ccma
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
ccma
manne laat my toe om net bietjie stoom af te blaas asb.ons voorman boy,werk seker al 25jaar hier,rook nie,drink nie(beter as ek),praat vlot afrikaans en kan alles doen.as ons weg gaan bel hy elke dag om verslag te gee wat op die plaas aangaan,split op die ander werkers en so aan.lekker man,vertrou hom.as hy petrol,bande of battery soek vir sy bakkie kry hy,dan betaal hy dalk helfte. in die 25jaar nooit ernstige moeilikheid opgetel nie.so maand terug raak daar n sakkie meel weg en my pa roep die spul bymekaar om te hoor van die meel,beskuldig niemand.ander manne se hulle het hom laaste daar by die skuur gesien waar die meel is.los dit toe daar en gaan werk skaap.so uur later hoor ek hulle stry daar onder mekaar en daar trek voorman sy gat in n krul en loop stroois toe.sit toe vir 2 dae daar maar ons los hom.volgende dag komhaal hulle sy trek.ek stap toe soontoe en vra wat gaan aan.voorman se die ander werkers is skelm en hulle druk hom uit en hullen gaan hom vergiftig.ek se toe vir hom onthou net ek jaag jou nie weg nie,en ekt jou nie beskuldig van die diefstal nie.nee dis reg,hy loop oor die ander mense.week later kry ek hom op die dorp,betaal sy geld en laat hom n brief teken wat se hy loop uit vrye wil en hyt sy geld gekry,niemand skuld niks.hys tevrede en eks tevrede want ekt gehoor as n man so lank by jou gewerk het en hy loop uit sy eie moet jy baie bly wees.paar dae gaan verby en hier kom die brief in die pos,ccma se my pa het vir voorman beskuldig van diefstal en hom weggejaag.jou kontrak mag mos nie een foutjie op he nie maar as hulle net verdwyn uit die werk is dit reg.wat staan my nou te doen?
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: ccma
Maak n afspraak met daai betrokke persoon en gaan sien hulle. Vat altyd iemand saam met jou en alles wat hulle vir jou sê wil jy op skrif hê. Dit is ook nie altyd dat hulle die werker se woord aanvaar nie. Moet net nie weg bly nie.
Ek was al baie daar. Het jy n afskrif van daai brief wat hy geteken het dat hy uit eie wil bedank.
Sterkte.
Ek was al baie daar. Het jy n afskrif van daai brief wat hy geteken het dat hy uit eie wil bedank.
Sterkte.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: ccma
Johans ek het daai al n paar keer gehad.
Gaan vertel hulle mooi wat die man gedoen het as die saak voor kom, dan behoort sy kop goed gewas te word. Hulle doen dit om te sien wat hulle nog uit jou kan uitkry.
Gaan vertel hulle mooi wat die man gedoen het as die saak voor kom, dan behoort sy kop goed gewas te word. Hulle doen dit om te sien wat hulle nog uit jou kan uitkry.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: ccma
heinz ek het die oorspronklike.Heinz Petersen wrote:Maak n afspraak met daai betrokke persoon en gaan sien hulle. Vat altyd iemand saam met jou en alles wat hulle vir jou sê wil jy op skrif hê. Dit is ook nie altyd dat hulle die werker se woord aanvaar nie. Moet net nie weg bly nie.
Ek was al baie daar. Het jy n afskrif van daai brief wat hy geteken het dat hy uit eie wil bedank.
Sterkte.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: ccma
hy eis nou uif.maar soos ek dit het kan jy nie uif eis as jy self bedank nieHaan wrote:Johans ek het daai al n paar keer gehad.
Gaan vertel hulle mooi wat die man gedoen het as die saak voor kom, dan behoort sy kop goed gewas te word. Hulle doen dit om te sien wat hulle nog uit jou kan uitkry.
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: ccma
Neem maar daai oorspronklike saam wanneer jy ccma toe gaan. Jy gaan daai brief nodig he. En nee jy kan nie UIF eis as jy uit vrye wil bedank het nie.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
- Johnnie De Wet
- Hero Member

