aan jag as net bokke skiet" - my hemp word twee sizes kleiner hier oor my bors.
Saterdag oggend gaan ek alleen uit, ek kry n rooibok en maak hom slaap.
Saterdaq middag is ek en sy weer daar weg. Ons walk en stalk, ons sit voor, ons ry en klim af as ons spore kry en gaan soek - niks!! Ek dink daar is een mal rooibok wat die hele plaas vol hardloop en spore maak, dis al!
Sondae jag ons nie.
Maandag oggend is ons vroeg uit, met sonop alreeds in die veld. Ons sit in n hide - ek sla nooit kan boogjag nie, 20 minute is on uit. Ons kry rooibok spore en ek laat haar volg, sy het mooi geleer. Later is hulle in die sekel bos in. Ons soek verder. Kry niks. Ons kom waar die pad doodloop. Daar is n Ribbok oorkant die sloot - ek range hom - 52m. Die wind is reg, ons is agter cover -alles is reg, behalwe Ulani, sy is agter n skoenlapper aan of iets - onthou daai aandag span storie? My moed sak in my skoene, maar my kind geniet dit.
Ons loop terug en kry n lekker spot om te sit en wag, tyd raak min, ons het net vandag. Seker so uur kom daar n trop Kudus verby. Daar is n 50" bul, dis myne. Ek kyk vir Ulani en besluit ek het al geskiet - dis haar beurt. "Gaan jy hom skiet", haar ogies begin blink. "Ja Darry" , "Waarmee".......sy dink....... "Dis n groot bul Darry, ek dink ek moet liewers met Darry se geweers skiet". My hemp span stywer...... Ons ruil gewere, maar die trop maak nie oop nie. Hulle draai en draai. EK range hulle, 80m. Wind is reg, ons wag. Skielik sien ek die shot, "Vat hom sweetheart". Stilte....... "Darry daar is n kalfie agter hom". Ek kyk, so waar as wratig, ek het nie daai kalfie gesien nie. My hemp word klein.
Die trop loop, dis buite haar vermoe, sy se sy sien nie kans nie, ek tel die geweer op, kry n koei op min of meer 120, ek klap haar. Maar sy staan, pens skoot - dis onmoontlik. Sy hardloop nader en en skiet haar weer. Ek klim uit die hide uit en loop nader, sny haar keel. Ulani kom nader "Darry het nou amper lekker drooggemaak" - klein stront! Terwyl ons wag vir die bakkie om haar te kom oplaai besluit ek om Ulani te leer bloedspoor vat - dis toe laat ek die kry. Die boom het my koeel gedflekteer- vandaar die pens skoot. Dis my storie en ek bly daarby!
Ons soek nog Rooibokke tot sononder maar kry niks! Jag is verby en Ulani het nie geskiet nie. Dis baie hartseer, ons het altwee hard gewerk vir die. Maar so is die lewe.
Ek besluit ek gaan met die boer praat. Ek wil more oggend (Dinsdag) vroeg uitry en gaan Ribokke soek, en ek soek nog n Kudu vir myself ook. Hy se dis reg, hy het nie n nuwe groep wat inkom nie. 5h15 is ons uit, om die berg en op met die paadjie wat tot bo ly. Ons kom heel bo, stop en kry ons gewere reg. So 60m van my af hardloop n 35" Kudu in. Ek druk my slot toe, le en trek die sneller. Tussen die oe, slaan agteroor, dood! As dit maar altyd so maklik is. EK roep dit in oor die radio, dis 50 minute se ry tot bo-op die berg. Ons neem fotos en gaan toe aan.
Ons soek na Ribbokke, kry niks nie. Ons klim in die Fortuner en begin terug ry, haar onder lippie bewe. Daar is n stuk oop veld aan ons regterkant, ek reken so 500m Savanna veld met Pierneef boompies. Ons stop en sien n trop Kudus, ek range hulle - dis 420m. Hulle sien ons en begin wegdraf, en net voor hulle kom daar n troppie Ribbokke onder n boom uit. Ons gryp die gunne en begin stap. Ek se vir haar sy moet kyk, daai goed hou daarvan om te sirkel en weer agter mens te verskyn. Ons kom op die plek waar ons hulle gesien het en draai om - daar staan halfpad tussen ons en die kar - 240m. Osn kruip tot by so 1m hoe klip randjie en begin skiet plek soek. EK kry n Olienhout boompie met n lekker mik in en sit haar geweer neer. Sy le aan..... stilte.......
"Wat is fout"
"Darry die wind ruk die boom"
"Dammit Ulani skiet!!!"
"Darry ek gaan nie my eerste bok kwes nie!".
Ag tog. Geweer uit die boom uit. Ons kry n lekker klip en leopard crawl na hom toe. Bi-pod oop - sy le aan. Stilte........., ek sweer dis die geduldigste bokke wat ek in my lewe gesien het - tot hulle spyt!
"Darry ek kan nie deur die gras sien nie".
3 letter woord- "Ok daai klip is beter"
Ons Leopard Crawl.
Bi-pos oop.
"Gelukkig?"
"Ja dankie Darry"
"Ok, klap hom"
"Darry daar is n mooi rammetjie heel agter - kyk vir hom"
"Ok"
Stilte...........
"Darry hoe ver is hy?"
En die bokke staan.......
LRF uit.....
"178m"
"Ok, dan skiet ek Zero"
Stilte........
Boom!
Ek hoor hom klap.
Staan op, kry my merk, begin stap. Die gras is lank, ons sien niks nie. Ek maak die 7x64 se slot oop en toe, cup die trigger guard met my palm, loop nader. So 50m van die kol af maak ek my geweer veilig, druk my kind teen my vas "Jy is die coolste meisiekind ooit".
Ons gaan sit by bok.
"Dankie Here vir die ongelooflike voorreg om die saam Ulani te doen. Dankie vir die middele, dankie vir die geleentheid. Dankie Here!"

