kan die waar wees sien dit op Iwarehouse.co.za?
Hawke Sport HD 3-9x50mm Mil Dot Reticle Riflescope
SKU: HK3009
Quick Overview
The Sport HD range offers exceptional value for money without compromising optical performance or build quality.
.Availability: Usually In Stock
NOW: R879.00
hoe goed is die scope ek sien hy is ook •All firearm caliber rated
Hawke Sport Optics?
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Hawke Sport Optics?
Jonathan by Saburban Guns (wat die amptelikke Hawke invoerders is) het voorgestel om slegs die Sidewinder, Tactical en Varmint reeks op senterslag gewere te monteer, dit is wat hulle meestal gebruik en kan die punch vat. Die ander reekse is maar meer vir windroere en .22's. Onthou ook hulle ''returns policy'', "as die teleskoop defektief raak stuur jy hom terug na hulle en hulle stuur jou n varse" mits jy nou nie oor hom gery het nie!
Maar ek kan net uit ondervinding praat en die Sidewinder is tops.
Maar ek kan net uit ondervinding praat en die Sidewinder is tops.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
GVC86
- Full Member

- Posts: 185
- Joined: Tue Jan 13, 2015 9:29 pm
Re: Hawke Sport Optics?
LRLaubscher,LRLaubscher wrote:Menere,
Ek het ook een van die Hawke teleskope vir my omtrent 2 jaar terug aangeskaf. Die pitte is maar min en ek het maar oë toe geknyp en gehoop hy sal werk al is die prys maar cheap. Koop toe die 6.5-20x42 hawke sidewinder tactical. Die verpakking het my baie verras, is nice in harde tassie met spons en alles pas mooi daarin.
Kom met sun shade, skroef scope caps, skoon maak lappie, turret zero allen (hex) key en 'n ekstra battery vir die illumination.
Ek skiet ver en stel elke keer as ek aan my 308 vat die teleskoop.
Ek kan met alle eerlikheid sê, na baie ftr skiet dae, en nog meer gong skiet dae. Die teleskoop stel wat hy sê, en kom elke keer terug na zero.
Of die turrets hou?
Wel na twee jaar stel hy nogsteeds. Die enigste kommentaar is dat die elevation turret nie meer so hard?voelbare clicks het soos wat dit nuut was nie. Alhoewel, 'n mens kan nogsteeds baie duidlik voel elke click en het ek egter nog nie 'n probleem daarmee nie.
Nog 'n ding, hy word effe dof as jy die zoom oop draai. Ek skiet omtrent nooit op grootter zoom as x16 nie, maar tussen x18 en x20 word die beeld onduidelik. Ek moet uitwys dit is egter slegs op langer aftsande. Verder as 500m wat ek dit sien.
Vir R3300.00 kan ek nie vir meer vra nie. As ek op die baan die lood op die selfde plek as die man langs my met sy Nightforce neer sit op elke afstand soos ons verder gaan, moet dit deram seker vanself praat vir die se scope se akkurate verstelling.
Ek is beindruk. Sou die teleskoop slegs gebruik tot ek genoeg gespaar het vir iets beter, en het nog nooit so ver gekom nie. Is dit nodig??
Skiet groete,
Werk daai stukkie glas nogsteeds so mooi?
Groete
George
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Hawke Sport Optics?
Manne, ek het nog nooit 'n hawke scope onder oë gehad nie maar het nou 'n geleentheid om een 2de hands te koop. Ek sien die hawke scopes se warrenty is nie oordraagbaar van die oorspronklikke eienaar nie. Dit is die 8-32x model wat ek op 'n pcp wil sit. Vortex, sightron en ader scopes wat ek ken sal ek met geruste hart tweedehands koop maar ek weet nie hoe "goed" die hawke scopes werklik is nie aangesien dit wil voorkom of daar wel 'n paar gevalle was waar manne probleme met hulle hawks gekry het.
Koop ek tweedehands teen R5000 of sit ek maar die ekstra geld by en koop nuut?
Koop ek tweedehands teen R5000 of sit ek maar die ekstra geld by en koop nuut?
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Hawke Sport Optics?
Hein bel vir Jonathan by Suburban hy sal jou n goeie prys gee. My eerste 8x32x56 se vergroting stel ring het gebreek binne 24 uur het hulle vir my n nuwe scope gestuur. My zeiss moet nou in Duitsland reggemaak word sit nou al 2 maande sonder die scope. Koop eerder nuut.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Hawke Sport Optics?
Ek het die naweek die geleentheid gehad om te kyk hoe werk die Hawke wat ek op my 6mm Musgrave gesit het in die nag. Ek is regtig beindruk met die helderheid in die nag ook en die rooi kolletjie(IR) maak dit net nog makliker. Nou nie kans gekry om iets te skiet nie maar kon mooi na 'n paar bakoortjies deur die scope kyk wat ons op so 300m opgetel het. Ek is regtig tevrede en sover hou hy.