- Posts: 550
- Joined: Thu Mar 22, 2012 7:59 pm
Re: ccma
Begin deur nie te stress of slaap te verloor nie. Dis regtig nie erg nie maar mors net jou tyd.
Johnnie
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: ccma
+1 dit is maar n helse tyd mors.Johnnie De Wet wrote:Begin deur nie te stress of slaap te verloor nie. Dis regtig nie erg nie maar mors net jou tyd.
Jy het niks verkeerd gedoen nie so niks om oor te stress nie.
Hulle het my al gevra in so ccma hearing wat is ek bereid om die man te betaal.
Maak n ou net moerig dat hulle jou tyd so mors om te kyk of hulle nie jou vir die laaste keer kan melk nie.
-
Bakkies303
- Sr. Member

- Posts: 360
- Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm
Re: ccma
Was ook al by paar CCMA hearings. Stel net jou saak en bly koel. Gryp maar stoel se pote vas as jy kwaad word, maar moet net nie jou humeur verloor nie. Ons gebruik deesdae 'n derde party wat in arbeidswet is om ons drywers se kontrakte te doen. Kontrak is dan in lyn met wetgewing.
Moet ook nie verbaas wees as jy daar kom en werker kom met verteenwoordiger van unie daar aan of het ewe skielik 'n tolk nodig nie. As jy jou kant skoonhou is dit gewoonlik nie erg nie. Indien moontlik, moet hom ook net nie terugvat nie. As jy hom terugvat en jy vang hom dan, gaan jy meer sukkel om van hom ontslae te raak.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: ccma
Jy verwys ook na die 25 jaar vertrouensposisie. Weet van kennisse wat tot hul spyt moes agterkom dat die "getroue" werkers van 25 jaar in hul afwesigheid die stoetvee gesmous het.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Jacquesb
- Hero Member

- Posts: 1241
- Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am
Re: ccma
Die manne is reg.
Gaan stel jou saak. Bly kalm. Vat alle bewyse wat jy moontlik het. Oor hom, teen hom ens.
Besluit vooraf wat jy bereid is om hom te betaal om die saak af te handel. Hulle gaan jou dit vra. As dit NUL is is ook reg maar dan kan jy lang argumente verwag en as jy dan verloor om welke rede ookal kan CCMA Kommissaris tot 12 maande salaris gee.
Gewoonlik 1 tot 3 maande wat hulle toestaan as hu wen of jy moet hom terugvat.
As jy wen kry hy niks.
Sterkte

30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
-
Bakkies303
- Sr. Member

- Posts: 360
- Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm
Re: ccma
Johans, stem saam met Oom Tripod. As ek iemand kry wat gedurig ander ouens brand en niks verkeerd doen nie is dit die ou wat jy moet dophou. Hy probeer alle aandag van homself afhou. Wolf stel homself aan as skaapwagter.
Om by Jaquesb aan te sluit, sover ek weet moet jy vir elke jaar wat iemand vir jou gewerk het hom 'n week uitbetaal as jy hom retrench. Jy kan net hiervan seker maak indien hy dalk geld by jou soek en met belaglike eise kom. Jou situasie is wel anders.