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
FrancoisW
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Mon Dec 09, 2013 2:48 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Dit was nou 'n lekker storie om te lees. Well done aan julle beide. Dankie vir die deel
375 Truvelo,30-06 Sabi Mauser, 243 Howa, .22 Brno Model 2
12Br Antoni Zoli S/S
12Br Antoni Zoli S/S
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Sho, baie mooi storie. Watter voorreg is dit nie.
Groete
Groete
-
CarelG
- Sr. Member

- Posts: 462
- Joined: Sat Jul 09, 2011 7:06 am
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Knop in die keel storie...baie baie geluk Pa en Ulani!
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Baie dankie vir die deel Uys - jys voorwaar bevoorreg.
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Dis 'n storie wat in die familie se geskrifte gedokumenteer moet word!! Baie geluk!
- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Wat n mooi storie.Jy is n goeie Pa.Om eers al die moeite te doen met die opleiding en die jag en dan die tyd te vat om so n mooi opskrif te maak daarvan.Jy kan trots wees op jou meisiekind en jou self.Dis n mooi ram vir n eerste bok en van die voete af geskiet!
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
- toelie
- Hero Member

- Posts: 928
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Sjoe baie geluk en mooi verhaal ook gewees het lekker gelees
-
Beyers
- Hero Member

- Posts: 1409
- Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
'n Seun wat saam met sy pa jag is spesiaal
'n Dogter wat saam met pa jag FENOMINAAL

- DWB
- Hero Member

- Posts: 6974
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Awesome man!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- Geno
- Administrator

- Posts: 13663
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Magic! Wel gedaan Uys en Ulani!
Is dit Johan op Kroonstad wat die kolwe op sy plaas bou wat daai een gemaak het?

Goed, beter, 6millimeter!
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Sjoe Uys, kry ek nou sommer op hierdie maandag more n knop in my keel vir jou onthalwe...
Jy het haar mooi geleer...nie baie mense wat ken van die nee woord as die bokke in die kruishare staan nie!

"Failure is NOT an Option"
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
sit hier met n knop in my keel en lees dit. welgedaan!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Geluk Uys baie mooi storie, dis 'n vir altyd wegbêre ervaring om te by jou te hou.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Geen maar geen geld in die wêreld kan hierdie ervaring koop nie. Ek weet presies hoe jy voel, my klong het vanjaar ook sy eerste bok geskiet. My jagmaat het die hele jag van bekruip, skiet en bloedsmeer op die gopro afgeneem. Toe ek die foto vir sy ma stuur laat weet sy terug dat sy nou lekker tjank. Sê daar vir jou meisiekind baie geluk en ek gaan jou waarborg sy gaan sommer gou gou beter as haar pa skiet.
Lekker storie dit is wat Jaracal so lekker maak.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

- JohanvanZyl
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Was nou baie lekker om te lees ja. Baie geluk Ulani!
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
- NEGE3
- Hero Member

- Posts: 1397
- Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Baie geluk aan 'n trotse pa en 'n pragtige dogter. Die meisiekinders bly maar spesiaal.
Groete,
Koos de Beer
Koos de Beer
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Pragtig!!!!!!
- Tikka_25-06
- Full Member

- Posts: 210
- Joined: Sat Apr 25, 2015 3:12 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Baie mooi storie! Dankie vir die deel en baie geluk aan julle 2! Wat n voorreg!
- Wildjagter
- Sr. Member

- Posts: 264
- Joined: Mon Jan 14, 2013 9:28 am
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Baie geluk Uys en Ulani. Waarlik n groot seën van bo om dit saam jou dogtertjie te kan beleef! Dit is n droom van nog vele pa's! Baie mooi storie....dankie vir die deel
- Plaashaas
- Hero Member

- Posts: 1018
- Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Wereldklas!!!
Baie geluk vir julle twee. Ek kan maar net bid my laaitie (7) kan eendag so boere vroutjie kry.

- Jakkels 223
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Dit was nou regtig lekker gewees om dit te lees, laat n mens uitsien na die eerste jag saam met my klein meisiekind!!!!
- Jakkels 223
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Wed Sep 11, 2013 1:09 pm
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Baie Baie geluk aan jul twee!!!!!!
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: 'n Storie van trots en ampere hartseer.
Baie Geluk
Jou dogter het meer selfbeheersing en goeie oordeel as baie volwasse mans waarvan ek weet.

- henried
- Hero Member

- Posts: 2353
- Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Price less!