Burris Eliminator 3 vir nagskiet op groot bokke

Post Reply
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Burris Eliminator 3 vir nagskiet op groot bokke

Post by Frikjordaan »

Oorweeg dit om 'n Burris Eliminator 2 of 3 aan te skaf.

Soms is dit nodig om verder as 200 meter in die nag gemsbokke te skiet, kom net nie nader nie.

Om die afstandmeter stil te hou en 'n korrekte afstandlesing te kry is minder maklik, nou wonder ek of die Burris Eliminator nie dalk 'n goeie doel kan dien om te verseker dat daar geskiet word waar jy mik.

Sal graag wil hoor van forumlede wat ondervinding het van die tipe teleskoop vir nagskiet ongeveer 300 meter of effens verder. Afstand skat in die donker is nie nie elke man se maat nie.
Die Lightforce ligte is baie helder en die teleskope met 56 mm lense voor kyk mos baie goed en dan lyk dit nader as wat dit is.

Ek het al deur die Burris met 'n 50 mm voorste lens in die donker gekyk en is beindruk met die beeld.

Baie dankie
Frik
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Burris Eliminator 3 vir nagskiet op groot bokke

Post by Boesman10 »

Die Burris het 'n ingeboude range finder. Wanneer jy die knoppie aan die kant van die scope druk dan kom daar 'n liggie aan in die scope wat die afstand gee, die wind "drift" faktor en dan 'n liggie op die vertikale lyn wat vir jou wys waar om te mik.

Die probleem in die nag is wanneer die liggies aankom hier reg voor jou oog dan kan jy niks deur die scope in die donkerte sien nie. Dit is asof 'n klein flits liggie in jou oog skyn. Ek wil dus se dat indien die doel van die aankoop is om in die nag te skiet dan is die Burris miskien nie die beste opsie daarbuite nie. Hy is wel helder as jy nie die knoppie druk nie maar sodra die interne liggie aangaan dan is dit moeilik om deur hom te sien in die donkerte.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 1051
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm

Re: Burris Eliminator 3 vir nagskiet op groot bokke

Post by Reloader270 »

Kyk op guntree, daar is 'n out van Modimolle wat een adverteer.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Burris Eliminator 3 vir nagskiet op groot bokke

Post by Geno »

Reloader270 wrote:Kyk op guntree, daar is 'n out van Modimolle wat een adverteer.
Ek ken hom. Gerrit-Jan Bakker.

+27828521429
Goed, beter, 6millimeter!
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Re: Burris Eliminator 3 vir nagskiet op groot bokke

Post by Frikjordaan »

baie dankie . Ek het epos gestuur

is die liggie se intensiteit nie verstelbaar nie?

Baie dankie dat julle laat weet het.
Groete
Frik
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Burris Eliminator 3 vir nagskiet op groot bokke

Post by ruaanb »

nie sover ek weet nie ek het al met myne in die aand gespeel en dit pla maar.
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Burris Eliminator 3 vir nagskiet op groot bokke

Post by Boesman10 »

Nee die liggie se intensiteit is nie verstelbaar nie. Wat ek doen vir nag skiet is maag 'n aparte rangefinder.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Burris Eliminator 3 vir nagskiet op groot bokke

Post by Piet Breedt »

Die Eliminator 3 se liggie het twee verstellings. n Helder, en flouer verstelling. Lees die boekie
Last edited by Piet Breedt on Thu May 21, 2015 4:35 am, edited 1 time in total.
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Re: Burris Eliminator 3 vir nagskiet op groot bokke

Post by Frikjordaan »

Ek het ook gisteraand gekyk. Mens kan die liggie se intensiteit afstel.
As mens dit afstel pla dit verseker baie minder.

Weet iemand of mens nog die 2de generasie telescope kan koop of is daar net die 3de generasie beskibaar? Wat sou die prys van die 2de generasie sonder die wind verstelling kos?
Baie dankie
Frik
Post Reply