J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1117
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: ccma
Johans
In my ondervinding is die CCMA kommisarisse heel billik teenoor beide partye. Daar is 2 prosesse, konsilliasie: hulle probeer 'n ooreenkoms tussen julle te bemiddel. Indien onsuksesvol kom arbitrasie volgende: die kommisaris luister na beide kante, oorweeg bewysstukke en maak dan 'n beslissing.
Dis nie so erg nie, sterkte.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: ccma
Johans,
Hier in GRT is 'n arbeids konsutant wat al ons kontrakte doen teen 'n heel billike prys, hy behartig ook al die verhore, bemiddeling met die Dept arbeid ens. Ek weet dit is te laat vir hierdie saak van jou, tensy jy een kan kry wat jou nou sal bystaan, maar dit is moontlik iets wat jy in die toekoms kan oorweeg indien daar in jou omgewing so persoon is. Hy het al groot klippe uit menige boere in die omgewing se pad gerol.
Voorspoed voorentoe.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 844
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: ccma
Johan
Skei eers die konsiliasie van die arbitrasie, met ander woorde maak beswaar teen die Con Arb proses. Met Konsiliasie begin jy onderhandel met so maand se salaris. Jy gaan seker op die ou end so 2 maande se salaris betaal. Hou al jou dokumentasie reg by konsiliase. Sluit beëdigde verklarings in van twee ander werkers wat sê hy het self gedros. Hou ook aanstellingskontrakte en alle betaalstrokies byderhand. Maak ook vir jou 'n tydlyn sodat dioe kommisaris jou nie kan vasvra nie. Maak die werknemer skrik met jou papierwerk.
En volgende keer as jy iemand afdank of hy loop, betaal hom niks. Wag vir die Konsiliasie. Dan het jy nog fondse om mee te onderhandel.
Groete
Dawie

- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: ccma
Dawie ek moet van jou verskil - die man het self bedank! Hoekom moet mens nou vir hom nog geld betaal?Dawie Malan wrote:Johan
Skei eers die konsiliasie van die arbitrasie, met ander woorde maak beswaar teen die Con Arb proses. Met Konsiliasie begin jy onderhandel met so maand se salaris. Jy gaan seker op die ou end so 2 maande se salaris betaal. Hou al jou dokumentasie reg by konsiliase. Sluit beëdigde verklarings in van twee ander werkers wat sê hy het self gedros. Hou ook aanstellingskontrakte en alle betaalstrokies byderhand. Maak ook vir jou 'n tydlyn sodat dioe kommisaris jou nie kan vasvra nie. Maak die werknemer skrik met jou papierwerk.
En volgende keer as jy iemand afdank of hy loop, betaal hom niks. Wag vir die Konsiliasie. Dan het jy nog fondse om mee te onderhandel.
Groete
Dawie
Alhoewel ek nie maandeliks in die CCMA kom nie, was ek al genoeg kere daar om te weet waaroor dit gaan.
Ek weier om 'n sent te betaal en uit die 10 of wat sake wat ek die afgelope 4 jaar daar gehad het het ons nog nooit 'n saak verloor of 'n sent betaal nie!!!
Bygese dit raak al hoe moeiliker maar ek glo 'n reg en geregtigheid!
Die nuutste truuk is dat die kommisaris jou probeer oortuig om iets te betaal om die saak te laat vinniger oor gaan. Hulle noem dit 'n "nuisence" payment! Jy betaal basies iets om die man uit jou hare te kry!
Ek het 'n probleem hiermee want dit is niks anders as 'n skulderkennings fooi nie!!!!!
Kry eerder jou feite bymekaar, kry jou getuies, berei ordentlik voor en baklei die saak!
By the way, die kommisaris is nie altyd onpartydig nie! Ek praat die taal en ek het een dag gesit en luister hoe die kommisaris die man "coach" hoe en wat hy moet se!
Wel ek het hom in sy eie taal reggehelp en dinge het van daar af vlot verloop!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
- dsmerrills
- Sr. Member

- Posts: 250
- Joined: Sun Jan 05, 2014 1:04 pm
Re: ccma
Johan, ccma is a gimik. You as a employer are allowed to be represented by an attorney so take an attorney with. An employee may not be represented during ccma proceedings unless the matter goes to arbitration then may your ex employee be represented.
9 out of 10 they will want to settle and by settle I mean they would want a 6/12 month salary payout as a compensation but negotiate this down to 1 month and be done with this waste of time.
The commissioner very rarely awards a 6/12 month pay out unless your ex employee was unfairly dismissed or retrenched but bear in mind any award made at a ccma is not binding on you and you can opt to arbitration where an arbitor can enforce the end award so it's a bit of a risk but in your case offer a little payout and be done with it or as I read it your completely in the right so fight it and agree to nothing and go to arbitration and the chances of your ex employee of being able to pay for arbitration proceedings seems slim.

