Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by alecjohnson »

net dat die manne weet, ek is 'n Isuzu en Mich (colt) fan! Daai twee ry lekker sag, maar die Isuzu met 'n vrag het 'n nadeel. Hulle het 'n swak bladveer ontwerp en op die voorste shackle breek hulle af, op die bakkie wat ek ry is al 4 grbreek op kgalagadi paaie (a.g.v sink en vrag). Die nadeel word egter gou reggemaak met 'n namarkse verestelsel, ek het met pappie en Isuzu se hulp die old man emu roete gevolg. Ek sal haar net veruil vir 'n splinter nuwe Land cruzer D/C wat fully kitted is met n brandstof verbruik van 12km/l teen 120km/h en ons almal weet so iets bestaan nie!
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by BRNO (Pierre) »

Hel Frederick jy kan nonsies praat!!

Ludwig het op grondpaaie groot geword. hy bestuur seker al langer op grondpaaie as wat jy op teer bestuur. Die ou het ondervinding daarvan. Gaan lees weer sy antwoord.

Ek het nou 8 jr lank al Hilux in my garage, en 6 jaar Fortuner. die 2007 model Fortuner was verseker lig op grondpad, maar as jy dit weet, ry jy mos ooreenkomstig. Die 2005 Hilux kon ek nie regtig oor kla nie. maar die 2013 is verseker beter op grondpad as die ouer een. Bygese, hy is 4*4, en wanneer ek weet ek gaan lank/ ver grondpad ry, dan sit ek hom in 4H.

Ek stem as jy die aankomende karre kan sien, ry aan die regterkant van die pad, vernam sinkplaatpad, want dan ry jy teen die afgeryde kante van die hobbels.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Giepie »

BRNO (Pierre) wrote: Ek stem as jy die aankomende karre kan sien, ry aan die regterkant van die pad, vernam sinkplaatpad, want dan ry jy teen die afgeryde kante van die hobbels.
Is dit nie onverantwoordelik en gevaarlik nie, of lees ek iets verkeerd? Ons ry mos aan die linkerkant. As jy nou aan die regterkant ry is jy in die ander kar se baan. Wie moet dan uitdraai? As ek sien 'n ander kar is in sy verkeerde baan gaan ek nie weet wat die bestuurder gaan doen nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Ratel »

Partykeer moet 'n mens soos die Engelsman se "common sense" toepas. Ek het 'n ruk terug met iemand gepraat wie my vertel het hoe k%k sy bakkie op 'n gronpad ry, veral sinkplaat pad. Toe ons bietjie langer gesels kom ek agter hy pomp sy bande 3 bar, want soms dra die voertuig vrag. Wel met 'n bakkie sonder vrag en bande 3 bar op 'n sinkplaat is dit 'n resep vir probleme. Ek luister baie keer wanneer mense die fabrikaat sleg se en wonder dan hoeveel is die bakkie se fout en hoeveel is die bestuurder se fout.

Ek het gesien voertuie rol maklik as hulle die sand walletjies langs die spore probeer ry om die sinkplaat te vermy. Meeste ouens wie op grondpaaie leer bestuur het weet van die gevaar. Sinkplaat in die draai van 'n pad bly 'n groot risiko ongeag waarmee jy ry. Die rede is voor die hand liggend want die bande het minder traksie agv die sinkplaat en moet dan nog vasbyt in die draai.
Maak 'n verskil
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Eugene »

222 Sako wrote:As jy aankomende verkeer kan sien help dit soms om die sinkplaat aan die regterkant van die pad aan te vat.
Dit help nogal om aan verkeerde kant van die pad te ry. Die "sinkplaat" is daar soms beter. Dan help sagter bande en effens hoër spoed ook nogal.
Aim small, miss small
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13659
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Geno »

Ek ry rondom 50,000km per jaar in 2 voertuie waarvan so 1/3de op grondpaaie is.

