Wanneer is die loop uitgeskiet?
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Wanneer is die loop uitgeskiet?
More Manne,
Ons praat almal van lope wat uitgeskiet word ens....
Maar min van ons (verseker nie ek nie) het dit self al persoonlik beleef.
Wat ag julle as uitgeskiet? Van 5mm to 50mm op 100m?
Hoe bepaal/besluit jy dat dit tyd is vir 'n nuwe loop?
Ek weet die is 'n vraag met baie moontlike antwoorde maar ek sal graag wil weet wat julle mening is.
En die manne wat wel al lope geruil het - waar het julle die streep getrek?
Dankie en groete.

375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Ek hou dop
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Seker wanneer die roertjie nie meer wil groepeer nie en nadat dit gebore scope is en sy keel is sodoende weggebrand dat jy nie naby die lande kan kom nìe.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Chris dankie man, hou my dop ook vas en kyk wat my Scooby kan doen 
Ek sal graag die wil volg aangesien ek 'n 270W het wat erens rondom 1948-50 gemaak is en nog goed skiet. En dan om by Joe aan te sluit, die TPL en magasyn veroorsaak dat ek buitendien nie naby die lande is nie.
Ek sal ook wil hoor as die "loop" uitgeskiet is, is dit mos net die keel. Sal die oorsny van die kamer nie dit reg stel nie? Of verloor jy te veel " op die lengte en kos dit te veel?

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
dit hang af...
dink dit is jou persoonlike besluit.
party mense vervang lope as hul nie meet 10mm groepe op 100m skiet nie.
ander as hul nie snyers op 600Y skiet nie.
wat is jou geweer se aplikasie? jag? vlakte jag? moet jou geweer net 150mm op 200m te groepeer, of moet hy 25mm op 200 groepeer.
eintelik kan net jy daai vraag antwoord.
ek jag gemsbok met my 22-250. as hy nie meer 20mm op 200m groepeer nie, sal ek nie meer gemsbok met hom skiet nie, maar die loop is nog reg vir jakkalse.
soos jy se, daars baie antwoorde.
maar, jy sal weet as die geweer jou laat twyfel.
vir my is elke kaliber, en elke aanwending anders.

HOU HOM DAAI DIKTE
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
charl, dit hang af van jou knox.
as hy lank genoeg is vir re chamber, kan jy net kamer afsny, en oorsny
as hy lank genoeg is vir re chamber, kan jy net kamer afsny, en oorsny
HOU HOM DAAI DIKTE
-
marco
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
My enigste loop wat vervang is was n 243 zastava wat na 20 skote van skoon af nie eers meer op n a4 blad groote op 100m wou groepeer nie... dan vat dit so 10 lappies met copper remover om hom skoon te kry... dan weer 20 skote en dis die blad vol... het hom laat borescope by Johan Morkel en hyt my gewys dat meer as die eerste 100mm van die groewe weg gebrand was en ook erg gefire crack was... hy was moeg...
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Dankie Cassie. Marco ja die borescope vertel sekerlik die enigste waarheid. Daai 243 moes baie geskiet het 
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
marco
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Hyt oor die 3000 rontes gehad maar ek moet ook noem dat die loop van nuut af n bitter lang keel gehad het... ek kon nie eers n 100 gr game king op die groewe laai nie..
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Manne dankie vir die terugvoering.
Kom ek stel die vraag so: wat kan 'n mens verwag as die loop uitgeskiet is?
Ek weet groter groepe maar sal dit van 10mm na 500mm vergroot op 100m?
Ek het gelees van die Zastava se A4 kwessie, is dit die norm?
Ek sit nie tans met so 'n probleem nie maar ek is net nuskuurig.
Alhoewel my gewere meer en deels vir jag gebruik word (en dus is 10mm groepe op 200m nie krities nie) probeer ek net die nodige kennis opdoen vir die dag as dit gebeur.
Weereens dankie .
Kom ek stel die vraag so: wat kan 'n mens verwag as die loop uitgeskiet is?
Ek weet groter groepe maar sal dit van 10mm na 500mm vergroot op 100m?
Ek het gelees van die Zastava se A4 kwessie, is dit die norm?
Ek sit nie tans met so 'n probleem nie maar ek is net nuskuurig.
Alhoewel my gewere meer en deels vir jag gebruik word (en dus is 10mm groepe op 200m nie krities nie) probeer ek net die nodige kennis opdoen vir die dag as dit gebeur.
Weereens dankie .
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
- 3006
- Sr. Member

- Posts: 456
- Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
More
My .308 RSA het begin om so nou en da n flyer te gooi sonder rede op 300m, ek moet byse dat die ou Musgrave loop my meer as 10 000 skote gegee het.
My .308 RSA het begin om so nou en da n flyer te gooi sonder rede op 300m, ek moet byse dat die ou Musgrave loop my meer as 10 000 skote gegee het.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13665
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Uit my ondervinding sal 'n roer een dag halfduim groepe skiet, en die volgende dag sukkel om 'n A4 raak te skiet. Dan weet mens hy is moeg. My 25-06 het so gemaak.
Goed, beter, 6millimeter!
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Ek het ook nou n 1957 30-06 wat se groepe ook al hoe groter en groter word. Die keel is goed weg gebrand. Ek kan ook duidelik die verskil voel tussen hom en my nuwe 308 as ek die boresnake deurtrek.
Ek het nou hom in by n geweersmit om die loop bietjie korter te sny en hom dan oor te sny na n 30-06 AI. Ek weet nie of dit sal help nie en sal terugvoer gee as ek hom terug gekry het. Ek hoop om die loop se leeftyd sodoende n bietjie te verleng. Hoe lank weet ek nie.
Die probleem is dat dit omtrent dieselfde kos en minder moeite is om net n nuwe geweer te koop as on die loop te vervang.