Last edited by dsmerrills on Tue Jun 02, 2015 8:50 am, edited 1 time in total.
Glock 19 Gen 4
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
- Hein (Haan)
- Hero Member

- Posts: 1088
- Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm
Re: ccma
Ek stem saam jou, ek weier ook om daai nuisence payment te betaal as ek dit betaal moet ek vir elke ou wat by my loop ccma toe gaan.As jy belang stel om iemand te kry wat jou kan help om sulke dinge uit te sorteer skakel gerus iemand by SEESA hulle staan pa vir die advies wat hulle jou gee.Baasvark wrote:Dawie ek moet van jou verskil - die man het self bedank! Hoekom moet mens nou vir hom nog geld betaal?Dawie Malan wrote:Johan
Skei eers die konsiliasie van die arbitrasie, met ander woorde maak beswaar teen die Con Arb proses. Met Konsiliasie begin jy onderhandel met so maand se salaris. Jy gaan seker op die ou end so 2 maande se salaris betaal. Hou al jou dokumentasie reg by konsiliase. Sluit beëdigde verklarings in van twee ander werkers wat sê hy het self gedros. Hou ook aanstellingskontrakte en alle betaalstrokies byderhand. Maak ook vir jou 'n tydlyn sodat dioe kommisaris jou nie kan vasvra nie. Maak die werknemer skrik met jou papierwerk.
En volgende keer as jy iemand afdank of hy loop, betaal hom niks. Wag vir die Konsiliasie. Dan het jy nog fondse om mee te onderhandel.
Groete
Dawie
Alhoewel ek nie maandeliks in die CCMA kom nie, was ek al genoeg kere daar om te weet waaroor dit gaan.
Ek weier om 'n sent te betaal en uit die 10 of wat sake wat ek die afgelope 4 jaar daar gehad het het ons nog nooit 'n saak verloor of 'n sent betaal nie!!!
Bygese dit raak al hoe moeiliker maar ek glo 'n reg en geregtigheid!
Die nuutste truuk is dat die kommisaris jou probeer oortuig om iets te betaal om die saak te laat vinniger oor gaan. Hulle noem dit 'n "nuisence" payment! Jy betaal basies iets om die man uit jou hare te kry!
Ek het 'n probleem hiermee want dit is niks anders as 'n skulderkennings fooi nie!!!!!
Kry eerder jou feite bymekaar, kry jou getuies, berei ordentlik voor en baklei die saak!
By the way, die kommisaris is nie altyd onpartydig nie! Ek praat die taal en ek het een dag gesit en luister hoe die kommisaris die man "coach" hoe en wat hy moet se!
Wel ek het hom in sy eie taal reggehelp en dinge het van daar af vlot verloop!
Ons is nou al n paar jaar by hulle en die mense het ons al baie geld gespaar.
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 844
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: ccma
Die brief is deur die werkgewer opgestel en 'n week na hy weg is, tydens sy betaling, onderteken. Vir die meeste kommisarisse is dit klaar 'n groot probleem.week later kry ek hom op die dorp,betaal sy geld en laat hom n brief teken wat se hy loop uit vrye wil en hyt sy geld gekry
As jy beginsels baklei, moenie skik nie. Maar glo my maar, jy gaan dalk in die Arbeidshof eindig en die kool is die sous nie werd nie.
Groete
Dawie
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: ccma
Ek het in die verlede al meer as een lelike toets gedop met ccma. Maak vooraf n afspraak met betrokke mense by ccma. Vertel hulle die waarheid, die waarheid seevier soms nog in SA. Gesels rustig en mooi met hulle. Kry hulle vooraf aan jou kant. Beinvloed hulle, en indien nodig soms onbehoorlik....
Ek het op n stadium sover gegaan om voor ek iemand afdank n persoon van ccma met gesag in te roep en hom vooraf van my voorneme in kennis gestel. Hy het mooi na my gekyk en ek ook na hom. When in Rome.......
Die enkelle en enigste rede hoekom ek besigheid gestaak het waar mens van baie werkers afhanklik was is agv arbeidsprobleme. Die enigste ware lojaliteit wat ek nog tot nou kon verkry en op kon staatmaak was nog net vanaf my hond.

