Nuwe aansluitings

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
Mukiwa
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Fri Jun 05, 2015 8:18 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Mukiwa »

Splinternuut!

Goeie more, my naam is Stephen Swanepoel ek is in Centurion. Ek lees al baie lank die forum en het besef hoe klein die wereld regtig is aangesien ek al van die ouens ontmoet het en eers later besef het dat dit dieselfede persoon is van wie ek op die forum gelees het.

Teikenskiet, Jag (Geweer en Boog) en Visvang en Herlaai is almal na aan my hart.

Gewere:
.22 Browning Lever Action (Stephen Jnr 4 jaar oud) se geweer.
.222 Sako Vixen AI (Stephen Jnr)
.243 Sako Varmint (debateerbaar)
.308 Sako Varmint
9.3 X 64 Brenneke Mauser M66
.416 Rigby CZ 550 Safari

Ek het reeds ongelooflik baie geleer op die forum en besluit om aan te sluit.

Groete,
Stephen
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by tripodmvr »

Welkom dan tussen ons. Sien jy het al 'n mooi versameling roere - en jy is al rats met AI ook.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Mukiwa
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Fri Jun 05, 2015 8:18 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Mukiwa »

Baie dankie, ja die .222 Vixen en 9.3 X 64 is my gunstelinge!

Ek het baie eksperimetering veral met die .222 gedoen.

Groete,
Stephen
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jaco v Zyl »

Baie welkom
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Jacquesb »

Wees Gegroet, al die nuwe manne.
Kuier lekker saam.
Dis n bakgat forum.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
Jannie van die plaas
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Sun Jun 07, 2015 11:25 am

nuwe aansluiting

Post by Jannie van die plaas »

Hi my naam is Jannie vd Merwe en ek boer in die Kalahari in Namibia. Nuut op die blad,maar dit wat ek lees geniet ek sover.Bly om hier te wees en te hoor hoe julle manne gesels. Groetnis
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Kalahari »

Welkom Jannie, lekker om van ons nader mense ook te hoor!
Ek is net so bietjie suid-oos van jou as ek reg is, in die soutblok.

Geniet die forum.

Johan Engelbrecht
Basson
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Jun 15, 2014 8:43 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Basson »

Dagse almal

Lees al n ruk lank die forum maar nog nie myself voorgestel nie. Eks Jans Basson van Malmesbury se wereld. Finalejaar bcomm landbou-ekonomie student op Stellenbosch en kom van n plaas buite Malmesbury waar my pa boer met koring en melkbeeste hoofsaaklik. Baie lief vir jag al van kleintyd af en leer graag by die manne op die forum.

Groete uit die Swartland!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Welkom aan die nuwe manne. Hier kuier ons lekker.

Jans, watter kant van Malmesbury is jul plaas? Lekker makoue wêreld daai. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Basson
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Sun Jun 15, 2014 8:43 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Basson »

Gawie, hy is 10km uit Malmesbury uit op die Klipheuwelpad soos mens in Stellenbosch se rigting ry. Melkery en spilpunte is teen die teerpad, jy kon dalk al verby hom gery het want ek sien jys van die Paarl. Makoue en duiwe pla veral nou in planttyd ja, vreet sommer sulke kaal kolle!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Ons skiet nogal baie duiwe by die melkerye, by Philadelphia met die PCP,s.
Makoue net waar ons kan. Hoe verder, hoe beter. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
erichbez
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Wed Jun 10, 2015 9:57 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by erichbez »

Hi

Ek is Erich Bezuidenhout van Witbank MP en is aktiewe skut en herlaaier vir afgelope 18 jaar te danke aan n pa en oupa wat geglo het n laaitie moet van vroeg af n roer ken...

Ek hoop om baie te leer by julle ouens
User avatar
Bosveld
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Tue Jun 16, 2015 2:21 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Bosveld »

Hallo,
Ek is Bosveld en ek hou van jag

Groete
“A Buffalo looks at you like he’s hunting you. He looks at you like you owe him money”- Robert Ruark

6XC, 7x57 Mauser, 7 Sherman Short, 300 WSM, 416 Rigby, 450 Rigby, 500 NE
User avatar
Mauritz83
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Wed Jun 24, 2015 10:51 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Mauritz83 »

Goeie Dag aan almal.
Ek wil myself eers gou voorstel. My naam is Mauritz Grobler en ek bly in Otjiwarongo hier in Namibie.
Die manne wat Namibie ken sal weet dat Otjiwarongo se wereld n baie lekker plek is om te jag.
Ek jag nie baie nie weens werk, maar is baie mal daaroor.
Op die oomblik skiet ek meer op die skietbaan as in die jagveld.
Ek lees al vir maande die Forum en het besluit om ook aan te sluit om meer te leer by almal.
Sien uit daarna om stories uit te ruil en ander se stories te lees.
Lekker dag vir almal.
Groete.
Mauritz Grobler

Musgrave .270
Musgrave .308
Uzkon 12GA
User avatar
Mauritz83
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Wed Jun 24, 2015 10:51 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Mauritz83 »

Goeie Dag aan almal.
Ek wil myself eers gou voorstel. My naam is Mauritz Grobler en ek bly in Otjiwarongo hier in Namibie.
Die manne wat Namibie ken sal weet dat Otjiwarongo se wereld n baie lekker plek is om te jag.
Ek jag nie baie nie weens werk, maar is baie mal daaroor.
Op die oomblik skiet ek meer op die skietbaan as in die jagveld.
Ek lees al vir maande die Forum en het besluit om ook aan te sluit om meer te leer by almal.
Sien uit daarna om stories uit te ruil en ander se stories te lees.
Lekker dag vir almal.
Groete.
Mauritz Grobler

Musgrave .270
Musgrave .308
Uzkon 12GA
ReinierK
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Mon Jun 29, 2015 11:34 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by ReinierK »

Goeie Middag Almal...

