Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by Jaco v Zyl »

Hallo manne
Ek wil graag by die manne wat al op 1000m op staalteikens geskiet geskiet het raad he.
Ek wil vi my n staalteiken maak, ma ek is ni seker oor di grootte ni, hoe groot moet ek dit maak vir n redelike uitdaging op daai afstand?
Dan wil ek hoor of jul dink kan ek dit maar van gewone staal maak, gedink aan 12 mm of 16 mm,sien my spoed behoort rondom 1400ft/s te wees?
Dankie byvooorbaat
Groete
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by tripodmvr »

1 MOA = 29mm op 100m, dus sal dit 290mm op 1000 meter wees. Maak dus sirkels op gonge van 290mm of dan 145mm vir 0,5MOA. Die gong sal effens groter as dit moet wees om darem naby skote te kan wys. 'n Halwe meter gong klink heel prakties.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by Reggie Gerber »

tripodmvr wrote:1 MOA = 0,029mm op 100m, dus sal dit 290mm op 1000 meter wees. Maak dus sirkels op gonge van 290mm of dan 145mm vir 0,5MOA. Die gong sal effens groter as dit moet wees om darem naby skote te kan wys. 'n Halwe meter gong klink heel prakties.
Oom Bedoel jy nie dalk dat 1MOA = 29mm op 100m nie ( 0.029mm is nogals vir fyn skiet)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by tripodmvr »

Ja Boet, die nuwe bleddie draadlose sleutelborde (bloutandjies) tik ekstras en as jy nie mooi oplet sit jy met onwaarhede. Dankie vir die uitwys - bo reggestel.

Groter gonge sal die raakskiet makliker maak (1m deursnee), maar koste kan nogal styf raak. Gewig om te vervoer en hanteer word ook problematies - moet hom nie los op die baan, alle metaal is deesdae skrotwerf toe.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by tripodmvr »

Lyk my ek rook of drink die regte goed. My raaiskoot is nie vêr van Ludwig se afmetings nie. Volg dit wat reeds gewerk het. Wat weeg so teiken Ludwig/Junglejulian en koste vir materiaal?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by Arnold »

Jakoos, ons skiet op ongeveer 2 MOA teikens vanaf 500m tot net anderkant 1.2km en dit is baie uitdagend! Die skote anderkant 650m is aansienlik moeiliker as die nader skote en dan van so 900m af is dit vir my asof dit nog 'n trappie moeiliker raak.

Soos Ludwig se kan mens baie keer nie sien waar 'n mis skoot tref nie n dit is baie "discouraging". Selfs raak skote is moeilik om te sien as die teiken nie vars geverf is nie en as die mirage nie saamspeel nie maak dit dinge ook moeilik.

Op die afstand gebruik ons ook vierkantige gongs om jou kans vir 'n trefskoot te vermeerder, ronde gongs is moeiliker. Wind op die afstand is die moeilikste faktor om voor te kompenseer.

1MOA is sommer stupid vir 'n beginner
1.5 MOA gaan bitter baie uitdagend wees
2 MOA is steeds nie maklik nie
3 MOA behoort jou selfbeeld goed te doen maar moenie verwag om raakskote van die begin af te skiet as jy dit nog nooit gedoen het nie.
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by Ashley »

" aim for a button and you might miss by 2 inches...aim for a shirt and you might miss by 2 feet.."
Hoe kleiner jy hom maak (en kan tref) hoe beter vir jou
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by Jaco v Zyl »

Baie dankie oom tripod,ludwig en arnold, ek het jul raad geneem en my vierkantige ghong hang,2moa ghong.

Groete
Jaco
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by Jaco v Zyl »

Skies ashley dankie vi jou ook
User avatar
wolfie47
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Sun May 03, 2015 3:05 pm

Re: Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by wolfie47 »

Jakoos wanneer skiet ons hom ek sal verf bring.
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by Jaco v Zyl »

Het jy n spotlight? Hy kla geverf
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by Jaco v Zyl »

So lyk hy
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
wolfie47
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Sun May 03, 2015 3:05 pm

Re: Staalteiken grootte vir 1000m- raad asb

Post by wolfie47 »

My spotlight kan nie so ver sien nie!
Post Reply