Wat vir my help is:
Bande nooit harder as 2.3bar nie.
Ry aan die regterkant van die grondpad, mits dit veilig is om so te doen, en jy vêr genoeg vooruit kan sien.
Ry op 'n "nodespoed". Daar is 'n sweetspot in spoed op 'n grondpad. Dit verskil van pad na pad en voertuig na voertuig.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by win270 »

Interessante riglyne, Geno. As almal aan die regterkant ry, is dit reg om af te lei dat dit dan weer beter sou wees om liewer aan die linkerkant te ry? Ek neem aan dit gaan oor die vorm wat die hobbels het aan die kant van die pad waar verkeer meeste beweeg . . . Een van die dae sal slim(mer) GPS stelsels ook seker hieroor advies kan gee . . .
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Carl »

Geno wrote: Ry op 'n "nodespoed". Daar is 'n sweetspot in spoed op 'n grondpad. Dit verskil van pad na pad en voertuig na voertuig.
Hallo OOm Tripod Pierre en al die ander QL boffins

Ek het 2 voertuie.
1. Subura Forester Turbo permanent 4x4
2.5 liter engine, teen 5800rpm maks spoed van 220km/h
Bande 255 x 17"
2. Land Cruiser enkel kajuit.......... met OME skokbrekers...

Met die gegewens hierbo wat sal QL sê is my node spoed vir die 2 voertuie op? ;)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by JacquesT (Stompe) »

Carl wrote:
Geno wrote: Ry op 'n "nodespoed". Daar is 'n sweetspot in spoed op 'n grondpad. Dit verskil van pad na pad en voertuig na voertuig.
Hallo OOm Tripod Pierre en al die ander QL boffins

Ek het 2 voertuie.
1. Subura Forester Turbo permanent 4x4
2.5 liter engine, teen 5800rpm maks spoed van 220km/h
Bande 255 x 17"
2. Land Cruiser enkel kajuit.......... met OME skokbrekers...

Met die gegewens hierbo wat sal QL sê is my node spoed vir die 2 voertuie op? ;)
Ja maar wat is jou TPL of classie lengtes? Image Image Image
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by VdWalt »

Baie dankie julle - ten eerste voel ek beter omdat ek sien dit is toe moeiliker
om die pad te ry en dis nie net ek wat nie weet hoe nie. Ek is ook bly om te hoor
van die sweet spot soos Geno hom noem wat die pad het, want dis presies
hoe dit vir my op die pad gevoel het. Vinniger het onveilig gevoel en stadiger
het baie meer gestamp. Ek sal nou nog net die sagter wiele volgende keer ook
probeer. BTW dit is nie met 'n bakkie nie maar my Pajero Sport.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Carl »

Elke tipe sinkplaat pad vra ander bestuur styl. Suid Vrystaat en Mpumalanga turf is nie dieselfde nie. In die Noord Kaap tussen Douglas en Hopetown het ons die LC nie vasgeklem nie. Die bakkie moes mooi natuurlik loop. As jy jaag en skielik pluk gaan jy drade toe - menige rep bakkies gesien langs die pad.

Pasop vir draai vat en oor die "camber" gaan aan die buitekant!

Oom Piet van Donkerhoek het my een aan so effe wit om die kiewe gery. Hilux was dak hoogte gelaai met springbokke en ons was oppad huistoe van oom Rooi Piet in die kalk. Daai bakkie het geloop maar hy het nooit die stuurwiel met wit kneukels geklem nie (myne was). Hy drift net so om die ystervarke en bakoortjies. Hy vertel my toe jy moenie die stuurwiel vir dood vas hou nie - amper soos 'n geweer.