"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: ccma
Ek het so paar jaar terug 'n wit dame van seker 50 aangestel by my, na sy afgedank is by ander firma weens personeel vermindering. Ek het nie werklik iemand nodig gehad nie, maar het haar jammer gekry. Sy was egter so vrot van die skuld, dat ek haar salaris weekliks vir haar in kontant moes gee en net 'n klein bedraggie maandeliks in haar rekening moes betaal vir sekere debietorders. Ek het seker so 2 weke na sy by my begin werk het, agtergekom die vrou se gesondheid is nie lekker nie, haar op my koste na 'n dokter gestuur waar sy met suikersiekte gediagnoseer is en op my koste vir haar maandeliks pille gekoop het. My vrou het elke dag vir haar die regte tipe kos ingepak werk toe en ook 'n ete vir die aand. Na 6 maande het beide van ons agtergekom dinge gaan nie werk nie en het sy self en vrywillig besluit om te gaan. 'n Jaar en 'n half later, word ek toe gedagvaar vir die gedeelte van haar salaris wat sy elke week in kontant gekry het.....Jake1 wrote: Die enkelle en enigste rede hoekom ek besigheid gestaak het waar mens van baie werkers afhanklik was is agv arbeidsprobleme. Die enigste ware lojaliteit wat ek nog tot nou kon verkry en op kon staatmaak was nog net vanaf my hond.
Nee wat, no good deed goes unpunished..... Nooit weer nie!
Aim small, miss small
- dsmerrills
- Sr. Member

- Posts: 250
- Joined: Sun Jan 05, 2014 1:04 pm
Re: ccma
No need to sign for his money or salary. Eft is sufficient and a payslip!Henry 7 wrote:Ekskuus as ek hijack--as jou plaaswerker sy kontrak met jou het en jy betaal sy geld maandeliks elekronies in sy rekening in is dit nodig dat hy teken vir sy geld?
Jou staat dien mos ook as bewys.
Henry
Glock 19 Gen 4
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
-
DinoF
- Newbie

- Posts: 47
- Joined: Wed Jun 11, 2014 12:29 pm
Re: ccma
Ek kan jou net van my eie ondervindinge vertel. As ek jy was daag ek nie daar op sonder n verteenwoordiger nie. Hoef nie noodwendig n prokureer of advokaat te wees nie. Kry net iemand met n bewese rekord wat weet wat hy doen. Party arbeidspraktisyns het ook al die nuwe ding van skik aangeleer. Hulle prober jou oortuig dat die kommisaris dit as negatief sal beskou as jy nie n skikkingsaanbod maak nie. Moet nie in daai slagyster trap nie. As die werknemer eers n ietsie by die ccma gekry het gaan jy n nuwe bakkie klaar ry soos die res van jou mense geld uit jou prober uitdruk. Hulle maak so.
My opinie is (en glo my vry dis nie n proffessionele een nie) dat jy n sterk saak het sover ek kan agter kom. Moenie toelaat dat hy jou intimideer nie. Die kommisarisse kan ook al agterkom wie is die kansvatter en wie praat die waarheid.
Sterkte . Ek weet n ou voel maar redelik baber oor so storie. Ek weet die ontnugtering oor jou induna se rugstekery is soms erger as die ccma saak. Ons is maar net een maal anders bedraad.