Soms reageer 'n Koeel helemal anders as wat jy gedink het hy gaan nadat jy die internet platgelees het oor die produk
JY gaan huistoe gebruik die goed vir kettie ammo en vir die volgende 10jaar versprei jy om elke vuur by elke jag of geleentheid wat iemand gewere praat oor die ongelooflike swak produk wat ABC Koeels nou eintlik is na jou jare se ervaring met die produk.
Net so invergelyking gaan jy seker 'n mate van lof he vir die koeels wat jou die keer gered het toe jy geweet het jou mik en druk werk was op daardie oomblik nie so presies nie, maar nou is daar 'n dooie bok op die bakkie en jou vriende staan en klop jou op die skouer en beaam dat "jou ou .303 met daai tuisgemaakte koeels skiet my darem skaam in die 20km/h wind, Japie".
Gee ons nie soms 'n koeel die skuld vir 'n probleem, maar eintlik het jy soos 'n apie gemik? Soos die keer wat ek 'n Gemsbok 5 keer met 'n Krieghoff .375 H&H dubbel moes skiet. Na die tyd by die slagpale vra ek so half kundig hoe die Nosler Partitions nie so great is as wat almal dink nie. Die Oom wie se plaas en roer dit was het net so in ongeloof geantwoord hy het nie gedink 'n boerseun het gedink as jy 'n gemsbok se been afskiet en dan 3 skote deur sy pens druk en dan finaal sy blad moertoe skiet dat hy dink hy gaan vleis huistoe vat nie.
Kyk eending is so - Jy gaan iewers 'n bok kwes-. Self die manne hier rond wat lope in maande op oes en nie jare nie. Hulle praat net nie so baie soos ons daarvan nie, aangesien hulle al genoeg ervaring het om te besef party bokke is net nie lus om die langbome te besoek nie. Ook skiet jy soms 'n swak skoot.
So skiet ek so paar jaar terug met 'n Sako .308 en PMP 150gr selfgelaaide patrone 'n Blesbok op 18m in die nek. Ek draai om na die gids in wagting vir my multi racial High five en "sjoe die laarnie hy skiet mooi " oomblik. OOOO nee na my "slow turn" toe sy oe rek soos 'n bul wat se saad getoets word in vroeg more in die Vrystaat teen -4C met 'n yskoue skokker in sy anus. " Die laarnie hy moet skiet daai bok hy is kwaad!!!!!!".
Die laarnie het na baie se gesukkel die bok dood gekry. Die bok se nek was aan flarde van die eersteskoot en dadelik het ek geskreeu die PMP patrone kan nie eens 'n blesbok nek penetreer nie. EK het tien teen een 'n tak getref en die koeel het opgebreek.
Na dit het ek eers PMP afgesweer en toe die .308 verkoop. Tydens die nuwe eienaar se lisensie aansoek tydperk gaan ons op 'n jag. My een vriend se wapen lisensie is nie goedgekeur en hy gebruik toe die verkoopte .308 van my. Hy skiet op die jag 'n KUdud, 2 blesbokke en 'n vlakvark almal morsvrek dood...... die roer was toe nie so foutief soos ek gedink het nie.
Ja so het ek al baie ervaring gehad met baie produkte, maar as ek stil sit en dink aan die moeilike tye is dit maar 9/10 skoot plasing of skiet houding wat nie lekker was nie , maar die oorhaastig het jou beet.
Tog hoor ons so baie dat vertroue in jou toerusting belangrik.