Ek ry AWB karre so meeste van die tyd het ek min om te bekommer. As ek soms agter 'n lee Hilux bakkie se stuur in klim dan besef ek wat is tegnologie! Gelukkig is die Cruiser nie vinnig genoeg om mee moeilikheid te maak nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13637
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Capt. Yoda »

Carl wrote:
Geno wrote: Ry op 'n "nodespoed". Daar is 'n sweetspot in spoed op 'n grondpad. Dit verskil van pad na pad en voertuig na voertuig.
Hallo OOm Tripod Pierre en al die ander QL boffins

Ek het 2 voertuie.
1. Subura Forester Turbo permanent 4x4
2.5 liter engine, teen 5800rpm maks spoed van 220km/h
Bande 255 x 17"
2. Land Cruiser enkel kajuit.......... met OME skokbrekers...

Met die gegewens hierbo wat sal QL sê is my node spoed vir die 2 voertuie op? ;)

Kort jou exhaust se interne volume. Dit behoort so by die 13L te wees
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Wouter Roets »

Manne

Net so terloops oor die Toyota Hiluxe en Fortuners. Natuurlik is dit n groot grap by almal dat hulle zebra's is en net vir rol as hulle grond sien. met die eerste modelle was hierdie regtig nie ver van die waarheid nie. Die realiteit is darem dat die nuwe modelle met die 17 duim wiele darem heeltemal hierdie prentjie verander het. Rygerief en veral die hantering op n grondpad is darem nou strate beter. Die toevoeging van stability control op sekere modelle help ook darem baie. My laaste twee Hiluxe is die enigstes wat van die lot wat ek nie n vol Old Man Emu suspensie opgesit het nie.

Vir interessandheid het die eerste modelle Hiluxe niks op die Land Cruiser 200 as dit kom by sinkplaat paaie nie. n Mens kan nie glo dat n kar wat 1.1 bar kos n OME suspensie moet kry om die paaie te ry nie. Ek het die fight hard gefight met Toyota sonder sukses met al drie modelle wat ek al gery het. Die Prado, FJ Cruiser en Rav4 is weer n droom op die paaie.

Groetnis
Wouter
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13637
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Capt. Yoda »

Wouter Roets wrote:Manne

Daai is die ding wat ek soek !
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7568
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Wouter Roets »

Cappie

Daai FJ was soos n muis met slippers op n grondpad. Ek dink nie ek het al n lekker kar op grondpad gery as daai FJ nie. Jammer dat hulle nie hom n diesel enjen kan gee nie.

Groetnis
Wout
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Koos Barnard »

Ek het op grondpaaie leer bestuur en is ook deur my pa geleer om nie die stuurwiel vas te klem nie. Laat die kar maar dans... moenie skielik rem nie en bring maar die kar so met verdrag terug op die regte spoor. Pasop vir rem net voor 'n draai of liewer in 'n draai. Gee liewer petrol in die draai dat die wiele trek (binne perke natuurlik). Het onlangs in Suidwes oor die 500km op grondpaaie gery en gevind dat my nuwe Ranger (intreemodel) veel vaster op die pad sit as die vorige twee wat ek gehad het. Die nuwe mouter klou werklik soos 'n neet (vlooi se kind se eier aan hare) aan die pad. Suidwes se paaie is goed so ek het vir baie km gecruise teen 120 en selfs 140kph. Die ander rangers het outomatiese traction control gehad wat inskop die oomblik as die kar effens begin gly. Helse irritasie vir my gewees. Ek verkies die manual manier, werk beter vir my.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by BRNO (Pierre) »

Giepie wrote:
BRNO (Pierre) wrote: Ek stem as jy die aankomende karre kan sien, ry aan die regterkant van die pad, vernam sinkplaatpad, want dan ry jy teen die afgeryde kante van die hobbels.
Is dit nie onverantwoordelik en gevaarlik nie, of lees ek iets verkeerd? Ons ry mos aan die linkerkant. As jy nou aan die regterkant ry is jy in die ander kar se baan. Wie moet dan uitdraai? As ek sien 'n ander kar is in sy verkeerde baan gaan ek nie weet wat die bestuurder gaan doen nie.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13637
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Capt. Yoda »

