Baie carbon op geweer loop se kroon.
-
HJA
- Sr. Member

- Posts: 330
- Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am
Baie carbon op geweer loop se kroon.
Goeie môre,
Ek skiet met 'n 243 win met 'n HB silencer op.
Maar na elke skiet moet ek lank sukkel om baie duk carbon van my geweer se kroon af te kry.
Sal dit akkuraatheid ook benadeel as die carbon nie verwyder word nie.
By ander manne wat ook met silencer skiet sien ek nie so baie carbon by hul gewere nie.
Hoekom so baie carbon of moet ek sonder silencer dalk skiet.
Dit is slegs na daar so 10 skote geskiet is.
Dankie
Henk

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13652
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Baie carbon op geweer loop se kroon.
Silincer maak maar so.Kry vir jou n klein bottle Montana extreme bore solvent as en dan smeer jy so bq voor op as jy loop skoon maak.5min dan vee jy dit af en hy is blinkskoon. Obviously hoe meer jy skiet hoe meer carbon gaan daar voor op pak en hoe meer pak hoe langer vat dit om dit skoon te kry maar daai Montana haal dit tjoef tjaf af
Last edited by Capt. Yoda on Fri May 15, 2015 10:31 am, edited 1 time in total.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Baie carbon op geweer loop se kroon.
Henk
Gaan na die hardeware afdeling van Checkers of die motordeel by Builders. Koop die Carbon Cleaner wat hulle aanhou - Wynns ens. Dit maak my kroon mooi skoon.
Gaan na die hardeware afdeling van Checkers of die motordeel by Builders. Koop die Carbon Cleaner wat hulle aanhou - Wynns ens. Dit maak my kroon mooi skoon.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
HJA
- Sr. Member

- Posts: 330
- Joined: Tue Jul 17, 2012 10:12 am
Re: Baie carbon op geweer loop se kroon.
Baie dankie sal so maak.
Lekker dag verder
Henk
Lekker dag verder
Henk
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Baie carbon op geweer loop se kroon.
Ek skiet ook 'n knaldemper en die carbon pak kwaai aan. Dit pla my nie so kwaai nie en my akkuraatheid neem verseker nie af nie. Die heel beste raad wat ek tot dusvêr ontvang het om die kroon skoon te maak is Iosso bore paste op 'n lappie. Sit hom so op jou duim en draai jou hand heen en weer in die rondte. Dit werk vinnig en effektief en daai kroon blink binne sekondes soos nooit tevore. Boretech Carbon Remover en ander sal werk maar dit vat baie lank.
Last edited by Fritz on Sun May 17, 2015 6:19 pm, edited 1 time in total.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Baie carbon op geweer loop se kroon.
Nee ouens ek moet verskil. Ek was glad nie impressed met bore tech se carbon remover nie. Tipton maak so lappie waarmee mens lood uit rewolwers uithaal en carbon van die frame af. Werk baie better en vinniger.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3127
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Baie carbon op geweer loop se kroon.
My .308 se target crown pak lekker dik aan van die carbon ek sit maar bietjie M98 op en los n ruk en gebruik plat bek skroewedraaier partykeer om die ergste af te krap dis nou nie op die kroon self nie. Met die 300 vat ek net n olie lappie en vee af na die skiet en hys silwer skoon maar hy het n heel ander tipe silincer op wat seker die rede is.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Baie carbon op geweer loop se kroon.
Probeer tipton se metal magic cloth. Mens sny so 1x1 duim blokkie af en vryf liggies. Vat n paar sekondes en dis gedoen. Het nog nie n beter ding gekry om koolstof van enige iets af te kry nie. Dis al wat werk op n stainless revolver vir my, en werk soos n droom op n kroon vol koolstof. Die ander sousies werk maar dit vat maar bietjie tyd veral as jy so 30 skote deur die loop het. En as ak skoonmaak is ek verseker nie lus vir sukkel nie.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Baie carbon op geweer loop se kroon.
Boretech se produkte werk ook baie goed vir my. Selfs die Boretech copper remover haal die carbon van my gewere se kroon af..
- Fritz
- Hero Member

- Posts: 1376
- Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm
Re: Baie carbon op geweer loop se kroon.
Jammer Ludwig my fout, ek bedoel Boretech Carbon Remover. Ek ken nie die Eliminator nie.Ludwig wrote:Fritz, Bore Tech Eliminator werk amper glad nie om daai koolstof op die kroon af te haal nie. Ek het al 'n lappie met Eliminator natgemaak en om die kroon gedraai en vir 'n uur gelos sonder enige sukses, maar Bore Tech Carbon Remover werk binne sekondes en die kroon lyk daarna of hy nounet van die draaibank af kom.Fritz Hagen wrote:Boretech Eliminator en ander sal werk maar dit vat baie lank.
Hier is my ervaring vir wat dit werd is. Boretech Carbon Remover werk op so vuil kroon, maar iosso paste werk vir my heelwat beter.
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: Baie carbon op geweer loop se kroon.
Ek het gou vanoggend jou raad gevolg met die iosso paste. .270 het seker so 50 skote met KD deur en bietjie aanpaksel op kroon. 10sec se vryf toe is hy blinkskoon!Fritz Hagen wrote:Jammer Ludwig my fout, ek bedoel Boretech Carbon Remover. Ek ken nie die Eliminator nie.Ludwig wrote:Fritz, Bore Tech Eliminator werk amper glad nie om daai koolstof op die kroon af te haal nie. Ek het al 'n lappie met Eliminator natgemaak en om die kroon gedraai en vir 'n uur gelos sonder enige sukses, maar Bore Tech Carbon Remover werk binne sekondes en die kroon lyk daarna of hy nounet van die draaibank af kom.Fritz Hagen wrote:Boretech Eliminator en ander sal werk maar dit vat baie lank.
Hier is my ervaring vir wat dit werd is. Boretech Carbon Remover werk op so vuil kroon, maar iosso paste werk vir my heelwat beter.
Thanx Fritz!
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 837
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Baie carbon op geweer loop se kroon.
Ek sit so dun lagie van die wit stafie smeermiddel, wat jy gebruik om motordeur skarniere en slotte mee te smeer, op die kroon nadat ek skoongemaak het. Dit help baie dat die "carbon" maklik afkom nadat jy geskiet het.