_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
- Geno
- Administrator

- Posts: 13665
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Is so, maar hoeveel rakgewere kom met hand-lapped match lope?Nickvn wrote:Die probleem is dat dit omtrent dieselfde kos en minder moeite is om net n nuwe geweer te koop as on die loop te vervang.
Ek dink net Nosler (as ek reg gehoor het) kom met PacNor lope.
Goed, beter, 6millimeter!
- Nickvn
- Hero Member

- Posts: 1554
- Joined: Sun Mar 25, 2012 9:28 am
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Ek hoor jou Geno, maar vandag se rak gewere is perfek vir jag tot en met 200m, waarvoor ek my 30-06 gebruik. As dit nou jou 10km
skyfskiet geweer is, is dit n heel ander storie. Ek praat nou maar van n gewone jag geweer.
_______________________________
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
7.65 CZ
Sig Sauer P250
12 br shotgun Magtech
12 br Harrington and Richardson
.22 LR Marlln
.223 Steyr Mannlicher
.270 CZ 550
.308 Tikka T3 Sporter
.30-06 AI BSA Royal (1957) ,
9.3x62 Mauser Oberndorf Type A (1937)
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
BaasvarkBaasvark wrote:More Manne,
Ons praat almal van lope wat uitgeskiet word ens....
Maar min van ons (verseker nie ek nie) het dit self al persoonlik beleef.
Wat ag julle as uitgeskiet? Van 5mm to 50mm op 100m?
Hoe bepaal/besluit jy dat dit tyd is vir 'n nuwe loop?
Ek weet die is 'n vraag met baie moontlike antwoorde maar ek sal graag wil weet wat julle mening is.
En die manne wat wel al lope geruil het - waar het julle die streep getrek?
Dankie en groete.
Ek moes toe al die kommentare lees om uit te vind jy verwys eintlik na 'n GEWEERLOOP.
Waar is die geweersmede wat hul kundigheid met ons wil deel?
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Ek dink, as die vryboor ("jump") langer word, as die koeël se dravlak, dan gaan jy sukkel.
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Oom PWV ek het dan juis gese daar kan baie antwoorde wees

Last edited by Baasvark on Fri May 29, 2015 3:40 pm, edited 1 time in total.
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
dis wat ek ook sal doen nick,aangesien ek nie kompetisie skiet nie.n gunsmith het my eendag gewys as jy nie n borescope het nie haal jou slot uit en kyk daar waar die groewe begin,dis die eerster plek waar hulle verweer en jy sal dit sommer maklik sienNickvn wrote:Ek het ook nou n 1957 30-06 wat se groepe ook al hoe groter en groter word. Die keel is goed weg gebrand. Ek kan ook duidelik die verskil voel tussen hom en my nuwe 308 as ek die boresnake deurtrek.
Ek het nou hom in by n geweersmit om die loop bietjie korter te sny en hom dan oor te sny na n 30-06 AI. Ek weet nie of dit sal help nie en sal terugvoer gee as ek hom terug gekry het. Ek hoop om die loop se leeftyd sodoende n bietjie te verleng. Hoe lank weet ek nie.
Die probleem is dat dit omtrent dieselfde kos en minder moeite is om net n nuwe geweer te koop as on die loop te vervang.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Al my vorige lope wat uitgeskiet was het die volgende tekens getoon
1. Sy groepe het begin groter raak. Van maklik 1/2 duim na so 1 1/2
2. Sy spoed met selfde lading neem baie af
3. Dan ewe skielik skiet hy 2 1/2"
4. Dan op n dag, binne 30 skote kan hy nie n sopbord groep skiet nie

Sako75
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Ek wonder soms of baie lope nie "uitgeskiet" is wanneer daar 'n nuwe eksotiese kaliber met buitengewone vermoe op die horison verskyn nie of wanneer daar 'n special op een of ander "match target tactical" tipe lope is nie. My beskeie waarneming is dat daar dan baie lope "uitgeskiet" is en vervang moet word.
- Baasvark
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri May 16, 2014 7:33 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Dankie Piet, kry nou 'n idee van wat om te verwag!
375 CZ H&H
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
7X64 CZ
243 MUSGRAVE
223 Mini Ruger 14 Semi Auto
22-250 SAVAGE VLP
22 Remington
12 Ga Harrington & Richardson (ou Sanna)
9mm CZ 75B
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Sako, ek dink jy is doodreg, my maat.Sako75 wrote:Ek wonder soms of baie lope nie "uitgeskiet" is wanneer daar 'n nuwe eksotiese kaliber met buitengewone vermoe op die horison verskyn nie of wanneer daar 'n special op een of ander "match target tactical" tipe lope is nie. My beskeie waarneming is dat daar dan baie lope "uitgeskiet" is en vervang moet word.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1544
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Moet jy nou strategie uitblaker?Sako75 wrote:Ek wonder soms of baie lope nie "uitgeskiet" is wanneer daar 'n nuwe eksotiese kaliber met buitengewone vermoe op die horison verskyn nie of wanneer daar 'n special op een of ander "match target tactical" tipe lope is nie. My beskeie waarneming is dat daar dan baie lope "uitgeskiet" is en vervang moet word.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- dawiec
- Hero Member

- Posts: 625
- Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am
Re: Wanneer is die loop uitgeskiet?
Sako jy praat uit jou beurt uit...nou nou lees my vrou hier iets raak
en dan is daar weer huismoles....