Laat die kar maar dans... moenie skielik rem nie en bring maar die kar so met verdrag terug op die regte spoor. Pasop vir rem net voor 'n draai of liewer in 'n draai. Gee liewer petrol in die draai dat die wiele trek (binne perke natuurlik)
Daai wat Oom Koos daar se is baie belanglik en ongelukkig weet meeste mense wat nie baie grondpad ry dit nie veral vrouens. Sit nou nog n beeswa met n groot bul of vol lek agter die bakkie en sien watse sport daar dan kan kom.Soos Carl ook gese het as sy gat gly drift hom maar so bq.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Carl »

Capt. Oblivious wrote: mense wat nie baie grondpad ry dit nie veral vrouens.
Ah ah ah hier kom @@$@ . Wat is daai versekerings maatskappy se produk? 1st for..."Manne met warm bakkies"? :angel:
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13637
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Capt. Yoda »

Carl wrote:
Capt. Oblivious wrote: mense wat nie baie grondpad ry dit nie veral vrouens.
Ah ah ah hier kom @@$@ . Wat is daai versekerings maatskappy se produk? 1st for..."Manne met warm bakkies"? :angel:
Carl hul kan maar verseker wie hul wil maar ek sal nie saam my vrou my ma of my skoonma op n grondpad ry as hul bestuur nie.Ek stap eder

So 3 jaar terug tussen kuruman en askam ry my oom met n wa vol lek agter sy Cruiser met 3 handlangers agter in die cruiser.Om n draai ook op n lelike grondpad bars die tyre op die wa en daai wa vol lek vat die cruiser saam veld toe met die manne agter in wat soos velle trek.Rukkie later ry hy en een van daai manne weer plaas toe ma hy ry in iets anders (dink dit was n Hilux of iets) en die tyre bars voor links van n stuk yster maar sonder enige pein.Hy se toe die tyre bars nog voor hy weet die tyre het gebars toe is philemon al teen so 80km/h by die deur uit.Hy se hy spring hom eder in sy moer as wat hy weer soos n vel gegooi word
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
222 Sako
Full Member
Full Member
Posts: 224
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:40 am

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by 222 Sako »

My ou Hilux se "nodespoed" kry jy eers mooi as jy die mat onder die diesel pedaal uithaal.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by VdWalt »

222 Sako wrote:My ou Hilux se "nodespoed" kry jy eers mooi as jy die mat onder die diesel pedaal uithaal.
Ek jou sê daar het paar manne van vooraf by my verby gekom wat glad nie eers matjies
in hulle bakkies het nie.....!
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Carl »

Capt. Oblivious wrote: Carl hul kan maar verseker wie hul wil maar ek sal nie saam my vrou my ma of my skoonma op n grondpad ry as hul bestuur nie.Ek stap eder d
Dis die waarheid daardie, tensy hulle die nuwe wet van 40km/h handhaaf!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13637
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Capt. Yoda »

Carl wrote:
Capt. Oblivious wrote: Carl hul kan maar verseker wie hul wil maar ek sal nie saam my vrou my ma of my skoonma op n grondpad ry as hul bestuur nie.Ek stap eder d
Dis die waarheid daardie, tensy hulle die nuwe wet van 40km/h handhaaf!

My vrou se my gister hul kan loop vlieg sy ry net 90 in die dorp.Hoe dink hulle moet sy erens kom as hul die limit nou met die helfte wil drop ???
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Hoe om grond pad (sinkplaat) te ry?

Post by Giepie »

Daai goed wat Koos sê is presies waar. Hou die stuurwil te styf vas dan hardloop hy rond. Sootgelyke beginsels geld ook by motorfietse. Moet nie dit baklei nie, kry die gevoel en gly deur die draaie. Ander belangrike ding ook - kyk waar jy heen wil gaan. Dit werk selfs in 'n kar. Moenie vir die hindernis kyk nie, dan tref jy dit juis.

Selfs in my 80 Series Cruiser verkies ek nie 4x4 nie, ek is gemakliker met net agterwiel aandrywing. Dit is hoe ek geleer het en gemaklik mee voel.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Post Reply