Wil net graag myself voorstel...

My naam is Reinier Kuschke ek lees al vir n tydtjie op hierdie forum n paar dinge en leer maar baie... Ek is n student op Potchefstroom, maar oorspronklik van Johannesburg af...
Geniet Jag en Hengel (sout en vars water).

Gewere:
.177 Cz Slavia 630
.22lr Mod 2 BRNO
7x57 M98 Mauser Oberndorf
12 Br Gaspar arizaga
7.65mm Cz 70
Skiet selfs van tyd tot tyd met n Barnett Pro Diablo Kettie

Sien uit daarna om paar dinge by julle te leer...

Groete
Reinier Kuschke
Francois82
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Thu Jul 02, 2015 3:39 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Francois82 »

Goeie dag aan al die lede.

Ek is Francois Fischer vanuit Greytown, in die lieflike KZN Middelande.

Ons het 'n bottelstoor op die dorp en jag ook graag.

Sien uit om kers op te steek by julle manne en het reeds baie gebaat
by wat jul lewer.

Baie dankie dat ek kan deel wees.

Groete

Francois.
JPD
Newbie
Newbie
Posts: 7
Joined: Mon Jul 06, 2015 4:30 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by JPD »

Naand almal

Ek is nuut hier op die forum.
Bly in Amanzimtoti. n Lid van Toti Sport Shooting club.

Sien uit daarna om hier by julle nuwe dinge te kan leer.

Groete
JP
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gawie(13mm) »

Aan al die manne van wyd en suid: Welkom!
Hier is baie van ons wat lekker saam gesels en dan is daar 'n paar manne wat uiters begaafd is wat skiet en jag aanbetref en ons op die nou en reg-uit paadjie hou ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Riaan404
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Sat Jul 11, 2015 11:03 am

Re: Nuwe aansluitings

Post by Riaan404 »

Hallo,

Ek is Riaan van Bloemfontein. Ek spandeer meeste van my tyd in Die Skietwinkel en boer soms.
Branus
Newbie
Newbie
Posts: 3
Joined: Sat Jul 11, 2015 9:41 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Branus »

Goeie naand manne

Ek is Branus Viljoen vanaf Pretoria.
Ek het my toegewyde skiet en jag status.

Ek het onlangs op die herlaai pad begin stap en sien baie uit na die wysheid wat ek hier gaan optel.

Groete
Branus
Gerritmvb
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Wed Jul 15, 2015 8:14 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Gerritmvb »

Naand Manne
Ek is ook nuut op die forum. My naam is Gerrit van Breda, ek woon in Mosselbaai. Herlaai en jag is my passie al vir baie jare.
Gewere:
.22 Anschutz
.22hornet/410 CBC
.223 CZ
.243 Musgrave
30-06 Remington
300wm Remington Sendero
User avatar
888stefler
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Thu Jul 16, 2015 2:47 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by 888stefler »

Goeie middag mense

Ek is nuut hier. My naam is Stef en ek jag al so ruk jakalse maar is oor die algemeen nie te suksesvol nie maar kry die goed altyd ingeroep en so een of 2 op die trokkie. Sal daarvan hou om n kursus by te woon en te sien of leer wat die gesoute manne maak. My kit tans is n n Wildfire and FX3 met n lightforce lig. Ek skiet met 300WM, Monarch 3 scope wat so op 8 vergroting rond is met n silent striker silencer en hornady STT punte. Ek het n vermoede die wit bakkie bedryf is wat my knie halter maar ek sal vroulief aan die werk sit om n cover te maak.

Groete
Gooi lood!

Wincherster Mod 70 300 WM
CZ550 Lux Varmint 308
CZ75 P07 Duty
Pietro Beretta 12Br
Ruger 22
T/C Dimension 270Win
Aut Pistole "Z" 6,35
User avatar
Ashley
Hero Member
Hero Member
Posts: 1046
Joined: Thu Feb 05, 2015 3:40 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by Ashley »

Welkom hier Stefler!
Hou bietjie oe oop hier op die forum, baie kursusse wat aan gebied word
Groete

Howa 30-06
Musgrave 7x57
Mossberg 12br
CZ 9mmP
User avatar
888stefler
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Thu Jul 16, 2015 2:47 pm

Re: Nuwe aansluitings

Post by 888stefler »

Ashley wrote:Welkom hier Stefler!
Hou bietjie oe oop hier op die forum, baie kursusse wat aan gebied word
Dankie

Eks seker ek sal baie leer en dit geniet hier...
Gooi lood!

Wincherster Mod 70 300 WM
CZ550 Lux Varmint 308
CZ75 P07 Duty
Pietro Beretta 12Br
Ruger 22
T/C Dimension 270Win
Aut Pistole "Z" 6,35
Post Reply